Heaven or Hell?
Where would you rather spend eternity? Heaven and hell are, according to Biblical banter, pretty similar in certain important aspects – it’s hot, for instance, very hot, in both places:
The temperature of Heaven can be rather accurately computed. Our authority is Isaiah 30:26, “Moreover, the light of the Moon shall be as the light of the Sun and the light of the Sun shall be sevenfold, as the light of seven days.” Thus Heaven receives from the Moon as much radiation as we do from the Sun, and in addition 49 (7×7) times as much as the Earth does from the Sun, or 50 times in all. The light we receive from the Moon is one 1/10,000 of the light we receive from the Sun, so we can ignore that…. The radiation falling on Heaven will heat it to the point where the heat lost by radiation is just equal to the heat received by radiation, i.e., Heaven loses 50 times as much heat as the Earth by radiation. The Stefan-Boltzmann law for radiation links the temperature of an object with the amount of radiation received. It would predict that the temperature of heaven would be 498°C hotter than the earth’s current temperature*. Thus heaven’s temperature would be about 525°C.
However, this temperature would only be the “steady-state” temperature. Presumably Heaven was created shortly after Earth so that it would be ready for its first inhabitants: Abel, Adam and Eve. Revelation 21:17 says that the walls of New Jerusalem are 144 cubits thick. This is about 66 meters. Such a thick wall would be an effective insulator. Heaven would thus have taken many months to reach its equilibrium temperature. But it presumably has already reached 525°C.
The exact temperature of Hell cannot be computed, although Revelation 21:8 states, “But the fearful, and unbelieving… shall have their part in the lake which burneth with fire and brimstone.” A lake of molten brimstone demands that its temperature must be at or below the boiling point, 444.6°C. We have, then, that Heaven, at 525°C is 80°C hotter than Hell at 445°C.
*Using the Stefan-Boltzmann law for radiation, (H/E)^4 = 50, where E is the absolute temperature of the earth (~300K), gives H as 798K (525C).
Sources:
Applied Optics, vol. 11, A14, 1972.
Religious Tolerance.
F2.org.

The islamic hells are better. They have a hot one and a cold one.
Morne Alberts
May 2, 2009 at 8:41 pm
In contemplating the titular question, Mark Twain’s sage dictum, for which activities on this blog provide ample justification, should suffice: “Go to Heaven for the climate, Hell for the company.”
Con-Tester
May 2, 2009 at 9:41 pm
Naand, Nathan.
Ja, ek weet. Goeie Christene hoort hierdie tyd op ‘n Sondagaand in die kerk. Toemaar, ek is nog steeds ‘n goeie Christen, maar ons gemeente het sedert 23 Julie 2009 nie meer aanddienste nie.
Op 23 Julie 2009 was ons predikant voor ‘n tugvergadering van die Algemene Kommissie nadat hy van vier klagtes van wangedrag deur die Ringskommissie aangekla is. Hy is skuldig bevind op drie van die klagtes en as ‘n tugmaatreël is hy van ons gemeente losgemaak.
Dit was, en is nog steeds vir my en my vrou ‘n verskriklike jaar. Ons is altwee lede van die Finansiële Kommissie van ons gemeente. Ek in my hoedanigheid as skriba en my vrou as kassier. Sy was ook tot September hierdie jaar die voorsitter.
Die kak tussen my en die predikant het gespat tydens ‘n vergadering van die Finansiële Kommissie in September verlede jaar. Dinge het al hoe erger geraak en op 5 Maart 2009 het die Ringskommissie die kerkraad kom besoek.
Daarna het hulle, die Ringskommissie, alles volledig ondersoek en op die ou end het hulle ons almal wat by die rusie betrokke was, opdrag gegee om, soos goeie Christengelowiges, tot versoening te kom.
Die predikant het geweier om met my, my vrou en nog twee lede van die Finansiële Kommissie te versoen. Ek is redelik seker dat dit die rede is waarom die Ringskommissie besluit het om hom by die Algemene Kommissie (in Dopper- en Gatjieponnertaal, die Algemene Sinode) aan te kla.
Al die drama het ook gelei tot ‘n moerse skeuring in ons gemeente: Die pro-domineekamp en die anti-domineekamp, en gemoedere tussen die twee kampe het soms hoog geloop.
Op die eerste Sondag na die tugvergadering het ‘n lid van die Algemene Kommissie die erediens gelei en na die diens het hy die bevindings van die Algemene Kommissie aan die gemeente oorgedra.
Ek het geglo dat as die lidmate hoor van al die kak wat die predikant aangejaag het, daar weer kalmte in die gemeente sal kom.
Ek was naief.
Toe spat die kak éérs. Ek en een van die ander ouderlinge het na die diens mekaar amper buite die konsistorie gebliksem.
Dit net die agtergrond. (Sorry, fokken lang agtergrond).
Jy sal onthou dat toe ek destyds hier begin deelneem het, ek jou vertel het van my broer wie vir twaalf jaar ‘n predikant in ons kerk was en vandag ‘n atheis is. Hy bly die afgelope drie jaar in Kanada waar ek verlede jaar, kort voor die kak gespat het, vir hom gaan kuier het.
Ek het die afgelope jaar oor baie dinge gedink waaroor ek en hy gesels het. Die predikant se kakdroogmakery het my amper my geloof in Christus en my vertroue in die kerk gekos.
Die voorsitter van die Algemene Kommissie (Prof Theuns Dreyer) en die voorsitter van die Ringskommissie het weer my vertroue in die kerk herstel, maar daar is steeds heelwat dinge wat pla:
1. Ek glo nie in ‘n plek soos die hel waar verlore siele vir ewig en ewig soos kaiings braai nie.
2. Ek weet dat die dae wat die Katolieke mense kerktoe gedwing het uit vrees vir ewige braai in die hel, lankal verby is.
3. Ek het besluit dat daar heelwat aspekte is in die belydenisskrifte, veral die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls, waarmee ek nie langer kan saamstem nie.
4. Ek is ook nie langer gemaklik met die drie-vlakkige bewoording van die Apostolicum nie.
5. Ek het Jaco Gericke se verhandeling “Does Yahwe Exist?” noukeurig deurgelees (dankie DW!) en baie insiggewend gevind.
5. Ek glo egter onwrikbaar in die bestaan van ‘n Bo-natuurlike Opperwese, en dis vir my lekker om kerktoe te gaan, te luister en te sing.
6. Let Wel!! Ek is nie bang dat ek in die hel gaan beland as ek nie kerktoe gaan nie. Ek gaan dus nie om “veilig te speel” nie. Soos jy ‘n paar keer tereg gesê het, Pascal se weddenskap is ‘n kak idee.
Ek is bly ek het hierdie dinge met julle gedeel en ek gaan voort om, soos ‘n goeie ouderling, “die Skrif te bestudeer en die verborgenhede van die geloof te ondersoek”.
Lekker slaap.
NS. Een van die paar goeie dinge wat uit al die gemors gevolg het, was die voorreg wat ek gehad het om, o.a. ook vir Prof Ernest Van Eck, ‘n lid van die Moderamen, te ontmoet tydens ‘n smoke break op 23 Julie.
NNS. Ten spyte van sy liberale denke is hy ‘n moerse nice ou.
Daan Van der Merwe
October 25, 2009 at 9:01 pm
Daan
Báie dankie vir hierdie brief.
Jou geloof in ‘n “Bo-natuurlike Opperwese” kan nie staan of val deur die optrede van mense nie.
Goeie mense gaan soms verkeerde en slegte dinge doen; slegte mense gaan soms regte en goeie dinge doen. Want ons is mense.
Wat met jou en jou gemeente gebeur het is maar net wat onder mense gebeur.
Ek meen dat mense uiteindelik met godsdiens voortgaan omdat dit hulle samesyn gee en diensbaar maak: Twee goed wat mense graag wil hê.
Die kerk is by uitnemendheid hiervoor geskik, maar die Rotariërs en die Lions verskaf dit ook.
Kies jou klub; geniet die samesyn; wees diensbaar; weet dat die Tandemuis ‘n ougat storie is: Waarskynlik ‘n resep vir relatiewe vrede.
Nathan Bond
October 26, 2009 at 5:54 am
Nathan die enigste verskil tussen die kerk en ‘n klub dat by ‘n klub wedergeboorte nog moontlik is terwyl daar by ‘n kerk daar geen sodanige moontlikheid bestaan nie. Satan sit in die kerke en werk deur die dienaars van geregtigheid sonder dat hulle dit agterkom. Satan het in die kerke ‘n voorwerp van aanbidding geword en redding is daar nie meer moontlik nie, terwyl daar by ‘n klub (selfs ‘n nagklub….) die moontlikheid van wedergeboorte wel moontlik is.
Om jouself onder die gesag van ‘n kerk te bevind is die gevaarlikste plek in die heelal….!
johannes coetzee
October 27, 2009 at 5:44 pm
Aag siestog mamma se kindjie . Hoe stout was die stoute dominee gewees.
Shame , dat die heilige gees julle nou so in ‘n tyd van nood alleen gelaat het is baie stout van hom Die gemeente maak toe sommer twee bendes . Kan nie wees nie my !!
Ek sal vir satan bid dat hy met die heilige gees praat .
DW
October 27, 2009 at 9:33 am
Daan skryf ; 5. Ek glo egter onwrikbaar in die bestaan van ‘n Bo-natuurlike Opperwese, en dis vir my lekker om kerktoe te gaan, te luister en te sing.
Ja hier gaan ons alweer .
Waar het jy geleer van Haar Majesteit die Bonatuurlike Opperwese? Waar slaap sy as dit reën?
Hoekom ervaar jy haar in ‘n protestantse kerk ?
Ervaar jy haar in ‘n seks klub ook , of op die paviljoen ?
Sal jy haar Majesteit die Opperwese ook in ‘n Moskee ervaar ?
En wat van langs die vervalle beeld van Zeus onder die Acropolis in Atene .
Maar mooi , jy het blykbaar klaar totsiens gese aan 1 gotte wat 3 was . So jy glo nou nog net aan 2 gotte wat 1 is maar 3 was . Of is die heilige spook nie meer ‘n 3 gotte wat 1 gotte is , nie .
Verskil ons nou net oor 1 gotte wat 1 gotte is wat eers 3 gotte was maar 1 gotte is .
DW
October 28, 2009 at 9:27 pm
Nathan! More.
“Jou geloof in ‘n “Bo-natuurlike Opperwese” kan nie staan of val deur die optrede van mense nie.”
Inderdaad!
Maar ‘n korrupte predikant wat liefde en vergiffenis verkondig maar ‘n lewe van haat en nyd lei, kan ‘n mens laat wonder of dit wat hy verkondig, enigsins geloofwaardig is.
Owergesetsynde, is my broer nie perdalkies reg as hy sê dat Christus tot goddelikheid deur Konstantyn verhewe is in ‘n poging om sy politieke mag te konsolideer nie?
Vir die rekord, ek was my laaste vier jaar in Upington ‘n lid van die Rotary Klub en was selfs in my laaste jaar die President.
Ek het elke week al die nuusbriewe van die verskillende klubs in ons distrik gelees. Ook die “Cango Echo’s”.
Rotary is great!
Daan Van der Merwe
October 26, 2009 at 7:47 am
Ek dink jy weet wat my antwoord is, Daan.
By die Konsilie van Nicea in 325AE sê Konstantyn in sy slotrede: “Athanasius het gelyk!”
As die keiser sou gesê het: “Arius het gelyk!”, sou Jesus nie vandag “Goddelik” gewees het nie. Punt.
Nathan Bond
October 26, 2009 at 7:56 am
Is so. Maar dan, totdat Johannes en DW gebore is, was Arius natuurlik die grootste kakprater in menseheugenis.
In die stryd tussen Augustinus en Pelagius sou ek waarskynlik met Augustinus saamgestem het en jy met Pelagius.
In die stryd tussen Prof. Jacobus Arminius en Prof Franciscus Gomarus sou ek waarskynlik met Gomarus en jy met Arminius saamgestem het.
In die stryd tussen Prof Geyser en Prof Pont sou jy waarskynik met Prof Geyser saamgestem het, en weet jy wat? Ek ook!!
Dis mos maar hoe dit gaan met godsdiens. Soos politiek, word godsdiens emosioneel, en nie intellektueel gedryf nie.
As dit anders was sou almal met dieselfde IK in dieselfde party en in dieselfde kerk gewees het.
Daan Van der Merwe
October 26, 2009 at 8:20 am
Daan
IK klink so kerkerig…
Watter demonasie is dit nou weer…?
johannes coetzee
November 2, 2009 at 10:36 am
Dowwe Waterkop.
Jy is sieker as wat ek gedink het, indien dit moontlik is.
Daan Van der Merwe
October 27, 2009 at 6:37 pm
Nathan, wat die Hemel en die Hel betref is dit nodig om geestelike denke te hê aangesien die Koninkryk van God (van die hemele) nie van hierdie wêreld is nie. Mens moet nie vleeslik dink nie maar wel geestelik (Rom. 8 v 5).
Hans Matthysen
November 3, 2009 at 10:14 pm
Johannes, jy bly maar dom astrant en is nie in staat om te weerlê, wat ek jou al gewys het of te antwoord wat ek jou al gevra het. Jy het in ‘n groef (sloot) geval en is nie in staat om meer nugter oor alles te dink. Hopenlik sal jy na 2011 daaruit kan kom.
Hans Matthysen
November 3, 2009 at 10:23 pm
DW, ek het al verduidelik waaroor Vader, Seun en Heilige Gees gaan en jy het nie daarop gereageer nie. Jy is in die opsig soos Johannes, in ‘n groef (sloot) en al hoop wat ek vir jou het, is ashoop.
Hans Matthysen
November 3, 2009 at 10:28 pm
Geestelike denke, Hans, is iets wat mense by vasgeval het, wie se brein nie die vermoe het om analities (en verder) te dink of wil dink nie – en wat bang is die here gaan hulle met ‘n bliksemstraal uit die hemel slaan as hulle net durf enige ander siening ‘entertain’ as wat hulle gebreinspoel is om te dink.
As mens vir ‘n christen se^ EVOLUSIE kan mens net so wel vir hulle se^ ek is die duiwel as mens sien hoe hulle oe verstar. Dis asof hulle glo dat as jy glo in evolusie, dan is jy verdoem tot die hel.
Ek is seker toe iemand die konsep van hemel en hel uitgedink het (ek is seker Nathan het ‘n idee wie die ‘culprit’ was), hulle nooit sou kon raai dat die hemel so ruim is, en so onherbergsaam is, soos die heelal nie, en hulle kon nooit dink dat die mens gaan uitvind nie. Wat ‘n grap.
Ek was lank ‘gelowig’, maar is nou bevry. Daardie juk, van probeer glo aan iets wat nie sin gemaak het nie, net omdat die skool en kerk vir jou gese^ het dit is waar, is van my skouers af.
Hans, wat bedoel jy met:
‘Mens moet nie vleeslik dink nie maar wel geestelik (Rom. 8 v 5).’
maar wel geestelik WAT –
glo (onvoorwaardelik, soos dit ‘n lamsakkige volgeling van die god-droombeeld betaam) of…
praat (en dweep in dieselfde sirkels om en om) of..
Bedoel jy mens moet geestelik dink, maar dit is nie vreeslik dink nie, of dis maklik om geestelik te dink, want jy hoef net alle snert te glo wat in die kerk vir jou gese^ word sonder om die grysselle te veel in te span.
screw-tin-eyes
November 7, 2009 at 2:39 pm
Screw-tin-eyes, dit is duidelik, dat jy nie weet, dat ek in Evolusie glo en dat dit nie teen die Bybel is nie. Moet my nie verwar met die tradisionele Christen wat jy ken en mee te doen gehad het.
Wanneer ek in die Bybel lees van die wolk, dan kyk ek na ‘n wolk soos in Hebr. 12 v 1 (ou vertaling) gemeld word. Ek kyk dus nie met ‘n vleeslike oog, na die natuurlike wolke in die lug.
Geen wonder alles kom vir jou en Darwin/Dawkins voor as snert.
Ons moet God dien met verstand en nie dweep soos baie sogenaamde Christenne doen nie. Ons grysselle moet dus in rat kom.
Hans Matthysen
November 11, 2009 at 10:18 pm
(Luk 10:27) En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Selfs nie eers jou grysselle is genoeg nie dude, kyk maar na Paulus voor sy wedergeboorte….? Die genade van God kom juis tot uiting dat God selfs ‘n verstandelik vertraagde kan red bo die profies met die intellek van die wereld se slimstes. God moet jou hart besny dude en dit is slegs iets wat deur God Almagtig gedoen kan word. Diegene wat deur God gered word ontvang dus die “faith of Christ”…en daarby dus die “mind of Christ”.
Jou of enige mens wat nie deur God voor of op 21 Mei 2011 gered word nie, se grysselle is dus niks meer werd as bees- of perdemis wanneer die Oordeelsdag van God op 21 Mei 2011 gaan aanbreek. Jer 8 se eerste klompie teksverse praat juis van daardie tyd.
Jer 8:1-3 In dié tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,
en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.
En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare.
johannes coetzee
November 16, 2009 at 2:45 pm
Hans, nee man. Dis of die een of die ander.
Ek het ook probeer om evolusie te versoen met die God-storie, maar my verstand het net vir my begin se^ dit kan eenvoudig nie. Daar is te veel dinge wat nie klop nie.
Maar dit is iets wat mens vir jouself moet uit redeneer.
Ek wil niemand oortuig wat om te dink of te glo nie, maar wat ek wel wil doen is om mense te oortuig om vir hulle self verder te lees en te dink.
Wat bedoel jy ‘kyk dus nie met ‘n vleeslike oog’ Lyk my jy leef in ‘n droomwereld en dis die probleem. Begin met jou ‘vleeslike oog’ te kyk en ’sien’ wat gebeur.
Hou op om jouself te verneuk. Begin dink en sien die werklikheid vir wat dit is. Dis nogal bevrydend. Vir die eerste keer waardeer ek die lewe vir wat dit is. Ek besef elke oomblik is kosbaar en ek moet die beste doen vir myself en my mense om my.
screw-tin-eyes
November 17, 2009 at 7:01 am
Johannes, jy dien God en lees die Bybel sonder verstand, want jy ken nie die genade van God nie.
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Jy wag vir hierdie J C en God se verskyning op 21 Mei 2011 en het dus ‘n probleem. Sou jy hul ken, sou jy hulle nie ver in die toekoms, naamlik 21 Mei 2011, verwag het nie.
Hans Matthysen
November 30, 2009 at 8:50 pm
Screw-tin-eyes, Jy kry water wat uit ‘n kraan uit kom, wat jy met jou vleeslike oë kan aanskou en dan kry jy water (evangelie) vir jou siel. Nie sigbaar vir die vleeslike oog nie.
Om te dink, met al jou gelees en gedinkery kon jy dit nie uit dink nie. Ek sien die werklikheid van hierdie wêreld met my vleeslike oë en die werklikheid van ‘n ander wêreld, wat nog vir jou bedek is. Dit wil voorkom of ek minder beperk is as jy.
Hans Matthysen
November 30, 2009 at 9:09 pm
Ek vlieg toe mos die naweek en het vir my ‘The Greatest Show on Earth’ gekry om te lees terwyl ek travel. ‘n Ouer dame sit langs my en vra ewe wat ek lees. Natuurlik toe sy hoor wat dit is, was daar ‘n ontstelde reaksie. Hier is ‘n paar ‘pearls of wisdome’ uit die mond van ‘n christelike mens. Ek was verstom oor die onkunde en om nie TE WIL WEET NIE.
1. Alles wat jy nodig het om te weet is in die bybel vir die mens uitgespel.
2. Jy sal nooit die waarheid vind in sulke (Dawkins se Greates Show) boeke nie.
3. ‘n Vraag van my of sy dink ander gelowe se mense sal hemel toe gaan. Antw: Net as hulle christene word. Hulle het hulle kans terwyl hulle lewe om die geloof wat hulle sal red, nl. christenskap, aan te neem. Anders gaan hulle hel toe.
4. Kinders gaan dood van honger, word gemolesteer of vermoor omdat hulle sondig is, of sonde ge-erf het. (Bid jou dit aan)
5. Moses het die bybel geskryf.
6. Why do you people want to prove the bible wrong. (my antwoord was dat ek na die waarheid soek en die wetenskap het oorweldigende bewyse vir evolusie)
Nathan, ek kan nou sien hoe jy glo dat mens sulke ‘ignorance’, sulke absolute geindoktroneerde, gebreinspoelde denke net met ongeskiktheid kan benader.
Hans, het jy al The greatest show on earth gelees. Ek ‘dare’ jou. Jy se^ mos jy glo in evolusie. Hierdie is ‘n stap vir stap verduideliking en vir my draai dit die skeppingsverhaal op sy kop.
screw-tin-eyes
December 1, 2009 at 7:50 am