Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die Afrikaanse Pers en die Mighty Men Conference

with 5 comments

60 000 mans ruk op” skreeu Rapport op 20 April. Op bladsy vyf is daar nog berigte: ‘God se werk is groot’ en Saamtrek ‘soos Jesus se vis en brood .

Sunday Times van 20 April het nie ‘n enkele woord oor hierdie gebeurtenis nie.

Van 19 April tot 25 April verskyn daar elke dag berigte oor Angus Buchan se Mighty Men Conference in die Afrikaanse Pers:

‘God werk op rare maniere’; 50 000 se geloof gaan Loftus weer vol maak; Mans stroom na Buchan-konferensie; Buchan kom ook na VS en NK; Merkwaardige konferensie; Mighty Men; ‘God is nie jou china nie’; Konferensie se hoofkwessies; Dis nou nie meer net ‘Scotsman’ wat doen wat die Here hom beveel nie; Tentdorp lyk nes iets uit die Ou Testament; Só ’n skare het Buchan nog nooit gesien; ‘Duiwel het pak slae gekry’; ‘Jou stres en sonde gaan saam met jou emigreer’; Geloof is soos ’n aartappel; Kom leer hier van God; Duisende mans trek saam om te bid; VS-boer sterf nadat hy inmekaarsak op saamtrek; 40 000 mans bid saam in grootste saamtrek nóg… hierdie berigte het in die een of ander formaat in een of meer van veral Beeld en ander Media24 publikasies verskyn.

Op IOL se webblad kry ek die indruk dat die Engelse Pers nie juis gaande is oor die Mighty Men Conference nie.

Opdat ek ‘n nuuskurige mens is bel ek toe vir Rapport. Hoe is dit dat twee groot koerante die Mighty Men Conference so uiteenlopend beskou: nuuswaardig… onbelangrik?

Rapport se redakteur, Tim du Plessis, wou dat ek hom ‘n epos stuur met my vrae, maar ek sê ek het net een vraag: “Hoekom het Rapport die Mighty Men Conference so baie dekking gegee?”

Du Plessis gee my, soos gewoonlik, ‘n reguit antwoord. Sê van die man wat jy wil, maar hy sal sy sê sê: “Elke koerant skryf vir ‘n bepaalde mark…”

Du Plessis sê dat Rapport die Mighty Men Conference as “uiters nuuswaardig” beskou en dat die terugvoer van lesers hierdie oordeel bevestig. Op sy blog – Tim Gesels – skryf Du Plessis trots dat twee redakteur-kollegas, een van ’n mededingende titel, reeds ruiterlik erken het dat hulle die storie van die Greytown-saamtrek totaal misgelees het.

Rapport gaan bly by die storie van Faith Like Potatoes, Angus Buchan, die 60 000 mans op Greytown asook die verdere saamtrekke wat beplan word.”

“Groot dele van die SA media is verlede naweek onkant betrap”, skryf Du Plessis. “Dié keer gelukkig nie Rapport nie.”

Is die Mighty Men Conference nuuswaardig? Natúúrlik! Dat die eeue-oue verhaaltjie oor Gode en Duiwels vir 60 000 – s-e-s-t-i-g-d-u-i-s-e-n-d-! – mans so werklik is dat hulle ‘n naweek afstaan, en sommige duisende kilometer ver reis om saam met ander ondersteuners “Jesus!” en “Halleluja!” te skree is beslis nuuswaardig. Skrikwekkend, soos ‘n tsoenami, maar inderdaad nuuswaardig. Laat ek liefs my standpunt toelig: Die onderwerp van die saamtrek is slegs nuuswaardig omdat die feit dat 60 000 volwassenes oor ‘n sprokie kan saamtrek, nuuswaardig is. Eat your heart out JK Rowlings! Om die sprokie nou op te hemel net omdat baie mans daaroor gaande is, is dalk baie meer onverantwoordelik as wat aanvanklik in die naam van omset voordelig is.

Oeps! Hiér is ‘n nuusbrokkie wat Rapport wél misgekyk het: Die Nuwe Hervorming Netwerk (NHN) het ‘n naweekseminaar: Die Kosbaarheid van Hierdie Lewe – 16 -18 Mei. Op 18 April het 64 mense reeds geregistreer. En die NHN se netwerkbediener het (nog) nie gekrêsj nie.

Hoekom is hierdie spiritualiteitsgebeurtenis nie nuus nie? Wel, 64 gaan sommer baie, baie lesers en koerantverkope in 60 000 in… en ek meen dat daar nie op die NHN Seminaar gesê sal word dat homoseksualitiet “onaanvaarbaar” is nie, en dat ‘n mens jou rebelse kind moet dônir – en hom (in die naam van Toutatis hopelik nie háár nie) dan moet sê hoe lief jy hom het, en dat jy die waterwysstokkie moet weggooi en Liewejiesus moet vra om jou te wys waar om te boor nie. En die NHN mense is darem nie óns mense nie. Jirre, hulle is napraters van die Jesus Seminaar! Godsk!

Du Plessis het andermaal ‘n besigheidsbesluit gemaak – en dit maak hom ‘n konsekwente en uiters suksesvolle redakteur:

Verlede jaar het hy Deon Maas in die pad gesteek omdat Maas Rapport se Christenlesers in die gesig gevat het. (En omdat Christene gedreig het om Rapport se lorries aan die brand te seek… en om Rapport nie te koop nie.)

Nou het Du Plessis sy Christenlesers se harte gesteel* – daardie deeltjie wat nie aan Liewejiesus behoort nie. (En attie-huste dínk nie eens daaraan om Rapport se lorries aan die brand te steek nie, en hulle sal steeds Rapport koop.)

Die 60 000 mense wat Rapport so beïndruk glo** dat die Bybel die onfeilbare gesaghebbende Woord van God is. Hulle glo in die ewige Drie-enige God; in die Godheid van Jesus; in Jesus se maagdelike geboorte, sondelose lewe, mirakels en versoenende dood, in sy letterlike, fisiese opstanding, in sy letterlike, fisiese hemelvaart; dat Jesus aan die regterhand van die Vader sit; dat Jesus persoonlik – letterlik, fisies – gaan terugkom in mag en heerlikheid.

Die 60 000 glo dat “verlore en sondige” mense nét deur regenerasie deur die “Heilige Gees” “gered” kan word. Deur dié “Gees” se “huidige bediening” – die “Gees” is ín mense – kan Christene toegewyd aan God leef.

Die 60 000 glo in die opstanding – letterlik en fisies – van beide die “gereddes” en die “verlorenes”: eersgenoemdes om vir ewig by Liewejiesus te wees’ laasgenoemdes om te brand dat hulle kak.

Die 60 000 glo dat God geskep het; dat die mens “geval” het – letterlik, fisies, soos daar in Genesis geskrywe staan. Die 60 000 glo dat mense geheel en al verworde is en onmoontlik sonder God regverdig kan wees. Die 60 000 glo in die Here Jesus Christus, die Redder van mense, verwek deur die “Heilige Gees”, gebore uit die maagd, Maria – beide “God” en “mens”.

‘n Profiel van Rapport-lesers!? Van Beeld-lesers!?

Mense wat glo in ‘n “Skepping”? Mense wat glo dat dooies weer leef? Mense wat glo dat ‘n maagd geboorte kan gee? Mense wat glo dat iemand eendag uit die lug gaan opdaag om almal wat ooit geleef het te kom haal? In ‘n Dywil en ‘n Got?

Afrikaanse koerante kyter vir naïewe mense?

Foei.

Ek sal Sondag maar my Rapport gaan koop soos wat ek as ‘n tienerseun die Scope gaan koop het – toegevou dat niemand tog moet sien nie. (Ek koop Rapport vir die prentjies, nie vir die artikels nie.)

Jirre weet, ek is soms skaam om “Afrikaans” te wees.

___________________________

* Ek vermoed dat as ‘n mens ‘n voorlesing van ‘n Rapport uitgawe sou opneem en agteruit terugspeel, sou jy boodskappe hoor soos “Jesus lééf!” en “Prys die Jirre!” en “Haaaaa-lê-lóóóóé-jáááá!”.

** Shalom Ministries Webblad

Written by Nathan Bond

April 26, 2008 at 09:33

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pieter Nortje sit die pot heltemaal mis in sy skrywe hierbo.
    Ek het geen objeksie om in ‘n projek of in besigheid te steun op ander MENSE nie, en húlle dan op die voorblad te plaas weens ons wedersydse sukses nie, soos byvoorbeeld Lou Gerstner van IBM sou doen nie.

    Maar dis ‘n ander ding om sukses aan ‘n god toe te skryf, en Pieter Nortje praat gladnie dáárvan nie.

    So, sy skrywe is eintlik onrelevant in hierdie opsig.
    ====================================================

    Jan Lessing

    May 3, 2009 at 22:36

  2. Ietsie vir jou Nathan,

    Ons liewe JESUS leer ons dit, miskien iets wat jy nie sal verstaan of begryp nie,maar ek bid vir jou Boeta!

    Numeri 11:14, NAV

    Leer om saam met ander te werk (1)

    Jy kan slegs “alles op jou eie doen” tot op ‘n sekere punt, dan het jy ander mense nodig. Dis is die beslissende oomblik, daar waar jy moet besef dat jy ander nodig het. Baie van ons faal hierdie toets en is ook baie keer die rede waarom ons ophou groei en stagneer. ophou groei. Luister na Moses: “Dit is te swaar vir my.” God antwoord hom: “Bring vir My sewentig van Israel se leiers . en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra,” (Num. 11:16-17, NAV). Dit verg volwassenheid om bereid te wees om mense wat op sekere gebiede beter as jy is, aan te stel, om hulle toe te laat om uit te styg en die eer te kry, terwyl jy jou verheug omdat die werk goed gedoen word. Die punt is – om volgehoue sukses te verseker, moet jy jou doelwitte duidelik uiteensit en duidelik wys wie jy is.In sy boek, Good to Great, wys Jim Collins dat die leiers van die beste organisasies geneig is om die kalklig te vermy. Ray Gilmartin van Merck: “As ek iemand op die voorblad moes plaas van Business Week, sal dit ons span wees.” Lou Gerstner van IBM: “Ek het nie die besigheid se omkeer bewerkstellig nie. Dit is te danke aan 280 000 mense wat saamgewerk het. Ons het ons fokus verander en ‘n talentvolle groep mense het dit reggekry om die maatskappy te verander.” Dan Tully van Merrill Lynch: “Dit is ongelooflik om te sien wat jy kan regkry wanneer jy nie al die eer vir jouself soek nie. Ek het agtergekom dat ‘n idee nooit werklik net een persoon s’n is nie.”Hier is die waarheid: As jy eerder ‘n klein vissie in ‘n groot dam wil wees, is dit jou keuse. Maar as jy geseën wil word met ‘n lewe in die oseaan – leer om saam met ander te swem (en te werk).Sielskos: Num. 1 – 2, Mark. 8:27-38, Ps. 94:12-23, Spr. 10:27

    Pieter Nortje

    April 29, 2008 at 08:42

  3. In die land van die blindes, is daar ‘n een oog koning en ek dink, daardie oog, is op die miljoene wat hy gaan maak.

    Hans Matthysen

    April 28, 2008 at 20:39

  4. Interessante vergelyking, Hans.

    Ek wonder of “die saak” nie bepaald beduiwel word deur die “toewyding” van joernaliste soos Neels Jackson nie; deur die “bedagtheid” van redakteurs soos Tim du Plessis en Peet Kruger nie.

    Die ding laat ‘n wrang smaak in my mond – ongeag my mening oor Godsdiens en die Mighty Men Conference.

    Nathan Bond

    April 26, 2008 at 22:09

  5. Die is maar net nog ‘n “Simon die towenaar” waarvan ons in Hand. 8 lees. Die ou is ook maar uit om geld te maak. Dit is handel dryf in die tempel en Jesus het sulkes met ‘n sweep bygekom.

    Hans Matthysen

    April 26, 2008 at 20:17


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: