Posts Tagged ‘Mighty Men Conference’
Waa’s die Mighty Men se china!?
WAARSKUWING: TAAL, GODSLASTERING, GEWELD.
Lesers word gemaan dat hierdie artikel gekruide taal bevat en “God” in ‘n slegte lig stel.
Moenie hierdie artikel lees as harde woorde oor “God” jou aanstoot gee nie.
“China”* is ‘n informele woord vir vriend, maar “God” is nie jou china nie, meen Angus Buchan.
Inderdaad! “Vriend” is Gottie, die Aartappelboertjie beslís nie!
Dis nou al drie weke nadat die 60 000 Mighty Men ge-halleluja en ge-amen en gebid het, maar Gottie vee sy gat aan hulle af. ‘n Enkele kliek op News24.com vanoggend wys hoe min Gottie voel:
Drie sterf in grusame aanval… ‘n Vrou in ‘n rolstoel – Jissis Gottie! Jissis!! – en haar versorger en haar man is vermoor.
Boer sewe maal geskiet… Nice one, Gottie! Sewe maal – die “heilige nommer”! Nice touch, poepol**!
Polisievrou in haar huis vermoor… Iemand wat jou dalk kon hand gee om wreedheid te voorkom, Gottie – ‘n polisievrou. Jou fôkkin idioot.
Vrou, 76, verkrag… Sy is 76 Gottie! Het jou gemeenheid geen perke nie, jou doos***!?
Hoe beskryf ‘n mens iets of iemand wat goed soos dié “laat gebeur”. Hy’s glo nie die een wat doen nie, hy was net sy bloedbevlekte hande soos Pilatus van die spreekwoord. Te lamsakkig om ‘n vinger te lig.
Hoe beskryf ‘n mens iemand wat in dié paaiboelie gló?! Wáár kry ‘n mens wóórde!?
Hei! Angus! En die 60 000 Mighty Men! Waa’s julle “God”, chinas?
Gelukkig bestaan “God” nie. Dink net wat ‘n embarrassment hy sou gewees het as hy tog wel bestaan het!
Hei, Gottie! Check die spuds yt, ek sê, china.
_______________
* China. (A friend) And a colleague or acquaintance, or someone you don’t know at all. It can be used aggressively. “Are you tuning me kak China?” (Are you giving me shit, mate?) Surfrikan Slang.
** Poepol. (Afrikaans.) Idiot, twit, “poop hole”. Enough said. “Don’t be a poepol”. Surfrikan Slang.
*** Doos. (Afrikaans – Female genitalia) “You are such a doos.” This means you are a complete idiot. Surfrikan Slang.
Hoekom ek die MMC kritiseer
My hewige kritiek op die Mighty Men Conference het my blog en my eposbus onder die woorde laat kreun. Mense sê vir my ek moet onthou dat Angus Buchan mense hoop gee. Rapport, wat die Mighty Men fenomeen melk vir elke sent wat dit werd is, het by “kenners” gaan kers opsteek. Hoop, is die konsensus. Buchan gee verwarde mense hoop. 60 000 mans saam is glo ‘n teken van die tydsgees.
“In tye van onsekerheid en vrees is dit te verstane dat Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, mans hunker na ‘n vorm van standvastigheid soos geloof.”
Hoop? Dat “Liewejiesus alles in Suid Afrika gaan laat regkom” – as ons net na Sy pappie luister!?
Ja, sê die mense, die mans wat op Greytown saamgetrek het is nou beter mans en pa’s en werknemers en werkgewers.
Wel, as dit inderdaad só is, hoe kan die Mighty Men Conference dan gekritiseer word?
Die pad na ‘n beter lewe is nie uitgelê met ongeregverdigde oortuiginge nie. Die 60 000 is volkome onder die invloed van geliefde volksverhaaltjies oor gode; van mite; van veronderstellings waarvoor daar nie ‘n grieseltjie bewys bestaan nie; van veronderstellings waarvoor bewys nie eens denkbaar is nie. Dít is ‘n verregaande vergrype van menslike breinkrag wat ‘n soort perverse kulturele eienaardigheid tot gevolg het: dat rasionele diskoers onmoontlik word. En as die geskiedenis ons een ding leer dan is dit dat ‘n gebrek aan smaak vir bewys gereeld die ergste in die mensdom uitbring. Wanneer oortuiging – hoe edel ook al – deur iets anders as bewyse geregverdig word, laat dit ons magteloos om een van die mees deurdringende oorsake van konflik in ons samelewing te identifiseer en aan te spreek: Blinde Geloof. Byvoorbeeld, as die idee dat jy vir ewig gaan leef eers posgevat het, verander die uitkyk op die lewe op ‘n manier wat andersins ondenkbaar sou wees. Wanneer die idee dat ‘n bepaalde versameling antieke geskrifte die onfeilbare woorde van ‘n “God” is eers posgevat het, word Sjibbolet-vergrype (Sien Rigters 12.v,vi) die norm. Ons het nié die rég om goed te glo sonder bewyse nie!*
Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.
Ek meen dit is ‘n kwade dag as dit ‘n wolhaarstorie kos om mense te motiveer om te doen wat hulle in elk geval behoort te doen. Godsdiens is die laaste plek om ‘n sin vir reg en verkeerd te gaan optel.
Ek is nie beïndruk met ‘n nuwe! gemotiveerde! man (met herwonne manlikheid!) wat sy brein in die grootste tent op aarde neffens Greytown gelos het nie. Ek dink ‘n boodskap wat hoop gee, maar ook waansinnighede insluit soos gay seks is onaanvaarbaar en dis goed om jou kind sporadies te bliksem en Liewejiesus sal jou wys waar om vir water te boor is ‘n boodskap wat maar gelaatlos kan word. ‘n Boodskap wat gewortel is in lewende dooies en maagdelike geboortes en ‘n heen-en-weer gereisery deur die buitenste ruimte is ‘n kak boodskap, makisaak hoe ougat jy dit opdress nie.
Die Mighty Men Conference is sleg vir Suid Afrika. Die Mighty Men Conference is sleg vir mans en vir hulle vrouens en vir hulle kinders en vir hulle werknemers en vir hulle werkgewers. En die Afrikaanse koerante wat die Mighty Men Conference so ophemel is onverantwoordelik en lê hulle plig op die altaar van tydelike verhoogde omset.
Op die lange duur is valse hoop altyd erger as wanhoop.
_______________
* Harris, Sam. 2005. The End of Faith. Free Press. London.
MMC: ‘n Nabetragting
Met MMC + 1 en MMC + 2 het ek probeer aandui dat dinge ná die Mighty Men Conference maar baie dieselfde is as wat dit vóór die Mighty Men Conference was.
Mense wat bymekaarkom en bymekaarstaan en mekaar bemoedig is oor die algemeen ‘n goeie en verrykende ding. Maar ons moet bedag wees op onsin.
Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.
Professor Julian Müller skryf onlangs in Geloof vir die denkende mens: “Dit maak meer sin om oor God te dink as die doel van alles in plaas van die oorsaak van alles. Ons lewens word nie van elders gedetermineer nie, maar geleef in veranwoordelikheid met die oog op die ontdekking en verwerkliking van die immer teenwoordige en altyd moontlike God.”
Ek het bitter baie agting vir mense wat vernuwend dink oor die evangelie. En daar is baie Afrikaanse Bybelwetenskaplikes wat vernuwing deksels goed verwoord. Müller is een van dié denkers.
Maar ek het géén idéé wat bedoel word met “die immer teenwoordige en altyd moontlike God” nie. Dit is gewoon aanmatigend om só ‘n stelling te maak. En, ek is bevrees, dis laf.
Wat van “die immer teenwoordige en altyd moontlike Gordon”? Gordon is die kabouter wat alles – soos in álles! – 15 minute gelede gemaak het, kompleet met herinneringe en geskiedkundige en geologiese rekords en homself toe langs die visdam in my tuin in ‘n gipsbeeldjie verander het… daar staan Gordon nou neffens die koi visse wat ek nie het nie.
Daar is gewoon nie ‘n “God” nie. En indien daar ‘n “God” sou wees sou die lyding van mens en dier sy “Godheid” as strafbare minagting blootgelê het.
Wat ons nodig het, ons mense, oral en ook hier in Suid Afrika, is om op te hou om voor ‘n paaiboelie te kruip; om van ons knieë af op te staan; om ons biddende hande oop te maak en om iets te dóén oor lyding in al sy verfoeilike manifestasies.
Solank ons nog, soos ‘n moederbobbejaan, die verottende lyf van die gestorwe Christus agter ons aansleep, gaan ons wêreld ‘n al woester en leër plek raak.
Dis tyd om te breek. Die Mighty Men Conference en soortgelyke uitbarstings van vals hoop lyk en klink na ware hoop, maar vals hoop is altyd, altyd erger as wanhoop.
Go help the Cypriots, Angus!
The drought-stricken eastern Mediterranean island of Cyprus will begin importing water from neighbouring Greece within the next two months in order to deal with a severe water shortage, reports said earlier today.
Cypriots should get Angus Son of the Rainmaker Buchan, he of the Mighty Men Conference, to come pray for rain! The Lord has never failed him, claims Buchan. Put the Lord’s Potato Farmer in a dry place… and run for cover, it’s gonna pour, my mate.
Then again, perhaps Cypriots aren’t idiots.
MMC + 2
MMC + 2
Two days after the Mighty Men Conference where 60 000 men asked God to heal South Africa…
Rowers skiet man in TV-stoel dood
Familie se huis geplunder nadat 12 rowers hulle oorval
Scores of children die from unsafe water
Mother and daughter killed, baby kidnapped
Girl ‘made to watch porn’ before rape
Decomposing body found in Pietermaritzburg
Another 5 500 AIDS deaths in Africa today
1 500 new HIV infections in South Africa today
Nice going, Goddy! Perhaps you’re working on another bumper spud crop instead of watching over your “children”?
MMC + 1
The Monday after the Mighty Men Conference where 60 000 men asked God to heal South Africa…
Dad burns house, hangs himself
Vrou (71) se bebloede lyk gekry
Drie paramedici, 2 pasiënte sterf toe ambulans lorrie tref
2 dood in aanval by dagsorgsentrum
Durban man and woman strangled to death
MMC + 1
The Monday after the Mighty Men Conference* where 60 000 men asked God to heal South Africa…
Dad burns house, hangs himself
Vrou (71) se bebloede lyk gekry
Drie paramedici, 2 pasiënte sterf toe ambulans lorrie tref
2 dood in aanval by dagsorgsentrum
Durban man and woman strangled to death
Another 5 500 AIDS deaths in Africa today
1 500 new HIV infections in South Africa today
Nice going, Goddy! Perhaps you’re working on another bumper spud crop instead of watching over your “children”?
* Micky Mouse Conference?
