Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

NG Kerk eenheid

with 2 comments

Dít vat die koek!

Neels Jackson berig vandag (NG Kerk sê nee vir Belhar, Die Burger) dat die NG Kerk nee gesê het vir die belydenis van Belhar. Volgens prof. Piet Strauss, voorsitter van die moderamen, beteken dit egter nie dat lidmate en gemeentes “oor die algemeen” teen kerkeenheid gekant is nie.

Luister wat sê Strauss, volgens Jackson: Daar ís gemeentes wat teen enige vorm van eenheid gekant is, maar “oor die algemeen” is daar gekwalifiseerde steun vir eenheid.

“Oor die algemeen gekwalifiseerde steun”!?

Godsdiens is ten minste goed vir ten minste één ding: dit laat my gereeld skaterlag. (Dit laat my egter meer huil…)

Hierdie is ‘n meesterlike stelling. Dit verdien die Monty Python-prys vir Onsinnigheid.

NG Kerk eenheid.

Hier is ‘n brief (ongepubliseer, natuurlik) wat ek op 26 Januarie 2004 – meer as vier jaar gelede – aan die destydse redakteur van Die Burger geskryf het:

_____________________

26 Januarie 2004

Die Redakteur
Mnr. Arrie Rossouw
Die Burger

Geagte mnr. Rossouw

Ek reken dat Die Burger sy lesers ‘n amptelike verskoning verskuldig is oor die afgelope maande se berriggewing oor eenheid in die NG Kerk.

Die banier van 17 Oktober 2003, “Nou is ons een kerk!” en die opskrif van 26 Januarie 2004, “NG deure nog deels toe“, rym nie. Die Burger lesers sluit baie gelowiges in, en baie van hierdie gelowiges is NG lidmate. Hulle verdien om gefundeerde inligting en kommentaar oor die kerk te lees. Ander lesers verdien gewoon in die algemeen objektiewe kommentaar en berriggewing.

Ek stel dit aan u dat Die Burger in hierdie verband, en in die vermelde omstandighede, nie op standaard is nie. Ek koop die koerant elke dag en ek beskou myself as ‘n getroue leser. En ek verdien beter.

‘n Hoofartikel kan die aangeleentheid dalk in perspektief stel.

‘n Laaste woord oor die banier van 17 Oktober – ek herinner my aan Oscar Wilde: “To give an accurate description of what has never occurred is not merely the proper occupation of the historian, but the inalienable privilege of any man of parts and culture.

_____________________

As daar ‘n hemel is, gaan lede van die NG Kerk vrééslik skarrel om hulle lê te kry na die dood. Wittes hiér. Swartes dáár. Bruines hierso. Indiërs…

Hoe’t dr. N P J Steyn nou weer gesê – járre gelede: “We are assured by the Gospel that there are many mansions in our father’s house… unity in diversity, ‘Apartheid’ in heaven, for it definitely states ‘many mansions’, not one big mansion, but many mansions (monoi pollai). (Dr NPJ Steyn, Biblical Aspects of Apartheid, 1958.)

Jawellnofaain.

Written by Nathan Bond

March 19, 2008 at 12:17

Posted in Religion must go!

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, geen kommentaar, want ek, is nie daar.

    Hans Matthysen

    July 9, 2008 at 22:32

  2. Ek weet nie hoekom die NG kerk moet / wil verenig nie. Met wie wil hulle nou verenig?
    Met die Katolieke , of valse kerk soos in die NGB beweer , wat van die Ortodokse Kerke of foking doppers.

    Nee wat ten minste het die Katolieke meer geld as die ander sektes saam. Maar ja , as jy op jou eie stoep gekak het deur na “sommiges “ as die VALSE KERK te verwys dan sal jy maar moet swem of versuip.

    Ek sit my geld op laasgenoemde – VERSUIP en VERDWYN dis wat nodig.

    Al maak die NG Kerk vir Laurie Guam moderator en vir Alan Boesak penningmeester , bly die NG Kerk net nog ‘n godsdiens winkel wat tiendes moet verkoop en op koeksuster verkope moet staatmaak om te oorleef.

    ‘n Nuwe logo op ‘n vrot blikkie vis verander niks aan die inhoud nie.

    dirkvdwest

    March 26, 2008 at 07:57


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: