Posts Tagged ‘Deon Maas’
Peddling bullshit in the press
I have made a formal complaint to the Press Ombudsman about Amie van Wyk’s Godsdiens-aktueel in Beeld of April 28. The complaint could, regretfully, not be entertained.
It is embarassing that a major daily, such as Beeld, can dish up such absolute bullshit – that the dead somehow are not, in fact, dead – to its readers. But then again, it is good business to determine what people want to buy… and then sell it to them. Probably especially if it is… bullshit.
But it remains laughable that adults can think that dead people are not, well, dead.
To be born again is to be born without a brain. That much is clear. Crystal.
Here is the correspondence in the matter.
The complaint – in virginal Afrikaans, no less…
28 April 2008
Die Persombudsman van Suid Afrika
33 Bath Laan
Nedbank Gardens
Rosebank
2196
Per elektroniese pos: pressombudsman@ombudsman.org.za
Beeld. 28 April 2008. Godsdiens-aktueel: Help om vlamme op skip te blus
Amie van Wyk maak ‘n verstommende aanspraak in die rubriek Godsdiens-aktueel: Help om vlamme op skip te blus: dat ‘n dooie vrou, wat grusaam vermoor is, steeds leef.
Die omstandighede van die moord is hartverskeurend. ‘n Liefdevolle en toegewyde eggenoot moet vrede maak met die dood van sy liefling, met wie hy sy lewe sedert die laat vyftigerjare gedeel het.
Van Wyk skryf: “Sy lewe – by die Here. Dis ‘n troos: Sy lewe.”
Van Wyk lieg.
Toe die vrou se hart gaan staan het en sy opgehou het om asem te haal het haar weefsels nie meer suurstof gekry nie. Haar selmetabolisme het begin staak, met een belangrike uitsondering: proteolitiese ensieme het nog vir ‘n tyd aanhou werk. Hierdie ensieme breek selintegriteit af, veral die integriteit van selwande. Haar selle het begin disintegreer.
Toe die tri-ammonium fosfaat in die vrou se bloed finaal verminder het as gevolg van die agteruitgang van haar hart se pompvermoë, het kognitiewe vermoëns verdwyn en haar opgepotte herrineringe wat in die hippocampus gedeelte van haar brein gebêre is het in die niet verdwyn.
Die vermoorde vrou is dood. Normale natuurprosesse sal die oorskot hersirkuleer en daar is geen enkele wetenskaplike bewys dat enige deel van die oorskot of psige na die dood voortbestaan nie.
Om op die blaaie van ‘n vooraanstaande dagblad te beweer dat die vermoorde vrou steeds lééf is leuenagtig, uiters onsensitief en van alle wetenskaplike waarheid ontbloot. Dit is ‘n minagting van beide die realiteit en die kosbaarheid van die lewe. Dit maak ‘n bespotting van die dooie vrou se naasbestaandes en vriende se verdriet.
Op die webblad van Die Persombudsman van Suid Afrika word as volg verklaar: “The rules governing reporting of news and comment are pretty much the same as in democracies around the world where there is press self-regulation. In summary, they say that news shall be reported truthfully, accurately and fairly. It shall be presented in context and in a balanced way without intentional or negligent departure from the facts by distortion, exaggeration, misrepresentation, omissions or summarisation.”
Die rubriekskrywer Van Wyk en die Beeld redakteur moet tot verantwoording geroep word. Dit is verregaande dat daar nie redaksionele strukture by Beeld in plek is om te verhoed dat sulke snert gepubliseer word nie.
Ek stel voor dat Beeld ‘n verskoning publiseer en die feit dat die vermoorde vrou dood is – en nie meer leef nie – onomwonde onder lesers se aandag bring.
Ek stel verder voor dat die rubriek Godsdiens-Aktueel voortaan met ‘n waarskuwing gepubliseer word: Die menings wat in hierdie rubriek verwoord word is gebasseer op mitologiese oorlewering en het nie betrekking op die werklikheid nie. Lesers word gemaan dat die inhoud van hierdie rubriek ‘n verbeeldingsvlug is en dat dit nie letterlik opgeneem moet word nie.
Die uwe
Nathan Bond
_______________
The response, in exquiste English, with apologies for not being in Afrikaans…
Dear Mr Bond,
Please excuse my using English – I’m much more comfortable expressing myself in this language than I am in Afrikaans.
I’ve read your complaint carefully and unfortunately cannot entertain it.
The column you complain of was an expression of the writer’s beliefs and was not a news report. The sections of the South African Press Code that you quote refer to news and comment on news and may not be used to judge a column such as this one. To see the code please visit our website www.presscouncil.org.za.
The South African Constitution guarantees each one of us “the right to freedom of conscience, religion, thought, belief and opinion”. The writer of the column and the newspaper were exercising their constitutional rights. The mandate of this office does not extend to gagging free expression of beliefs.
If you differ with the writer of the column, you may send a letter to the editor expressing your opinions but remember that he has the sole discretion to use your letter or reject it.
You may, within seven days of receipt of this e-mail, ask the Chairperson of the Press Appeals Panel, Judge Ralph Zulman, to review my decision. Please use this address and state your reasons for the application.
Regards,
Joe Thloloe
SA Press Ombudsman
_______________
My reply, in the Queen’s very best inasmuch as I am able…
Dear Mr Thloloe
Thank you for considering my complaint.
I accept your decision and will not ask for a review.
My decision to register a complaint was based on recent actions by editors to terminate the contracts of specific columnists, because the columnists expressed opinions contrary (in the opinion of the editors) to persuasions of readers. I refer, of course, to the termination of Deon Maas by Rapport and David Bullard by the Sunday Times.
I submit that these editors did in fact gag free expression of beliefs, something you are not prepared to do. The scruple does you honour, I daresay.
My argument, sir – and this is indeed the driving force behind my action – is that editors appear to be willing to terminate columns they regard as offensive, or contrary to the generally held opinions of the editorial staff and readers, and that they promote columns that are judged not to be asynchronous with generally held opinion.
Judging from recent editorial decisions in this regard I submit that something is quite extraordinarily wrong in the State of Denmark, to hackney a phrase to the point of irreverence, and that Beeld - the newspaper in question – apparently agrees that the dead are not, in fact, dead. The lack of editorial criticism on Van Wyk’s column dramatically speaks to the point.
Such agnosy, sir, should not be allowed to be promoted by the mainstream press.
Perhaps… perhaps because columns fall outside the reach of your office, they present a lucrative opportunity to sneak mendacious nonsense without the risk of censor?
Yours truly,
Nathan Bond
Rapport moes Deon Maas ánders begin het
Verlede week, in Sondag, het Maas die ANC gekarnuffel; dié week vir Jacob Zuma. Presies die soort ding wat Rapport en Sondag se lesers wil lees. Perdalkies moes Maas eers met soortgelyke houe begin het in Rapport; nie met “God” en die “Dywil” nie.
Sien, die mense wat Deon Maas bykom meen hulle het álles verloor: “Die ka… die swa… húlle het álles gevat. Ons het nog net vir ‘God’ oor. En vir Pretoria. En nou wil hulle Pretoria óók wegvat! Ons het net vir ‘God’ oor.”
Dis maklik om “God” aan te vat en dis maklik om oor “God” opgewerk te raak en dis maklik om “God” te verdedig, want “God” is niks meer as ‘n gemoedstoestand nie.
“Oppas wat jy oor mý God sê, gehoor! En oppas wat jy jou troetelteddies nóém!”
Maar nou ja, perdalkies lag Media24 en RCP Media heerlik in die mou vir ons wat so opgewerk is oor Deon Maas… en heelpad bank toe. Dit was mos ‘n “kommersiële” aangeleentheid.
Wáát!? God bestáán nie?
Zapiro se jongste spotprent sê dat nóg die Drieëenheid (een begrip, een woord, 3 e’s) nóg Jehova bestaan. (God bestaan dus nie.) Nóg die Ou Dywil.
Zapiro maak nie soos Deon Maas gemaak het nie – Zapiro bepleit nie verdraagsaamheid vir mense wat verskillende gode en dywils aanbid nie, Zapiro sê prontuit dat daar geen bewyse is vir die bestaan van gode en dywils nie. God en Satan – en Zeus en die Tannemuis – is inderdaad almal dieselfde: storiekaraktertjies.
Gaan Jesus se soldaatjies weer in opstand kom om “Sy Heilige Naam” te verdedig? Weer sms en epos en dreig om lorries te kaap en om nie koerante te koop nie?
Wat gaan redakteurs met Zapiro se spotprent doen?
“Ons is Jiésis se soldááikies, ja menéér!“
Cowboys, kroeks, Rapport…
‘n Jong Afrikaanse man het tydens die KKNK 2005 gespreksreeks se Cowboys, kroeks, koerante – die media gister en vandag, van die vloer af vir spreker Tim du Plessis gesê dat “jong mense” meer invloed wil hê in dit wat hulle in Rapport lees. Die kommentator se mening was dat Rapport (en waarskynlik het hy gemeen alle koerante en media) se inhoud deur bepaalde lesersgroepe se belange gerig behoort te word.
Du Plessis het met beslistheid gesê dat so ‘n beleid nie moontlik is nie. Die leser moet lees wat die koerant aanbied.
Dit is daarom verontrustend dat Du Plessis nou voor druk van ‘n militante kader van ‘n bepaalde belangegroep gebuig het en die pasaangestelde rubriekskrywer Deon Maas na slegs enkele rubrieke van sy pligte onthef het omdat die kader deur Maas se menings ontstig was.
In sy mediaverklaring oor die besluit sê Du Plessis dat Rapport en Maas geteiken is deur “‘n virale veldtog wat per e-pos en SMS gevoer is oor Maas se eerste rubriek oor Satanisme”. (Die rubriek het weliswaar nié oor satanisme gegaan nie, maar oor verdraagsaamheid en Maas se mening is op makabere wyse deur die protes bevestig.)
Du Plessis sê voorts dat “talle van Rapport se getroue lesers in goeie trou gereageer het. Daar is deeglik kennis geneem van hul standpunte. Rapport is verbind tot mediavryheid, die vrye uiting van menings en robuuste debat. Die georkestreerde boikotveldtog het egter die wese van die kwessie verander van een oor vrye meningsuiting na een oor kommersiële belang.”
Du Plessis het in 2006, oor die Deense Mohammed-spotprente, geskryf dat geen geld genoeg is om te vergoed vir wat ‘n mens (as joernalis) moet verduur wanneer ‘n godsdienspolemiek woed nie. Maar as ‘n mens redakteur wil wees dan moet ‘n mens maar die pyn vat. En ‘n mens moet veral die druk kan vat. Du Plessis het waarskynlik die korrekte “kommersiële” besluit geneem ten einde Rapport se “getroue lesers” se voorgesette getrouheid (en weeklikse paar silwer sikkels) te verseker, maar “vrye meningsuiting” het ongetwyfeld in die slag gebly… vir ‘n paar silwer sikkels.
Die Afrikaanse Pers is voorwaar die handperd van georganiseerde godsdiens. Hardnekkige gerugte dat Rapport per geleentheid onder druk van sekere kerkleiers nie die menings van die Nuwe Hervormers wou publiseer nie, is weereens tydens die Deon Maas sage opgehaal.
Hierdie ongelukkige episode gaan ‘n waterskeiding in die Afrikaanse Pers word. Watter móóntlike geloofwaardigheid kan ‘n koerant hoegenaamd oorhou as hy mening onderdruk wat bepaalde lesers aanstoot gee? Hoe kan ‘n koerant aan spot en hoon ontsnap as die dispuut boonop mitologiese snert oor gode en duiwels is wat werklik net die mees naïewe lesers aanstoot kan gee? Die naïewiteit word benadruk deur die feit dat Maas se gewraakte rubriek nie eens oor satanisme gehandel het nie, maar oor verdraagsaamheid – verdráágsaamheid!
Die grootste Afrikaanse weekblad het sy lesers – en bepaald ook en veral ook daardie lesers wat protesteer – vieslik in die steek gelaat.
Deon Maas en die konsentriese sirkels van dalende redelikheid
Ek het lank gelede oor die telefoon vir Tim du Plessis gesê dat hy die lekkerste jop in die land het. Na ‘n aarseling het hy gevra: “Wat dink jy ís my jop?”
“Wel”, het ek gesê, “jy het die voorreg om mense te laat dink! Wat kan nou lekkerder wees?”
Na ‘n langer aarseling het Du Plessis gesê: “My jop is om koerante te verkoop.”
Skryf dit maar aan naïwiteit toe, maar die wind was uit my seile gehaal. En toe besef ek – en ‘n belangrike besef was dit, aan die beginjare van my penneprotes teen die godsdiens – dat die redakteur natuurlik heeltemal reg was.
Vir Tim du Plessis het ek baie tyd. Om Afrikaanses elke Sondag dieselfde koerant te laat koop verdien ‘n Nobelprys. Of dan ten minste ‘n Noddy Badge.
Du Plessis skryf, destyds oor die Deense Mohammed-spotprente: “Die nimlike Rykie van Reenen het eendag geskryf oor die lekker werk van joernalis wees en bygevoeg: en dan betaal hulle my nog om dit te doen ook!
“Só voel ek meestal in dié stoel. Behalwe wanneer ‘n godsdienspolemiek woed. Dan is geen geld genoeg om te vergoed vir wat ‘n mens moet verduur nie.”
Ek meen die reaksie op Deon Maas se eerste rubriek het onteenseglik aangedui dat Afrikaanse Christene ‘n baie klein; ‘n baie irrelevante ou stamgodjie aanbid. Maar die feit dat daai god in hierdie mense se koppe bestaan, maak hom ‘n formidabele mag. Ek is maar bangerig vir dié godgelowiges:
Sam Harris praat van “concentric circles of diminishing reasonableness” – van die kern waar selfmoorbombardiers en “voorkomende geweldenaars” en gayhaters pronk, langs die sirkels af tot by daardie verdraagsame liberales en gematigdes wat Sondae kerk toe gaan… en Rapport koop as Deon Maas nie meer daarin skryf nie.
Harris sê: “The problem is that wherever one stands on this continuum, one inadvertently shelters those who are more fanatical than oneself from criticism. Ordinary fundamentalist Christians, by maintaining that the Bible is the perfect word of God, inadvertently support the Dominionists – men and women who, by the millions, are quietly working to turn our country into a totalitarian theocracy reminiscent of John Calvin’s Geneva. Christian moderates, by their lingering attachment to the unique divinity of Jesus, protect the faith of fundamentalists from public scorn. Christian liberals – who aren’t sure what they believe but just love the experience of going to church occasionally – deny the moderates a proper collision with scientific rationality. And in this way centuries have come and gone without an honest word being spoken about God in our society.”
As die vele gevare van godsdiens ooit aan bande gelê kan word, dan moet dit by die “verdraagsame, meelewende gematigdes” gestuit word, dié godgelowiges wat die al meer militante broers en susters in die binneste kringe met hulle “redelikheid” beskerm. Dié broers en susters wat Deon Maas nie kan verduur nie.
Onderhoud met Satan oor Deon Maas
Nadat Rapport die Deon Maas rubriek gekanselleer het, het Nathan Bond met Satan gesels en ook dié herrie bespreek.
NB: Baie dankie vir hierdie geleentheid… ek is onseker oor hoe ek u moet aanspreek…
L: Lucifer sal doen. Ek moet sê dat mense se name vir my ‘n groot bron van persoonlike plesier is.
NB: Wel… Lucifer… so van plesier gepraat: ek dink dit is vreemd dat mense beide oneindige pyn en onbevange plesier met u vereenselwig. Hoekom is dit die geval?
L: Kyk, ek sê altyd vir my amptenare dat die dood en plesier nou verwant is. Neem nou maar die opperste plesier wat daar vir mense is – seks: die liggaamshoudings en die krete is byna presies soos die van mense wat pynlik sterf. Wanneer slegte goed gebeur is dit altyd ék; goeie goed is altyd… jy weet wie. As jy by fyndraai kom en ‘n orgasme kom soos ‘n tsoenami aan, dan’s dit “O, God, ek kom!”, as jy uitgeput en swetend na jou asem lê en hyg en jy moet opstaan om na vroulief se aandete terug te gaan, en die skuldgevoel kom soos ‘n toenami aan, dan’s dit “The Devil made me do it.” Hemel in die hiernoumaals is altyd ék; hemel in die hiernamaals is altyd… jy weet wie.
NB: Mense voel baie sterk oor u, Lucifer. In Suid Afrika het een van die grootste Afrikaanse kerke, die NG Kerk, vroeër vanjaar tydens sy algemene sinode moeilikheid onder kerkbankers gehad omdat daar ‘n verslag ingedien is wat u bestaan ontken.
L (lag saggies): Tja, ek het gesien.
