Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Dank “God” vir oorlewing!

leave a comment »

Ds. Elsje Büchner meen: “Of ek en jy nou baie rande het of met sente moet probeer leef of oorleef – ons kan dit nie sonder God doen nie.” (Godsdiens-aktueel: Geld, besittings gawe van God, Beeld, 3/9.)

Wáár kom sy daaraan dat ons nie sonder “God” kan oorleef nie? Het sy navorsing hieroor gedoen? Waar is dit gepubliseer? Is daar navorsing van ander bronne beskikbaar – Bruce Wilkinson, perdalkies!? Sou haar navorsing antwoorde verskaf op die tergende vraagstuk oor hoekom “God” ‘n handvol mense in weelde laat “oorleef” en ‘n paar net-net… en baie mense beswaarlik? En vele hoegenaamd nié?

Dit is verregaande dat Afrikaanse koerante sulke onbevange snert aan lesers kan opdis! Redakteurs behoort baie meer respek te toon vir mense wat daagliks ‘n paar silwer munte oor die toonbank stoot om hulle koerante te koop.

Gegewe dat 97% van Suid Afrikaners in “God” glo; dat ruim 80% hulle met die Christelike geloof vereenselwig en dat 70% meen dat godsdiens ‘n belangrike rol in hulle lewens speel, is “God” dalk veel eerder deel van die probleem in Suid Afrika as die oplossing!

Home

Written by Nathan Bond

September 3, 2007 at 08:41

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: