Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die goed wat Christene sê

leave a comment »

André Pretorius skryf roerend oor Hans Küng in By (27/10) en noem hom ‘n “intellektuele reus en ‘n diep gelowige”.

“Natuurlik voorveronderstel ek altyd my diep geloof in God, wat my toelaat om te twyfel”, reken Küng volgens Pretorius.

Ek wens heimlik ek was skerper van insig en helderder van verstand. Sodat ek ook teologie-speak kon verstaan. Want sien, “diep geloof in God” veronderstel vir my ‘n absolute erkenning van die bestaan van God… en die absolute ontkenning van twyfel. Wat maak dit nou tog immers saak of jy babatjies doop, of volwassenes, of die stukkie toast en bietjie soetwyn tydens nagmaal nou régtig die vlees en bloed van “onse verese Here Jesus Christus” is, of net ‘n simbool – van watôkal… as jy “diep geloof in God” voorbehou is jou “kritiek” maar saai en niksseggend.

Dan maak jy onsinnige stellings soos “die Christelike geloof staan nie in opposisie tot vooruitgang nie…”

Die “Kerk” het Copernikus, Kepler, Bruno, Galileo, Descartes, Newton en Darwin teengestaan. Die “Kerk” het kosmologie, evolusie, geografie, astronomie, geologie, antropologie, etnologie, meteorologie, chemie, fisika, geneeskunde, higiëne en die teorie van siekte, psigologie, filologie en politieke ekonomie op die een of ander wyse en op die een of ander tyd teengewerk… en deesdae stamselnavorsing en die biologie van homoseksualiteit.

Om in “God” te glo is die opperste waansin. Daar is gewoon ewe veel bewyse vir dié paaiboelie se bestaan as vir die bestaan van Zeus, die Griekse über-God wat toe tog nooit was nie.

In dieselfde uitgawe van By skryf Jeanne Goosen vermaaklik oor die leraar van die Remnant Fellowship in Nashville, wat glo meen ‘n mens kan gewig verloor deur gebed. Goosen het niemand minder nie as die formidabele Christina Landman oor dié aanspraak gebel en die goeie professor het glo heerlik gelag oor dié onsinnigheid: om jouself maer te bid! Bid jou aan!

Maar ek wonder: hoekom is dit snaaks en verregaande en laf om te bid om maer te word, maar nie dat ant Soes van maagkanker – “hai, Jirre, dis deur haar hele maag, die arme mens” – genees word nie?

Die goed wat Christene kwytraak. Die goed wat hulle gló! Die goed waarvoor hulle lag.

Home

Written by Nathan Bond

October 28, 2007 at 08:12

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: