Die ANC en die Wederkoms
Sooooo… Jacob Zuma reken God wil hê die ANC moet regeer tot die Wederkoms toe!
Aitsa!
Nou wil jy meer!
Godsk!
Dat dit ‘n belaglike ding is om te sê is natuurlik ‘n gegewe. Maar dis ‘n politikus wat praat met mense wat kakstories soos lewende dooies en ‘n maagdelike geboorte en ‘n Wederkoms vir soetkoek opeët, so hoekom sal JZ dit nou nié sê nie?
Ek dink dit is skrééusnaaks dat gelowiges eksepsie neem oor JZ se Wederkomsstelling. Skrééusnaaks!
Ek dag dan die Wederkoms is náby. Of nabý, soos ek mense hoor sê. Om die draai. Al die profesieë is vervul en Jésus kóm spóédig wéér!
Die ANC gaan dus maar vir ‘n kort rukkie regeer; nie 40 jaar soos JC se vorige politieke gunsteling – die Nasionale Party* – nie.
Wat my heeltemal op die grond laat rondrol en na asem snak is die absolute duidelike bewys dat Christene sélf nie eens die kak wat hulle verkondig glo nie!
Glo Christene nie dat die HERE met JZ kan praat nie? Hy – die HERE – het met John Vorster gepraat. En met PW. En met FW. En met die dominees destyds by Cottesloe. (Maar nie met Beyers Naudé nie. Of, altans, Hy hét, maar Naudé se eweknieë het dit eers besef toe die HERE se deuntjie aan húlle verander het.) Die HERE praat met George God-told-me-to-strike Bush and Osama fight-the-agents-of-the-devil bin Laden. Hoekom nie met JZ nie?
Glo Christene nie dat die Wederkoms op hande is nie? As die ANC nog ‘n termyn aan bewind bly… sal JC nie al gekom het nie? Het JC dan nie al hónderde jare gelede – t-w-e-e d-u-i-s-e-n-d jaar gelede – vir sy pêlle gesê hy gaan net gou by sy pa inloer en dan kom hy hulle haal nie?
Solank Christene abstrak oor die waansinnige onsin wat hulle dogma noem kan mompel is die ouvroustories van geloof vir hulle ‘n wérklikheid. Maar as daar ‘n dringende meetbare assosiasie gemaak word, dan vou die geloof soos slap pap.
Christene glo self nie eens die kak wat hulle verkondig nie.
* Why are the Europeans more advanced, enlightened, educated, civilised and richer and better placed on the whole than the natives if not by God’s intervention, supervision, rule and providence? Who are we to change what God has ordained? Dr N P J Steyn, 1958, Biblical Aspects of Apartheid.

Dit blyk dat Anus Angus die waarheid gepraat het.
Die 3 gotte werk op snaakse maniere – dalk het die 3 gotte op Zuma besluit om die land uit die kak te red.
Ooo fok nou is Bloedrivier ook in sy moer !!!!!
Dirk West
May 8, 2008 at 3:11 pm
‘n Christen wat weet wat aangaan, verkondig nie al die twak waarna jy verwys. Zuma soek nou maar net stemme en daarom praat hy nou ook van God. Dit is maar die huurlinge wat die blindes lei met sulke snert wat hul self nie kan verklaar nie.
Bravo vir daardie stukkie humor oor bloedrivier Dirk. Ek het dit geniet.
Hans Matthysen
May 8, 2008 at 9:33 pm
Hans
Ja ,ek sou eerder dink dat Hillary stemme soek.
Zuma is klaar verkies en sy party het lankal meer as ‘n 2/3 meerderheid.
Jy weet , dit het nou net tot my deurgedring dat ek nie weet wat aangaan nie.
Kan jy asseblief vir my vertel , soos in jou eie vervat – “‘n Christen wat weet wat aangaan, verkondig nie al die twak waarna jy verwys” .
Ek is so dankbaar dat jy weet wat aangaan , kan jy asseblief vir my die volgende vertel.
1. Wat is die naam van jou God.
2. Hoe die 3- eenheid in mekaar staan.
3. Waar satan bly
4. Waar is jou siel
5. Moet ek vir jou gotte ( die 3 in een ) op die Sabbat of Sondag aanbid.
6. Het die Heilige Gees toestemming van Maria gehad om haar te bevrug.
7. Hoe oud was Maria toe sy swanger geraak het met die sg. “Wonder Kind”
8. Gaan alle Moslems volgens die Christelike geloof HEL toe.
9. Gaan alle Jode volgens die Christelike geloof Hel toe.
10. Is die Pous ‘n Christen .
Dirk West
May 9, 2008 at 9:30 am
Hans
Ja ,ek sou eerder dink dat Hillary stemme soek.
Zuma is klaar verkies en sy party het lankal meer as ‘n 2/3 meerderheid.
Jy weet , dit het nou net tot my deurgedring dat ek nie weet wat aangaan nie.
Kan jy asseblief vir my vertel , soos in jou eie vervat – “‘n Christen wat weet wat aangaan, verkondig nie al die twak waarna jy verwys” .
Ek is so dankbaar dat jy weet wat aangaan , kan jy asseblief vir my die volgende vertel.
1. Wat is die naam van jou God.
2. Hoe die 3- eenheid in mekaar staan.
3. Waar satan bly
4. Waar is jou siel
5. Moet ek vir jou gotte ( die 3 in een ) op die Sabbat of Sondag aanbid.
6. Het die Heilige Gees toestemming van Maria gehad om haar te bevrug.
7. Hoe oud was Maria toe sy swanger geraak het met die sg. “Wonder Kind”
8. Gaan alle Moslems volgens die Christelike geloof HEL toe.
9. Gaan alle Jode volgens die Christelike geloof Hel toe.
10. Is die Pous ‘n Christen .
Dirk West
May 9, 2008 at 9:31 am
Dirk, daar kan en gaan moontlik nog ‘n skeuring in die ANC plaasvind wat jou 2/3de meerderheid in die wiele gaan ry.
Erkenning is die eerste stap na genesing.
1. God het ‘n klomp name en sou jy die betekenis van elke naam naslaan, dan sien jy dat God, in verskillende aspekte of fases voorkom. Net soos die 10 dope, is elkeen ‘n ander aspek of fase van die doop, tog is dit net een doop.
2. God die woord (volgens Joh. 1) bring by mens “lig” (verstaanbaarheid) en wanneer mens volgens dit lewe, wat mens verstaan, het God vlees geword, nl. die dadeseun Christus. die resultate wat mens ervaar, bring ‘n gees van vrede en blydskap, wat die Heilige Gees, die gees van vertroosting is.
3. Satan is ook maar ‘n gesindheid wat in mense heers, wat tenstrydig die gesindheid van God is.
4. My siel is in my liggaam, waar anders?
5. Nr. 2 hierbo wys jou God in drie fases en nie 3 gotte nie.
6. Christus is ook in my tot geboorte omdat ek ook aanvanklik vir die Woord (saad) was. Sou ek nie aanvanklik vir die woord gewees het nie, sou daar nie ‘n geboorte plaasgevind het nie. Maria het haar onderwerp aan die wil van God.
7. Ek weet dat ek ongeveer 19jr oud was, toe ek deur die gees van waarheid, die Heilige Gees, bevrug was. Hoe oud Maria was, is dus nie belangrik nie omdat ek nie menslikerwys dink nie.
8. Daar is net een middelaar tussen God en die mens, en dit is die mens Christus Jesus, wie se liggaam die gemeente is (Kol. 1 v 25 en 1 Kor. 12 v 27). Of hulle in hierdie leeftyd of hierna tot die Middelaar kom, kan hulle gered word. Dit is God se wil dat geen siel verlore gaan nie. Dit is net hulle wat die waarheid ken en dit nie aanneem, wat hel toe gaan.
9. Verwys hierbo na nr. 8.
10. Volg die Pous Christus of wag hy op Christus se verskyning?
Dirk ek probeer nie grootkop skiet nie en deel maar net my insig met jou en ek hoop jy sien dit in daardie lig.
Hans Matthysen
May 11, 2008 at 9:34 pm
Hans
Weet jy wat – glo die kak wat jy wil glo.
Ek kan nie op jou antwoorde reageer sonder om jou te beledig nie. Dit wil ek nie doen nie want dalk verkas jy .
Het jy al besef hoe gat julle X tine jul name naak?
Maar as jy in Gaza gebore was , was jou naam van dag Abdul Mohammed en jy het ons probeer bekeer tot Islam , of ‘n bom by ‘n Joodse bushalte probeer plant- in die naam van die ware god, en as jou Pa ‘n Ortodokse Jood was het jy ‘n dotjie op jou kop gedra met ‘n lang baard en briefies in die klaagmuur gedruk en Palestyne vervolg – alles in die naam van ware god (mono)
Jy is slegs ‘n X tin omdat jy so van kleins af geïndoktrineerde was .( trinity gode)
Satan “het die hemel verlaat” met 1/3 van die engele. Vandag is meer as 2/3 van die bevolking op aarde NIE X –TINE. Van die 1/3 is die meerderheid die pad byster ( hoor maar hoe X tine kerke met mekaar beklei oor wie reg en verkeerd is ) en behoort aan een van die 34 000 verskillende sektes en slegs ‘n handjie vol behoort aan die “ware kerk. ”
Jou God het maar kak gevaar gemeet aan Satan. Dalk is satan God , ten minste vat hy alle blaam op homself en delegeer dit nie na n Trinity toe nie.
Het jy al gedink hoe Satan die trinity ( 3 gotte) gaan opfok as hy ook 2 helpers soos hy gehad het?
3 Teen 1 is nie ‘n fare fight nie. Jou god (gotte) is nie regverdig nie.
Dirk West
May 14, 2008 at 8:18 pm
Dirk, jy kan my antwoorde nie weerlê nie en sou jy werklik antwoorde op jou vrae wou gehad het, sou jy my verder uitgevra het, waar jy my nie verstaan het nie. Sou jy net beledigend daaroor gewees het, sou dit net ‘n bevestiging gewees het, dat jy nie antwoorde wou hê nie, omdat dit jou nie pas nie.
Sou ek in Gaza gebore gewees het, sou ek nie die voorreg gehad het, dat God, deur ‘n dienskneg, my ‘n geestelike insig gegee het. Ek sou die Islamietiese instellings ook bevraagteken het, soos ek die Christen instellings bevraagteken het omdat ek nie iets aanvaar, wat nie sin maak nie.
As jy Joh 17 v 9 lees, sal jy sien, dat Jesus net vir die bid wat God glo en die Seun wie Hy gestuur het. Dit gaan dus oor die keuses wat mense maak en as ek reg kan onthou, was Jesus se volgelinge, maar nog altyd in die minderheid.
Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
Hans Matthysen
May 21, 2008 at 10:42 pm
More Hans , hoe gaan dit met jou vandag?
Die gotte van jou werk darem op die snaakste manier denkbaar , nie waar nie ?
Nou hoekom dink jy wil God nie ‘n dienskneg na Gaza toe stuur nie ? Magtig , ek sou dink dat god after-all sentiment oor die belofte land sou hê , en dink net aan al die siele wat gewen kan word vir die sy koningryk !!!!
Het God nog nie , siende dat jy hom nou gevind het , met jou gepraat en beveel om in Gaza siele te gaan wen nie . Onthou jy Nineve , Sodom en Gomorra ?
Ek is baie bly dat jy Islam ook sou bevraagteken het. Maar het jy alles in die Christelike Geloof bevraagteken?
Hoekom sou jy nie die dienaar van God in die Islam geloof geglo het nie , afterall dit is dan die selfde god , en wat van ‘n Joodse Rabbi as dienaar van God? Hoekom sou jy hulle nie geglo het nie ?
Het dit iets met die uitverkiesing te doen ? Is jy uitverkies ?
Hans , ek stel dit aan jou , – dit wat jy in die christelik geloof bevraagteken , is nie eers die tip van die ysberg bo die water nie .
Dit sal vir jou maklik wees om die Islam te bevraagteken , want jy staan buite die geloof . Dit is maklik om te se dat Mohammed en sy perd wat opgevlieg het hemel toe ‘n kakpraat storie is.
Maar ,
Glo jy dat donkies kan praat ?
Kan ‘n 13 jarige maagd werklik swanger word ?
Het ‘n vis werklik vir Jonah ingesluk en uitgespoeg?
Glo jy dat die Bybelse God met mense praat ? Glo jy werklik dat god met Angus praat ? was dit nou God , liewe Jesus of die Heilige Spook wat met hom gepraat het.
Maar weet jy , jou God praat met Bennie Hinn , Elza Meyer , TB Joshua en George Bush ook !!!! en met Osama bin Ladin !!! fok soek hy geselskap of wat ?
Hoekom glo jy nie dat die Koran se God met Moslems praat nie .
Praat die Tora se God met sy mense ?
Hans , jy sal my nou nie glo nie , maar ek het meer as een Bybel inteendeel ek het baie verskillende soorte . Hoekom quote jy nie ‘n bietjie die Koran nie. Dit is so groen boek met baie bladsye in , en jy kan hom nie by CUM koop nie.
Dirk West
May 22, 2008 at 11:34 am
hemel Dirk, jy het issues ne? met al daai bybels wat jy het en so lees, het jy al uitgefigure wat dan nou eintlik die waarheid is. lat weet my asb. moet net nie met traktaatjies by my deur aanklop nie !
jan
May 23, 2008 at 9:42 pm
Jou WEBSITE het my aangemoedig om hierdie e-pos aan jou te stuur.
Hierby aangeheg die nuutse boek wat deur Family Radio uitgegee is aangaande die “We Are Almost There”. Die boek kan ook gedownload word by
http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html
(Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
(Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
Die seëls is geopen ….! Wat ’n opwindende tyd is dit nie. En die mees fantastiese is dat die een Ware Evangelie word tans wereldwyd gehoor. Selfs ons broers wat hulle regdeur Afrika in plakkerhuisies bevind hoor die boodskap.
(1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5) Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Mag God jou en jou huis ryklik seen.
johannes coetzee
Lees en luister meer hieroor en besoek gerus ook
http://www.familyradio.com en
http://www.timehasanend.org
En vir diegene wat in Suider Afrika of Afrika woon en nie die voorreg van internet het nie, luister gerus in die aande om 19h30 of 23h30 (SA-tyd) oor die radio na die program OPEN FORUM op Family Radio oor AM 1197khz
En vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)
johannes coetzee
June 19, 2008 at 12:25 pm
Dirk, sou ek ‘n Jood gewees het, dan sou ek die Tora ook bevraagteken het, waar dinge nie vir my sin gemaak het nie en vir jou inligting, ek het ‘n Koran, die een met die groen buite om.
Jy bly by gotte, al het ek jou duidelikheid gegee waaroor dit gaan, dus kan ek nou aanvaar dat jy nie baie insig het of miskien moet jy dit net ‘n paar keer weer lees, sodat dit by jou kan insink.
Oor Gaza; ‘n saaier saai nie op rotse nie.
Ek bevraagteken als wat ek nie verstaan nie en tog is ‘n leeftyd te kort, om als te verstaan.
Omdat jy vleeslik dink (Rom 8 v 5 en 6), dink jy almal dien dieselfde God. Elia het by ‘n ander altaar gebid as die ander, dus neem kennis, almal bid nie tot dieselfde God nie.
Ek dink jou persepsie van uitverkiesing en myne verskil. Met ‘n kindelike (nie kinderagtige nie) gesindheid, kan ‘n mens guns, in die oë van God vind.
Betrefende die Donkie wat praat; lees Rigters 9 vanaf vers 8 en sien, die bome het bymekaar gekom ens. en hulle het met mekaar gepraat. Jy moet vlak in die dak wees, as jy nie kan sien, dat ons die bome is wat Godsvrug moet dra en ons moet ook besef dat ons is die donkie wat God wil gebruik om sy werk te doen, of dink jy nog vleeslik?
Ek het nou onlangs in die media gelees, van ‘n dogter van 11 of twaalf, wat geboorte geskenk het?
Wat Jona betref; Jesus maak die dissipels vissers van mense. Waar het hulle hierdie mensevisse gevang? Seker in die see van nasies, m.a.w. die evangeliewerk. Jona was ook gestuur en omdat hy deur vrees oorweldig was, het hy eerder ander koers gekry en tussen ‘n groep beland (die boot), wat hom verwerp het, seker omdat hy “gestir” het. Hy beland toe by ‘n ander groep, moontlik hierdie wat ‘n visteken aan hulle dra of aan hulle voertuie (onthou alles vind plaas in die see, van nasies), maar daar word hy ook uitgewerp, moontlik het hy hulle naar gemaak? Sou jy nou nie verstaan wat ek hier vir jou sê, lees dit tog ‘n paar maal oor en dink wat jy lees.
As God met my wil praat, dan gee Hy my ‘n droom, visioen of ‘n naggesig, anders stuur Hy sommer iemand, ‘n mens. God het nog altyd ‘n mens gebruik om met mense te praat.
Jy skryf so baie op hierdie blog, wil voorkom jy soek ook geselskap.
Wil voorkom jy het baie bybels, maar min insig (lig) en baie duisternis.
Hans Matthysen
July 9, 2008 at 12:30 am