Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Posts Tagged ‘evolusie

Openbare onkunde

with 62 comments

Beeld het vandag ‘n aanlyn meningspeiling oor evolusie gedoen. Die resultaat, alhoewel nie verrassend nie, is steeds skokkend:

34% van Beeld se aanlynlesers, op ‘n bepaalde dag, is gewillig om hulle onkunde oor evolusie openbaar te maak.

43% van Beeld se aanlynlesers, op ‘n bepaalde dag, is sterk genoeg teen evolusie gekant om hulle verwerping van evolusie openbaar te maak.

Slegs 23% van Beeld se aanlynlesers, op ‘n bepaalde dag, meen evolusie is ‘n belangrik genoeg wetenskaplike teorie om in die openbaar te ondersteun.

Wat kan uit die resultaat afgelei word? Dat Beeld meer wetenskaplike artikels oor evolusie moet publiseer om sy lesers kundig te maak oor die natuur en om mitologiese snert uit te wys vir die verdommende invloed wat dit het.

Wat gaan Beeld waarskynlik doen? Niks. Of vir eerwaarde Neels Jackson vra om Piet Strauss oor die Skepping te pols.

Written by Nathan Bond

September 2, 2008 at 19:25

Posted in Religion must go!

Tagged with ,

Evolusie kelder teologie

with 13 comments

Dit is vanjaar – op Woensdag, 20 Augustus – presies 150 jaar dat die evolusieteorie die eerste maal gepubliseer is.

Die evolusieteorie verdelg die Genesisverslag oor die “Skepping” en die ganse Geloofsmaatskappy.

In ‘n Huldeblyk aan Charles Darwin en Alfred Russel Wallace spreek ek die hoop uit dat godsdiens oor die volgende 150 jaar verder sal erodeer sodat mense aan die verdommende kettings van geloof kan ontsnap.

Hierdie huldeblyk is ook my openingstandpunt in die debat oor evolusie waartoe ek ingestem het.

Written by Nathan Bond

August 17, 2008 at 17:46

Posted in Religion must go!

Tagged with , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.