Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Sprakeloos

with 3 comments

Soms lees ek ‘n berig oor die godsdiens raak wat my stomslaan.

As dit by onbevange snert kom, troef niks, maar níks, die godsdiens nie.

Die Media24-kerkkantoor – Beeldberig vandeesweek hoe die vermoorde boer Jacques Moll sr. se jongste seun, Xavier, aan die dood ontkom het toe hy “hardop tot Jesus gebid het dat die aanvaller se geweer nie afgaan nie.”

” Die aanvaller se geweer het toe geweier.”

Ek is verskríklik dankbaar dat Xavier nie geskiet is nie. Ek is bitter ontsteld dat nóg ‘n boer in nóg ‘n plaasaanval dood is.

Ek is plein skuins teen die grond bedônnerd omdat God die seun red en nie die pa nie.

Xavier se pa is dóód – dóód, vermóór – maar Xavier prys die jirre omdat hy, wat Xavier is, leef. Omdat die moordenaar se geweer geweier het.

Mense het “hulle harte vir die jirre gegee” hieroor.

Die storie van die weierende geweer aan Gods hand is, volgens die berig, ook aan kinders vertel. Wat is hulle vertel, wonder ek? Dat liewejiesus “altyd daar is; nóóit óóit faal nie”? Net omdat die meeste ouers naïef genoeg is om sulke kák te glo?

As “God” ‘n geweer kan laat weier, hoekom laat weier Sy Almagtigheid dan nie elke geweer elke keer as die sneller gedruk word nie?

Waar was “God” toe die geweer wat JFK gedood het nié geweier het nie?

Waar was “God” toe die geweer wat Hector Pietersen gedood het nié geweier het nie?

Waar was “God” toe die geweer wat Johan Heyns gedood het nié geweier het nie?

Waar was “God” toe die geweer wat Jacques Moll sr. gedood het nié geweier het nie?

God is ‘n sleg moer. Jy moet half breindood wees om dié nikswerd bliksem te aanbid.

Ook in Beeld vandeesweek, is die storie van ‘n pa wat met sy vyfjarige dogtertjie na die hospitaal gejaag en gebid die koeëlwond aan haar kop moet net skrams wees, min wetend sy was reeds dood langs hom in die motor.

Wáár was “God”? En hoekom bevraagteken die gedienstige godsbewonderaars nie “God” se mislukkings as hulle “God” se suksesse so bewonder nie?

God is ‘n sleg moer. Jy moet half breindood wees om dié nikswerd bliksem te aanbid.

In selfs nóg ‘n Beeld-berig word vertel dat alles, behalwe Bybels, uitgebrand het toe ‘n huis vir haweloses in Nelspruit afgebrand het. Die mense het nou níks en sommige slaap in die tuin… maar hulle het Býbels!

God is ‘n sleg moer. Jy moet half breindood wees om dié nikswerd bliksem te aanbid.

Written by Nathan Bond

May 16, 2008 at 17:42

Posted in Religion must go!

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dirk, ek dien nie ‘n God in verbeelding nie, soos jy te kenne gee. God is in die mens, dus, as iets my kwel, bespreek ek dit met ‘n ander en omdat God in hulle ook is, kom daar verstaanbaarheid en ‘n oplossing, deur ons gesprek. Wanneer ek alleen is, praat ek met die Wysheid (God), wat ook in my is en kry ook verstaanbaarheid en ‘n oplossing. Daar is nie drie gotte nie. Daar is God die Vader (m.a.w. die Woord) en wanneer die Woord ‘n daadsaak in my lewe word, het God vlees geword (m.a.w. die Seun). Die produk wat dan volg, is God se Gees, wat vertroosting en vrede bewerkstellig (m.a.w. die Heilige Gees). Ek dien dus God met verstand en nie blindelings soos baie ander. Die god wat jy aan dink, is die god van Simon die towenaar, waarvan jy kan lees in Hand. 8.

    Hans Matthysen

    June 2, 2008 at 22:06

  2. More Hans , hoe gaan dit vandag met jou ?

    Watter gedeeltes het jy gisteraand uit jou Bybel gelees?

    Was dit mooi ?

    Het jy gebid ? Wat het jy met God bespreek?

    Het Hy iets in jou oor gefluister ? Vertel my — toe man !!!

    Dink jy regtig dat mense kan toor ? (behalwe Martino natuurlik)

    Kan God toor ?

    Hans, kan jy asseblief vir my wysmaak hoe om god met jou verstand te dien.

    Beteken dit dan ook dat ek die ander twee gotte met my verstand moet dien?

    Dirk West

    May 22, 2008 at 10:18

  3. Nathan, ons moet God met verstand dien.
    Dit is moontlik, dat omdat die seun God gevra het, om hom te beskerm, is hy beskerm, om sodoende van God te kan getuig. Jy ken seker die storie in die Ou Testament, oor die Bakker en die Skinker. Die Baker is deur die Koning gedood en die Skinker het gelewe en die Koning gedien. “n Droom van Josef.
    Die Koninkryk van God is nie van hierdiie wêreld, dus is ons maar almal tydelik hier en die punt is, dat ons, ons moet voorberei, sodat die dood, nie vir ons ‘n angel is nie, maar net ‘n oorskakeling na die ewige.
    Indien jy dit nog nie besef nie, ons gaan almal een of ander tyd dood en as dit nou is a. g. v. siekte, ‘n ongeluk of wat ook al, is dit goed om voorbereid te wees, om van die tydelike, na die ewiglike oor te skakel.
    Jy dink miskien dat jou brein lewe, maar jy is nog deel van die dooies, wat die dooies begrawe. So dood is jou brein.
    As die dogtertie raak geskied is, is dit nie logika, dat ‘n gebed die saak eweskielik skrams sal maak nie. Jy het te veel te doen gekry met “Simon die Towenaar” sogenaamde Christenne, wat God nie met verstand dien nie.
    Dit is maar jou persepsie van God, wat moer sleg is.
    As die Bybels nie gebrand het nie, wat daarvan. Die waarheid bly steeds, dat hulle het niks nie en tog het hulle nog hulle Bybels.
    Jy hou nie van mense wat met God ens. dweep en ek ook nie, maar ek sê nie God sleg daaroor nie, want ek dien God met verstand.

    Hans Matthysen

    May 21, 2008 at 21:31


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: