Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Deon Maas en die konsentriese sirkels van dalende redelikheid

with 2 comments

Ek het lank gelede oor die telefoon vir Tim du Plessis gesê dat hy die lekkerste jop in die land het. Na ‘n aarseling het hy gevra: “Wat dink jy ís my jop?”

“Wel”, het ek gesê, “jy het die voorreg om mense te laat dink! Wat kan nou lekkerder wees?”

Na ‘n langer aarseling het Du Plessis gesê: “My jop is om koerante te verkoop.”

Skryf dit maar aan naïwiteit toe, maar die wind was uit my seile gehaal. En toe besef ek – en ‘n belangrike besef was dit, aan die beginjare van my penneprotes teen die godsdiens – dat die redakteur natuurlik heeltemal reg was.

Vir Tim du Plessis het ek baie tyd. Om Afrikaanses elke Sondag dieselfde koerant te laat koop verdien ‘n Nobelprys. Of dan ten minste ‘n Noddy Badge.

Du Plessis skryf, destyds oor die Deense Mohammed-spotprente: “Die nimlike Rykie van Reenen het eendag geskryf oor die lekker werk van joernalis wees en bygevoeg: en dan betaal hulle my nog om dit te doen ook!

“Só voel ek meestal in dié stoel. Behalwe wanneer ‘n godsdienspolemiek woed. Dan is geen geld genoeg om te vergoed vir wat ‘n mens moet verduur nie.”

Ek meen die reaksie op Deon Maas se eerste rubriek het onteenseglik aangedui dat Afrikaanse Christene ‘n baie klein; ‘n baie irrelevante ou stamgodjie aanbid. Maar die feit dat daai god in hierdie mense se koppe bestaan, maak hom ‘n formidabele mag. Ek is maar bangerig vir dié godgelowiges:

Sam Harris praat van “concentric circles of diminishing reasonableness” – van die kern waar selfmoorbombardiers en “voorkomende geweldenaars” en gayhaters pronk, langs die sirkels af tot by daardie verdraagsame liberales en gematigdes wat Sondae kerk toe gaan… en Rapport koop as Deon Maas nie meer daarin skryf nie.

Harris sê: “The problem is that wherever one stands on this continuum, one inadvertently shelters those who are more fanatical than oneself from criticism. Ordinary fundamentalist Christians, by maintaining that the Bible is the perfect word of God, inadvertently support the Dominionists – men and women who, by the millions, are quietly working to turn our country into a totalitarian theocracy reminiscent of John Calvin’s Geneva. Christian moderates, by their lingering attachment to the unique divinity of Jesus, protect the faith of fundamentalists from public scorn. Christian liberals – who aren’t sure what they believe but just love the experience of going to church occasionally – deny the moderates a proper collision with scientific rationality. And in this way centuries have come and gone without an honest word being spoken about God in our society.”

As die vele gevare van godsdiens ooit aan bande gelê kan word, dan moet dit by die “verdraagsame, meelewende gematigdes” gestuit word, dié godgelowiges wat die al meer militante broers en susters in die binneste kringe met hulle “redelikheid” beskerm. Dié broers en susters wat Deon Maas nie kan verduur nie.

Home

Written by Nathan Bond

November 16, 2007 at 12:07

Posted in Religion must go!

Tagged with , ,

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek wens ek kan die korrespondensie sien wat in die veldtog ontvang is. Ek was uit ‘n groep genader om deel te neem aan ‘n “stuur aan na 10 mense bid en boikot” e-pos. Die versoek het ontstaan by Steve aanhangers. Ek het toe geantwoord dat hulle alweer besig is met ‘n e-pos wat oor en oor gaan sirkuleer en dat hulle eerder aan Tim of die ombudsman moet skryf. Ek sou wat wou gee om die adresse op die e-posse te sien. Hoeveel van die Steve aanhangers se e-posse lê daar? Hoeveel van daardie mense het die rubriek gelees voordat hulle op Steve se blog van dit bewus geraak het? Is dit nie juis die rede vir die “vertraagde reaksie” op die artikel nie? Ek is een van die mense wat ‘n week laat van die artikel via Steve se blog bewus geraak het. Ons weet hoe die bloggers Steve al by ander veldtogte ondersteun het. Ek sou graag by Tim wou gaan koffie drink.

    Jo-Ann Schou

    November 17, 2007 at 06:43

  2. […] 17, 2007 in afrikaners, politiek, witmenseTags: maas rapport Naspers Ek het ook ‘n sagte plek vir Tim du Plessis .   Hy het dikwels uitgewys hoe lafhartig en gedienstig die land se sakeleiers is voor ons […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: