Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Teologiese wasdag-blues

leave a comment »

‘n Predikant van Friemersheim, dr. Pieter van Niekerk, skryf in By (19/1), in reaksie op Johannes de Villiers se artikel oor Biskop Spong, dat ons moet “bly erken dat ons nie alles met intellek kan weet nie”.

“Die misterie van God moet oop bly”, sê Van Niekerk.

“Geloofskritici moenie as ‘liberale kanonne’ ander se geloof aan flarde skiet nie”, sê Van Niekerk.

Ag kák, dr. Van Niekerk! (Kliek tog maar hier as jou lewensmetrum deur díe ou Afrikaanse spogwoordjie versteur is.)

Sal ons die misterie van Kersvader oop hou? Die misterie van die Paashaas? Van Zeus? Van Thor en van Casper die Vriendelike Spokie en van Shiva en van Hompie Kedompie en van die Man in die Maan? Sal ons die misterie van die Tannemuis oop hou? En in die naam van verdraagsaamheid nie hierdie onsin wat “ons nie met die intellek kan weet nie” aan flarde skiet nie? Sodat ons die dommies nie “dieper in hulle loopgrawe” inja nie?

Die onsin wat Christene glo word slegs getroef deur die belaglikheid van hulle “argumente”.

Die formidabele dr. Julian Müller skryf in dieselfde By (“Duskant die middel van nêrens verby”, bl. 7) dat dit tyd is vir ‘n “nuwe, Afrikaanse tussinin- en duskantteologie”. Solank die teologie dit nog moontlik maak vir sulke goeie skrywers om só mooi te skryf, kan ek die onsin van die teologie nog so effe verdra. (Dis letterkunde, dommie!)

Ek kry so die indruk dat die sogenaamde “vrydenkende” teoloë en Bybelwetenskaplikes heimlik skaam is vir die “God” van die georganiseerde godsdiens en naarstigtelik probeer om “God” se vuil jassie witter as sneeu, já wítter as sneeu te was. Maar terwyl die jassie ge-SpeedQueen en ge-Skip-Intelligent word is die keiser nie kaal nie – daar ís nie ‘n keiser nie!

Home

Written by Nathan Bond

January 19, 2008 at 13:03

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: