Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Oom Angus” se “hartwolk”

with 9 comments

Ek wou hierdie nota aanvanklik nie hier publiseer nie – hierdie snert uit die kamp van die 60 000 Miekie Muise is eintlik nie eens kommentaar werd nie, maar verskeie korrespondente meen dat ek dit tog maar moet publiseer. Daarom…

“Oom Angus” se “hartwolk” (in beide Beeld en Die Burger – ons Afrikaanssprekendes se “wêreldklas sekulêre koerante”) laat my dink aan die prediker wat skoon liries geraak het oor die “X-formasie” in die kern van die M51 galaksie en die “kruisvorm” van die laminin-molekule.

Moet ‘n mens lag?

Moet ‘n mens huil?

Moet ‘n mens telefoonboeke opskeur en hard skreeu terwyl jy dit doen?

Richard Dawkins noem godsdiens ‘n virus… inderdaad! ‘n Virus wat breinselle vreet. Hoe meer geloof, hoe minder verstand.

Ons kan níks aan hierdie waansin dóén nie, maar ons kan ten minste ophou voorgee dat godsdiens en geloof respek waardig is.

Ons kan ten minste ophou om kinders aan godsdiens bloot te stel.

Written by Nathan Bond

June 6, 2008 at 16:18

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Daniel

    Alhoewel ek ‘n Christengelowige is, is Angus Buchan in my boeke ‘n beenkop. Ek het 4 besware teen hom.

    1. Hy eien homself die titel “Gesalfde van God” (the enointed one) toe. God het in die Ou Testament profete (Samuel) gestuur om mense (Saul) te “salf”. Met die koms van Christus het dit nie meer gebeur nie. Die naam “Christus” beteken juis “Gesalfde”. Christus is die Gesalfde. Nie Angus Buchan nie.

    2. Hy verkondig die “herlewing” van die Heilige Gees. Dit kan net impliseer dat die Heilige Gees dood is en nou moet herleef!! Dis mos lasterlik!

    3. Hy verwag van God om sy gebede te verhoor sodat dit vir goddelose blikslaers soos Nathan en DW ‘n teken sal wees van Sy bestaan en van Sy Almag. Angus Buchan “vra” dus nie vir God (“maar laat U wil geskied”) nie, hy “gelas” God.

    4. In die proses maak hy ‘n totale bespotting van die Christelike geloof en elke woord wat hy spraak, gee vir Nathan en DW net nog ‘n lat om die Christengelowiges se gatte mee te slaan.

    Daan Van der Merwe

    September 16, 2008 at 08:35

  2. Van watter inspirasie praat jy ?

    Hoe het die inspirasie SA al verbeter na Greytown of Loftus. ( behalwe nou Anus Angus se bankrekening)

    DW

    September 16, 2008 at 07:30

  3. Nathan hoekom gaan luister jy nie maar na Anchun Bachan nie? Ek was al twee keer by sy optredres en het met “groot geleerdes” daarna daaroor sinvolle gesprekke gehad. As almal in hierdie land maar meer die insprasie kon deel! Wie of wat inspireer jou? Kyk hoe lylk die wereld van anders sg. npereerders (sic) Freud, Darwin, Hitler, Stalin,Amin, Mugabe ,Zuma etc etc. Idiote wie se betsaan op aarde maar eindelik sinneloos was. Of wie/of wat is aardse inspirasie? Die Blou Bulle, Springbokke, Brandewyn & Coke of wat/wie???
    Skrik wakker man en dink bietjie verder!!!

    Daniel

    September 15, 2008 at 21:27

  4. As God nie bestaan het nie,sou hierdie blogg ook nie hier gewees het nie.
    Groete

    BEN

    July 30, 2008 at 23:29

  5. Pieter, ek doen my deel in die gemeenskap waar ek woonagtig is en is dus nie afhanklik van bejammering nie. Jy ken seker nie ‘n Simon die towenaar, as jy een sien en dit kan net wees, weens ‘n gebrek aan kennis, van Gods woord.

    Hans Matthysen

    July 8, 2008 at 22:47

  6. Ja verseker, jy is bejammerings waardig!

    Mag ek jou ‘n vraag vra?

    Angus lewer ‘n bydrae om die toestand in ‘n donker wordende Suid-Afrika te beredder met die enigste ware OPLOSSING!

    Wat doen jy? Het jy al ‘n poging aangewend om iets te doen?

    Shame! Red nou ‘n volk met so ‘n siel?

    Peter Cilliers

    July 7, 2008 at 05:05

  7. Dit is vir my duidelik dat min mense weet wat die genade van die Here Jesus is?
    Baie verkeer maar onder ‘n wolk van gebrek aan kennis van God en Sy genade.

    Hans Matthysen

    June 12, 2008 at 20:03

  8. Johan
    “Die Here Jesus” kan sy genade gerus maar hou en eerder vir die hongersterwende vigswesies van Afrika gee, baie dankie.
    NB

    Nathan Bond

    June 11, 2008 at 11:47

  9. Mag die Here Jesus jou genadig wees.

    Johan Bothma

    June 11, 2008 at 09:11


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: