Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Posts Tagged ‘Shalom Ministries

Angus se reëngod

with 26 comments

Duisende Christene het Saterdagmiddag reën getrotseer om na Angus “I haven’t bin to Baaibil College” Buchan op Coca-Cola-park in Johannesburg te luister. Hul geesdrif het al hoe groter geraak terwyl die reën al hoe harder geval het.

“Jesus is die reënmaker”, het Angus gesê.

Jaaaa, boet. So tipies soos ‘n horingpetjie op ‘n Blou Bul-ondersteuner se kop.

Die manlike luggode soos Tiwe, Thor, Baal, El (wat uiteindelik die hedendaagse Christen-god geword het), Brahman, Zeus en Jupiter was algemeen bekend daarvoor dat hulle die weer beheer het. ‘n Voorbeeld van hierdie geloof is die bekende gebiddery van Elia en die profete van Baal op Karmel vir een van die gode om ‘n braaivleis aan te steek.

Hierdie Vader Lug godsdienste het prominensie gekry tydens die aanbreek van die Bronstydperk ongeveer 5000 jaar gelede. Dis nogals ‘n interessante storie en met baie seks. Landbougereedskap is uit brons gemaak en Moeder Aarde se vrugbaarheid is met ploeg en eg getem. Moeder Aarde is deur manlik-beheerde instrumente gepenetreer, bevrug en haar opbrengs gestroop. Maar die weer kon nie beheer word nie. Mense het toe hulle oë van die grond af gelig en na die hemele opgeslaan vir hulp.

Hier in die laaste deel van die eerste dekade van die 21ste eeu bly die Bronstyd-verhaaltjies moerse ougat. Maar vir aartappelboere en gewone sterflinge is meteorologie ‘n beter opsie. As die luggode. Rérig.

Ek hoop Angus gaan nie weg nie. Hy’s ‘n ware grapjas.

Bron:
Durand, Francois. 2006. Die herkoms van die mens en religie. In Swanepoel, Francois (Red). ‘n Groot misterie om vandag oor goddelikheid te praat. CB Powell-Bybelsentrum. Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria.17.

Written by Nathan Bond

November 9, 2008 at 17:22

Angus is right!

with 251 comments

Eighty20 reports today that 45% of South African men agree with the statement “The man’s place is at work, the woman’s place is at home“. 42% of women do too.

Angus is right!

The Bible is right!

Religion rules!

If ever there was an indictment against the bane that is religion and the quackery of religious leaders…

It is oh so easy to convince people that what they already believe is what they should believe, what “God” wants.

The sooner religion is destroyed, the better. But in the meantime, let us cease to respect this preposterous nonsense!

Written by Nathan Bond

September 29, 2008 at 09:34

Shut up already, Angus!

with 104 comments

Angus Buchan knows not the Bible if he is able to make idiotic statements such as “give your children a good hiding when they are naughty because the Bible says so”.

There is no Biblical justification for hitting a child!

Even the director of the SACC’s public policy liaison unit Keith Vermeulen, decalared as much at a Cape Town media briefing on the Children’s Amendment Bill.

The God of the Bible is the worst child molester in history, but once one gains sufficient insight to realise that “God” is nothing but a fictional character, the Bible can be enjoyed for what it is – a not completely bad bit of historic literature. For all its flagrant contradictions the Bible at least does not justify corporal punishment.

If Buchan wishes to declare on the Bible, he should familiarise himself with the Canon. If he does not “get it” he should not “speak it”. And he should not rely on some “Holy Spook” to make things clear to him. The Spook’s message is so inconsistent as to be non-existent, judging by the many churches in Protestantism alone. He should put in the effort to study the Bible and not randomly misquote it.

I am sick and tired of this farmer revealing his complete lack of Biblical insight. Bullshit indeed baffles brains. Buchan should go back to growing spuds, boet. Of the Bible and exegesis he knows alarmingly little.

Written by Nathan Bond

September 13, 2008 at 10:01

‘n “Freak Show”

with 2 comments

Angus Buchan is ‘n absolute meester van verbruikersgedrag. Dít is ‘n opregte kompliment.

Ek is egter trots om oor die Suid Afrikaanse gemeenskap – inderdaad oor die wêreldgemeenskap – saam met Oscar Wilde te sê: “To disagree with three-fourths of the (British) public is one of the first requisites of sanity.”

Buchan kan soetgoed aan kleuters uitdeel soos ‘n winkelsentrum Kersvader nie kan nie. En vanoggend, op die formidabele Freek Robinson se RSG program Praat Saam was “God” se Aartappelboer ándermaal op sy stúkke!

DW, wat gereeld op hierdie blog skryf, het my so tien minute oor laat weet van die gesprek en terwyl ek geluister het, het dit my opgeval dat elke enkele inbeller volmondig met Buchan saamgestem het en hom met oorgawe ondersteun het.

Ek het reeds geskryf oor die waarskynlike redes vir Buchan se sukses met die God-storie en die ondermynende invloed van Buchan se massasaamtrekke en hoekom ek die MMC kritiseer en oor die Afrikaanse Pers wat oopmond en verstar agter Buchan aanloop en die blatante onsin wat Buchan verkoop… en dat Buchan se “herlewing” net mooi níks aan die Suid Afrikaanse maatskappy verander nie. Wanhoop troef valse hoop.

Buchan se boodskap – dat “God” in beheer is en dat ‘n nasie wat op “God” vertrou die ideaal is – is onsin. Navorsing bevestig dit:

In Dealing with reality skryf ek: “In a recent (2005) study, Gregory Paul tested the hypothesis that religion is associated with lower rates of lethal violence, suicide, non-monogamous sexual activity and abortion, by comparing data from 18 developed democracies. He found ‘in general, higher rates of belief in and worship of a creator correlate with higher rates of homicide, juvenile and early adult mortality, STD infection rates, teen pregnancy, and abortion… None of the strongly secularised, pro-evolution democracies is experiencing high levels of measurable dysfunction.’

The broad trend, argues George Monbiot, looks clear: ‘the more secular, pro-evolution democracies have… come closest to achieving practical ‘cultures of life.’

Ns. Dat Buchan die desperate wit Afrikaanses hook, line and sinker gevang het is duidelik. Onder die uitsprake wat my vanoogend op RSG getref het is daar ene Jacques wat reken dat “God” in beheer is, selfs in die wanorde. Hoe argumenteer jy nou met iemand wat só ‘n stelling kan maak!?

Ene Miemie meen dat dit nou al so sleg gaan in Suid Afrika dat selfs sommige “donker mense” al vir “wittes” ‘n voorbeeld stel. Noujatoe!

En dan noem Buchan Freek “Freak“. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jai!

Written by Nathan Bond

August 6, 2008 at 13:39

71 000 mense!

with 11 comments

Ek is van nature maar moerse skepties en ook agterdogtig oor groot skares.

Almal, maar álmal – dis nou my gelowige eweknieë – is beïndruk dat Angus Buchan eers 60 000 en toe meer as 71 000 mense bymekaar kon kry. “‘n Wonderwerk!”, jubbel die gelowiges.

Maar die dag ná Doftus het Bennie Dick (die sóveelste), die omie met die wit kêps en die rok, wat meen hy is God se verteenwoordiger hier op ons blou-groen klippie, derde van die son af, ‘n half-miljoen mense op ‘n renbaan in Sydney getrek. 5-0-0-0-0-0 mense! Daai Poolse skrumskakel, Jan-Paul, het sélf skares der skares gelok.

Buchan se besigheid lyk ma’ vi’ mý skralerig teen Bennie Dick s’n. En Bennie Dick, só sê sommige, is eintlik die “anti-Chris” (Antie opdat hy rokke dra, soos ‘n antie. En sukke satyn slipperkies.) Nodat ek daaraan dink… Jesus het óók rok gedra! En sukke leer sêndelkies

As jy aan die getalle meet, troef Rome die upstart protestantse jubbelbrigades loshanne!

Godsk!, die stories wat my Australiaanse korrespondente my vertel! Van mense wat gespaar het om Bennie Dick te kom sien. Hulle het met níks opgedaag nie; sonder kos en slaapplek gebly… net om die omie in die rok te sien.

Ek weet darem nie… gelowiges klink vir mý dóm. Jammer! Maar wrágtag.

Written by Nathan Bond

July 29, 2008 at 19:28

Jesus drop, place en score op Doftus

with 170 comments

Loftus het gister volgens berigte glo gedawer met applous vir Jesus1. 70 000 mense het ge-halleluja en ge-amen. Meer as 69 000 was wit en verreweg die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekend.

Verstaanbaar, maar ai tog, so verskriklik embarrassing.

Prof. Hansie Wolmarans van die Universiteit van Johannesburg het op die Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002 gesê dat die tradisionele verlossingsleer (sondeval en verlossing) uiters nadelige effekte het. Dit skep gevoelens van angs en skuld en maak mense kwesbaar vir religieuse manipulasie. Dit ondermyn ook menslike verantwoordelikheid.

Dit maak mense, onder andere, bygelowig, het Wolmarans gesê. Op daardie stadium was dit juis Afrikaanssprekende Christene wat die sogenaamde profeet van Lagos, TB Joshua, plaaslik aangehang het. Dit was nie ‘n kerklike tydskrif of Afrikaanse koerant wat sy bedrog blootgelê het nie, maar Special Assignment van 17 September 2002. Dit was weereens veral Afrikaanse Christene wat geglo het Marietjie Prinsloo se Krion-skema kan hulle ‘n wonderbaarlike opbrengs van 10% per maand gee, want op haar briefhoofde verskyn mos die woorde Soli Deo Gloria: “Aan God alleen die eer”. Dit is veral Afrikaanssprekende Christene wat in hulle duisende Bruce Wilkinson se Jabesgebed aankoop en sy saamtrekke bygewoon het. (Volgens Wilkinson hoef jy net elke dag 1 Kronieke 4:10 woordeliks te bid, en God sal jou ryk maak.)

Ek is gatvol dat mý mense – Afrikaanse mense – so bedônner word deur geloof en bygeloof. Daar is geen verskil tussen dié twee hoerkinders van Onnoselheid en Oningeligtheid nie.

Dat die “Grootste Afrikaanse Weekblad in die Wêreld” (GAWeWe – Rapport) sulke onbevange onsin soveel prominensie kan gee… wel, dit gaan nie meer die verstand te bowe nie: dis te verwagte. Wat anders as onsin kan jy nou aanbied as jy lesers wil behou wat glo in ‘n “god” en ‘n ewige lewe na die dood?

Afrikaanssprekende wit mense word verdom omdat koerante soos Rapport lekkergoed vir kleuters bly uitdeel in die naam van winsgewendheid.

Ek herinner my die woorde van die pers-ghoeroe Piet Cillié: “In die lewe bestaan ‘n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te erger die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ‘n goeie dosis van wat hulle behóórt te wil hê.

Angus Buchan se massasaamtrekke is onverantwoordelik en ondermynend: dit versterk die sosiale polarisasie tussen die wat “wéét” wat reg is en die wat “nié weet” nie. Die Suid Afrikaanse Maatskappy kan dít nie bekostig nie.

Loftus. Dat dié trotse baken van Springbokrugby nou Doftus moet word. Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

(1) Die Suid Afrikaanse rugbyspeler van die 20ste eeu, Frik du Preez, word besing vir sy vermoë om te kon drop, place en score. Hy het sy rugby in Pretoria gespeel.

Written by Nathan Bond

July 20, 2008 at 09:16

Loftus vir Jesus

with 29 comments

Loftus vir Jesus” en soortgelyke teenswoordige godsdienstige massasaamtrekke is ‘n dwingende sosiale probleem.

“Die Kerk” groei deesdae slegs in Afrika, in Latyns-Amerika, in Mikronesië en in China. Dit groei omdat kerkleiers dieselfde tegniek as die sukkelende Britse motorvervaardigers in die 1960′s gebruik en ‘n model wat nie meer in Europa verkoop nie, na Derde Wêreldlande uitvoer.

Hierdie “Derde Kerk”, soos Walbert Buhlmann dit reeds in die sewentigerjare in sy boek “The Coming of the Third Church” beskryf het, is tradisioneel, ortodoks en bonatuurlik. Dit groei in onderdrukkendende omstandighede: Ekonomiese druk – ook onder voorheen bevoordeeldes; die verlies aan meelewing in die elektroniese era; die spanning van etniese en politieke diversiteit; die pyn en lyding van misdaad; die wanhoop van HIV/Vigs en ‘n kwynende openbare gesondheidstelsel.

Mense smag na vryheid, verligting, genesing en bevryding – juis die belofte wat die sterk charismatiese leierskap van die “Derde Kerk” bied. Dit is nie ‘n verrassing as kleuters soetgoed aanvaar nie!

Die opmars van hierdie bepaalde soort Christendom in die Derde Wêreld dreig om die voorveronderstellings, mag en politiek van die Westerse verdwynende liberale Christendom uit te daag, soos juis nóú in die Anglikaanse Kerk oor vroue- en gay biskoppe.

Anglikaanse Aartsbiskoppe van Afrika en Suid-Oos Asië het reeds konserwatiewe Amerikaanse eweknieë tot “sendingbiskoppe” verorden om tradisionele, fundamentalistiese en onfeilbare (inerrant) standpunte in die Amerikaanse Episkopale Kerk te bevorder. Die “Derde Kerk” beskou homself al hoe meer as die geroepe hersteller van die foutiewe standpunte wat die “afvallige” Westerse Kerk kniehalter.

Om Angus Buchan se massasaamtrekke klakkeloos te onderskryf – soos Beeld met oorgawe doen – is onverantwoordelik en ondermynend: dit ignoreer die oorsaaklike en versterk die sosiale polarisasie tussen die wat “wéét” wat reg is en die wat “nié weet” nie.

Daar is beslis dood in hiérdie kookpot!

Written by Nathan Bond

July 16, 2008 at 17:15

Die Christelike obsessie met die Piel

with 27 comments

As dit ‘n piel het moet dit baas wees en basta. Die Hoofmuis oor 60000 Magtige Muise, “Oom Angus”, het die man as hoof van die huis, of soos die Weskaap se noeste geloofskommunikant, dr Bernard Ficker dit stel – “priester-van-die-huis” – opnuut as ‘n grondbeginsel van die Christelike orde uitgewys.

Wanneer “God” besluit of ‘n bepaalde sigoot ‘n piel gaan ontwikkel, sit “Sy Almatigheid” ‘n ietsie ekstra in die “siel” wat hy toeken?

Behalwe natuurlik waar die INAH 2 en 3 neurons klein ontwikkel (‘n toestand wat ‘n bepalende rol by seksuele oriëntasie speel). Sigote wat beide piele en klein INAH 2 en 3 neurons ontwikkel is selfs laer as… as… as ‘n vrou.

Ek wens ek het genoeg verstand gehad om godiote te verstaan.

“God” het blykbaar ook ‘n stel balletjies en, volgens Michaelangelo, ‘n beskei ou pielietjie wat slap en onbesny in die liesie hang. En kyk hoe fôk dié “man” op: Net waar jy kyk is daar moord en doodslag en verhongerde en MIV-besmette en verminkte kinders en vloede en aardbewings en orkane. Maar, sê die godiote, dissie “God” se skuld nie. Dis ons mense se skuld… oor die een of ander vrugtestelery wat toendertyd “God” – die “almatige” god – se moer allerverskrikliks gepluk het en “Sy Almagtigheid” se ganse strategiese meesterplan totentaal en al opgefôk het.

Ek dink dis hoogtyd dat vroue voorvat. Soos dit oorspronklik wás, maaind joe. Hierdie pielobsessie moet einde kry. Wat maak dit nou saak of jy staan of sit as jy pis? Alhoewel, daar was daai vrouemajoor in die armie destyds… en ek dink sit is gemakliker as staan, per geleentheid.

Godiote is naïewe dommerds. Punt.

Written by Nathan Bond

June 7, 2008 at 12:41

“Oom Angus” se “hartwolk”

with 9 comments

Ek wou hierdie nota aanvanklik nie hier publiseer nie – hierdie snert uit die kamp van die 60 000 Miekie Muise is eintlik nie eens kommentaar werd nie, maar verskeie korrespondente meen dat ek dit tog maar moet publiseer. Daarom…

“Oom Angus” se “hartwolk” (in beide Beeld en Die Burger – ons Afrikaanssprekendes se “wêreldklas sekulêre koerante”) laat my dink aan die prediker wat skoon liries geraak het oor die “X-formasie” in die kern van die M51 galaksie en die “kruisvorm” van die laminin-molekule.

Moet ‘n mens lag?

Moet ‘n mens huil?

Moet ‘n mens telefoonboeke opskeur en hard skreeu terwyl jy dit doen?

Richard Dawkins noem godsdiens ‘n virus… inderdaad! ‘n Virus wat breinselle vreet. Hoe meer geloof, hoe minder verstand.

Ons kan níks aan hierdie waansin dóén nie, maar ons kan ten minste ophou voorgee dat godsdiens en geloof respek waardig is.

Ons kan ten minste ophou om kinders aan godsdiens bloot te stel.

Written by Nathan Bond

June 6, 2008 at 16:18

Waa’s die Mighty Men se china!?

with 43 comments

WAARSKUWING: TAAL, GODSLASTERING, GEWELD.

Lesers word gemaan dat hierdie artikel gekruide taal bevat en “God” in ‘n slegte lig stel.
Moenie hierdie artikel lees as harde woorde oor “God” jou aanstoot gee nie.

“China”* is ‘n informele woord vir vriend, maar “God” is nie jou china nie, meen Angus Buchan.

Inderdaad! “Vriend” is Gottie, die Aartappelboertjie beslís nie!

Dis nou al drie weke nadat die 60 000 Mighty Men ge-halleluja en ge-amen en gebid het, maar Gottie vee sy gat aan hulle af. ‘n Enkele kliek op News24.com vanoggend wys hoe min Gottie voel:

Drie sterf in grusame aanval… ‘n Vrou in ‘n rolstoel – Jissis Gottie! Jissis!! – en haar versorger en haar man is vermoor.

Boer sewe maal geskietNice one, Gottie! Sewe maal – die “heilige nommer”! Nice touch, poepol**!

Polisievrou in haar huis vermoor… Iemand wat jou dalk kon hand gee om wreedheid te voorkom, Gottie – ‘n polisievrou. Jou fôkkin idioot.

Vrou, 76, verkrag… Sy is 76 Gottie! Het jou gemeenheid geen perke nie, jou doos***!?

Hoe beskryf ‘n mens iets of iemand wat goed soos dié “laat gebeur”. Hy’s glo nie die een wat doen nie, hy was net sy bloedbevlekte hande soos Pilatus van die spreekwoord. Te lamsakkig om ‘n vinger te lig.

Hoe beskryf ‘n mens iemand wat in dié paaiboelie gló?! Wáár kry ‘n mens wóórde!?

Hei! Angus! En die 60 000 Mighty Men! Waa’s julle “God”, chinas?

Gelukkig bestaan “God” nie. Dink net wat ‘n embarrassment hy sou gewees het as hy tog wel bestaan het!

Hei, Gottie! Check die spuds yt, ek sê, china.

_______________

* China. (A friend) And a colleague or acquaintance, or someone you don’t know at all. It can be used aggressively. “Are you tuning me kak China?” (Are you giving me shit, mate?) Surfrikan Slang.

** Poepol. (Afrikaans.) Idiot, twit, “poop hole”. Enough said. “Don’t be a poepol”. Surfrikan Slang.

*** Doos. (Afrikaans – Female genitalia) “You are such a doos.” This means you are a complete idiot. Surfrikan Slang.

Written by Nathan Bond

May 3, 2008 at 08:41

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.