Archive for May 2009
Brief aan die moderator
31 Mei 2009
Die Moderator
Die NG Kerk
Per e-pos
Die “opstanding” van ene Jesus Christus
Ek is ‘n ateïs, maar twee minderjarige dogters – een wat reeds aangeneem is en ‘n jonger een wat katikasieklas bywoon, gee my locus standi.
Ek verneem in die media dat ‘n verklaring oor die opstanding onlangs uitgereik is en dat nege uit die tien moderators van die NG Kerk se streeksinodes die standpunt handhaaf dat Jesus Christus “liggaamlik uit die dood opgestaan het”… én dat óns liggame óók, glo volgens ‘n belofte van Jesus Christus, uit die dood sal opstaan.
Daar is ook ‘n verwysing na iets “wat begrip te bowe gaan”. Inderdáád!
Die nege moderators is natuurlik vry om na willekeur te verklaar soos die “Gees” ook al lei.
My probleem, as ‘n besorgde pa van twee minderjarige dogters wat by sy kinders akademiese en sosiale prestasie aanmoedig, is dat hierdie verklaring my kinders se aanpassing belemmer.
My kinders presteer besonder goed en blink ook in die biologie uit. Ek meen, geagte dominee, dat dit onredelik en uiters ongerymd is om van ‘n kind wat biologie neem te verwag om te verklaar dat ‘n dooie mens eeue gelede lewendig geword het en dat haar eie ouers (ek sal dit waarskynlik nie maak nie) en haar sussie en sy self óók ná hulle dood weer lewendig sal word. (Noudat ek daaroor dink, onthou ek dat ek per geleentheid verneem het dat selfs iemand soos ek weer lewendig sal word, net om weer ‘n afgryslike dood te sterf omdat ek nie geglo het, onder andere, dat ek weer lewendig sou word nie. Of iets in dier voge.)
Ek meen dit is verregaande en beledigend om ‘n kind so te verwar en om met soveel oorgawe vir minderjarige kinders te lieg. (Om selfs van alle uithoeke van die land op ‘n plekkie by die see bymekaar te kom om die disinformasie te verwoord en amptelik beskikbaar te stel…)
Ek meen hierdie vergrype is ‘n aantasting van my kinders – en álle kinders – se menswaardigheid.
Verduidelik uself asseblief, dominee; ek meen ek het die reg om te weet hóékom die NG Kerk my minderjarige dogters bedrieg.
Ek verwys u graag na ‘n artikel van my oor Jesus se dood, sodat u uself kan vergewis van die biologiese werklikheid van die dood. En miskien wil u ‘n alternatiewe siening oor die “opstanding” lees.
Ek vermoed dat u hierdie brief, veral van iemand soos ek, met minagting bejeën, maar ek moet aandring op ‘n reaksie want ek dink die tyd is reg om die kerk amptelik aan te vat oor die uitbuiting van kinders. Verstandelike molestering van kinders, soos met die leuen oor die opstanding, en fisiese molestering van kinders, soos met die geslagsdele van Katolieke priesters, is ewe weersinswekkend; ewe skadelik.
Ten slotte wil ek graag erken dat ek met lighartige verwagting uitsien na ‘n akademiese artikeltjie of twee oor wat nou eintlik presies bedóél word met “liggaamlike opstanding”: Is dit liggaamlik in die sin van die “Kritiese Realisme”?; van “Post-fondamentalistiese Rasionaliteit”; van “Radikale Ortodoksie”; van “Post-liberale teologie”; van “Postmoderne Wetenskapsfilosofie”? Is dit, moontlik… metafóries!? Ek kan die virtuele penne in my geestesoor oor ewe virtuele foolscap hoor krap. Metafories gesproke, natuurlik.
Hoe meer ‘n mens met benoude bewegings uit ‘n moeras probeer ontsnap, hoe dieper – en hoe gouer – word ‘n mens verswelg.
Nathan Bond
“Dit was die duiwel”
“Dit was die duiwel”!?
En “Gód”!? Waar was dié!?
Rapport (in ‘n embarrassing erkenning oor die aard van sy deursneeleser) haal die ma van die twee kinders wat verlede week tragies gesterf het toe hulle uit die gesin se 4×4 geval het en die pa hulle doodgery het, op sy vóórblad aan: “Dit was die duiwel”.
Dit was die duiwel wat die bakkie se deur oopgemaak het.
Wáár de bliksem was “Gód”!? Hoekom het “Gód” nie die bakkie se deur weer tóégemaak vóórdat die kinders uitgeval het nie? Ék sou dit gedoen het as ek kon! En jý!?
“Duiwel” 2; “God” 0.
Kan ‘n leraar; ‘n dominee; ‘n pastoor; ‘n priester; ‘n teoloog; kan iémand, iéwers, asseblief die dik laag stof op die teodisee-argument gaan afblaas en vir die sóveelste maal oor die eeue heen nóg ‘n suursousie aanmekaarflans in ‘n nuttelose, vrugtelose, vergeefse, futiele poging om “God” se teenwoordigheid in die gesig van so ‘n enorme persoonlike tragedie te probeer verklaar?
Is dit nie absoluut wónderlik dat “God” nie bestaan nie!?
Dink net, dominees, hoe ‘n kak job julle sou gehad het om dié fôkken wetter te verteenwoordig as “God” meer as net ‘n kak idee was!?
Wat kan ‘n mens móóntlik vir die Van der Merwe-egpaar sê? Wat nié banaal klink nie; ís nie?
Om erns met die lewe te hê is om álles wat gebeur te ervaar in die werklikheid van die angs van die rommeling van paniek uit die foutlyn van bestaan. Anders is die lewenservaring vals. Wat ook al gebeur moet ervaar word met volle visie, met vrees, met pyn, met verdriet, met vreugde, met passie. Ons moet ons verlustig in die dringendheid van die lewe se kortstondigheid. Dit is die erkenning van die noodsaaklikheid van verganklikheid wat verganklikheid ‘n wyle uitstel en ‘n groteske ruimte vir vreugde skep.
Hoe dit ook al sy, Jan-Hendrik en Patrys, dít kom uit die diepste plekke van my hart.
Irish Catholic child-fucking
The latest Irish Catholic child-fucking scandal is but another ignoble chapter in the noisome history of religion.
Who can possibly still have respect for the Catholic Church – for a Catholic!?
Yet, one can probably overcome the revulsion of bad breath and the piss-reeking priestly cock in one’s mouth… but what about the mind-fucking?
Religion is responsible for the reprehensible reality that children grow up to be adults believing in fairies and gods – the greatest possible crime against humanity.
Religion is the single most noisome aberration ever ideated by fallible man.
Religion is evil incarnate.
Hands off the Bible, you cretins!
A memo to selected Seventh-Day Adventists…
My favourite rugby team, The Sharks, based in Durban, South Africa, was playing the Australian Waratahs in a must-win home match when my doorbell sounded. With the Sharks trailing 3-8 I was not amused.
The young man at the door presented me with a smile and a DvD – “on the end of the world, oom (South African for older man and boy, do I hate that word!) as predicted in the Bible.”
“What?”, I exclaimed, “the future and you know it already!?”
“Ja oom”, he smiled with a reddening face.
At least he had sufficient brain function to blush.
It turned out to be The Final Events of Bible Prophecy, by Doug Bachelor.
Guys, here’s a news flash: All – every single one! – TEOTWAWKI (The End Of The World As We Know It) prophecies have failed to materialize.
You Adventists should know this better than most. Bill Miller got 21 March 1844 wrong, bought 7 more months from his fleeceable flock and when the sun rose on 23 October Miller was… discredited. Can I be gracious of a moment or what!?
Your Mrs. W said on June 27, 1850 that there were “months” left before “The Day” and told yet another fleeceable flock at an 1856 Adventist conference that some of the delegates “will be alive and remain upon the earth to be translated at the coming of Jesus.”
I’d like to meet some of your 120, 130 and 140 year old Adventists, I would!
In your pathetic apologetic eisegesis in service of membership targets, you have compromised a second century BCE raconteur, called already as early as the second Jewish revolt (132-135 CE) by Jewish expositors who rejected the notion of Daniel as a prophetic book even then… and have reduced John the Seer, speaking eloquently to his Mediterranean contemporaries – who were plainly enamored with the sky and its happenings – about the victory of God’s Messiah as attested in the sky, to a blabbering idiot speaking things he never did.
To eviscerate a crowning jewel in literature – the Bible – such, is scandalous gentlemen. Shame on you!
When – in about 7.5 billion years – the ever-expanding sun, transformed into a red giant, engulfs this beautiful blue-green rock we lovingly call Earth, melting away any evidence it ever existed and sending molecules and atoms that once were our home floating off into space… “the world will end”. Long after the expected 1 billion year reign of animals and plants.
Unless of course NASA misses an aligned meteor before the sun acts up.
And rest assured in this perspicacious observation by the creator of the Peanuts strip, Charles Schultz: “Don’t worry about the world coming to an end today. It’s already tomorrow in Australia.”
Get real!
Nathan Bond
Ps. The Sharks lost and as a South African I shall now be obliged to support Pretoria’s Blue Bulls against my Sharks next Saturday – a concept as repugnant to me as “Biblical prophecy”.
Gelowiges se kritiek op Angus e.a.
Van Moses en Michaelangelo se antropomorfe nurks langs die pad af van Kritiese Realisme, Post-fondamentalistiese Rasionaliteit, Radikale Ortodoksie, Post-liberale teologie en Postmoderne Wetenskapfilosofie tot by die panenteïstiese transendentale van desperate teoloë op soek na voortgesette relevansie is “God” ‘n verdollende, vertorende vaagheid wat niks minder nie en niks meer nie as Moeder Natuur “laat gebeur”.
Van die natuurlike ateïsme by die eerste asemteug tot by dié “God” is ‘n enorme sprong, maar van hierdie “God” af is dit ‘n katspoegie na geloofsgenesing en Armageddon.
Rapport se halfgebakte kritiek op Angus Buchan en voortgesette onderskrywing van die “God” – weet waar om die streep te trek; Jean Oosthuizen se o, so realistiese “kitskos-teologie”-tipering van Angus se aweregse godsdiens; dr Ben du Toit se verontwaardiging oor geteksde teksversies wat die openbaring van die “God” buite konteks kan plaas; die professors in die Noorde wat gevoelige byvoeglike naamwoordkartetse heen en weer skiet oor die “God” se openbaring… is verstandsverstommend.
Help mense eerder om tot die ontnugterende besef te kom dat daar nié feëtjies onder in die tuin is nie, eerder as om hulle te probeer oortuig dat die feëtjies nie vertoorn of verlei kan word nie… moenie mense help om “God” beter te verstaan nie; help mense om te besef dat daar nie ‘n “God” ís nie. Want met die “beter begrip” – na watter kant toe ook al – word die feërie gevestig en waansin werklikheid.
