Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die AGS is 100!

with one comment

(Eerwaarde) Neels Jackson van (Media24 in aanbidding) Beeld se huldeblyk aan die 100-jarige AGS maak ‘n bespotting van dié kerk.

Volgens die berig reken AGS President dr Isak ek-weet-wat-vyf-minute-na-die-dood-gebeur Burger dat die onderskeidende kenmerk van die AGS te vinde is in die vervulling met of doop in die Heilige Gees. Dié Pinksterbelewenis gaan gepaard met die spreek in tale en ander gawes van die Heilige Gees soos genesing, profesie, die uitdryf van demone en wonderwerke.

Nou ja tóé.

Toe ek in die vroeë tagtigerjare ‘n deel van 1 Korinthiërs 13 in Grieks in ‘n AGS kerk gebrabbel het tewyl ek my destydse slanke lyfie soos in ‘n disko gewikkel het, het ‘n broer ‘n vertaling gemaak wat my vandag nog laat lag kry. Al voel ek deesdae skaam oor my jong voortvarendheid. ‘n Pastoor het per geleentheid vir my gesê dat die Here my inderdaad gebruik het om ‘n boodskap te bring daai dag. Jy kan gewoon nie wen nie. Moed inpraat is één ding, maar om in “tale” te praat is absolute snért. (Ek hou my taalgebruik maar rein.)

Ek wag steeds vir een enkele mediese bewys dat genesing ‘n funksie van die “Heilige Gees” is. Gebedsgenesing is nie eens ‘n gesprek waardig nie, wat nog te sê ‘n argument. Krukke, rolstoele en stutte wat in kerkkelders agtergelaat is, is ongetwyfeld met ander vervang toe verlamdes die mediese toerusting ná die “genesing” nodig gekry het en te skaam was om die ou toerusting te gaan terugvra. Moed inpraat is één ding, maar genesing deur die “Heilge Gees” is absolute snért. (Ek hou my taalgebruik maar rein.)

Vele Bybelwetenskaplikes erken dat sogenaamde profesieë niks anders is nie as kritiese oordele gerig aan tydgenote en regeerders. Sommige uitsprake roep wel  beelde op van hoop op ‘n beter politieke en ekonomiese bestel. Baie hiervan is woorde wat geskryf is ná die gebeure wat verandering gebring het. Naïewe en stiksinnige gelowiges neem hierdie uitsprake egter as letterlike voorspellings – selfs tot in ons dag. Moed inpraat is één ding, maar “profesie” is absolute snért. (Ek hou my taalgebruik maar rein.)

Die uitdryf van demone en wonderwerke… Om aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu nog die fraai verhaaltjies van die Brons Tydperk en die swart stories van die Donker Eeue te koester is ‘n verdommende (sic) verleentheid. (Daar het ek dit nou so byna verloor. Fôk!)

Koddig hoe dit blykbaar ‘n politieke skuif om stemme te wen was wat die AGS sogenaamd “hoofstroom” laat word het, kompleet met die standaard skeuring en al.

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jai, jai, jai. Jai, jái!

Mense soos ek, wat die godsdiens met minagting verwerp hoef eintlik niks te sê of te doen om die belaglikheid van die godsdiens uit te wys nie. Ons kan maar net terugsit en kyk wat gelowiges self sê oor “God”, oor “geloof”, oor self en oor die godsdiens.

Written by Nathan Bond

May 28, 2008 at 10:51

Posted in Religion must go!

Tagged with

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, dit is so, dat baie mense mislei word oor die werkinge van die Heilige Gees en hulle verstaan ook nie 1 Kor. 14 nie en dan word hulle verder mislei met die nuwe vertalings van die Bybel. Sou jy vers 22 lees (Ou vertaling), dan sien jy dat die tale is vir die ongelowiges. Ek verkies om eerder by die gelowiges te wees en wonder soms, wanner gaan so baie ongelowiges, gelowig word.

    Hans Matthysen

    July 8, 2008 at 23:01


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: