Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Vervolg God vir massamoord!

with 6 comments

Ek meen YHWH (God, vir sy nearest & dearest) moet voor die Cour internationale de Justice in Den Haag aangekla te word vir volksmoord, rassemoord, groepsmoord en menseslagting. As Saddam moes hang vir sy wandade, dan is daar nie ‘n gepaste straf swaar genoeg vir hierdie massamoordenaar, ene “God”, nie.

Maar ek sal die doodstraf altyd hand en tand beveg. Daarom sal ek God net lewenslank wil laat opsluit. In sý geval is dit natuurlik ‘n “aardige” tydjie.

Indien God nie opgespoor kan word om die lasbrief vir sy inhegtenisname te bedien nie – en ek meen dit sal moeilik wees om hierdie wegkruiper in die hande te kry – dan moet God se aardse verteenwoordeigers maar voor die hof gedaag word, mense soos:

1. Josef Ratzinger, Die Pous, Katolieke Kerk;
2. Rowan Williams, Aartsbiskop van Kantelberg, Anglikaanse & Episkopale Kerk;
3. Piet Strauss, Moderator van die NG Kerk;
4. Verskeie ander.

Indien die aardse verteenwoordigers die hof egter kan oortuig dat die verslae van God se volksmoord, rassemoord, groepsmoord en menseslagting maar net ‘n sameflansing van wensdenkery is en dat God nie werklik bestaan nie, kan ‘n mens seker die klagtes laat vaar.

Die opgesomde klagstaat

Forty one counts of willful acts of genocide:

1. The entire population of the earth except for eight survivors (Genesis 7:23)
2. Every inhabitant of Sodom and Gomorrah except for one family (Genesis 19:24)
3. Every first born of Egypt (Exodus 12:29)
4. All the hosts of the Pharaoh, including the captains of 600 chariots (Exodus 14:27,28)
5. Amalek and his people (Exodus 17:11,16)
6. 3,000 Israelites (Exodus 32:27)
7. Homosexuals (Leviticus 20:13)
8. 250 Levite princes who had challenged the leadership of Moses (Numbers 16:1-40)
9. 14,700 Jews in a plague who had rebelled against Moses following the killing of the princes (Numbers 16:41-49)
10. All the subjects of Og (Numbers 21:34, 35)
11. 24,000 Israelites who lived with Moabite women (Numbers 25:4,9)
12. All the males, kings, and non-virgin females of the Midianites (Numbers 31:7,8)
13. The Ammonites (Deuteronomy 2:19-21)
14. The Horims (Deuteronomy 2:22)
15. All the citizens of Jericho, except for a prostitute and her family (Joshua 6)
16. 12,000 citizens of Ai (Joshua 8:1-30)
17. All the people of Makkedah (Joshua 10:28)
18. All the people of Libnah (Joshua 10:29, 30)
19. All the people of Gezer (Joshua 10:33)
20. All the people of Lachish (Joshua 10:32)
21. All the people of Eglon (Joshua 10:34, 35)
22. All the people of Hebron (Joshua 10:36, 37)
23. All the inhabitants of the country of the hills, and of, the south, and the vale, and of the springs and all their kings (Joshua 10:40)
24. All 31 kings and inhabitants of their countries, and south country, and the land of Goshen, and the valley, and the plain, and the mountain of Israel, and the valley of the same from Mt. Halak to Mt. Hermon (Joshua 11:12,16,17; 12:24)
25. 10,000 Moabites (Judges 3:29)
26. 10,000 Perizzites and Canaanites (Judges 1:4)
27. 600 Phillistines (Judges 3:31)
28. All of Sisera (Judges 4:16)
29. 120,000 Midianites (Judges 8:10)
30. 25,100 Benjaminites (Judges 20:35)
31. 50,070 people of Bethshemesh (I Samuel 6:19)
32. All the Amalekites (I Samuel 15:3,7)
33. The armies and five kings of the Amorites (Amos 3:2)
34. The Moabites and 22,000 Syrians (II Samuel 8:2,5,6,14)
35. 40,000 Syrian horsemen (II Samuel 10:18)
36. 100,000 Syrian footmen, followed by 27,000 who are all crushed by a wall (I Kings 20:28,29,30)
37. 42 children eaten by a bear (II Kings 2:23, 24)
38. 185,000 Assyrians killed by an angel (II Kings 19:35)
39. 10,000 Edomites, followed by 10,000 more whose killers brought them to the top of the rock, and cast them down from the top of the rock, that they were broken in pieces (II Chronicles 28)
40. 120,000 Judeans (II Chronicles 28)
41. 75,000 Persians (Esther 9:16)

Home

Written by Nathan Bond

July 9, 2007 at 18:29

Posted in Religion must go!

6 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. alleman

    “Moslemterroriste” is nie ongehoorsaam aan hulle godsdiens nie – inteendeel! Daar hoef nie gesoek te word vir ‘n ekonomiese of sosiale of persoonlike motivering by ‘n selfmoordbomaanvaller nie… dis maar net die “oortuiging” van ‘n lewe saam met 72 maagde wat hom die ewigheid instuur – met ‘n glimlag en ‘n ereksie.

    Godsdiens bevark ons: Pakistan en Indië, byvoorbeeld, bestaan meestal as afsonderlike lande omdat Moslems en Hindoes verskillende lawwighede glo.

    Dit was godsdienstige Moslems wat vliegtuie in die wêreldhandelsentrum parkeer het. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Dit is die military messiah-ism van George W Bush se “Jesus-in-my-heart” kruistog-wêreldpolitiek wat die “axis of evil” nasies en almal wat nié soos die moderne kruisvaders dink en glo nie (“you’re either for us or against us”) met slim bomme en slimmer ekonome vernietig. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Dit is die “Fight-the-agents-of-the-Devil-God-will-give-us-victory” terreur van Osama wat harte laat sidder en beef. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Dit is die Katoliek in Belfast, dit is die Protestant in Belfast, dit is die Hindoe in Gujarat, dit is die Boeddhis in Colombo, dit is die Jood op die Westeroewer, dit is die Taliban in Afganistan, dit is die Islamboeli in Ossetië; dit is die Djemaah Islamijah in Pantai Jimbaran… dit is nie waaroor godsdiens gaan nie – maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Testosteroonverrykte tieners glo dat hulle ‘n ewigheid tussen 72 ondergeskikte maagde sal deurbring as hulle hulself en ‘n paar niksvermoedende verbygangers met springstof uitmekaar skiet. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Die seksuele vergrype van priesters wat kinders molesteer is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Gay katolieke is “intrinsically evil”; “gay-wees as sodanig” is nie sonde nie en word met liefde verdúúr, maar homoseksuele praktýke nie. Homoseksualiteit word deur demone veroorsaak. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Egbreeksters en gays word in Islamitiese regimes in die openbaar tereggestel. Lede van die Bahai word in Iranese tronke gemartel. Kinders sterf by Hai al-Amaal en in die strate van Bagdad. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

    Die uitsprake van Jerry Falwell, Pat Robertson, Tim en Beverly LaHaye, Walter Lang, Rabbyn Daniel Lapin, Kardinaal Bernard F. Law, James LeBar, Robert T. Lee, Isak Burger, Benedictus XVI en die Mullahs verteenwoordig nie dit waaroor godsdiens gaan nie… maar hulle rig miljoene der miljoene gelowiges.

    Ek stel voor dat jy die “Tweegesprek” tussen my en die joernalis Johannes de Villiers lees – op Kletskerk: http://www.kletskerk.co.za

    Nathan Bond

    September 2, 2007 at 08:21

  2. Ek stem nie saam dat Amerika en Brittanje (laasgenoemde ‘n grootliks ateistiese land) Irak agv godsdiens ingeval het nie. Empires doen wat hulle elites se belange hulle laat doen – ongeag iemand soos Bush se godsdiens.
    En die Moslem terroriste van vandag is ongehoorsaam aan hul godsdiens. Hulle bestaan weens politieke onregte wat in hulle lande gepleeg is deur en weens die belange van die Weste tesame met hul eie korrupte leiers.
    Trouens ek stem nie saam dat godsdiens veel van ‘n rol in globale sake soos oorloë speel nie. Dit is eerder op persoonlike vlak waar godsdiens kwaad doen, byvoorbeeld die onderdrukking van vroue.

    alleman

    September 2, 2007 at 01:06

  3. alleman, ek verwys jou na my essay – It’s religion, stupid! Natuurlik is daar baie ander euwels as godsdiens… maar ék praat oor godsdiens! En ek meen dat ons juis vandag nog “bloedsport” kyk – in Irak, byvoorbeeld, as ‘n direkte gevolg van godsdiens.

    Nathan Bond

    September 1, 2007 at 22:48

  4. Dit is ‘n goeie aanhaling, en ‘n goeie argument. Maar geen slagspreuk vertel die volle verhaal nie. Dit is nie net godsdiens wat kan maak dat goeie mense bose dinge doen nie – politieke ideologieë kan dieselfde gevolg hê.

    En wat was godsdienste se rol in die evolusie van denke oor reg en verkeerd? Ek dink nie dit moet gering geskat word nie. Sonder godsdienste het ons dalk nog bloedsport gekyk vir vermaak.

    Dit lyk vir my die probleem met die anti-godsdiens skrywers is dat hulle natuurwetenskaplikes is, en nie ‘n goeie aanvoeling van die volle prentjie van die mens se geskiedenis het nie. Daarom kies hulle gebeure uit die geskienis wat hulle siening ondersteun sonder konteks, en ignoreer feite uit die geskiedenis wat dalk nie rym met wat hulle glo nie.

    alleman

    September 1, 2007 at 13:39

  5. Religion is an insult to human dignity. With or without it, you’d have good people doing good things and evil people doing evil things. But for good people to do evil things, it takes religion.
    ~ Steven Weinberg (American physicist; Nobel laureate: 1979, Physics)

    Nathan Bond

    August 31, 2007 at 09:40

  6. Mense moor, martel en maak oorlog – met of sonder God, reken ek. Ek betwyfel dat godsdiens hierdie ding vererger.

    alleman

    August 31, 2007 at 09:02


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: