Posts Tagged ‘Angus Buchan’
Gelowiges se kritiek op Angus e.a.
Van Moses en Michaelangelo se antropomorfe nurks langs die pad af van Kritiese Realisme, Post-fondamentalistiese Rasionaliteit, Radikale Ortodoksie, Post-liberale teologie en Postmoderne Wetenskapfilosofie tot by die panenteïstiese transendentale van desperate teoloë op soek na voortgesette relevansie is “God” ‘n verdollende, vertorende vaagheid wat niks minder nie en niks meer nie as Moeder Natuur “laat gebeur”.
Van die natuurlike ateïsme by die eerste asemteug tot by dié “God” is ‘n enorme sprong, maar van hierdie “God” af is dit ‘n katspoegie na geloofsgenesing en Armageddon.
Rapport se halfgebakte kritiek op Angus Buchan en voortgesette onderskrywing van die “God” – weet waar om die streep te trek; Jean Oosthuizen se o, so realistiese “kitskos-teologie”-tipering van Angus se aweregse godsdiens; dr Ben du Toit se verontwaardiging oor geteksde teksversies wat die openbaring van die “God” buite konteks kan plaas; die professors in die Noorde wat gevoelige byvoeglike naamwoordkartetse heen en weer skiet oor die “God” se openbaring… is verstandsverstommend.
Help mense eerder om tot die ontnugterende besef te kom dat daar nié feëtjies onder in die tuin is nie, eerder as om hulle te probeer oortuig dat die feëtjies nie vertoorn of verlei kan word nie… moenie mense help om “God” beter te verstaan nie; help mense om te besef dat daar nie ‘n “God” ís nie. Want met die “beter begrip” – na watter kant toe ook al – word die feërie gevestig en waansin werklikheid.
“Ek jok vir Jesus!”
Angus Buchan lieg as hy sê, soos Neels Jackson hom op 27/4 in die Afrikaanse koerante aanhaal, dat “Jesus” hom “van die randjie van die dood teruggebring” het, want op 28/4 word daar berig dat daar “niks ernstigs fout” met hom is nie.
“Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid…” (Rom 3:7).
En was dit nou ‘n “wonderwerk” of “boereverneukery”?
Ag pleaze dêddy…
Warning. LPS. Reader discretion is advised.
Angus “I-haven’t-bin-to-baaibil-college-I’ve-bin-to-agricultural-college-but-i-haven’t-bin-to-baaibil-college” Buchan will this Friday pray to God for rain in the Eastern Cape.
“Ag pleaze dêddy, wouldn’t you make it rain man, 5, 6, 7 mils, 8, 9, 10…”
I checked out the weather forecast for the region and rain is expected for today, Thursday, Sunday and Tuesday. Not much, mind, but darem, ek sê. So this might be an expedient time to do some praying for rain.
But crazy as praying for rain might be, it does afford us a clarion insight into the character of “God”. Let me elucidate…
Suppose your child is hungry. You know this because you haven’t supplied a meal for two days and she’s lethargic and queasy. You do… fuck all. So she’s hungry.
Eventually, she asks you for food. You do fuck all.
Then she organises her school mates to come serenade you. They tell you that you are just the man – you’re wise beyond comprehension; your compassion and love for your child is without a velleity of doubt and your bum makes teenage girls horny.
You supply a meal. Your child feasts. And then she gets her mates together again and they are speechless at your grace and goodness.
God is a fucking cunt. The doos should be drawn and quartered.
I mean, does this poephol not know it’s dry in Uitenhage? He should fucking get Dstv.
Angus se reëngod
Duisende Christene het Saterdagmiddag reën getrotseer om na Angus “I haven’t bin to Baaibil College” Buchan op Coca-Cola-park in Johannesburg te luister. Hul geesdrif het al hoe groter geraak terwyl die reën al hoe harder geval het.
“Jesus is die reënmaker”, het Angus gesê.
Jaaaa, boet. So tipies soos ‘n horingpetjie op ‘n Blou Bul-ondersteuner se kop.
Die manlike luggode soos Tiwe, Thor, Baal, El (wat uiteindelik die hedendaagse Christen-god geword het), Brahman, Zeus en Jupiter was algemeen bekend daarvoor dat hulle die weer beheer het. ‘n Voorbeeld van hierdie geloof is die bekende gebiddery van Elia en die profete van Baal op Karmel vir een van die gode om ‘n braaivleis aan te steek.
Hierdie Vader Lug godsdienste het prominensie gekry tydens die aanbreek van die Bronstydperk ongeveer 5000 jaar gelede. Dis nogals ‘n interessante storie en met baie seks. Landbougereedskap is uit brons gemaak en Moeder Aarde se vrugbaarheid is met ploeg en eg getem. Moeder Aarde is deur manlik-beheerde instrumente gepenetreer, bevrug en haar opbrengs gestroop. Maar die weer kon nie beheer word nie. Mense het toe hulle oë van die grond af gelig en na die hemele opgeslaan vir hulp.
Hier in die laaste deel van die eerste dekade van die 21ste eeu bly die Bronstyd-verhaaltjies moerse ougat. Maar vir aartappelboere en gewone sterflinge is meteorologie ‘n beter opsie. As die luggode. Rérig.
Ek hoop Angus gaan nie weg nie. Hy’s ‘n ware grapjas.
Bron:
Durand, Francois. 2006. Die herkoms van die mens en religie. In Swanepoel, Francois (Red). ‘n Groot misterie om vandag oor goddelikheid te praat. CB Powell-Bybelsentrum. Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria.17.
Angus is right!
Eighty20 reports today that 45% of South African men agree with the statement “The man’s place is at work, the woman’s place is at home“. 42% of women do too.
Angus is right!
The Bible is right!
Religion rules!
If ever there was an indictment against the bane that is religion and the quackery of religious leaders…
It is oh so easy to convince people that what they already believe is what they should believe, what “God” wants.
The sooner religion is destroyed, the better. But in the meantime, let us cease to respect this preposterous nonsense!
Ek lááik godsdiens!
Ek lááik godsdiens!
Die godsdiens is darem ten minste goed vir één ding: dit laat my baie gereeld skaterlag.
Vandag het die noeste geloofskrywer, dr Bernhard Ficker van Somerset-Wes, hierdie juwééltjie gebaar: “Dink maar wat met Kain en sy destydse post-moderne siening gebeur het toe hy God se instruksies wou herinterpreteer en volgens sy eie subjektiewe interpretasie wou toepas.”
‘n Post-moderne Kain! Nou’t ek als gehoor. Tot later vandag. Of môre.
Nou die dag wanner het dr Stephan Joubert Immanuel Kant ‘n middeleeuse filosoof gemaak. En nou’s Kain ‘n post-modernis. En ék, so het ‘n uiters vernaamlike godgeleerde my laas jaar gesê, is die wêreld se enigste oorblywende logiese positivis.
Kain ‘n post-modernis! En dít om te verduidelik dat die formidabele prof Amanda Gouws God se arme aartappelboer onbillik beoordeel as sy sê Angus I’ve not been to Bible College, I’ve been to Agricultural College, but I haven’t been to Bible College Buchan “gebruik ‘n fundamentalistiese interpretasie van die Bybel.”
“Watse interpretasie verwag sy moet Buchan dan gebruik?” wil Ficker weet. “‘n Interpretasie dat dit wat daar in die Bybel staan, nie eintlik daar staan nie?”
Godsk! Wát sal ek sónder godiote máák? Ek slaan my oë op na die berge, wáár sal my lag vandaan kom? My lag is van die HERE wat godiote en gelowiges gemaak het.
‘n Dún draadjie
Christene besef heimlik dat hulle geloof aan ‘n dun draadjie hang.
Ek luister so na Angus Buchan se lui Engels: “I haven’t been to Baaibil College, boet. I’ve bin to Agricultural College, but I haven’t been to Baaibil College. I’ve bin to thu School of Lyfe.”
And it fuckin’ shows, boet.
Buchan het nie die vaagste benul van elementêre hermeneutiek nie, maar hy verkondig wyd en syd wat die Bybel nou eintlik leer. En sy volgelinge loop glimlaggend en hoopvol en blinkoog met die hande in die lug en gospil sing, agter hom aan.
Hoekom loop andersins intelligente, meelewende en innemende mense agter iemand soos Buchan aan?
Ek herinner my die storie (Se non è vero, è molto ben trovato) van ‘n vername politikus wat glo na FW de Klerk se aardskuddende toespraak gesê het dat mense nie so verbaas moet wees oor die algemene aanvaarding van die veranderinge nie. Want, het hy gesê, die “Afrikaner” (ek vermoed hy het bedoel wit mense wat Afrikaans praat en meestal aan die Drie Sussies en die AGS behoort) het net nodig dat iemand ‘n rigting aandui en begin stap. Dan volg hulle.
Die afgelope weke lees ek wyd oor die Amerikaanse verkiesing. Dit is een van die heel belangrikste gebeurtenisse op ons planeet – en dit gebeur elke vier jaar. Jonathan Haidt (van Sielkunde aan die Universiteit van Virginia) het onlangs ‘n insiggewende artikel geskryf oor hoekom mense vir die Republiekeine stem. Hy sê onder andere : “People vote Republican because Republicans offer ‘moral clarity’ – a simple vision of good and evil that activates deep seated fears in much of the electorate. Democrats, in contrast, appeal to reason with their long-winded explorations of policy options for a complex world.“
Wat van gays? Dis úit! Die Bybel sê so…
Wat van vroue? Hulle moet onderdanig wees. Die Bybel sê so…
Wat van seks voor die huwelik? Dis úit. Soos boknaai op ‘n skaapplaas. Die Bybel sê so…
Wat van aborsie? Dis úit! Die Bybel sê so.
Wat van Israel? Die profesieë sê…
Die Bybel is ‘n morele Kook en Geniet. As jy die resep, ek meen die teksvers, ken dan’s Bob jou antie. Tjop-tjop! Nie nog nodig om twee maal te dink nie. Boet.
En énige ou kan die teksvers gebruik. Elke Afrikaanssprekende bruid het waarskynlik ‘n Kook en Geniet onder die lakens in die troesoukis. Maar as jy daai reseppie verkéérd kry kan mense doodgaan.
As ek opehart chirurgie moet ondergaan sal ek nogals bly wees as die ou met die skalpel Medical School bygewoon het. Maar oor die Bybel kan enige ou met ‘n innemende glimlag en gepaardgaande persoonlikheid maar sny. Boet.
Stephan Joubert is ‘n gerespekteerde leraar en pastor – én professor in die Teologie! Boet – en skryf anderdag oor hoe Immanuel Kant, ‘n “Middeleeuse” filosoof die een of ander Pous in Rome ontmoet het. Toe ‘n Bybelwetenskaplike hom daarop wys dat Kant eintlik ‘n filosoof van die Verligting was en nogals nié in die Middeleeue geleef het nie; en dat hy nooit sy voete buite Pruise gesit het nie en dus nooit enige pous in Rome besoek nie, verdedig gelowiges Joubert se laksheid:
Ek lees gereeld briewe soos dié van ene Fanie, van Magalieskruin: “Ek prys U, Vader van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het” (Matt.11:25).
Fanie is bly vir ouens soos Angus wat help sorg dat “al die slimmighede van geleerdes nooit die wysheid van Bo (Jak.1:5) sal onderdruk of stuit nie!” en betreur slim ouens soos Pieter Craffert en Sakkie Spannenberg wat dingetjies blykbaar so móéilik maak.
(Terloops, Beeld se redaksie behoort bitter bekommerd te wees oor die kaliber leser wat hulle aantrek.)
Nadat prof Amanda Gouws in ‘n oopkop analise van die Buchan fenomeen na hom verwys as “deel van die probleem, nie van die oplossing nie” en byvoeg “Geen wonder Karl Marx het gesê godsdiens is die opium van die massas nie!”, betreur briefskrywers haar “slimmigheid”:
“Ek sê net soos Angus Buchan: ‘Kom laat ons bid.’“
“Geloof gaan juis oor onbewysbare.“
“Geleerdheid bring jou nie na God.“
Daar is natuurlik ‘n enorme gevaar vir die Angus Buchans en hulle volgelinge in ‘n wetenskaplike benadering tot die Bybel: Alles van die “Skepping” tot die “Ewige Lewe” gaan in die hek duik. En dan is daar níks.
Daarom moet hierdie “Bybelgelowiges” hulle aanslag maar “eenvoudig” hou – dis te dun om aan kritiek blootgestel te word. “Bybelgelowiges” wéét dit heimlik en daarom skuif hulle maar net teksies rond.
Dis maar ‘n onbelangrike kaartehuisie, die Christelike Geloof. En ek meen dit is duidelik dat gelowiges dit wéét. Die soetsappighede en bolangse eksegese wat mense soos Stephan Joubert en Hennie Stander en Isak Burger opdis – en mee wegkom! – dui dit onteenseglik aan. Boet.
En die party tricks wat Buchan opdis is gewoon om van te kots. Dis nie eens substantief genoeg om werklik te kritiseer nie. Laat my dink aan Butch Hancock: “Life in Lubbock, Texas, taught me two things: One is that God loves you and you’re going to burn in hell. The other is that sex is the most awful, filthy thing on earth and you should save it for someone you love.”
Jááá boet.
Shut up already, Angus!
Angus Buchan knows not the Bible if he is able to make idiotic statements such as “give your children a good hiding when they are naughty because the Bible says so”.
There is no Biblical justification for hitting a child!
Even the director of the SACC’s public policy liaison unit Keith Vermeulen, decalared as much at a Cape Town media briefing on the Children’s Amendment Bill.
The God of the Bible is the worst child molester in history, but once one gains sufficient insight to realise that “God” is nothing but a fictional character, the Bible can be enjoyed for what it is – a not completely bad bit of historic literature. For all its flagrant contradictions the Bible at least does not justify corporal punishment.
If Buchan wishes to declare on the Bible, he should familiarise himself with the Canon. If he does not “get it” he should not “speak it”. And he should not rely on some “Holy Spook” to make things clear to him. The Spook’s message is so inconsistent as to be non-existent, judging by the many churches in Protestantism alone. He should put in the effort to study the Bible and not randomly misquote it.
I am sick and tired of this farmer revealing his complete lack of Biblical insight. Bullshit indeed baffles brains. Buchan should go back to growing spuds, boet. Of the Bible and exegesis he knows alarmingly little.
Rapportspeletjie!
12 Oktober 2008…
Die Times berig dat “more than 100 000 people headed for the Nasrec Expo Centre near Soweto yesterday to hear charismatic American preacher TD Jakes.”
‘n 1-0-0-0-0-0, ‘n h-o-n-d-e-r-d-d-u-i-s-e-n-d mense!?
En Rapport sê níks daaroor nie!?
Wat het “God se aartappelboer”, Angus I-haven’t-bin-to-Baabil-School-boet Buchan wat Jakes nié het nie, Rapport? TD by Nasrec troef Angus op Loftus met meer as 40%, maar die Grootse Afrikaanse Weekblad in die Wêreld (GAWeWe) rep nie ‘n woord daaroor nie.
Dalk die velkeur van die deluded?
Vroeër: 10 Augustus, 2008…
Rapport - die Grootste Afrikaanse Weekblad in die… Wêreld! (GAWeWe) – loods, smaak my, vandag ‘n nuwe speletjie om verkoopsyfers te stu: SOEK VIR ANGUS en wen ‘n Datsun.
Op 20 Julie basuin Rapport oor ‘n stampvol Doftus (Loftus) vir Jesus. Vandag – 10 Augustus – is daar nie ‘n woord oor die Dumbsa Stadion nie… het “Together as one” te laat aangehou – tot 23h59 ?
<!–[if gte vml 1]> <![endif]–> <!–[if gte vml 1]> <![endif]–>
Miskien het Rapport besef dat al is jou lesers dom Christene* hulle jou tóg agterkom. Jy kan hulle net só ver melk en dan werk dit ook nie meer nie.
En dan is daar hierdie vreemdheid wat my opval – 3 weke na Doftus en 16 weke na Greytown: 112 dae van gebed vir ons arme land en vandag berig Rapport dat Suid Afrika die stryd teen misdaad verloor. Ek dink die grootste enkele probleem met die Christene se “God” is dat die dônir so hardhorig is. En nie vir homself kan dink nie. Sou Al-Quddoos (القدوس – The Most Holy) nou nie vir homself kon uitwerk om misdaad stop te sit nie!?
Maar hiér is goeie nuus! In vandag se Rapport. SOEK VIR ANGUS en wen ‘n Datsun.
* As jy ‘n Christen is is jy dom, ongeag hoe slim jy is. (Daar is tog iets oor “oom Angus” op die brieweblad, gehoor!) Nee, ek weet nie waar gaan Rapport ‘n Datsun kry vir die wenner nie… dalk ís daar nie ‘n wenner nie.
‘n “Freak Show”
Angus Buchan is ‘n absolute meester van verbruikersgedrag. Dít is ‘n opregte kompliment.
Ek is egter trots om oor die Suid Afrikaanse gemeenskap – inderdaad oor die wêreldgemeenskap – saam met Oscar Wilde te sê: “To disagree with three-fourths of the (British) public is one of the first requisites of sanity.”
Buchan kan soetgoed aan kleuters uitdeel soos ‘n winkelsentrum Kersvader nie kan nie. En vanoggend, op die formidabele Freek Robinson se RSG program Praat Saam was “God” se Aartappelboer ándermaal op sy stúkke!
DW, wat gereeld op hierdie blog skryf, het my so tien minute oor laat weet van die gesprek en terwyl ek geluister het, het dit my opgeval dat elke enkele inbeller volmondig met Buchan saamgestem het en hom met oorgawe ondersteun het.
Ek het reeds geskryf oor die waarskynlike redes vir Buchan se sukses met die God-storie en die ondermynende invloed van Buchan se massasaamtrekke en hoekom ek die MMC kritiseer en oor die Afrikaanse Pers wat oopmond en verstar agter Buchan aanloop en die blatante onsin wat Buchan verkoop… en dat Buchan se “herlewing” net mooi níks aan die Suid Afrikaanse maatskappy verander nie. Wanhoop troef valse hoop.
Buchan se boodskap – dat “God” in beheer is en dat ‘n nasie wat op “God” vertrou die ideaal is – is onsin. Navorsing bevestig dit:
In Dealing with reality skryf ek: “In a recent (2005) study, Gregory Paul tested the hypothesis that religion is associated with lower rates of lethal violence, suicide, non-monogamous sexual activity and abortion, by comparing data from 18 developed democracies. He found ‘in general, higher rates of belief in and worship of a creator correlate with higher rates of homicide, juvenile and early adult mortality, STD infection rates, teen pregnancy, and abortion… None of the strongly secularised, pro-evolution democracies is experiencing high levels of measurable dysfunction.’
“The broad trend, argues George Monbiot, looks clear: ‘the more secular, pro-evolution democracies have… come closest to achieving practical ‘cultures of life.’ “
Ns. Dat Buchan die desperate wit Afrikaanses hook, line and sinker gevang het is duidelik. Onder die uitsprake wat my vanoogend op RSG getref het is daar ene Jacques wat reken dat “God” in beheer is, selfs in die wanorde. Hoe argumenteer jy nou met iemand wat só ‘n stelling kan maak!?
Ene Miemie meen dat dit nou al so sleg gaan in Suid Afrika dat selfs sommige “donker mense” al vir “wittes” ‘n voorbeeld stel. Noujatoe!
En dan noem Buchan Freek “Freak“. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jai!

