Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Was die -isme uit die OMO

leave a comment »

Professor Lizette Rabe betoog indrukwekkend oor seksisme wat algemeen aanvaar en onbewustelik vasgelê word in, onder andere, “onskuldige” advertensies (Was die -isme uit die OMO, By, 5 April 2008).

Oor die huidige Eskom kragbesparing-advertensie sê sy: “En nee, niemand moet argumenteer dat die Eskom-boodskap ’n ‘onskuldige’ advertensie is nie. Daar is nie so iets soos ’n onskuldige advertensie nie.”

En dan vat Rabe só saam: “Watter eintlike boodskap moet ons in dié soort reklame lees? Dis eenvoudig: dat ons, as gemedieerde mense wat in ’n über-gemedieerde landskap leef, waaksaam moet wees, ook in terme van die daaglikse boodskappe wat die sosiale kondisionering van vroue as mindere vennote in ons samelewing verdiep. Solank ons sulke soort reklame onkrities aanvaar, en nie die onsubtiele, maar veral subtiele, boodskappe bevraagteken nie, lewe ons nog lank nie in ’n gelyke samelewing nie.”

Uitstekende artikel!

Ek wonder ook hoekom die belaglike onsin van ‘n ewige lewe na die dood en ‘n voorsienige god so geredelik in ons samelewing aanvaar word. Oor die afgelope paar weke het ek vier maal daarteen geprotesteer: God en die Pastoor liég!; “God, seën verslaggewers”; Danwill, Tuinier vir die sterre; Heaven is better!

Ek protesteer klaarblyklik alleen! Nêrens in die hoofstroom media is daar ‘n grieseltjie kritiek op die onbevange geloofsnert wat daagliks in koerantberigte verskyn nie.

Watter eintlike boodskap moet ons in dié soort beriggewing lees? Dis eenvoudig: dat ons, as gemedieerde mense wat in ’n über-gemedieerde landskap leef, waaksaam moet wees, ook in terme van die daaglikse boodskappe wat die sosiale kondisionering van onsin as aanvaarbare – selfs verkieslike! – verklarings en “coping mechanisms” in ons samelewing verdiep. Solank ons sulke soort berigte onkrities aanvaar, en nie die onsubtiele, maar veral subtiele, boodskappe bevraagteken nie, lewe ons nog lank nie in ’n rasionele samelewing nie.

Written by Nathan Bond

April 5, 2008 at 20:00

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: