Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

God en die Pastoor liég!

with 2 comments

Beeld berig vandag dat Mev. Liz Watson gister haar vermoorde man, mnr. Jimmy Watson (57) en dogter, me. Sharon Knoetze (30), wat sewe uur voor die moord verongeluk het, moes begrawe.

Knoetze is die oggend in ’n motorongeluk dood toe ’n motoris wat tussen Evander en Secunda oor ’n vierrigtingkruising gejaag het, haar motor getref het. Sewe uur later is haar pa in ’n kaping doodgeskiet toe hy, sy swaer en dié se kinders vir die familie gaan kos koop het waar hulle almal saamgetrek het ná die nuus van Sharon se dood.

Past. Charlie Nunn van Die Kruik-gemeente in Secunda het ’n boodskap van hoop aan me. Watson en mnr. Knoetze gegee.

“Ons weet nie hoekom God dié dinge doen nie, maar Hy belowe dat ons eendag weer verenig sal word met ons geliefdes.”

Dis ‘n kakstorie dat ons “eendag weer met ons geliefdes verenig sal word”. (As ‘n mens dood is…)

Maar Nunn sê ‘n interessante ding: “Ons weet nie hoekom God dié dinge doen nie…”

Godsk! Maar só ‘n pastoor nè! Dat “God” nou kinders en wederhelftes doodmaak!

Die vermoorde se swaer, Wentzel Herbst, het “God” gedank dat Dié (sic) hom toegelaat het om Sý (sic) se moordplanne te kortwiek: “Ek kan net dankie sê vir die Here dat ek my kinders betyds by ’n veilige plek kon kry.”

My hart breek vir hierdie mense se verlies en angs en verdriet en wanhoop.

Maar vals hoop is baie, baie erger as wanhoop.

Written by Nathan Bond

April 5, 2008 at 13:41

Posted in Religion must go!

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Net so terloops, Charlie Nunn is nie ‘n pastoor van die Kruik gemeente in Secunda nie.

    Sanel le Roux

    April 22, 2008 at 12:22

  2. Nathan, jou liggaam sal ook eendag te sterwe kom. Hoe, waar en wanneer, weet jy nie maar weet, dat die Koninkryk van God, is nie van hierdie wêreld nie. Ons aardse bestaan, is dus nie prioriteit nie. Ons is soos die gras van die veld. Daardie Pastoor probeer maar troos bied, met die beperkte kennis wat hy het. Hy probeer minstens iets en ek hoop, jy het ook jou deel gedoen om die bedroeftes te ondersteun. Die wat sulke dade teen hulle medemens pleeg, glo ook nie in God en die bestaan van God. Een wat in God en Sy bestaan glo, sal sekerlik nie sulke dade gepleeg het nie.

    Hans Matthysen

    April 15, 2008 at 22:29


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: