Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

God… Satan

with one comment

Stenigings, hekse- en ketterbrandstapels, kruistogte, djihads, die Inkwisisie, Conquistador-babamoorde, fatwas, pouslike dekrete wat babas van Joodse ouers weerhou sodat die kindersiele gered kan word, selfmoordbomme, gay en anti-aborsie fakkelbendes. Srebrenica, 9/11, Bali, Gujarat, Beslan, Hai al-Amaal, Darfoer… en die jongste nuus op CNN. Hongersnood, Vigs, TB, malaria. Orkane, vulkane, aardbewings. Ouers wat hulle kinders moet begrawe.

Dit is duidelik dat Satan God op elke gebied van die menslike bestaan troef.

‘Skuus? God “laat die lyding tóé”?

Wát!? Die “Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige, Transendentale Skepper en Beskikker” laat een van Sy opstandige skepsels toe om te maak nes hy wil en al Sy ander skepsels te treiter?

Godgelowiges bid onophoudelik om verlossing, maar Satan se hand is oral te sien.

Ek meen dit is die opperste naïwiteit om gode en dywils te veronderstel, maar as daar ‘n “God” en ‘n “Duiwel” sou wees, behoort ons mense nie miskien te oorweeg om die Duiwel te vra om sy verwoesting te staak nie… eerder as om God te vra om in te gryp en die verwoesting te verhoed? Want God kom kennelik nie die mas op nie.

Home

Written by Nathan Bond

November 23, 2007 at 08:17

Posted in Religion must go!

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, al verstaan jy nie veel wat God betref, is dit duidelik dat God se bestaan erken omdat jy jou so baie oor God te sê het.

    Hans Matthysen

    November 20, 2010 at 21:28


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: