Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Jammergatgelowiges

with 2 comments

By (ongetwyfeld Media24 se vlagskip) publiseer ‘n paar lieflike jammergatbriefies oor die Christendom in die uitgawe van 31 Mei.

“Ek het… ‘n ernstige renons in die tendens om… die Christelike geloof te bevraagteken”, skryf René de Jager en vra: “Neem die groot aantal Christen-lesers in ag en plaas meer dikwels positiewe artikels oor ons geloof, asseblief.”

De Jager moet perdalkies liefs Beeld, Die Burger se Gautengse susterskoerant, lees as hy opbouende artikeltjies en verslaggies oor die Christendom wil lees. “Eerwaarde” Neels Jackson sal sy hartjie tjoklits laat klop.

Paul Viljoen haal uit Mattheus 11 aan om aan te dui dat “slim en geleerde mense” deur God se “genadige bedoeling” verhoed word om te verstaan wat vir “eenvoudiges” duidelik is.

“God” het duidelik reeds vroeg besef dat hierdie snert wat as godsdeins opgedis word nie vir mense met meer as een breinsel gaan beïndruk nie. Toe pak Al-Quddoos (Die Mees Heilige) die storie maar op die “eenvoudiges” se krom ruggies.

Ritz de la Bat Jr. is positief oor die land, want ‘n almagtige God is hier saam met hom en hy is positief oor die NG Kerk, wat gelowiges van ander denominasies “verdra”.

Onder “almagtige God” se toesig is daar elke dag 1500 MIV-infeksies in Suid Afrika en 50 moorde. Daar is elke sowat 25 sekondes ‘n verkragting (slegs sowat 60 000 gevalle word jaarliks aangemeld) en die land is besig om die tweede maal in sowat 50 jaar die wêreld se muishond te word. En “almagtige God” se NG Kerk kan nie eens saam met mense wat dieselfde as hy glo aanbid nie – daar is steeds ‘n wit kerk, ‘n bruin kerk, ‘n swart kerk en ‘n kerk vir Indiërs. En twee susterskerke. En ‘n aangenaaide nefie wat deesdae keel skoonmaak.

En dan gee Ds. Ockie Raubenheimer die uitklophou, uit Lukas 9: “Enigiemand wat nie teen julle is nie, is vir julle.”

Ag ja. Sjym. Daarom dat die aangenaaide nefie ook aan tafel kan sit. By die bord en die lepel wat vervloë dae onder die opwasbak gebêre is.

Ek het ‘n pismaklike jop. Ek bespot godsdiens. Ek noem dit Standup Theology. Maar jissis, gelowiges maak dit darem maklik. Dis soos om ‘n waenhuisdeur op ‘n tree met ‘n baksteen raak te gooi.

Written by Nathan Bond

June 1, 2008 at 10:53

Posted in Religion must go!

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan Bond klink amper soos James Bond, dis seker nie jou regte naam nie. Het jy al van my choclits geëet?

    Hansie

    July 18, 2008 at 08:19

  2. Nathan, sou almal volgens God se wil optree, sou daar nie so baie MIV-infeksies, moorde ens. gewees het nie en daar sou ook net een geloof gewees het. Moet dus nou nie God blameer nie. Die mens moet hand in eie boesem steek, want wat jy saai, sal jy sekerlik maai. Die koninkryk van God, is nie van hierdie wêreld nie en Sy almag ook nie. Ons gaan ook nie altyd deel van hierdie wêreld wees nie.

    Hans Matthysen

    June 12, 2008 at 20:22


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: