Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

God is ‘n Cheetah!

leave a comment »

Die formidabele Os du Randt, rugbybreker extraordinaire, meen daar was ‘n hoër hand in die Cheetahs se Curriebekersege oor die gefotostateerde Lions.

“… uiteindelik dink ek die Liewe Vader het die oorwinnning vir die Cheetahs bewillig.”

Ma’ só ‘n Gód, nè!

Du Randt se stelling – selfs al was dit (laat dit genadiglik tog wees) slegs op die ingewing van nóg ‘n heerlike oorwinningsoomblik – dui aan watter belaglike denkwyses die gevolg is van kinders die absolute snert leer dat “Liewe Jesus” dáár is vir hulle.

My jongste stap nou-net hier verby, pas terug van die Sondagskool (“ál my maatjies gaan pappa!”… “Gaan gerus, my kind, moet net nie van pappa verwag om saam te speel nie, ek sal die braaivleisvuur solank aansteek… “oukei, dude; you rock!”) met ‘n stokkielekker in die mond. Die Sondagskooljuffrou het dit gegee. Tja… Vir soetgoed sal kinders nooit nee sê nie.

Ai, die goed wat die godvresendes sê!

Ag-en-veertig miljoen mense aan die Suidpunt van Afrika leef snoesig in die guns van God; Sy Almagtigheid se heerlikheid weerkaats skerp van die goue Wêreldbeker af… en dít terwyl miljoene in Nieu-Seeland, Australië, Argentinië, Frankryk en op Liesbet se Eilandjie met die droewigheid moet saamleef dat God sy rug op hulle gedraai het.

Kennelik het God ons lankal vergewe vir Apartheid en plaasmoorde en kinderverkragtings. Ons, van wie 97% in “Hom” glo. En 80% meen Sy seun, Liewe Jesus, is die weg en die waarheid.

Godsdiens. Dit verdom mense.

Home

Written by Nathan Bond

October 28, 2007 at 13:00

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: