Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Dis ménse, nie Gód nie”

with 3 comments

Die prez van die AGS, dr. Isak “ek-weet-wat-5-minute-na-die-dood-gebeur” Burger meen dis ménse, nie die evangelie, die Bybel of God nie, wat die invloed van “Die Kerk” ondermyn.

Ek eet gisteroggend ontbyt op die KKNK met twee predikante vir wie ek baie tyd het. Een van hulle sê dis die ménse, nie die godsdiens nie…

Ja, sê ek, soos Charlton Heston sê, “dis mense wat mense doodmaak, nie guns nie”.

Já, sê hy.

Ek sê dan moet ons die guns wegvat.

Dan sal ons mekaar doodsteek, sê hy.

Dan moet ons die messe wegvat, sê ek…

Natuurlik het ons uiteindelik saamgestem dat as ons die klippe en die stokke óók wegvat mense mekaar met die kaal hande sal doodmaak.

Ja. Dit is so. Dit is ongelukkig só. Maar ek dink dit sou help as ons nie die belaglike stories van die godsdiens so oor en oor en oor vertel en vier nie. As ons die belaglike stories nie vir die “waarheid” vat nie.

Voltaire het blykbaar gesê: “Those who believe absurdities will commit atrocities.”

Ek skryf in It’s Religion Stupid: “To tolerate religion because it is not the exclusive vehicle of evil, identifies religion as a vessel of evil and denies us the opportunity to eliminate at least one known crucible of evil. To purge society of this pernicious bane, religious outrage, children should be protected from the ignominy of religious instruction. As children should be protected against pornography, violence, substance abuse, sexual abuse, physical harm, hunger, the elements and want of schooling, so they should be protected, even by law, from the insidious nemesis that is religion.

Godsdiens sal nogal cute wees – ‘n soort naïwiteit is altyd effe ougat – as godsdiens nie vir mense, soos byvoorbeeld John McCain, laat besef het dat Jerusalem aan Israel behoort nie, omdat die Bybel só sê.

Godsdiens sal nogal cute wees – ‘n soort naïwiteit is altyd effe ougat – as godsdiens nie vir mense, soos byvoorbeeld Biskop Akinola, laat besef het dat gay mense ook Gód se gat krap nie.

Natúúrlik is dit ménse! Meestal omdat hulle belaglikhede wysgemaak word. En raai, dié wysmakery kan op die drumpels van die prinse van die kerk geplaas word. Godsk! Iewers het iemand darem ‘n paar great stories érg opgefok!

Although we can hardly hope for a society in which formal organized religion is rejected, we can at least stop behaving as if religion is worthy of our collective respect. Só, of iets in dier voge, het A.N. Wilson gesê, iewers in Against Religion.

Written by Nathan Bond

March 25, 2008 at 07:21

Posted in Religion must go!

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daar is ook ‘n valse verryking evrede omdat mense nie die geeste op die proef stel om te kyk of hulle uit God is. Kyk maar na Simon die towenaar in Hand. 8.

    Hans Matthysen

    July 8, 2008 at 20:38

  2. Hans
    Innerlike verryking en vrede, meen ek, behoort nie in valshede en leuens gesetel te wees nie. Dít kán nie.

    Nathan Bond

    March 30, 2008 at 21:22

  3. Daar is soveel winde van leering (Godsdiens), dat mens kan verstaan dat mense Godsdiens in so ‘n negatiewe lig kan sien. Die wêreld sou nie beter af gewees het sonder dit nie, want die probleem is maar werklik by die mens en sy natuur. Kyk hoe baie mense gebruik Godsdiens om wins te jag. Jesus sou hulle met ‘n sweep bygekom het. Ander Godsdienste is weer kultoreel en tradiesie gedrewe en verleen mag aan sekeres en is ook ‘n instrument van beheer uitoefen. Ware Godsdiens kan mens innerlik verryk en siellevrede meebring. Soos Jesus dit stel dat vir sommige is Hy ‘n wins (nie aards nie) en vir ander ‘n steun des aanstoots.

    Hans Matthysen

    March 30, 2008 at 21:00


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: