Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Deon (Maas) en die Duiwel

leave a comment »

Deon Maas se oorvloedige skoot “Haai Jirre (óns is darem nie só nie)” gaan nog baie koerante vir sy nuwe meesters verkoop.

Welgedaan, Rapport! Koerante moet verkoop word en die redakteur slaan spykers met koppe as hy : “‘n Breëspektrum-koerant wat net publiseer dit wat sus en streel, is nie die naam koerant werd nie.”

Satanisme ‘n gódsdiens met beskerming onder die Grondwet? (Só sê Maas en hy is natuurlik reg.) G’n wonder dat daar so baie moorde en verkragtings in ons land is nie. En dat evolusie nou in skole geleer word nie. Hoe ons die Wêreldbeker onder sulke omstandighede kon wen dui slegs op God se groot genade.

Gelukkig blyk dit dat die NG Kerk tydens sy 2015 of 2019 sinode uiteindelik sal besluit dat die Duiwel nie bestaan nie. Dan kan Satanisme tog nie meer ‘n godsdiens wees nie.

Amper soos wat die Christendom nie ‘n godsdiens kan wees nie. Grondwet al dan nie.

Ek wonder darem: presies hóé onnosel moet ‘n mens wees om jou met gode en duiwels op te hou? Ek wonder heimlik of dít nie die wesenlike van Maas se stuk is nie.

Maar, nou ja… hoe kan ‘n mens óóit weet presies wát ‘n skrywer nou eintlik sê?

Home

Written by Nathan Bond

November 5, 2007 at 10:07

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: