Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Dié verdomde mense verstaan, smaak my, nie Engels nie

leave a comment »

Ek bel laas week ‘n paar koerante wat Zapiro se spotprente publiseer om te vra of daar enige klagtes oor dié een was. Die een wat sê dat God en Allah en die Tandemuis en die Dywil almal maar net storiekaraktertjies is.

Jiésis se Soldaaikies wat arme Tim du Plessis so ge-es-em-es en ge-e-pos het oor geld en brandende lôries het klaarblyklik nog nie gereageer nie.

Jiésis se Soldaaikies kan kennelik net Afrikaans lees. As die godsdiens jou eers verdom het…

Die Muslim Judicial Council is egter besig om ‘n respons oor die spotprent voor te berei terwyl Zapiro sê dat ‘n vloedgolf van kwaai sms’e uit Moslemgeledere ontvang is. Allah se Soldaaikies kan wel Engels verstaan. En húlle is serious soldaaikies. Ek is maar skrikkerig vir verdomde mense.

Home

Written by Nathan Bond

November 25, 2007 at 11:14

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: