Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Dit gons oor die Opstanding

leave a comment »

Daar word in vandag se Beeld (Kerklike vonke spat oor Jesus) berig dat die huidige debat in die NG Kerk oor die opstanding veral oor die vraag na die liggaamlikheid daarvan gaan.

Wel, slaat my met ‘n pap snoek!

Debát!? Debát!?

Watter “debat”? Die deelnemers stem dan saam!

Die Evangeliese Inisiatief glo in ‘n letterlike, fisiese opstanding. (NG inisiatief begin om verwardes te help)

Die NG kerk glo in ‘n letterlike, fisiese opstanding. Die Assessor, dr. Nelus Niemandt, het in sy reaksie op die EI gesê hy “verstaan eerlikwaar nie” waaroor presies die inisiatief gaan nie. Dít wat die inisiatief glo, is wat die NG Kerk ook al verskeie kere gesê het hy glo. (NG inisiatief begin om verwardes te help) Niemandt se sentiment is ook duidelik verwoord deur die sameroeper van ATLAS (Algemene Taakspan vir Leer en Aktuele Sake), dr. James Kirkpatrick, op die RSG-program Oop Gesprek op 28 Julie.

Prof. Julian Müller, een van die teoloë wat in die spervuur van die debat staan, sê by navraag hy staan by die liggaamlike (én die metaforiese) opstanding. (Kerklike vonke spat oor Jesus)

Debat? Watter debat!?

Hier’s ‘n briljantjie van Dr. Ben du Toit, na my mening die NG kerk se voorste denker: “Indien dit (die Opstanding) histories nie waar is nie, sou die Christendom eintlik nie ‘n boodskap hê nie.” (Kerklike vonke spat oor Jesus) Maar Du Toit slaag briljant daarin om sy begrip van die aard van die Opstanding (histories al dan nie) meesterlik te verskuil met verwysing na energie wat nie vernietig of geskep kan word nie. Hy skryf oor die Opstanding: “Dit sou heeltemal in ooreenstemming (te rym) wees met die ‘karakter’ van God as Skepper, dat Hy weer iets nuuts kan maak, dat die energie van Jesus bly voortbestaan het, weliswaar in ‘n ander gedaante, in ‘n ander dimensie, wat nie die beperkings van ruimte en tyd het nie.”

Ráááííít… dít kan ‘n debatspunt word. Maar die res van die manne ( en die vroue) is ad idem: Jesus het fisies, letterlik, histories uit die dood opgestaan. Perdalkies ook metafories… maar beslis ook fisies, letterlik, histories. Case closed.

Ek verwys na my artikel oor die Opstanding: A conjuring trick with bones.

Home

Written by Nathan Bond

September 11, 2007 at 17:38

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: