Archive for December 29th, 2008
Koos Kombuis vat ráák
Koos Kombuis sê die Pous is ‘n poes oor die Pous sulke kak goed van gays sê.
Ek stem heelhartig saam!
Maar Koos moet onthou dat Bennie Dick dié goed – oor gays – sê omdat “God” hom voorsê.
So wié’s die éintlike poes?
“Gód” is die eintlike poes.
Biskop David Russell en mnr. Jody Kollapen reken dat Koos se stelling te kras is.
Ag nee wat! ‘n Vieslike woord is nie náástenby so kák as Bennie Dick se Latynse haatspraak nie.
Dis tyd dat ons ophou om die waansin van godsdiens met ordintlikheid aan te vat.
Godsdiens is kák. Punt.
Ag, jissis tog, Arch!
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu oor die Gasa-geweld: “Die God van Israel én van Palestina – die God van die heelal – huil, want Hy is ‘n God van geregtigheid en liefde.”
Ag ássebliéf tog, Arch!
Wáá kom jy aan die kák dat “God” – “die God van Israel én van Palestina ‘n God van geregtigheid en liefde” is!?
Dié “God” se bloedspoor van geweld en haat trek soos ‘n ewigdurende tsunami om ons aarde!
Soos ek al sóvele kere gesê het: Van Kain en Abel tot die jongste nuus word die ongenaakbaarste geweld in die naam van hierdie “God” gepleeg.
Hoekom?
Want dié bliksem is die Vader van Geweld!
“God” húíl!?
Pleks die fokker iets aan die saak dóén! Pleks van te sit en tjank.
Sjympies!
Assebliéf tog, Arch! Get real!
