Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Loftus vir Jesus

with 29 comments

Loftus vir Jesus” en soortgelyke teenswoordige godsdienstige massasaamtrekke is ‘n dwingende sosiale probleem.

“Die Kerk” groei deesdae slegs in Afrika, in Latyns-Amerika, in Mikronesië en in China. Dit groei omdat kerkleiers dieselfde tegniek as die sukkelende Britse motorvervaardigers in die 1960’s gebruik en ‘n model wat nie meer in Europa verkoop nie, na Derde Wêreldlande uitvoer.

Hierdie “Derde Kerk”, soos Walbert Buhlmann dit reeds in die sewentigerjare in sy boek “The Coming of the Third Church” beskryf het, is tradisioneel, ortodoks en bonatuurlik. Dit groei in onderdrukkendende omstandighede: Ekonomiese druk – ook onder voorheen bevoordeeldes; die verlies aan meelewing in die elektroniese era; die spanning van etniese en politieke diversiteit; die pyn en lyding van misdaad; die wanhoop van HIV/Vigs en ‘n kwynende openbare gesondheidstelsel.

Mense smag na vryheid, verligting, genesing en bevryding – juis die belofte wat die sterk charismatiese leierskap van die “Derde Kerk” bied. Dit is nie ‘n verrassing as kleuters soetgoed aanvaar nie!

Die opmars van hierdie bepaalde soort Christendom in die Derde Wêreld dreig om die voorveronderstellings, mag en politiek van die Westerse verdwynende liberale Christendom uit te daag, soos juis nóú in die Anglikaanse Kerk oor vroue- en gay biskoppe.

Anglikaanse Aartsbiskoppe van Afrika en Suid-Oos Asië het reeds konserwatiewe Amerikaanse eweknieë tot “sendingbiskoppe” verorden om tradisionele, fundamentalistiese en onfeilbare (inerrant) standpunte in die Amerikaanse Episkopale Kerk te bevorder. Die “Derde Kerk” beskou homself al hoe meer as die geroepe hersteller van die foutiewe standpunte wat die “afvallige” Westerse Kerk kniehalter.

Om Angus Buchan se massasaamtrekke klakkeloos te onderskryf – soos Beeld met oorgawe doen – is onverantwoordelik en ondermynend: dit ignoreer die oorsaaklike en versterk die sosiale polarisasie tussen die wat “wéét” wat reg is en die wat “nié weet” nie.

Daar is beslis dood in hiérdie kookpot!

Written by Nathan Bond

July 16, 2008 at 17:15

29 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, dit is duidelik, dat in die land van die blindes, is daar ‘n een oog koning. Om te dink ek word saam met jou en Rick gereken.
    Net vir al die sogenaamdes Christenne wat so oor God en Jesus roem. Ek is ‘n Christen en ek is nie in onkunde nie.
    Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
    Hoe lyk hierdie God waarop julle roem?
    Hoe lyk hierdie Jesus Christus wat Hy gestuur het?
    Pasop vir Simon die towenaar, wat die mense so betower!
    (Hand. 8:9 En ‘n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
    Hand. 8:10 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
    Hand. 8:11 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ‘n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.

    Hans Matthysen

    July 31, 2008 at 22:33

  2. Wens die wat so negatief is kon Saterdag op Loftus gewees het. Dit was ‘n absolute hoendervleis ervaring. Net jammer mens kry altyd die wat so lieflik die paar negatiewe dinge uit die Bybel kan aanhaal en die res van die Bybel mis lees. Ek is en sal altyd ‘n Christen wees. Gelukkig mag en kan elkeen glo wat hy/sy wil.

    Wilma

    July 25, 2008 at 10:29

  3. Wat help dit om met julle te “argumenteer” – as jou hart toegesluit is vir die liefde en die vrede wat Liewe Jesus jou kan bied – sal jy dit nooit aanvaar nie en net altyd die slegte insien! En die vyand (duiwel) sal vir jou allerhande vrae en verskoning gee, om Hom nie te aanvaar as jou Enigste Saligmaker nie!

    Daar was al oor die eeue heen vele mense wat die Bybel wou uitroei asook die Christen geloof, en dink jy hul het dit ooit reg gekry ?? Dit is net altyd vir my so snaaks – dat almal altyd teen die Here wil argumenteer, en nie teen enige ander geloof nie! God is almagtig, en ons as mens is niks nie!

    Ek seker Hy lag vir die mens wat teen Hom hofsake maak, en Hom nie wil erken nie!
    Onthou, eendag as judgement day kom, sal nie een kan sê hul het nie van Hom gehoor, en het ‘n kans gehad om Hom aan te neem nie!

    Ek dare julle – gee Hom ‘n kans!

    ps: miskien sal jul nog eendag dankbaar wees vir Rinda se gebede !!

    June

    July 24, 2008 at 17:19

  4. Rinda said, on July 22nd, 2008 at 2:35 pm
    Rick, lees die Bybel dan sal jy weet wat die kwessie van die vrugte is!!! GOD IS GOOD…. ALL THE TIME!!! I LOVE GOD THE ALMIGHTY, THE CREATOR OF EVERYTHING. He also created people who do not believe in Him. I will pray for you all!!

    Moet asseblief nie vir my bid nie.
    Sien die link vir meer oor jou gotte ( die 3 in een wat drie geword het maar een is)

    The God Murders

    http://www.thegodmurders.com/id91.html

    The God Murders!”

    1. Genesis 7:21-23 All creatures, outside of Noah’s ark, that stirred on Earth, (including men, women and babies) the Biblical God did murder by drowning.

    Prosecution: I charge the Biblical God with murdering almost every human being and animal on Earth.

    Defense: Objection! The defense sees no problem with that.

    Judge: Unfortunately, I have to allow it. Proceed.

    Prosecutor: I charge God with the murders of all the human beings in Sodom and Gomorrah except for Lot and his 2 daughters.

    Defense: Objection! Lot’s 2 daughters are irrelevant!

    Judge: What relevancy does Lot’s 2 daughters have to with God’s murdering anybody?

    Prosecutor: Your honor, Lot, God’s chosen by virtue, went on to impregnate his 2 daughters.

    Defense: Objection! We don’t want the jury to know that.

    Judge: Neither do I. Sustained. The jury will disregard Lot’s 2 daughters.

    DW

    July 23, 2008 at 14:49

  5. Rinda

    Jy klink gelukkig!

    Ek het op my dag die Bybel gelees. Ek het selfs kerk toe gegaan en myself verbeel dat ek n lewende verhoudig met god het. Ek is maar n teruggetrokke man, en het die meer tradisionele, konserwatiewe roetes gevolg. Ek was lank in die NG kerk, en selfs n draai in die katolieke kerk gaan draai…..daar het die mooi beeldjies my nogal aangeraak! Ek het maar verby al die kontrasterende versies in die bybel gelees, verby al die bevele om slegte dade in sy naam te pleeg….ek het maar die bybel in perspektief geplaas soos hulle sê!

    Totdat ek die lig gesien het…..maw tot die besef gekom het dat dit net nie waar is nie. Nou voordat jy, en al die ander gelowiges op die blog, vir my vertel hoe GREAT< ONGELOOFLIK, ASEMROWEND ens jou god is, reageer asb op die vier onderliggende punte.

    1. Pla die jou nie dat Jesus nog nie sy terugkeer gemaak het nie, nadat hy uitdruklik (blykbaar!) gesê het dat hy in dieselfde geslag sy terugkeer sou maak. Dit het nooit gebeur nie….

    2. Die 4 gospels is eers dekades na die kruisiging ‘gepubliseer’. Dit beïnvloed die oorspronlikheid en akkuraatheid.

    3. Matheus en lukas verskil oor die virgin birth en die bloedlyn van jesus….n mens sou verwag dat die woord van god nie sulke teenstrydighede bevat nie. (blykbaar is die sy manier om ons geloof te toets, hoe kon ek vergeet!?)

    4. Was Jesus van n maagd gebore, of is hy n afstammeling van die Dawid bloedlyn? Hy kan nie altwee wees nie, maar die Bybel voorspel tog so…

    Hierdie is sommer so paar van my ‘kwelpunte’…..ek sien uit na jou terugvoering!