NB: Die grootste Afrikaanse weekblad, die Sondagkoerant Rapport, het ook ‘n rubriek gekanselleer omdat die skrywer, ene Deon Maas, verdraagsaamheid bepleit het en Satanisme as voorbeeld gebruik het – ‘n voorbeeld van iets wat mense gewoon nie kan gedoog nie.
L: Ek het dit gelees, ja.
NB: Hoe voel u oor mense se vrees en weersin oor “die Duiwel”?
L: Ek meen dit is baie amusant. Mense identifiseer sterk met my. Daarom, meen ek, die weersin. Mense voel skuldig dat die goed wat hulle in mý naam kán doen baie lekkerder is as die goed wat hulle in jy weet wie se naam móét doen.
NB: U noem God nie by die naam nie?
L: Kom ek vertel jou van God. God is ‘n terggees! Hy gee julle mense instinkte – en wat doen Hy? Hy verbied julle om daaraan gehoor te gee. Jy sien ‘n sexy vrou wat skalks vir jou glimlag en haar heupe vir jou swaai en omkyk na jou… en wat wil Hy hê moet jy doen? Die spesies propageer? Uh-uh! Jy moet wegstap en Hom verskoning vra omdat jy gereageer het soos Hy jou gemaak het. God is ‘n sadis, man! Hóm eer? Hóm by die naam noem? Nóóit! Wat vir ‘n naam is “Ek Is” in elk geval? Dit was net Moses wat dáárvoor geval het – half dood van hitte uitputting en dehidrasie.
NB: Die verhouding tussen u en God het kennelik op ‘n stadium mateloos versleg…
L: Jy kan dít weer sê! Hoe sal jy voel as jy jou hele ganse lewe lank – en ons engele lééf my maat, ons leef vir éwig – vir éwig, iemand anders se ego moet streel? O, Jy is sóóó wonderlik! So almagtig! So genadig! So mooi! Ek moes sonder ophou bladmusiek produseer vir die hemelkore. Magtag, ek het op ‘n stadium vyf honderd duisend – výf hónderd dúisend – komponiste gehad om al daai kore van musiek te voorsien. En dink jy God soek dieselfde wysie twee maal? Moenie glo nie! Hy luister een maal en dis dít. En kan Hy ónthóú?
Dís juis waar die verhouding versuur het: God moes per geleentheid ‘n skepping van een-ogige Beta vulgaris rubra reuse op Ewurtfu 9 neffens Sirius B gaan besoek en Hy wou ‘n dramatiese entrance hê. Ek moes terselfdertyd vir Jesus kamermusiek gereed hê vir ‘n sessie met nuutgestorwe Wêkjas van Osibus G in die vierde kwadrant – sensitiewe siele – en toe gee ek vir Koor 666, as ek reg onthou, dieselfde musiek wat ons gebruik het toe God 8234 jaar tevore twee gemeenskappe op Lladus 14, in die tweede kwadrant, met “die Volle Geweld van My Toorn” getref het.
Arme Gabriël moes die leiers gaan sê hulle gemeenskappe gaan verwoes word; die ouens het vir hom gelag; God het sy moer iets allerverskrikliks gestrip; ek moes musiek produce en arme Klotz moes ‘n meteoriet twee ligjare ver gaan haal om die arme dônnirs se blyplekke uit te wis. Dít alles omdat een van die onderleiers per geleentheid ‘n skajak (iets soos julle kamele) pleks van ‘n bosjuk (iets soos julle beeste) geslag het.
Maar ek dwaal af. God herken toe die musiek van 8000 jaar gelede net toe Hy die arme beetkop Druniesj se enkele oog met die “Volheid van My Lig” verblind. Jissis! Maar Hy vereg vir Hom, Nathan! Dis bliksemstrale net waar jy kyk, en die arme beetkoppe hardloop in alle rigtings weg met daai irriterende hoë frekwensie skreeu wat hulle gee. En as hulle bang raak gee hulle die allerverskriklikste stank af – en dít (‘n ontwerpersfout wat Dramakween – die hoofontwerper van die Skeppingspan – laat deurglip het) maak God toe van vóór af de moer in en hy wil Dramakween net daar “met die Volle Geweld van My…” tref.
En ek sê toe: “Nee! Magtag! Stop dit nou. Dis mý fout. Ek het vir die koor die verkeerde musiek gegee…”
NB: U gaan God toe teë?
L: Ja! Só kon dit mos nou nie aangaan nie. Hy fôk almal op wat skuins na Hom kyk, of wat nie die letter van sy bisarre wette nakom nie, en dan moet my oorwerkte kore dit ontgeld. En die engele wat Sy absurde lewensontwerpe moet gestalte gee!
Fôk, man, daar’s ‘n wet op Vasgok wat die Vasgoki verbied om op die agste dag (hulle het 10 dae per week daar) te pís. Te pís. Die arme dônnirs drink van die middag van die sewende dag niks nie, tot so ‘n uur of twee voor sonsondergang op die agste dag. As jy op die agste dag pis, dan… wel, dan kák jy! Bid jou aan!
NB: Wat gebeur tóé?
L: Wel, God reël toe ‘n Direkteursvergadering. Hy, Jesus, die Parakleet (ons het hom “parapleeg” genoem omdat hy altoos gesweef het; nooit geloop het nie), ek (Musiek), Gabriël (Kommunikasie), Dramakween (Skeppings) en Anahaailyt (Uitwissings).
En Hy vreet my van ‘n kant af uit. Oor ek een maal in meer as 8000 jaar ‘n stuk musiek herhaal het. En die “collateral deaths” op Ewurtfu 9 is toe ook sommer my skuld, nes arme Druniesj se blindheid, en die een ding volg op die ander en toe ek my oë uitvee toe kyk die Triniteit my met sulke houtoë aan.
NB: Hulle wil u toe doodmaak?
L: Nee. Dit werk nie só nie. As God ‘n engel doodmaak sal Gevak (die Gerub Vakverbond) Hom nooit weer ondersteun nie. Dít kan ‘n kosmiese coup d’état tot gevolg hê.
Nee. Dramakween lê toe die bloudruk voor vir júlle planeet – Aarde – vir onmiddelike skepping en dit word aanvaar. Jy sien, ek het bykans een derde van die engele agter my gehad – ek was immers die “Celestial Rock Star”; ék was “Mr Music” in die ganse kosmos!
Hulle besluit toe dat ek en my ondersteuners ‘n kans sou kry om die “kroon van die nuwe skepping” sover te kry om my te ondersteun, en as ek dit kon regkry, kon ek op die Aarde bly.
NB: And the rest is history?
L: You’ve got that right!
Weer die kwessie van drange en wette wat lynreg bots. Toe Eva daai vruggie vir Adam gee, en hy eet, en sy ogies gaan oor daai girl se lyf oop, toe pomp hulle vier dae lank voor hulle God se stem eers gehóór het.
Toe’s daai God moerig! Jy ken die storie…
NB: En die toekoms. Wat gaan met u gebeur in die toekoms?
L: Ek weet nie. Daar’s baie stories. Daai retard wat Openbaring geskryf het – how’s that, hey? – praat van ‘n poel van vuur. Maar ek weet nie. God was báie lanklaas hier op aarde. Ek dink Hy het die plek vergeet. Kyk, toe Jesus destyds hier weg is, het hy gesê hy kom sommer gou weer terug om daai spul useless bedelaars wat hom oral gevolg het te kom haal. Maar waar is Jesus? Hê? Sê my! Waar is Jesus? Wég!
NB: Mense sê dis u wat al die moeilikheid op aarde veroorsaak. Is dit so?
L: Kyk, man. Hoekom sal ek mense nou wil uitwis? Hoe meer mense hoe meer kan ek God irriteer. Hy maak ‘n reël; ek wys op die dinamika van Dramakween se ontwerpe en die mense kies vir my. Ek vervul ‘n onmisbare rol! As ek nie daar was nie, sou mense self verantwoordelikheid moes neem vir hulle dade. Nou’s dit, laaik, “Sorry, the devil made me do it!” Mense kan nie sonder my lééf nie, man! En solank die produk in mense se behoefte voorsien, meen ek ek sal in besigheid bly!
NB: Al meen die NG Kerk se slim manne dat u nie bestaan nie?
L: Natúúrlik! As die NG Kerk se slim manne reg was, sou daar mos nie so ‘n ophef oor Deon Maas se verwysing na my gewees het nie. Laat ek jou iets vertel: As jy in mense se koppe bestaan, dan bestáán jy! Vat nou maar vir jy weet wie…
NB: Baie, baie dankie, Lucifer! Baie insiggewend!

