Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Nou glo ek aan God”

with 23 comments

Klein Jan-Hendrik Hendriksz (9) van Carletonville glo in “God”.

“Nou kan ek glo daar is ‘n God in die hemel,” het hy gesê nadat sy gesin en hul vriende ‘n aanval in hul huis deur gewapende rowers oorleef het.

Jan-Hendrik en sy sussie, Melissa (11), het deurentyd gebid terwyl hulle met vasgebinde hande langs hul ouers, Jan en Mariëtte, gelê het.

Ek is dankbaar en verlig dat die gesin die aanval oorleef het. Ek hoop en vertrou dat Jan-Hendrik die trauma spoedig sal verwerk… maar ek is bevrees dat die kind die omvattende skade van geloof in “God” nie so maklik sal oorkóm nie.

“God”. Daar’s baie goed oor “God” wat ek nie kan kleinkry nie. Maar die ergste vir my is dat “God” altoos photo opportunities vir homself skep: “Laat die rowers die gesin treiter; sorg dat die gesin oorleef; dan lyk ek góéd, man!”

As “God” nou regtig die Hendriksze se belange op die hart gedra het kon hy mos verhoed het dat die rowers toegang kry tot die huis! Dít is mos nou ‘n báie béter plan as om beskerming tydens die rooftog te bied – iets wat “God” in elk geval maar selde regkry, gegewe die hoeveelheid moorde in Suid Afrika elke jaar.

Hierdie “God” van die Christene… ‘n useless character. En nie baie bright nie.

Home

Written by Nathan Bond

December 8, 2007 at 10:21

23 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. weet julle party van die mense maak my siek jle vloek en gan tekere ek het daar gele en dieoomblik wat jy met jou hande vasgebind langsjou ma en pa le met jou klein boetie wat wilwil hyl aan die aner kant dan dink mens nie meer dis soo snaaksnie ek is nou ma 14 en ek dink amal wat so vieslik praat(tik) op die internet…JLE IS SIEK EN BAAAIE IRETEEREND ma die HERE het amal van ons loef vit julle ook besef dit tog net?! Oja en WORD GROOT!!!

    melissa hendriksz

    September 2, 2010 at 16:02

  2. DW, ek verstaan nou hoekom Hans liewer jou wil miskyk. Die woede wat jy in jouself vir jouself het is erg. Die woorde skok my nie, ek het erger gehoor – dit dui nie op denke nie, meer op magtelose woede. Indien jy nie my God (ook jou God, want Hy het jou ook lief) wil respekteer nie, is ok, jy maak jouself egter siek deur iemand aan te val wat volgens jou nie bestaan nie. Duuu?

    prayerweb

    July 4, 2009 at 16:42

  3. AMEN!!

    prayerweb

    July 4, 2009 at 16:36

  4. DW, jy is die een wat onder die wonderboom sit en jy sal daar bly, as jy nie jou gesindheid verander nie.
    Wat ek al van die ware evangelie aan julle bekend gemaak het, kon jy, tot dusver, nie weerlê nie.
    Mens gaan nie na die Koninkryk van die Hemel nie. Volgens die “Onse Vader”, moet die Koninkryk na ons toe kom.
    Ons word almal geroep maar die wat antwoord en volg, het hul uitverkiessing aangeneem.

    Hans Matthysen

    June 27, 2009 at 21:50

  5. Jy is heeltemal reg . Ek wonder net of jy self weet wat jou ware evangelie is .

    Hoekom vertel jy nie ‘n bietjie hoe jou ware evangelie met die van liewe heksie ooreenstem .

    Kan ‘n Moslem volgens jou ware evangelie in die hemel kom?

    Ek hoop van ganse harte dat jy uitverkies is anders sien ek jou ook by Nick. Want dan beteken jou ware evangelie fokol vir jouself.

    DW

    June 24, 2009 at 14:41

  6. DW, jy ken my geloof nie en jy ken ook nie die verskil tussen die valses en die ware nie.

    Hans Matthysen

    June 23, 2009 at 21:48

  7. ‘anus, verstaan jy antieke hebreeus?

    Mornd Alberts

    June 19, 2009 at 16:11

  8. Dis walglik , vieslik besoedelend , foking kak man , dat mense soos jy nog mense wil verniel met foking kakpraat rituele. Verstaan my foking mooi , jou geloof is walglik ,jou geloof maak jou miljoen maan viesliker as my taalgebruik.

    Dis tyd dat julle antieke pagan- dissipels en profete fokof . Julle tyd is verby . Julle gotte is bespotlike mens gedagtes wat jou verstand soos ‘n virus befok het.

    DW

    June 19, 2009 at 14:56

  9. Nathan slegs wanneer God, die Skepper van die hemele en aarde dit so in Sy soewereine almag dit so wil, wat vir die mens onmoontlik is, is vir God moontlik.

    Dis presies waarom kerke so afvallig van die Bybel geword het. Hulle het elkeen hul eie “do it yourself” gospels ontwerp. Hulle hou almal deurgans die leuen aan hulle voornemende gemeentelede voor “liewe broer nathan, as jy ons program van redding volg deur jesus as jou persoonlike verlosser en saligmaker aan te neem kan ons jou doop en dan is jy seker van jou ewige lewe” of “bid saammet my hierdie sondaarsgebed en bely jou sonde en glo in jesus christus en laat jou doop (met water … hoe meer water hoe beter)en glo in bely voor die gemeente dat jy berou het oor jou sonde en glo in jesus christus die seun van god wat vir almal se sondes aan die kruis gesterf het, ens. ens”

    Bru o bru…. dan is jy gewaarborg van die ewige lewe, prys die herrrrrrrrrrrrrrrre halleluja…! So maklik soos dit. En nou liewe broer het jy die ewige lewe….!!!

    So maklik soos dit.

    johannes coetzee

    June 19, 2009 at 14:16

  10. Ráááááit! Nóú verstaan ek. Iemand moes my lááánkal só verduidelik het.

    Wát!?

    Hoe ek kan ek moontlik “van” JC se geloof ontvang as ek nie “in” JC glo nie?

    Godsk!

    Nathan Bond

    June 19, 2009 at 13:20

  11. Dis nie ons geloof wat tel nie dis die geloof “van” Christus wat van belang is.

    Die hollanders het Gal 2:16 korrek as volg vertaal …

    (Gal 2:16) Doch wetende, dat de mens niet gerechtvaardigd wordt uit de werken der wet, maar door het geloof van Jezus Christus, zo hebben wij ook in Christus Jezus geloofd, opdat wij zouden gerechtvaardigd worden uit het geloof van Christus, en niet uit de werken der wet; daarom dat uit de werken der wet geen vlees zal gerechtvaardigd worden.

    Dis nie ons geloof “in” Jesus Christus wat van belang is nie. Eers wanneer ons die geloof “van” Jesus Christus ontvang by wedergeboorte kan ons “in” Jesus Christus glo.

    johannes coetzee

    June 18, 2009 at 15:19

  12. Ek sou sê kyk eerder met ’n oop oog.

    Con-Tester

    June 16, 2009 at 12:10

  13. Con-Tester, jy is seker reg, miskien moet ek ook soms, met ‘n fieslike oog, na party van DW se opmerkings kyk en dan sal ek raak sien wat ek juis wil mis kyk.

    Hans Matthysen

    June 15, 2009 at 21:44

  14. Ek dink jy moet DW se boodskappe met meer aandag lees as jy dink s/hy maak net geraas. Daar’s hake in daai woorde wat jy vir seker miskyk.

    Con-Tester

    June 11, 2009 at 22:22

  15. Con-tester, en jy raak soos DW soms raak; soos ‘n leë blik, wat nou net ‘n geraas maak.

    Hans Matthysen

    June 10, 2009 at 22:33

  16. En jy maak soos ’n jags tienerseun wat nie wil insien nie dat die flossie wat hy wil bekruip ’n wrede slet is.

    Con-Tester

    June 5, 2009 at 14:26

  17. Dit wil voorkom of julle nie weet, dat “as” is gebrande hout. God het die mens hul wil gegee en Sy wil by die mens gelaat. Die keuses wat mense maak, is soms die oorsaak van baie probleme. Julle is te blind om te sien, dat die mens self verantwoordelik is, vir baie probleme. Julle maak soos die huidige Regering wat alles wat fout is, op die ou Regering blameer.
    So terloops, die Hemel is nie ‘n plek waarheen een gaan.

    Hans Matthysen

    June 4, 2009 at 22:10

  18. Mariette Hendriksz skryf (18 Feb 09 at 9:26 am):

    Die hele punt is: God stuur NIE trauma of siekte of seerkry oor gewone mense se lewenspad nie.

    As die god van jou die alleenlike, almagtige en alwetende skepper is van “alles maar alles maar alles” dan maak hy wél só. Dit kan net nie logies anders wees nie. En as jy aardbewings, droogtes, oorvloedings en ander natuurrampe aan mense se keuses wil toeskryf dan is dit nog steeds sy skuld want hy’t mos die mense gemaak met vol vooruit kennis van wat hulle keuses gaan wees. Maak nie saak hoe mens dit wil draai, as mens in ’n almagtige god glo, dan moet mens noodwendig ook in sy volle verantwoordelikheid glo.

    Con-Tester

    February 18, 2009 at 13:47

  19. Oooo Gods !!!! Nog ‘n fokking godidioot

    DW

    February 18, 2009 at 13:38

  20. So by myselwers gesit en wonder of “ons” ook vrye keuse gaan hê in die hemel? Die hele f#kop van vooraf? Of gaan God darem Sy wil op ons afdwing dat ons net goeie dinge sal kan doen en beleef?
    Niemand kan God verstaan nie daarom moet ons in Hom glo!🙂

    Fredericke Adonis

    February 18, 2009 at 13:03

  21. Nathan, ek wil nie graag die saak debateer nie en hiermee sluit ek af. Die hele punt is: God stuur NIE trauma of siekte of seerkry oor gewone mense se lewenspad nie. Trauma, siekte en seerkry – That’s life. Die lewe wat die mens GEKIES het – nooit God se keuse vir die mens nie.

    Al verskil is: ongelowiges gaan alleen daar deur.
    Gelowiges gaan saam met God daardeur.

    Sterkte

    Mariette Hendriksz

    February 18, 2009 at 09:26

  22. Mariette

    Jy kan my gerus glo as ek sê dat ek met verdriet en meeleweing van julle trauma verneem het. As dit met julle goed gaan is ek verheug!

    As “God” sy sous werd was, sou julle die trauma nie beleef het nie. Punt. As “God” sulke trauma oor die pad van gewone mense stuur – om watter rede ook al – is “God” ‘n vieslike vent wat ek met minagting verwerp.

    Nathan Bond

    February 17, 2009 at 21:34

  23. Liewe vriend,
    Ek is jammer ek lees nou eers jou kommentaar op die rooftog waardeur ek en my gesin meer as ‘n jaar gelede is. Jy het ongelukkig ‘n verkeerde beeld van die God wat ons dien. God het die mens onderskei van die dier deur hom keuses te gee. God se keuse vir ons as mense was paradys. Die MENS het anders gekies. God respekteer mense se keuses en meng nie daarmee in nie al stem Hy verseker nie saam met party van die keuses wat gemaak word nie. God het nie die roof veroorsaak nie, ook nie goed gekeur nie, ook nie as ‘n “photo opportunity” gebruik nie. Dit was bloot ‘n gevolg van die siek stukkende wereld waarin ons leef. God het NOOIT belowe dat Sy kinders net “maanskyn en rose” sal beleef nie – Wat Hy wel beloof het, is dat ons nooit alleen daardeur hoef te gaan nie. Of dit nou dood of lewe is – God is met ons (al was dit nooit Sy keuse vir ons nie). Koerante soek sensasie en ons storie is gruwelik verdraai en verkeerd aangehaal – maar ek is nietemin bly om vandag te kan getuig dat Jan-Hendrik se geloof JUIS versterk is en hom deur die trauma gehelp het.

    Mariette Hendriksz

    February 17, 2009 at 14:26


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: