Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Liewe Jesus en die Kolonel; God en die Boeing

leave a comment »

Deon Maas skryf in Rapport (11/11) oor die Laerskool Louw Geldenhuys se KFC-advertensiebord en meen dat dit onvanpas is om ‘n laerskool met kitskos te verbind. Laerskoolkinders is nie in staat om vir hulself besluite te neem oor kitskos nie, sê Maas. Ek stem heelhartig saam. Kinders het nie die vermoë om te besluit oor alkahol, sigarette, seks, huweliksmaats en wie die land behoort te regeer nie… en beslis ook nie oor God en godsdiens nie. Dit behoort ‘n kriminele oortreding te wees om kinders wys te maak dat God bestaan. Hy hoort saam met Rooikappie en die Tandemuis in kinderverbeeldings.

Oor Woensdag se amperse ramp, toe ‘n Nationwide Boeing 737 een van sy enjins tydens die opstyging van die Kaapstadse Internasionale Lughawe verloor het, berig Rapport dat ‘n vriend van die vlieënier, kapt. Trevor Arnold, sou gesê het dat “God self het Trevor in die kapteinstoel gesit”.

Nou wonder ek oor dié God. Hy kon die lewe mos nou vir almal, insluitende homself, baie, baie makliker gemaak het deur bloot te sorg dat die enjin nie afgeval het nie! Waarom nou die enjin laat afval, tonne brandstof mors – en die omgewing met die storting besoedel – vele passasiers verontrief, maar tog voorsorg tref om Arnold in beheer van die vliegtuig te plaas, sodat ‘n ramp afgeweer kan word?

Het God wragtag niks beter om hom mee besig te hou as om silly buggers te speel met liggelowige mense nie? Hy’s nes ‘n stout kind wat aandag soek; altoos op die uitkyk vir ‘n photo opportunity. Wat ‘n useless karakter is hierdie powere skepping van die mens nie.

Home

Written by Nathan Bond

November 11, 2007 at 14:47

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: