Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Is Sondaglesers Duiwelaanbidders?

leave a comment »

Ek het bemarkingsdrome: ek wil nog ‘n koerant aan ‘n koerantstraatverkoper verkoop.

Maar Media24 het my getroef met die briljante bemarkingstrategie om Deon Maas in Sondag te laat voortskryf nadat ‘n “georkestreerde boikotveldtog” Rapport beweeg het om kommersiële belange bo alles te stel en Maas se rubriek te kanselleer.

Die Afrikaanse Sondagblad, Sondag, adverteer vandag “wat Maas wou skryf – Môre eksklusief in Sondag. Sondag – Alles wat jy wil weet”.

Xyresic. Fulgurous. Coruscating. Briljant!

Ek is uiters skepties oor samesweringsteorieë. Daarom meen ek Rapport se redakteur, Tim du Plessis, was eerlik toe hy gesê het: “Die georkestreerde boikotveldtog het die wese van die kwessie verander van een oor meningsuiting na een oor kommersiële belang.” Ek dink nie Media24 het hierdie Maas-ding uitgewerk om Sondag se verkoopsyfers te stu nie. (Ek dink nie die Media24 mense is slim genoeg nie.)

Maar nou gaan die koerant wat geskep is sodat Rapport “ordentlike” nuus kan publiseer en nie altoos oor sangeresse se soveelste huwelike en die sekskapades van voorheen gerespekteerdes hoef te berig nie, Maas se skrywes oorneem.

Word die mening van Sondag se lesers geminag? Is die Sondaglesers minder “ordentlik” as dié van Rapport? Is Sondaglesers… “dywilaanbidders”?

Maar wat my van die lagbuie laat kromtrek is die feit dat broodnodige sosiale kommentaar nou van die “ordentlikes” weerhou word… en vir die Sunday trash opgedis word. Miskien, net perdalkies, gaan daar uit Nasaret iets goeds kom…

Home

Written by Nathan Bond

November 24, 2007 at 09:08

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: