Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Deon se Dywil gaan nog báie moeilikheid maak

with one comment

Man, ma’ dié Deon Maas het darem nou die Ou Dywil helemal losgelaat. Nie dat Ou Niek al ooit “vas” was nie, maar darem.

Pastoor Isak “Ek-is-baie-lief-vir-die-HERE” Burger van die AGS (Aandaggebreksindroom?) weet nou te vertelle dat “a man with an experience of God is never at the mercy of an argument.”

Nou ja tóé! As die godsdiens al ooit ‘n snotklap gekry het, dan het Christene dit nou gedoen met hierdie Deon Maas histerie… en “Die Pastoor” het die uitklophou geplant met dié onsinnige slagspreuk: A man with an experience of God is never at the mercy of an argument.”

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai!

Die voornaam Isak kom van die Hebreeus vir “laughter” – iewers moet daar ‘n god wees wat hierdie ougat truuks speel!

Die goeie pastoor – en ek het geen rede hoegenaamd om sy erns met die godsdiens of sy persoonlike integriteit te bevraagteken nie – het ál die antwoorde. Maar ál die antwoorde, gehoor!

Pastoor Isak weet van die Ou Dywil. Pastoor Isak weet ook wat gebeur 5 minute na die dood!

Pastoor Isak (en ds. Bennie Mostert van die NG gemeente Moreletapark in Pretoria óók, maar nie die gebroers en susters sinode nie – nog nie) het persoonlike ondervinding van die Ou Dywil.

My wêreldwyse ou vriend, die burgermeester van Manhole, Mississippi, sê altoos: “It’s not the things we don’t knows that gets us into trouble, it’s the things we knows for sure what ain’t so!”

Ek kan beswaarlik wag vir die eksegetiese verbeeldingsvlugte en die hermeneutiese jakkalsdraaie oor die Ou Dywil in die komende dae en weke en maande. Hier kom die heerlikste pret! Laf, lawwer… gelowig.

Home

Written by Nathan Bond

November 19, 2007 at 12:32

Posted in Religion must go!

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dink ou Isak maak baie geld met daardie boek van hom.

    Hans Matthysen

    November 20, 2010 at 22:17


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: