Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

KKNK 2008 – Paulus

leave a comment »

Paulus. Drama. Teks: Howard Brenton. Regie: Henry Mylne en Hugo Taljaard. Produksie: Oppad HRM Produksies. Met Henry Mylne, Deon Coetzee, Blaise Koch, Gavin van den Berg, Johan Engelbrecht, Lizz Meiring, Willem Breedt, Kaz McFadden, André Velts, Danie van Niekerk en David Louw.

______________________________

Mei 1986. Pamela “I-want-a-baby-Bobby” Barnes-Ewing word wakker soos nét ‘n sepiekarakter met groot borste en vol lippe kan wakker word: arms ontspanne in die lug; volmaakte grimering; nie ‘n haartjie uit plek nie.

En… nadat Katherine Wentworth hom aan die einde van die 7de seisoen doodgery het, klim Robert (“Bobby”) James, Jock en Ellie Ewing se jongste, kordaat uit die stort en onderbreek Pam “I-want…” se ganse 8ste Seisoense droom.

“Oh, Bobby, it was awful! When I woke up, I thought that you were dead.”

“What?”

“I had a nightmare. A terrible nightmare. I dreamed that you were here, and you were leaving, and Katherine was in her car, and she was waiting, and… and when we started to leave, she tried to run me down, but you pushed me out of the way, and then she hit you, and she crashed into a truck, and she was killed. And then we took you to the hospital, and you died!”

“Hey, Pam, I’m right here. And I’m fine.”

“But there was so much more then, Bobby. It seemed so real. There was Sue Ellen, and there was Mark, and I was married.”

“Hey, you are going to be married to me, just as soon as we can.”

“I was so frightened. Oh, I love you so much.”

“Honey, it’s over. None of that happened. We’re together, and I love you. And I’m getting you all wet.”

Bobby lééf!

Opstandings. Godsk! Tammuz. Osiris. Isis. Jeshua…

Die dramaturg Howard Brenton meen dat Jeshua nie uit die dood opgestaan het nie; hy het die kruisiging oorleef en toe die bevelvoerder van die dag gatvol geraak het oor Jeshua nog nie dood was nie, het ‘n ryk ondersteuner die soldate omgekoop om bek te hou en Jeshua weggedra en laat oorleef.

“Maar die leë graf!?”, vra Paulus vir mev Van Naseret – ‘n heel skaflike Lizz Meiring wat rondtrippel in die rol van ‘n uitgesakte hoer met ‘n nuwe hoop wat wragtag wéér verydel word. (Hierdie Jeshua was getroud lyn raak nou werklik afgesaag. Ek meen die kanse is baie groter dat hy rondgelê het. Ek meen – ‘n kultusfiguur met mense wat agter hom aanloop: kyk nou maar vir St… Augustine.)

“Dit was leeg omdat my man nooit daarín was nie!”

Nou wil jy meer!

Nés Sherlock Holmes – my gunstelingste gunsteling storiekarakter – se “opstanding!

“Holmes!”, cried [Watson]. “Is it really you? Can it be that you are alive? Is it possible that you succeeded in climbing out of that awful abyss?”

“… I had not serious difficulty in getting out of it, for the simple reason that I never was in it.”

Paulus. ‘n Sepie in die hande van ‘n sepieregiseur.

Ek het ‘n moerse probleem met Brenton se storielyn: Daar is slegs ‘n enkele verwysing na die “hemelvaart” toe mev Van Nasaret vir Paulus sê dat mense wil hê hulle gode moet maagdelik (mev Van Nasaret noem Maria ‘n “koei”. Godsk!) gebore word; uit die dood opstaan; in die lug opvaar. Maar nóóit word daar na die hemelvaart verwys in die meesterplan om die leuen te vestig nie.

Die “was toe nooit dood nie” Jeshua kon maklik voor “getuies” geparadeer word, maar ‘n VVV storie – sonder iets om te sién – sou dalk die Jakobusbrigade se hand oorspeel het?

Paulus, voor, tydens en na ‘n veronderstelde stuipe koop die storie van ‘n verese Jeshua wat hom aansê om die vervolging van sy ondersteuners te staak.

Goeie argument van Brenton dié: Jeshua “verskyn” self aan Saulus om te verhoed dat hy sy vervolging van die “groep” voortsit. Goeie een dié.

En Paulus gló! Hy oortuig selfs vir Petrus. Selfs nadat Gavin van den Berg se uitstekende Nero rasionaliteit na die evolusie van hierdie nuwe godsdiens bring en wys hoe dit ‘n bevange politieke instrument kan – en sál – word.

Ek meen Paulus was waarskynlik die soort heethoof wat Mylne hom maak. En Petrus – die “gladde” rots – klink en lyk ook outentiek. Deon Coetzee se lyf wys die storms in Petrus se lewe na die kruisiging: hy het Jeshua verloën, maar hy het hierdie visie en oortuiging dat hy moet leiding (lyding?) gee; hy wéét hy praat kak, maar die druk…

Maar uiteindelik oortuig Paulus Petrus tóg. Al is dit nou met ‘n charismatiese geskreeu:

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus het opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus is opgestaan.

Christus is opgestaan.

Oor en oor en oor en oor. Totdat Petrus saam skreeu. En toe is dit skielik pikgietswartdonker op die verhoog. Jaaa boet. The Lort moefs in misterius wheis.

Die indrukwekkende kruise op die verhoog lyk soos ornamente – nie ‘n druppel bloed of teken van geweld nie; netjiese doeke gedrapeer soos handdoekies by ‘n voetewassing: tekenend van ‘n gesuiwerde verhaal.

Jeshua se wonde is kokikolle – blatant vals.

Gavin van den Berg se Barrabas het moderne plakkies aan en almal se hare en klere bly ge-Pantene en ge-Skip Intelligent.

Die Opstanding is ‘n saamgeflanste storie. ‘n Kakstorie. Jy moet besonder sag in die kop wees om dít op te vreet. And then some.

Hoe sê my vrind, die burgemeester van Manhole, Mississippi Leroy Tecumseh van Buren nou weer – “It ain’t the things we don’t know that get us into trouble; it’s the things we know for sure what ain’t so!

Skerp seun, Tecumseh.

Written by Nathan Bond

March 30, 2008 at 10:46

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: