Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Doy Brown en “God”

leave a comment »

Die Burger berig vandag – Ma bid vergeefs vir haar Sonja (2) – dat klein Sonja Brown (2) se ma, Doy, die oggend voor haar kind se lykie in ‘n rioolsloot gevind is dié Bybelse belofte raakgelees het – “Ek sal julle nooit verlaat nie” en dat sy gebid het – “Here, hulle het haar nog nie gekry nie. Daar is nog hoop.” Dit spook by my: kan daar onderskei word tussen die wreedheid van “my kind is vermoor” en die wreedheid van “my hoop is vals”?

Die wreedheid van Sonja se moordenaar word getroef deur die wreedheid van elkeen wat ooit ‘n aandeel gehad het om Sonja se ma haar hoop op die bo-natuurlike te laat vestig.

Hierdie wreedheid durf nie met ordentlike stilte uit eerbied vir ‘n ma se verdriet geduld te word nie – sodat nóg ‘n ma môre en selfs nóg ‘n ma oormôre ook húlle hoop sal vestig op…

Kan iemand, iewers, homself ‘n groter moerskont voorstel as iemand wat ‘n ma se smekinge oor haar vermiste kind aanhoor, terwyl sy “Sy” beloftes van koestering en sorg in herinnering roep, en dit terwyl “Hý” vóór Sý siél weet dat haar kind – reeds dood – se lyk 15m – vyftien meter! – verder in ‘n rióólpyp lê!?

Is daar iemand wat hier lees wat nié befók is hieroor nie!?

Gelukkig is “God” net ‘n kak idee in die koppe van mense wat te lúi, te báng, of te dóm is om die werklikheid vierkant in die oë te kyk.

Daarom het ons ten minste die vrede van oortuiging dat daar nie wérklik só ‘n groot dóós bestaan nie.

‘Skuus?

My táálgebruik!?

Wees verseker – ék sal nóóit meer walglike woorde kan besig as wat “God” walglik ís nie!

Home

Written by Nathan Bond

July 3, 2007 at 17:24

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: