Posts Tagged ‘Koos Kombuis’
Koos Kombuis vat ráák
Koos Kombuis sê die Pous is ‘n poes oor die Pous sulke kak goed van gays sê.
Ek stem heelhartig saam!
Maar Koos moet onthou dat Bennie Dick dié goed – oor gays – sê omdat “God” hom voorsê.
So wié’s die éintlike poes?
“Gód” is die eintlike poes.
Biskop David Russell en mnr. Jody Kollapen reken dat Koos se stelling te kras is.
Ag nee wat! ‘n Vieslike woord is nie náástenby so kák as Bennie Dick se Latynse haatspraak nie.
Dis tyd dat ons ophou om die waansin van godsdiens met ordintlikheid aan te vat.
Godsdiens is kák. Punt.
‘n Ope brief aan Koos Kombuis
4 Mei 2008
Mnr Koos Kombuis
Agterblad
Perspektief
Rapport
Geagte mnr Kombuis
“Sekulêre intoleransie”
In jou rubriek Laaste Woord: Die gebed van ‘n vrydenker (Rapport, 4 Mei 2008 ) neem jy sterk standpunt in teen fundamentalisme, hetsy godsdienstige of ongelowige fundamentalisme.
Ek het lankal die “fyn lyn tussen iemand anders se geloof in twyfel trek, of selfs satiriseer, en iemand se geloof ongenadig afkraak” oorgesteek. En ek wil jou graag sê hoekom ek daardie lyn oorgesteek het.
Eerstens, mnr Kombuis, is ateïste inderdaad reg. Oor die feit dat “God” nie bestaan nie. “God” bestaan beslis nie. Of weet jy perdalkies van slegs ‘n sweempie van ‘n enkele bewys wat daarop dui dat daar wel ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Skepper en Beskikker is? Ek praat van evidence, nie sommer net glo oor ek kan nie.
Tweedens, mnr Kombuis, is dit nie slegs nodig nie, maar noodsaaklik dat daar oorreageer moet word teen ‘n vergryp wat deur 90% van die Suid Afrikaanse gemeenskap as ‘n gegewe aanvaar word: “God”. Dit is om dieselfde rede dat ons ‘n “Vrouedag” het – om aandag te vestig op ‘n vergryp wat nie geduld dúrf word nie, maar tog gekoester word. That is why, mr Kitchen, atheists like me throw the sink at believers.
Derdens, mnr Kombuis, ek kan nie aan een enkele wetenskaplike wat ek ken of wat ek lees dink wat meen dat sy álles weet nie. Alhoewel daar heelwat goed is wat ons wéét, maak ons in die wetenskap, soos Karl Popper gesê het, net vordering wanneer ‘n hipotese faal en nie wanneer dit bevestig word nie.
Elke enkele ateïs wat ek ken of wat ek lees sal ‘n volmaakte u-draai (een honderd en tagtig grade) oor “God” maak as die nodige evidence aangebied word. Ek, mnr Kombuis, sal “God” se grootste dissipel word as “God” homself aan my sou bekendstel. Maar helaas…
Ek wonder of jy, mnr Kombuis, my aan ‘n godgelowige kan voorstel wat bereid is om dienooreenkomstig te gaan waar die evidence lei?
Die reg van ‘n individu om te glo dat die aarde plat is, is onaantasbaar. En solank “God” en frenologie en astrologie en alchemie en magic van die spreekwoordelike strate af gehou word – soos dwelms en gelaaide gewere – sal my stem nie gehoor word nie.
Die pad na ‘n beter lewe, mnr Kombuis, is nie uitgelê met ongeregverdigde oortuiginge nie. Die 60 000 Mighty Men, byvoorbeeld, is volkome onder die invloed van geliefde volksverhaaltjies oor gode; van mite; van veronderstellings waarvoor daar nie ‘n grieseltjie bewys bestaan nie; van veronderstellings waarvoor bewys nie eens denkbaar is nie. Dít is ‘n verregaande vergryp van menslike breinkrag wat ‘n soort perverse kulturele eienaardigheid tot gevolg het: dat rasionele diskoers onmoontlik word. En as die geskiedenis ons een ding leer dan is dit dat ‘n gebrek aan smaak vir bewys gereeld die ergste in die mensdom uitbring. Wanneer oortuiging – hoe edel ook al – deur iets anders as bewyse geregverdig word, laat dit ons magteloos om een van die mees deurdringende oorsake van konflik in ons samelewing te identifiseer en aan te spreek: Blinde Geloof. Byvoorbeeld, as die idee dat jy vir ewig gaan leef eers posgevat het, verander die uitkyk op die lewe op ‘n manier wat andersins ondenkbaar sou wees. Wanneer die idee dat ‘n bepaalde versameling antieke geskrifte die onfeilbare woorde van ‘n “God” is eers posgevat het, word Sjibbolet-vergrype (sien Rigters 12.v,vi) die norm. Ons het nié die rég om goed te glo sonder bewyse nie!
Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.
Jý, mnr Kombuis, en jou vrou en jou kinders, is veiliger en gedy in ‘n rasionele omgewing as gevolg van ateïste soos Richard Dawkins en Sam Harris en Daniel Dennett en George Claassen se kragdadige oproepe tot rasionaliteit.
Ek, mnr Kombuis, is ‘n radikale ateïs. Ek stel dit onomwonde omdat ek wil hê dat jy moet besef dat ek lank en hard oor hierdie ding gedink het en dat ek nie op die draad sit nie. Ek was eens, so het ek gemeen, ‘n geroepene van “God”; ek is ‘n opgeleide teoloog; ‘n man wat beide sukses en diepe persoonlike mislukking ken; iemand wat swaar dra aan die gevolge van vrotsige besluite; iemand wat gereeld die verkeerde pad vat… en soms nie. Ek het “God” nog nêrens raakgeloop nie. Nie toe ek hom biddend gesoek het nie; nie op die “regte paaie” nie; nie op die “verkeerde paaie” nie.
Dis nié oukei om onsin te glo nie. Dis net gewoon nie goed genoeg nie.
