Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

MMC: ‘n Nabetragting

with 5 comments

Met MMC + 1 en MMC + 2 het ek probeer aandui dat dinge ná die Mighty Men Conference maar baie dieselfde is as wat dit vóór die Mighty Men Conference was.

Mense wat bymekaarkom en bymekaarstaan en mekaar bemoedig is oor die algemeen ‘n goeie en verrykende ding. Maar ons moet bedag wees op onsin.

Die idee dat daar ‘n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ‘n grieseltjie bewys dat só ‘n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie “God” se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend móét word.

Professor Julian Müller skryf onlangs in Geloof vir die denkende mens: “Dit maak meer sin om oor God te dink as die doel van alles in plaas van die oorsaak van alles. Ons lewens word nie van elders gedetermineer nie, maar geleef in veranwoordelikheid met die oog op die ontdekking en verwerkliking van die immer teenwoordige en altyd moontlike God.”

Ek het bitter baie agting vir mense wat vernuwend dink oor die evangelie. En daar is baie Afrikaanse Bybelwetenskaplikes wat vernuwing deksels goed verwoord. Müller is een van dié denkers.

Maar ek het géén idéé wat bedoel word met “die immer teenwoordige en altyd moontlike God” nie. Dit is gewoon aanmatigend om só ‘n stelling te maak. En, ek is bevrees, dis laf.

Wat van “die immer teenwoordige en altyd moontlike Gordon”? Gordon is die kabouter wat alles – soos in álles! – 15 minute gelede gemaak het, kompleet met herinneringe en geskiedkundige en geologiese rekords en homself toe langs die visdam in my tuin in ‘n gipsbeeldjie verander het… daar staan Gordon nou neffens die koi visse wat ek nie het nie.

Daar is gewoon nie ‘n “God” nie. En indien daar ‘n “God” sou wees sou die lyding van mens en dier sy “Godheid” as strafbare minagting blootgelê het.

Wat ons nodig het, ons mense, oral en ook hier in Suid Afrika, is om op te hou om voor ‘n paaiboelie te kruip; om van ons knieë af op te staan; om ons biddende hande oop te maak en om iets te dóén oor lyding in al sy verfoeilike manifestasies.

Solank ons nog, soos ‘n moederbobbejaan, die verottende lyf van die gestorwe Christus agter ons aansleep, gaan ons wêreld ‘n al woester en leër plek raak.

Dis tyd om te breek. Die Mighty Men Conference en soortgelyke uitbarstings van vals hoop lyk en klink na ware hoop, maar vals hoop is altyd, altyd erger as wanhoop.

Written by Nathan Bond

April 23, 2008 at 21:39

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. O well no fine, that settles it then. I completely forgot about Ps 14 and Ps 49. Absolute proof “tat” the Bible is true. Sorry. My mistake.
    Say what!?

    Nathan Bond

    July 7, 2008 at 09:32

  2. Jan Lessing se brief laat my dink aan die spreek woord:

    “great minds think alike, fools seldom differ”

    You are looking for proof tat the Bible is true? Look at this:

    Ps 14:1
    To the Chief Musician. A Psalm of David. The fool has said in his heart, “There is no God.” They are corrupt, They have done abominable works, There is none who does good.

    Ps 49:10 –
    For he sees wise men die; Likewise the fool and the senseless person perish, And leave their wealth to others.

    Shame!

    Peter

    Peter Cilliers

    July 7, 2008 at 05:52

  3. Dit is jammer dat sulke verkeerded persepsies van God ontstaan a.g.v. blindes, wat ‘n gevoelsgodsdiens propegeer. Een wat God veronderstel en nie ken nie, verkeer maar nog in die duister. God is nie “onsin” of “kak”nie, maar eerder jou persepsie van God is “onsin” of “kak”. Ek sê dit nie met minagting of vewaandheid nie, maar met respek.

    Hans Matthysen

    April 28, 2008 at 21:10

  4. Jan

    Dankie vir jou ondersteuning!

    Ek is deeglik bewus dat daar nie teen godsdiens gewen kan word nie. Daarom skryf ek op die tuisblad:

    Although we can hardly hope for a society in which formal organized religion is rejected, we can at least stop behaving as if religion is worthy of our collective respect. (In deference to A.N. Wilson, Against Religion.)

    Oor my ongeduld en woordkeuses het ek al baie besin en gewroeg. Ek is inderdaad ongeduldig oor onsin en my woorde moet my ongeduld en my minagting weergee. Ek verduidelik hierdie standpunt in “Om te vloek” en “Profanity”.

    “Onsin”, myns insiens, is om te beweer dat Robert Mugabe Zimbabwe tot voordeel strek. Om “God” te veronderstel is nie “onsin” nie. Dis “kak”.

    As ek die reaksies op “Feelin’ vrot” lees en sien hoe mense hulle geloof regverdig is dit eerder ‘n gevoel van wanhoop wat my beetpak.

    `n ‘n was nog altyd vir my ‘n pyn in die `n.

    Nathan Bond

    April 25, 2008 at 06:24

  5. Nathan,
    As jy ‘n ‘n wil skryf gebruik die ‘ en nie die ` nie.
    ‘n ‘n is ‘n ‘n en nie ‘n `n nie.
    En onmiddellik het twee l’e.
    =================
    Ek hou waarvan jy skryf, maar ek kom agter dat daar ‘n ongeduldigheid in jou trant en styl is…. soos “kak” en “kaf”. Dit kan mense afsit om verder te lees. Ek dink jy moet maar bly by sagter woorde soos “onsin” of “versinsel” of so iets.
    Ek het die woord “snert” oor Stephan Joubert se berig in my brief aan Beeld gebruik,
    en dis nooit geplaas nie.
    In jou tyd sal jy moontlik nooit wen nie, Nathan, maar jy sal teenoor jouself skuldig staan as jy nie op die huidige trant voortgaan nie.
    Ek ondersteun jou.

    Jan Lessing
    =============

    Jan Lessing

    April 24, 2008 at 21:37


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: