Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Posts Tagged ‘Mighty Men

Shut up already, Angus!

with 104 comments

Angus Buchan knows not the Bible if he is able to make idiotic statements such as “give your children a good hiding when they are naughty because the Bible says so”.

There is no Biblical justification for hitting a child!

Even the director of the SACC’s public policy liaison unit Keith Vermeulen, decalared as much at a Cape Town media briefing on the Children’s Amendment Bill.

The God of the Bible is the worst child molester in history, but once one gains sufficient insight to realise that “God” is nothing but a fictional character, the Bible can be enjoyed for what it is – a not completely bad bit of historic literature. For all its flagrant contradictions the Bible at least does not justify corporal punishment.

If Buchan wishes to declare on the Bible, he should familiarise himself with the Canon. If he does not “get it” he should not “speak it”. And he should not rely on some “Holy Spook” to make things clear to him. The Spook’s message is so inconsistent as to be non-existent, judging by the many churches in Protestantism alone. He should put in the effort to study the Bible and not randomly misquote it.

I am sick and tired of this farmer revealing his complete lack of Biblical insight. Bullshit indeed baffles brains. Buchan should go back to growing spuds, boet. Of the Bible and exegesis he knows alarmingly little.

Written by Nathan Bond

September 13, 2008 at 10:01

Jesus drop, place en score op Doftus

with 170 comments

Loftus het gister volgens berigte glo gedawer met applous vir Jesus1. 70 000 mense het ge-halleluja en ge-amen. Meer as 69 000 was wit en verreweg die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekend.

Verstaanbaar, maar ai tog, so verskriklik embarrassing.

Prof. Hansie Wolmarans van die Universiteit van Johannesburg het op die Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002 gesê dat die tradisionele verlossingsleer (sondeval en verlossing) uiters nadelige effekte het. Dit skep gevoelens van angs en skuld en maak mense kwesbaar vir religieuse manipulasie. Dit ondermyn ook menslike verantwoordelikheid.

Dit maak mense, onder andere, bygelowig, het Wolmarans gesê. Op daardie stadium was dit juis Afrikaanssprekende Christene wat die sogenaamde profeet van Lagos, TB Joshua, plaaslik aangehang het. Dit was nie ‘n kerklike tydskrif of Afrikaanse koerant wat sy bedrog blootgelê het nie, maar Special Assignment van 17 September 2002. Dit was weereens veral Afrikaanse Christene wat geglo het Marietjie Prinsloo se Krion-skema kan hulle ‘n wonderbaarlike opbrengs van 10% per maand gee, want op haar briefhoofde verskyn mos die woorde Soli Deo Gloria: “Aan God alleen die eer”. Dit is veral Afrikaanssprekende Christene wat in hulle duisende Bruce Wilkinson se Jabesgebed aankoop en sy saamtrekke bygewoon het. (Volgens Wilkinson hoef jy net elke dag 1 Kronieke 4:10 woordeliks te bid, en God sal jou ryk maak.)

Ek is gatvol dat mý mense – Afrikaanse mense – so bedônner word deur geloof en bygeloof. Daar is geen verskil tussen dié twee hoerkinders van Onnoselheid en Oningeligtheid nie.

Dat die “Grootste Afrikaanse Weekblad in die Wêreld” (GAWeWe – Rapport) sulke onbevange onsin soveel prominensie kan gee… wel, dit gaan nie meer die verstand te bowe nie: dis te verwagte. Wat anders as onsin kan jy nou aanbied as jy lesers wil behou wat glo in ‘n “god” en ‘n ewige lewe na die dood?

Afrikaanssprekende wit mense word verdom omdat koerante soos Rapport lekkergoed vir kleuters bly uitdeel in die naam van winsgewendheid.

Ek herinner my die woorde van die pers-ghoeroe Piet Cillié: “In die lewe bestaan ‘n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te erger die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ‘n goeie dosis van wat hulle behóórt te wil hê.

Angus Buchan se massasaamtrekke is onverantwoordelik en ondermynend: dit versterk die sosiale polarisasie tussen die wat “wéét” wat reg is en die wat “nié weet” nie. Die Suid Afrikaanse Maatskappy kan dít nie bekostig nie.

Loftus. Dat dié trotse baken van Springbokrugby nou Doftus moet word. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

(1) Die Suid Afrikaanse rugbyspeler van die 20ste eeu, Frik du Preez, word besing vir sy vermoë om te kon drop, place en score. Hy het sy rugby in Pretoria gespeel.

Written by Nathan Bond

July 20, 2008 at 09:16

Loftus vir Jesus

with 29 comments

Loftus vir Jesus” en soortgelyke teenswoordige godsdienstige massasaamtrekke is ‘n dwingende sosiale probleem.

“Die Kerk” groei deesdae slegs in Afrika, in Latyns-Amerika, in Mikronesië en in China. Dit groei omdat kerkleiers dieselfde tegniek as die sukkelende Britse motorvervaardigers in die 1960′s gebruik en ‘n model wat nie meer in Europa verkoop nie, na Derde Wêreldlande uitvoer.

Hierdie “Derde Kerk”, soos Walbert Buhlmann dit reeds in die sewentigerjare in sy boek “The Coming of the Third Church” beskryf het, is tradisioneel, ortodoks en bonatuurlik. Dit groei in onderdrukkendende omstandighede: Ekonomiese druk – ook onder voorheen bevoordeeldes; die verlies aan meelewing in die elektroniese era; die spanning van etniese en politieke diversiteit; die pyn en lyding van misdaad; die wanhoop van HIV/Vigs en ‘n kwynende openbare gesondheidstelsel.

Mense smag na vryheid, verligting, genesing en bevryding – juis die belofte wat die sterk charismatiese leierskap van die “Derde Kerk” bied. Dit is nie ‘n verrassing as kleuters soetgoed aanvaar nie!

Die opmars van hierdie bepaalde soort Christendom in die Derde Wêreld dreig om die voorveronderstellings, mag en politiek van die Westerse verdwynende liberale Christendom uit te daag, soos juis nóú in die Anglikaanse Kerk oor vroue- en gay biskoppe.

Anglikaanse Aartsbiskoppe van Afrika en Suid-Oos Asië het reeds konserwatiewe Amerikaanse eweknieë tot “sendingbiskoppe” verorden om tradisionele, fundamentalistiese en onfeilbare (inerrant) standpunte in die Amerikaanse Episkopale Kerk te bevorder. Die “Derde Kerk” beskou homself al hoe meer as die geroepe hersteller van die foutiewe standpunte wat die “afvallige” Westerse Kerk kniehalter.

Om Angus Buchan se massasaamtrekke klakkeloos te onderskryf – soos Beeld met oorgawe doen – is onverantwoordelik en ondermynend: dit ignoreer die oorsaaklike en versterk die sosiale polarisasie tussen die wat “wéét” wat reg is en die wat “nié weet” nie.

Daar is beslis dood in hiérdie kookpot!

Written by Nathan Bond

July 16, 2008 at 17:15

“Oom Angus” se “hartwolk”

with 9 comments

Ek wou hierdie nota aanvanklik nie hier publiseer nie – hierdie snert uit die kamp van die 60 000 Miekie Muise is eintlik nie eens kommentaar werd nie, maar verskeie korrespondente meen dat ek dit tog maar moet publiseer. Daarom…

“Oom Angus” se “hartwolk” (in beide Beeld en Die Burger – ons Afrikaanssprekendes se “wêreldklas sekulêre koerante”) laat my dink aan die prediker wat skoon liries geraak het oor die “X-formasie” in die kern van die M51 galaksie en die “kruisvorm” van die laminin-molekule.

Moet ‘n mens lag?

Moet ‘n mens huil?

Moet ‘n mens telefoonboeke opskeur en hard skreeu terwyl jy dit doen?

Richard Dawkins noem godsdiens ‘n virus… inderdaad! ‘n Virus wat breinselle vreet. Hoe meer geloof, hoe minder verstand.

Ons kan níks aan hierdie waansin dóén nie, maar ons kan ten minste ophou voorgee dat godsdiens en geloof respek waardig is.

Ons kan ten minste ophou om kinders aan godsdiens bloot te stel.

Written by Nathan Bond

June 6, 2008 at 16:18

Hoekom ek die MMC kritiseer

with 15 comments

My hewige kritiek op die Mighty Men Conference het my blog en my eposbus onder die woorde laat kreun. Mense sê vir my ek moet onthou dat Angus Buchan mense hoop gee. Rapport, wat die Mighty Men fenomeen melk vir elke sent wat dit werd is, het by “kenners” gaan kers opsteek. Hoop, is die konsensus. Buchan gee verwarde mense hoop. 60 000 mans saam is glo ‘n teken van die tydsgees.

“In tye van onsekerheid en vrees is dit te verstane dat Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, mans hunker na ‘n vorm van standvastigheid soos geloof.”

Hoop? Dat “Liewejiesus alles in Suid Afrika gaan laat regkom” – as ons net na Sy pappie luister!?

Ja, sê die mense, die mans wat op Greytown saamgetrek het is nou beter mans en pa’s en werknemers en werkgewers.

Wel, as dit inderdaad só is, hoe kan die Mighty Men Conference dan gekritiseer word?

Die pad na ‘n beter lewe is nie uitgelê met ongeregverdigde oortuiginge nie. Die 60 000 is volkome onder die invloed van geliefde volksverhaaltjies oor gode; van mite; van veronderstellings waarvoor daar nie ‘n grieseltjie bewys bestaan nie; van veronderstellings waarvoor bewys nie eens denkbaar is nie. Dít is ‘n verregaande vergrype van menslike breinkrag wat ‘n soort perverse kulturele eienaardigheid tot gevolg het: dat rasionele diskoers onmoontlik word. En as die geskiedenis ons een ding leer dan is dit dat ‘n gebrek aan smaak vir bewys gereeld die ergste in die mensdom uitbring. Wanneer oortuiging – hoe edel ook al – deur iets anders as bewyse geregverdig word, laat dit ons magteloos om een van die mees deurdringende oorsake van konflik in ons samelewing te identifiseer en aan te spreek: Blinde Geloof. Byvoorbeeld, as die idee dat jy vir ewig gaan leef eers posgevat het, verander die uitkyk op die lewe op ‘n manier wat andersins ondenkbaar sou wees. Wanneer die idee dat ‘n bepaalde versameling antieke geskrifte die onfeilbare woorde van ‘n “God” is eers posgevat het, word Sjibbolet-vergrype (Sien Rigters 12.v,vi) die norm. Ons het nié die rég om goed te glo sonder bewyse nie!*

Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.

Ek meen dit is ‘n kwade dag as dit ‘n wolhaarstorie kos om mense te motiveer om te doen wat hulle in elk geval behoort te doen. Godsdiens is die laaste plek om ‘n sin vir reg en verkeerd te gaan optel.

Ek is nie beïndruk met ‘n nuwe! gemotiveerde! man (met herwonne manlikheid!) wat sy brein in die grootste tent op aarde neffens Greytown gelos het nie. Ek dink ‘n boodskap wat hoop gee, maar ook waansinnighede insluit soos gay seks is onaanvaarbaar en dis goed om jou kind sporadies te bliksem en Liewejiesus sal jou wys waar om vir water te boor is ‘n boodskap wat maar gelaatlos kan word. ‘n Boodskap wat gewortel is in lewende dooies en maagdelike geboortes en ‘n heen-en-weer gereisery deur die buitenste ruimte is ‘n kak boodskap, makisaak hoe ougat jy dit opdress nie.

Die Mighty Men Conference is sleg vir Suid Afrika. Die Mighty Men Conference is sleg vir mans en vir hulle vrouens en vir hulle kinders en vir hulle werknemers en vir hulle werkgewers. En die Afrikaanse koerante wat die Mighty Men Conference so ophemel is onverantwoordelik en lê hulle plig op die altaar van tydelike verhoogde omset.

Op die lange duur is valse hoop altyd erger as wanhoop.

_______________

* Harris, Sam. 2005. The End of Faith. Free Press. London.

Written by Nathan Bond

April 27, 2008 at 18:16

Die Afrikaanse Pers en die Mighty Men Conference

with 5 comments

60 000 mans ruk op” skreeu Rapport op 20 April. Op bladsy vyf is daar nog berigte: ‘God se werk is groot’ en Saamtrek ‘soos Jesus se vis en brood .

Sunday Times van 20 April het nie ‘n enkele woord oor hierdie gebeurtenis nie.

Van 19 April tot 25 April verskyn daar elke dag berigte oor Angus Buchan se Mighty Men Conference in die Afrikaanse Pers:

‘God werk op rare maniere’; 50 000 se geloof gaan Loftus weer vol maak; Mans stroom na Buchan-konferensie; Buchan kom ook na VS en NK; Merkwaardige konferensie; Mighty Men; ‘God is nie jou china nie’; Konferensie se hoofkwessies; Dis nou nie meer net ‘Scotsman’ wat doen wat die Here hom beveel nie; Tentdorp lyk nes iets uit die Ou Testament; Só ’n skare het Buchan nog nooit gesien; ‘Duiwel het pak slae gekry’; ‘Jou stres en sonde gaan saam met jou emigreer’; Geloof is soos ’n aartappel; Kom leer hier van God; Duisende mans trek saam om te bid; VS-boer sterf nadat hy inmekaarsak op saamtrek; 40 000 mans bid saam in grootste saamtrek nóg… hierdie berigte het in die een of ander formaat in een of meer van veral Beeld en ander Media24 publikasies verskyn.

Op IOL se webblad kry ek die indruk dat die Engelse Pers nie juis gaande is oor die Mighty Men Conference nie.

Opdat ek ‘n nuuskurige mens is bel ek toe vir Rapport. Hoe is dit dat twee groot koerante die Mighty Men Conference so uiteenlopend beskou: nuuswaardig… onbelangrik?

Rapport se redakteur, Tim du Plessis, wou dat ek hom ‘n epos stuur met my vrae, maar ek sê ek het net een vraag: “Hoekom het Rapport die Mighty Men Conference so baie dekking gegee?”

Du Plessis gee my, soos gewoonlik, ‘n reguit antwoord. Sê van die man wat jy wil, maar hy sal sy sê sê: “Elke koerant skryf vir ‘n bepaalde mark…”

Du Plessis sê dat Rapport die Mighty Men Conference as “uiters nuuswaardig” beskou en dat die terugvoer van lesers hierdie oordeel bevestig. Op sy blog – Tim Gesels – skryf Du Plessis trots dat twee redakteur-kollegas, een van ’n mededingende titel, reeds ruiterlik erken het dat hulle die storie van die Greytown-saamtrek totaal misgelees het.

Rapport gaan bly by die storie van Faith Like Potatoes, Angus Buchan, die 60 000 mans op Greytown asook die verdere saamtrekke wat beplan word.”

“Groot dele van die SA media is verlede naweek onkant betrap”, skryf Du Plessis. “Dié keer gelukkig nie Rapport nie.”

Is die Mighty Men Conference nuuswaardig? Natúúrlik! Dat die eeue-oue verhaaltjie oor Gode en Duiwels vir 60 000 – s-e-s-t-i-g-d-u-i-s-e-n-d-! – mans so werklik is dat hulle ‘n naweek afstaan, en sommige duisende kilometer ver reis om saam met ander ondersteuners “Jesus!” en “Halleluja!” te skree is beslis nuuswaardig. Skrikwekkend, soos ‘n tsoenami, maar inderdaad nuuswaardig. Laat ek liefs my standpunt toelig: Die onderwerp van die saamtrek is slegs nuuswaardig omdat die feit dat 60 000 volwassenes oor ‘n sprokie kan saamtrek, nuuswaardig is. Eat your heart out JK Rowlings! Om die sprokie nou op te hemel net omdat baie mans daaroor gaande is, is dalk baie meer onverantwoordelik as wat aanvanklik in die naam van omset voordelig is.

Oeps! Hiér is ‘n nuusbrokkie wat Rapport wél misgekyk het: Die Nuwe Hervorming Netwerk (NHN) het ‘n naweekseminaar: Die Kosbaarheid van Hierdie Lewe – 16 -18 Mei. Op 18 April het 64 mense reeds geregistreer. En die NHN se netwerkbediener het (nog) nie gekrêsj nie.

Hoekom is hierdie spiritualiteitsgebeurtenis nie nuus nie? Wel, 64 gaan sommer baie, baie lesers en koerantverkope in 60 000 in… en ek meen dat daar nie op die NHN Seminaar gesê sal word dat homoseksualitiet “onaanvaarbaar” is nie, en dat ‘n mens jou rebelse kind moet dônir – en hom (in die naam van Toutatis hopelik nie háár nie) dan moet sê hoe lief jy hom het, en dat jy die waterwysstokkie moet weggooi en Liewejiesus moet vra om jou te wys waar om te boor nie. En die NHN mense is darem nie óns mense nie. Jirre, hulle is napraters van die Jesus Seminaar! Godsk!

Du Plessis het andermaal ‘n besigheidsbesluit gemaak – en dit maak hom ‘n konsekwente en uiters suksesvolle redakteur:

Verlede jaar het hy Deon Maas in die pad gesteek omdat Maas Rapport se Christenlesers in die gesig gevat het. (En omdat Christene gedreig het om Rapport se lorries aan die brand te seek… en om Rapport nie te koop nie.)

Nou het Du Plessis sy Christenlesers se harte gesteel* – daardie deeltjie wat nie aan Liewejiesus behoort nie. (En attie-huste dínk nie eens daaraan om Rapport se lorries aan die brand te steek nie, en hulle sal steeds Rapport koop.)

Die 60 000 mense wat Rapport so beïndruk glo** dat die Bybel die onfeilbare gesaghebbende Woord van God is. Hulle glo in die ewige Drie-enige God; in die Godheid van Jesus; in Jesus se maagdelike geboorte, sondelose lewe, mirakels en versoenende dood, in sy letterlike, fisiese opstanding, in sy letterlike, fisiese hemelvaart; dat Jesus aan die regterhand van die Vader sit; dat Jesus persoonlik – letterlik, fisies – gaan terugkom in mag en heerlikheid.

Die 60 000 glo dat “verlore en sondige” mense nét deur regenerasie deur die “Heilige Gees” “gered” kan word. Deur dié “Gees” se “huidige bediening” – die “Gees” is ín mense – kan Christene toegewyd aan God leef.

Die 60 000 glo in die opstanding – letterlik en fisies – van beide die “gereddes” en die “verlorenes”: eersgenoemdes om vir ewig by Liewejiesus te wees’ laasgenoemdes om te brand dat hulle kak.

Die 60 000 glo dat God geskep het; dat die mens “geval” het – letterlik, fisies, soos daar in Genesis geskrywe staan. Die 60 000 glo dat mense geheel en al verworde is en onmoontlik sonder God regverdig kan wees. Die 60 000 glo in die Here Jesus Christus, die Redder van mense, verwek deur die “Heilige Gees”, gebore uit die maagd, Maria – beide “God” en “mens”.

‘n Profiel van Rapport-lesers!? Van Beeld-lesers!?

Mense wat glo in ‘n “Skepping”? Mense wat glo dat dooies weer leef? Mense wat glo dat ‘n maagd geboorte kan gee? Mense wat glo dat iemand eendag uit die lug gaan opdaag om almal wat ooit geleef het te kom haal? In ‘n Dywil en ‘n Got?

Afrikaanse koerante kyter vir naïewe mense?

Foei.

Ek sal Sondag maar my Rapport gaan koop soos wat ek as ‘n tienerseun die Scope gaan koop het – toegevou dat niemand tog moet sien nie. (Ek koop Rapport vir die prentjies, nie vir die artikels nie.)

Jirre weet, ek is soms skaam om “Afrikaans” te wees.

___________________________

* Ek vermoed dat as ‘n mens ‘n voorlesing van ‘n Rapport uitgawe sou opneem en agteruit terugspeel, sou jy boodskappe hoor soos “Jesus lééf!” en “Prys die Jirre!” en “Haaaaa-lê-lóóóóé-jáááá!”.

** Shalom Ministries Webblad

Written by Nathan Bond

April 26, 2008 at 09:33

MMC: ‘n Nabetragting

with 5 comments

Met MMC + 1 en MMC + 2 het ek probeer aandui dat dinge ná die Mighty Men Conference maar baie dieselfde is as wat dit vóór die Mighty Men Conference was.

Mense wat bymekaarkom en bymekaarstaan en mekaar bemoedig is oor die algemeen ‘n goeie en verrykende ding. Maar ons moet bedag wees op onsin.

Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.

Professor Julian Müller skryf onlangs in Geloof vir die denkende mens: “Dit maak meer sin om oor God te dink as die doel van alles in plaas van die oorsaak van alles. Ons lewens word nie van elders gedetermineer nie, maar geleef in veranwoordelikheid met die oog op die ontdekking en verwerkliking van die immer teenwoordige en altyd moontlike God.”

Ek het bitter baie agting vir mense wat vernuwend dink oor die evangelie. En daar is baie Afrikaanse Bybelwetenskaplikes wat vernuwing deksels goed verwoord. Müller is een van dié denkers.

Maar ek het géén idéé wat bedoel word met “die immer teenwoordige en altyd moontlike God” nie. Dit is gewoon aanmatigend om só ‘n stelling te maak. En, ek is bevrees, dis laf.

Wat van “die immer teenwoordige en altyd moontlike Gordon”? Gordon is die kabouter wat alles – soos in álles! – 15 minute gelede gemaak het, kompleet met herinneringe en geskiedkundige en geologiese rekords en homself toe langs die visdam in my tuin in ‘n gipsbeeldjie verander het… daar staan Gordon nou neffens die koi visse wat ek nie het nie.

Daar is gewoon nie ‘n “God” nie. En indien daar ‘n “God” sou wees sou die lyding van mens en dier sy “Godheid” as strafbare minagting blootgelê het.

Wat ons nodig het, ons mense, oral en ook hier in Suid Afrika, is om op te hou om voor ‘n paaiboelie te kruip; om van ons knieë af op te staan; om ons biddende hande oop te maak en om iets te dóén oor lyding in al sy verfoeilike manifestasies.

Solank ons nog, soos ‘n moederbobbejaan, die verottende lyf van die gestorwe Christus agter ons aansleep, gaan ons wêreld ‘n al woester en leër plek raak.

Dis tyd om te breek. Die Mighty Men Conference en soortgelyke uitbarstings van vals hoop lyk en klink na ware hoop, maar vals hoop is altyd, altyd erger as wanhoop.

Written by Nathan Bond

April 23, 2008 at 21:39

Go help the Cypriots, Angus!

with one comment

The drought-stricken eastern Mediterranean island of Cyprus will begin importing water from neighbouring Greece within the next two months in order to deal with a severe water shortage, reports said earlier today.

Cypriots should get Angus Son of the Rainmaker Buchan, he of the Mighty Men Conference, to come pray for rain! The Lord has never failed him, claims Buchan. Put the Lord’s Potato Farmer in a dry place… and run for cover, it’s gonna pour, my mate.

Then again, perhaps Cypriots aren’t idiots.

Written by Nathan Bond

April 22, 2008 at 23:14

MMC + 2

with one comment

Written by Nathan Bond

April 22, 2008 at 16:08

MMC + 1

leave a comment »

Written by Nathan Bond

April 21, 2008 at 20:53

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.