Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

“Kritiek” uit hogere kringe

with 5 comments

Lesers van ‘n bepaalde blog wil gereeld my persoonlike sondes hier op mý blog ontbloot.

So asof my “sondes” nie openbaar is nie.

Vandag laat weet iemand – ene “Rasionele Denker” nogals – van ‘n eposadres wat nie bestaan nie, dat ek die pen moet neerlê; dat die ongelowige wêreld my nie nodig het nie en oor die Piel-ding, dat ek, so hoor hy, ôk ma’ ‘n klein… nouja, ‘n klein enetjie het. Net die soort kommentaar wat die rasionele wêreld nodig het.

Nou, hiér’s ‘n nuusflits: Ek verteenwoordig nogals nié die ongelowige wêreld nie. Ek skryf, soos ek al van die heel begin af sê, om te probeer verstaan wat ek dink. En ek het my nog nóóit op ‘n reputasie beroep nie. Intééndeel!

Maar, as jy nie daarvan hou dát ek skryf nie, of nie hou van wát ek skryf nie… moenie my léés nie! Hoe moeilik kan dit nou wees?

Written by Nathan Bond

June 10, 2008 at 20:34

Posted in Religion must go!

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, al stem jy nie saam met ander nie, behoort jy hulle respek te toon, vir wat hulle as geloofwaardig beskou. Wanneer jy tussen jou eie groep beweeg, wat soos jy dink, dan is dit seker die regte tyd om jou gedagtes met hulle te deel. Mens kan ook met mekaar verskil, maar laat dit met waardigheid geskied en nie beledigend en neerhalend nie. Dit is darem swak, dat ‘n belese mens soos jy, so in die openbaar opgevoed moet word.

    Hans Matthysen

    June 23, 2008 at 20:49

  2. Mettie

    My reaksie is al sedert Oktober verlede jaar op “About me” beskikbaar. Heelwat mense het dit al gelees, maar die meeste mense stel gewoon net nie belang nie… die “feite” is mos reeds bekend. Ek moedig niemand aan om dit te lees nie, want ek het nog nooit ‘n ad hominem aanslag gehad nie – ek val mense nie persoonlik aan nie; ek vat hulle argumente – of gebrek aan argumente – aan.

    Hierdie “ek weet presies hoe sake staan” was nog altyd vir my ‘n probleem. Ek stel nie werklik belang daarin om in gesprek te tree met mense wat op onvolledige, bevooroordeelde inligting gevolgtrekkings maak nie – soos gelowiges. Daarom bespot ek gewoon die godsdiens; dis nie die moeite werd om in gesprek te tree met ‘n gelowige nie. Ook nie ander mense wat reeds alles weet nie.

    Ek het geen begeerte – en geen intensie – om myself te “verdedig” nie; ek skryf hier op my blog vir my eie begrip, en wie ook al hier lees doen dit uit eie keuse.

    Dat die godsdiens sal bly voortbestaan is ‘n skrikwekkende vooruitsig. Maar jy is reg, die godsdiens sal inderdaad bly voortbestaan. Ek kan maar net hoop dat ‘n gelowige, wanneer hy of sy met een van die godsdiens se lawwe dinge besig is – soos die doopseremonie, of om te bid – vir ‘n vlietende oomblik sal onthou wat ek oor sulke waansin te sê het en in daardie oomblik sal besef, slegs net tydelik, dat die godsdiens belaglik is.

    Ons sal die godsdiens nooit uitwis nie, maar ons kan darem ten minste ophou om godsdiens met respek te bejeën.

    O, ja – iemand wat die belaglikheid van die godsdiens uitwys is nie noodwendig iemand wat “seergekry” het nie; dalk eerder iemand wie se oë oopgegaan het.

    Dít is al wat ek oor jou skrywe – en ander soortgelyke skrywes – te sê het.

    Nathan Bond

    June 16, 2008 at 07:42

  3. Nathan

    Jou histeriese gegil oor geloofsake stel jou bloot. Geen mens, maar geen mens gaan so tekere oor iets wat hy GLO nie bestaan nie.

    Jou waansinnige gekerm maak dat mense begin glo jy vrees iets. Stellig dat spiritualiteit ‘n werklikheid is. Jy is net te banggat om dit te erken.

    Iets moes in jou verlede gebeur het wat jou met soveel venyn en bitterheid gelaat het.

    Moenie worry nie Bondjie. Lank nadat jy die tydelike met die ewig tydelike verwissel het sal Godsdiens, en veral die Christendom, nog voortbestaan en van krag tot krag gaan.

    Lees en luister ‘n slag na Martin Luther King, Beyers Naude, Moeder Theresa en jy sal daar ware Christenskap aantref. Geestelike krag het hulle teen die verwoedste opponente staande gehou.

    Ek lees liewers King, Naude en Moeder Theresa as om toe te laat dat Bond se stront my beindruk.

    Sterkte Bond. Die Bybel kan minstens vir jou ‘n morele kompas wees. Dan sal jy dalk weet om jou swendelaarsbestaan te stop. Jy met jou laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang vergaderings wat weghardloop as jy in ‘n hoek gedruk word. Kletskerk wag nog steeds op jou reaksie. Verdaag jou vergadering en antwoord hulle.

    Ek daag jou. Plaas hierdie brief.

    METTIE

    June 15, 2008 at 21:08

  4. “Sondes”, Hans, “sondes”… nie sondes nie.

    Nathan Bond

    June 12, 2008 at 20:28

  5. Nathan, glo jy ook in sondes? Dit is ‘n geloof ding en Christenne glo sterk daarin. Mooi man!

    Hans Matthysen

    June 12, 2008 at 20:07


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: