Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Posts Tagged ‘NGK

Welgedaan dr. Boesak!

with 15 comments

Dr. Allan Boesak se bedanking uit alle posisies waarin hy verkies is om die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) te verteenwoordig is prysenswaardig!

(Boesak het hom in ‘n golf van weerstand vasgeloop nadat hy as sameroeper die verslag van die taakgroep oor homoseksualiteit voorgehou het. Die aanbevelings het onder meer ‘n volledige aanvaarding van gay lidmate, gay predikante op die kansels, gay huwelike en die aanneming van kinders deur gay pare ingesluit. Dié aanbevelings is op onder meer die Belydenis van Belhar gegrond.)

Die Belydenis van Belhar gaan inderdaad nie net oor rassekwessies nie, maar oor geregtigheid, menslikheid, versoening en eenheid. En die situasie van gays in die kerk is inderdaad ten diepste een van ongeregtigheid. Wie dus Belhar omhels moet noodwendig gays omhels en onvoorwaardelik aanvaar, veral ook gesien in die lig van wetenskaplike bewys dat homoseksualiteit nie ‘n arbitrêre keuse is nie, maar ‘n biologiese gegewe.

Welgedaan, dr. Boesak. Welgedaan! Jou bedanking is ‘n opspraakwekkende standpunt wat nie geïgnoreer kán word nie!

In skrille kontras met Boesak se dóén is die moderatuur van die NGK Wes- en Suid-Kaapland die ene “diepe teleurstelling” en “diepe oortuiging” en “diepe versugting” en pis hulle elke nag hulle beddens nat oor die hartseer situasie dat die kerkherenigingsproses voorlopig opgeskort is…

Die VGK wil hê die NGK moet Belhar aanvaar, onder andere as bewys dat die NGK diskriminasie (Apartheid) verwerp. Maar die NGK diskrimineer stééds – teen gays! En nou diskrimineer die VGK óók teen gays!

Die godsdiens. Fôk! Was ek maar skerp genoeg om hierdie kakspul te kon begryp.

Written by Nathan Bond

October 4, 2008 at 09:27

Posted in Religion must go!

Tagged with , , ,

Die RVKGKA

with 2 comments

NG Kerk-eenheid… dis nie so moeilik nie.

Die NGK en die VGK glo presies dieselfde goed – die destydse wit base het die toendertydse volk mos móói geleer. Al wat nodig is is ‘n effense stertjie aan die einde van die weeklikse resitasietjie: Ek glo in God die Vader, die almagtige Skepper van hemel en aarde… en dat Apartheid kák was, man!

Voilá: Die Reformed Verenigdé Khoinederduits-Gereformeerde Kerk in Afrika.

Hoe moeilik kannit nou wies!? Ek sê my broer.

Written by Nathan Bond

October 3, 2008 at 18:39

Posted in Religion must go!

Tagged with , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.