Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Jesus of Nazareth (ca. 4BCE – 30CE*)

with 4 comments

It’s Friday evening. Jesus’s heart stops. He ceases to breathe. This means that his tissues are not getting oxygen. His cell metabolism stops, except for one particular process – the proteolytic enzymes continue to work. They break down cell integrity, especially the integrity of cell walls. Cells begin to disintegrate.

The human digestive system contains about a kilogram of bacteria and these also continue their work after the death of their host. They form gas that bloat the intestines to the extend that a cadaver’s abdomen may rupture. (This is why coroners on the TV franchise CSI sometimes prick the victim’s venter.)

Blood coagulates after death and when it becomes liquid again the integrity of the red blood cells is completely broken down and they are incapable of transporting oxygen.

The human heart is completely incapable of restarting a ceased circulation system on its own. CPR must be applied in order to restore circulation. The required energy to restart the circulation of approximately 70ml/kg blood volume is well known from several experiments. No human heart can generate sufficient energy to restart the circulation without assistance.

When the triammonium phosphate levels in the blood reduce because of the heart’s inability to pump, cognitive ability ceases and the stored memories in the hippocampus of the brain vanish. It is indeed “done”.

Now hear this: Jesus died. Around 30CE. He is still dead. What else? And that is final. His atoms have been vigorously recycled though – each one of us humans have about 6 billion of his atoms. And another 6 billion Mohammads, to be sure.

_______________________

Dis Vrydagaand. Jesus se hart gaan staan. Hy hou op om asem te haal. Dit beteken dat sy weefsels nie meer suurstof kry nie. Sy selmetabolisme begin staak, met een belangrike uitsondering: proteolitiese ensieme hou nog vir ‘n tyd aan om te werk. Hierdie ensieme breek selintegriteit af, veral die integriteit van die selwande. Selle begin dus disintegreer.

Die menslike spysverteringskanaal bevat byna ‘n kilogram bakterieë, wat ook voortgaan om hul ding te doen wanneer die gasheer sterf. Hulle vorm gasse wat die dermkanaal opblaas, soms tot so ‘n mate dat die kadawer se buik kan oopbars. (Dit is hoekom jy soms in CSI episodes sien dat die coroner die slagoffer se buik prik.)

Bloed stol na die dood, en wanneer dit later weer vloeibaar word is die integriteit van die rooiselle geheel en al daarmee heen en kan hulle nie meer suurstof vervoer nie.

Vir ‘n menslike hart om ‘n gestaakde sirkulasiesisteem eiehandig weer aan die gang te kry is ‘n saak van onmoontlikheid – iemand móét aktief KPR toepas om die hart te help om weer die bloed aan die vloei te kry. Geen gestorwe persoon, wie se hart reeds gaan staan het, se hart kan genoeg energie opwek om ‘n volwassene se nagenoeg 70ml/kg bloed, wat tot stilstand gekom het, weer aan die sirkuleer te kry nie. Die energie wat nodig is om weer die sirkulasie aan die gang te kry is goed bekend uit verskeie eksperimente. Geen menslike hart kan soveel energie opwek nie.

Wanneer die inhoud van die bloed se tri-ammonium fosfaat finaal verminder as gevolg van die agteruitgang van die hart se pompvermoë verdwyn kognitiewe vermoëns en die opgepotte herrineringe wat in die hippocampus gedeelte van die brein gebêre is na waar dit vandaan kom – in die niet. Dit is inderdaad “volbring”.

Hier’s ‘n nuusflits: Jesus het gesterf. Om en by 30AE. Hy is nog steeds dood. Morsdood. En dis finaal. And that’s no maybe. En sy atome is natuurlik gehersurkuleer – elkeen van ons mense wat vandag leef het waarskynlik ‘n biljoen van Jesus se destydese atome in ons lywe. (Ook ‘n biljoen van Mohammad s’n.)

*Smith, Mark S. 2004. The Memoirs of God. Augsberg Fortress. xviii.

Written by Nathan Bond

March 21, 2008 at 07:49

Posted in Religion must go!

Tagged with , ,

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, ek stem saam dat daardie liggaam waarin Jesus gelewe het, het gesterf en dit finaal is. Hy het ons vooruit gewaarsku om Hom nie by die dooies te soek nie, maar by die lewendiges en daarom lees ons die volgende; 1 Kor. 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik; en daarom neem Hy een brood, om sy liggaam te simboliseer en breek dit in baie dele, om sy liggaam te simboliseer, wat uit baie lede bestaan en tog nog een brood (liggaam) is.
    Jou morele waardes het jy gekry toe jy as Christen groot geword het en sederdien het jou morele waardes verval omdat jy nie meer respek, vir ander toon. Jy vind blykbaar respek as lagwekkend.
    Omdat mens altyd sy eie belang soek, weens hebsig ens. is dit in nederigheid dat ek God nodig het, ter opheffing van morele waardes. Jy het nog net nie agter gekom dat jy in morele waardes veragter het, want jy ondersoek jouself nie en wil al ewig net splinters in ander se oë uit haal, terwyl daar ‘n balk in joune is.

    Hans Matthysen

    July 9, 2008 at 22:28

  2. “Daar is mos g’n niemand wat my gaan vertel God gaan my straf nie. Vir wat moet ek dan nou myself in toom hou?”

    Len, Arthur C. Clarke, wat onlangs oorlede is, het by geleentheid gesê dat die grootste tragedie van die mens juis die kaping van moraliteit deur die godsdiens is.

    As jy God nodig het om jou “in toom te hou” is dit ‘n droewige ding.

    Kyk my ou, jy kry nie maklik iemand wat makliker kak aanjaag as juis ék nie. En ek wás ‘n Christen, en ís ‘n ateïs.

    Moraliteit het níks met godgelowigheid uit te waai nie.

    Sjimpansees wat nie kan swem nie, verdrink gereeld in dieretuingragte terwyl hulle ‘n ander een probeer red; rhesus apies wat kan kos kry as hulle ‘n bepaalde draad trek – wat ook ‘n ander apie erg sal skok as dit getrek word – ly dae lank honger…

    Daar is mos baie goeie redes om ‘n ander mens nie dood te maak nie (byvoorbeeld) – hoekom nou op God staatmaak om jou te keer? God sal jou waarskynlik áánmoedig om dood te maak, gegewe Sy Almagtigheid se Ou Testamentiese rekord!

    As jy God nodig het om jou “in toom te hou” is dit ‘n droewige ding.

    So teen Vrydag vandeesweek publiseer ek die toespraak wat ek eerskomende Donderdag afsteek in ‘n debat oor wetenskap en godsdiens – ‘n gedeelte daarvan gaan juis oor moraliteit. Ek wéét van moraliteit, want ek maak baie voute (sic).

    Godsk!

    Nathan Bond

    March 23, 2008 at 13:18

  3. Wie is hierdie man wat homself as jury en judge aangestel het. Ek wonder of hy so perfek is dat hy nog nooit dronk was, met sy piepie gespeel het of daaraan gedink het om sy vrou te verneuk met iemand wat soos Catherine Zeta Jones lyk nie. Dink gou-gou vinnig aan hoeveel maniere daar is om te sterf. Hoe maklik dit is om die lewe uit ‘n man se liggaam te steel. Tog oorleef jy dit elke keer as jy oor die besige straat stap of in die woeste see swem. Wat van al die kere wat jy hopeloos te vinnig gery het en veilig by jou huis aangekom het. Daar is baie min ware Christene in ons wêreld oor ou pel. Ek is self een van die swakste voorbeelde van een. Moenie dat ons jou geloof in God knak nie. Ek glo wat ek glo omdat … wel ek weet nie regtig nie. Al wat ek weet is dat Hy my redder is. Maak nie saak hoe sleg dit gaan nie. Hoe sleg my kinderlewe was nie. Ook nie hoe onregverdig my lyding is nie (jy moet kom dat ek jou van hel vertel – ek was al daar). Ek is nie perfek nie en “claim” ook nie om so te wees nie, maar ek streef daarna om beter te wees omdat God my inspireer om so te wees. As dit nie daarvoor was nie kry ek die aarde jammer. Die boosheid vat jou so maklik vas en dink net wat sou gebeur het as daar geen keur aan my, en al die ander wat soos ek voel, was om wraak te neem op die mensdom wat my al so baie gepynig en onregverdig behandel het nie. Of sal ons dit maar sommer begin doen? Dis so maklik om daarmee weg te kom op hierdie aarde. Ek bedoel, ons hoef mos nie meer bang te wees nie. Kom ons maak almal net soos ons lus het, want dan kan ons mos kry net wat ons wil. Al die “smart” karre en vakansie huise waarvan jy maar net kan droom. Waarvoor moet ons dan nou werk en beter wees. Daar is mos g’n niemand wat my gaan vertel God gaan my straf nie. Vir wat moet ek dan nou myself in toom hou?

    Len Dreyer

    March 23, 2008 at 11:24

  4. Geen fout met die fisilologiese aspekte van hierdie Jesus se afsterwe nie, “dit is soos dit was” – om nou die Pous te kwoteer. Die godsdiens weergawe is egter ‘n goeie storie en mens sal nie die einde daarvan sien nie.

    Dit is moontlik verstaanbaar dat ‘gewone mense’ wat iemand baie na aan hulle aan ‘die dood afstaan’ dit nie kan aanvaar dat die natuur sy gang gaan nie. Hulle sien die persoon soos dié altyd was, miskien verstaanbaar ook. Dat hulle ‘ skans gooi teen die werklikheid en beelde optower waar hierdie gestorwene saam met hierdie Jesus in ‘n roostuin of wat ookal wandel terwyl musiek in die agtergrond speel. Baie menslik sou ek sê. Ons weet egter nie of dit die Eroica van Von Karajan en die die Berlynse Filharmoniese Orkes is wat al 1 x 10(?) se herhaling is en of dit Fokof Polisiekar se weergawe is nie. Dit laat mens maar aan die indiwidu oor.

    Dennis Siebrits

    March 21, 2008 at 08:15


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: