Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Skade aan die lyf

leave a comment »

Professor Christina Landman se uitstekende Godsdiens-aktueel rubriek in BeeldMIV ‘God se straf vir rondslaap’ – het die toksiese aard van geloof en godsdiens opnuut aan my bevestig.

Na 40 onderhoude met “mense wat nie noodwendig vry is om moreel te wees nie” verklaar álmal, élke énkele individu dat “MIV God se straf (is) vir mense wat rondslaap. God werk deur die Satan om jou met MIV te straf. Nie een het gesê MIV word deur ’n virus veroorsaak nie.”

As die waansinnige onsin (delusional nonsense) van ‘n “God” en “Satan” en “sonde” en “verlossing” nie aan hierdie arme mense bekend was nie, sou hulle dalk eenvoudig móés weet dat VIGS deur die MI Virus veroorsaak word. Sou hulle dalk eenvoudig móés weet dat die pastoor net mooi fôkól aan MIV infeksie kan doen. Sou hulle dalk eenvoudig móés weet dat hulle so gou moontlik anti-retrovirale terapie móét kry. En dat die pad na die naaste hulp juis ver, ver, ver om die pastoor se huis en die “plaaslike genesingskerkie” loop.

Hierdie geloofs idiotologie (sic) werk vernietigend op menselewens in – emosioneel, verstandelik en beslis ook fisies.

As ons van alle vuurwapens op aarde ontslae kon raak, sou niémand óóit weer doodgeskiet word nie. Mense sal steeds vermoor word. Maar niemand sal ooit weer doodgeskiét word nie.

Dis tyd dat rasionele mense saamspan om die vernietigende onsin van geloof uit te wis. Hoe’t Richard Dawkins nou weer per geleentheid gesê: As jy gelaaide gewere op straat los moet jy nie verbaas wees as daar ‘n slagting plaasvind nie. Of iets in dier voge.

As jy die lewe liefhet moet jy noodwendig geloof haat. Hóóp. Nou dáár’s ‘n ding wat kan werk. Maar gelóóf? Ag kák man!

Ek hoop vir ‘n beter lewe in die hiernoumaals. Beskaam die hoop?

Written by Nathan Bond

April 14, 2008 at 09:35

Posted in Religion must go!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: