Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die Godbokke

with 2 comments

Springbok afrigter Peter de Villiers het ‘n magtige wapen in sy arsenaal vir die Drie-Nasies. Terwyl arme Jake White maar net vir Eddie Jones nadergetrek het, het Div (De Villiers) “God” ingeroep.

Man, dís nou ‘n haas uit die hoed ruk!

Div sê hy kry sy inspirasie “van Bo” en hy bid oor sy spankeuses en oor die span en waar hy met die span wil wees.

Godsk! Div het mý ondersteuning! As daar iemand is met voëlvlug insig (bird’s eye view) van Rugby, dan moet dit “God” wees.

Ek is ‘n noetse ondersteuner van die Bokke en ek wil graag – in nederigheid – ‘n paar insigte met Div deel:

As jy die All Blacks se tande wil trek dié jaar, steek kers op by die Tandemuis. En Theseus sal ook waardevol wees. Of as hulle reeds gekontrakteer is, kies uit Meleager, Bellerophon en Perseus.

As jy die Drie-Nasies Beker wil hê, roep Kersvader nader. En Jason sal ook kan help.

Om vlugvoetigheid by die Bokke vas te lê, betrek Pegasus.

Vir breë visie, klop aan by Argus.

Vir die magtige Leeus volgende jaar is Herculus ‘n moet – maak net seker hy bring die data oor Antaeus saam.

Op die verdediging kan jy nie verkeerd gaan met Briareus nie. Dalk Cerberus as daar kontrakmoeilikheid met Bri is.

Op die aanval: Ganesj – om hindernisse uit die weg te ruim, en Hermes.

Sterkte, Div – die fauns kan nie wag nie! Jy gaan soveel bekers wen, jy sal Ganymedes moet aanstel as bagasiemeester!

Ek wonder hoe ‘n gesprek tussen Div en God klink?

Gotta, ek sikkil met die flyhalf man. Waddinkjy?

Jy hét dan vir Butch.

Tja, ma’ ek wil hom rus. Hy gaan bietjie hystoe.

Peter Grant? Die toets is op sy tuisveld…

Tjaaaa, ma’ ek wietie so lekke’ nie. Ek gan hommie teen die All Blacks speel nie…

Ruan Pienaar!?

Uh-uh. Ek wil hom dalk op scrumhalf opstuur later.

Fôk, hoefil opsies wil jy hê!? Wat van Steyn? Hy’t dan gesê hy wil losskakel speel.

Dá-sý! Steyn! Net die man! Dankie Gotta man.

Plesier.

Hey, wa’ gan jy? Gan ons nie ‘n dop maak nie?

Uh-uh. Graham Henry roep.

God? Gód? Góóód!?

(Klink vir my Div praat met homself.)

Written by Nathan Bond

June 21, 2008 at 09:34

Posted in Religion must go!

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, jy is maar seker jaloers dat jy nie ‘n Springbokrugbyspeler kon word nie, nou kan jy dit nie vat, as ‘n ander sy posetiewe gesindheid kry, deur sy geloof in God. Gun sonskyn aan ander mense man, al verkies jy die donker.

    Hans Matthysen

    June 23, 2008 at 20:00

  2. Stukkend(!), nou’s ek gedaan! Sorry, ek weet dit is eintlik nie snaaks nie . .

    Yente

    June 21, 2008 at 20:08


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: