Vloektaal
Dis hoog tyd dat daardie kort, eksplosiewe, beskrywende Afrikaanse kragwoordjie, kak, in sy regmatige internasionale plek bevestig word. Dit is van onskatbare waarde in die raak, bondige beskrywing van onsin; van die onwaardige; van gekheid; van nonsens. Ek dink kak moet uit die kas klim.
Kyk net wat moet die Soute alles sê om nie eens aan kak se gat te hap nie: shit, crap, nonsense, bunk, folderol, codswallop, ballocks, trumpery (in business?), applesauce, apple butter, tripe, hogwash, drivel, all my eye and Betty Martin (ai, die Soute darem), boloney, bologna, balls, bollox, banana oil, bilge, blatherskite, booshwah, borax, bosh, bughouse, claptrap, cobblers (rhyming slang – cobblers’ awls = balls), cowyard confetti, crock (of shit), duck soup, eyewash, fiddle-faddle, fiddlesticks, flannel, flapdoodle, flubdub, gammon, garbage, guff, hooey, horsefeathers, hoo-ha, jiggery-pokery, krazin, magoozlum, malarkey, mumbo-jumbo, phonus-balonus, phooey, piffle, pigshit, poop, poppycock, rannygazoo, rhubard, rollocks, rot, strunz, toffee, tommyrot, tosh, trash, tripe, twaddle…
Daar’s ook ‘n lieflike Jiddiese woord, “mishegoss” – A wacky, irrational, absurd belief; nonsense; hallucinations. A state of affairs so silly or unreal that it defies explanation. A piece of tomfoolery, clowning, horsing around. A fixation, an idée fixe.
En op Afrikaans? Kák! Maklik, nè? A fulminant monosyllabic tour de force.
Hoekom beywer ek my vir die vestiging van kak? Sodat ek nie lang essays hoef te skryf in antwoord op bepaalde “argumente” nie.
Ek kan net sê: “Dis kak.” Finish en klaar!
Paulus het darem self die voordele van hierdie woordjie besef: In Filippense verwys hy na sekere dinge uit sy verlede as… as… as, nou ja… as “kak”, en noem hy sy teenstanders “honde”, “skelms” en “afsnyers van penisse” wat hulle met skubala – wéér “kak” – besig hou.
Ek het nie kru taal nodig om my punt teen godgelowigheid te maak nie.
Ek het ‘n uitmuntende woordeskat – en ek gebruik altyd ‘n vloekwoord nét as ek ten minste drie gevatte woorde het wat ek eerder kan gebruik.
My vloekwoorde is ‘n steen des aanstoots – en ek wil dit bepaald so hê.
Ek respekteer godgelowigheid nie genoeg om in kanseltaal daaroor te praat nie; om nie in gekruide taal daaroor te praat nie.
Die dade van godsdiens – van diskriminasie teen gays tot die vernietiging van wolkekrabbers en ganse stede – is mateloos meer laakbaar as mý táálgebruik.
Wees verseker, godgelowiges, ék sal nóóit meer as die virtuele pen (my sleutelbord) teen die godsdiens opneem nie… maar ek sal woorde gebruik wat julle net so effe – want dit kan nooit meer as net so éffe wees nie – laat dink aan die veragtelike gevolge van godgelowigheid.
As ek fôk sê, dink aan gays;
As ek doos sê, dink aan 9/11;
As ek dônner sê, dink aan Gujarat;
As ek bliksem sê, dink aan Ali Ismail Abbas Hamza;
As ek naai sê, dink aan Theo van Gogh;
As ek kak sê, dink aan godsdiens.

Nathan, een wat vloek, is een, wat nie in nederigheid, gesag en respek kan afdwing nie en daarom wend hulle , hulle na kras woorde om gehoor te word of aandag te trek.
Hans Matthysen
May 21, 2008 at 10:50 pm
SUch a loser…. Hiding hate in “opinion” and idiocy in “Fact”…. I really Pity you… You comment continously on proof and fact yet are the most closed minded FOOL on the net… A burning Altar in Your presence would not convince you…
Fact… Tolerance and peace…. that is not your agenda!! So stop falsifying your search and admit you stopped long ago!! You are a hate filled fool!!!
Christian Apologetics has every answer that a Naturalist Scientist has…. Your Science is faulty, and ja whatever… You know, i will not waste my time with you you fool!!!!
Respect? RIDICULE!!! FOOL!!!!!!!!!!!!!!
Corne
May 23, 2008 at 5:40 pm
Bond, jy het `n gawe met woorde, ek beny jou!
Hansie
July 18, 2008 at 8:22 am
My choclits kom van die vlaminge af, het ek nou behoorlik gelag oor hulle manier van vloek veral `Kryg een seer om jou jongeheer` eg vlaams, hulle het so mooi manier om iets so erg soos `n STD aan iemand toe te wens. (Nederlanders, Vlaminge vloek al meer in engels)
Hansie
July 18, 2008 at 8:32 am
Hansie, dankie… dink ek. Woorde. Daarsonder kan ons nie dink nie, nie droom nie… en nie bid nie.
Nathan Bond
July 18, 2008 at 1:30 pm
I so agree with you , Corne … A hate filled fool with a fetish for dung …
To Swear
August 9, 2008 at 6:58 pm