    Goeie dag vir jou…

    rick

    Rick

    July 22, 2008 at 16:17

  6. Rick, lees die Bybel dan sal jy weet wat die kwessie van die vrugte is!!! GOD IS GOOD…. ALL THE TIME!!! I LOVE GOD THE ALMIGHTY, THE CREATOR OF EVERYTHING. He also created people who do not believe in Him. I will pray for you all!!

    Rinda

    July 22, 2008 at 14:35

  7. More DJ

    Lekker dag sover?

    Jy sê: “Die sleg in die wereld het ons self oor ons gebring en nie deur God oor ons uitgespreek nie, weereens agv ons menslike besluite.” Ek stem volkome met jou saam! Dit is omdat daar nie n god is nie, maar mense steeds verwag om iets van hom te kry as hulle na hom bid. En dikwels doen mense ook ‘minder goeie’ dinge in sy naam. Die geskiedenis getuig hiervan…..en met slegte resultate! Stem jy saam??

    Laat ons ASB leer uit ons foute en nooit weer iets in die naam van die vader doen nie. Die mens moet hande neem, en SELF verantwoordelikheid neem vir sy/haar lewe.

    Nie nou nie, NOU!

    Groete uit ‘n perfekte Somerset-Wes!

    Rick

    July 22, 2008 at 10:46

  8. More almal
    Rick. ons sit met ‘n huidige menslike probleem wat in die hede moet opgelos word, nie wat ons “moes” gedoen het nie.
    Die lewe kon baie anders gewees het indien die Nationaliste nie in bewind gekom het in die 60 jare nie, of dink net ‘n wereld sonder Hitler of Khan of Bush, of Robert, dink net?
    Vandag het ek ‘n issue met die verlede en die hede en die toekoms, die verlede is verby en die antwoorde vir vandag en more kan ek net op een plek kry.
    Ek weet dit is te goed om waar te wees, maar dit is werklik so. Ek praat nie van die Bybel oop maak en in een vers die antwoord kry nie, nee, ‘n studie van die Bybel.
    Ons sit juis in die huidige menslike penarie agv ons onvermoe om besluite te neem. Besluite wat deur ons voorvaders reg geag was maar verkeerd uitgedraai het, “eventually”, want die was meestal menslike besluite.
    Die Bybel, of die blye boodskap verkondig niks slegs nie en om ‘n Christen te wees kos jou niks nie. Dit is after all ‘n persoonlike ding met ons skepper en nie met die mense om my nie.
    Die sleg in die wereld het ons self oor ons gebring en nie deur God oor ons uitgespreek nie, weereens agv ons menslike besluite.
    God het ons die vermoe gegee om te kan kies en indien jy sou reg of verkeerd kies moet jy die verantwoordelikheid he om daarmee saam te leef.
    Ek ken nie al die antwoorde nie maar weet een ding, Saterdag se Loftus ding het net oor een ding gegaan, Jesus en nie Angus of Loftus nie en kyk maar wat gaan gebeur, in die nabye toekoms. Elke stadion in die land gaan gevul word deur mense wat na Jesus draai vir die weg en die antwoorde.
    Rick, daar wag vir almal ‘n wereld van onweerstaanbare lekkerte en volheid en ek hoop en bid dat elkeen dit sal leer ken.
    Groete van ‘n koel Centurion.
    Ek sien Brent Crude is onder die $130 en die R/$ onder R7.60 vanoggend, daar is hoop!!!
    DJ

    DJ

    July 22, 2008 at 09:45

  9. Ek wil net vir julle sê: Ek hoop julle kom tot die regte besluit voordat dit te laat is.
    ALLES gaan net oor Jesus – nie oor “kerk” nie! Daar is nie wins gemaak die dag nie. Angus doen dit verniet!!! Ek kan myself net indink hoe trots Jesus moes voel aan die regterhand van ons Vader, toe 71 000 mense vir Hom sing en álle eer aan Hom bring!
    Ek dank die Vader dat ek deel daarvan kon wees! Prys die Here!!!

    Maggie

    July 22, 2008 at 09:34

  10. DJ. Jy skryf die volgende: “Nee Meneer dit is nie die Huisgenoot of Sarie nie, dit is after all die besingde BYBEL.” Dis korrek, en ongelukkig so! Dalk kon n ander heilige boek tot minder geweld in ‘sy naam’ gelei het. Mind you, die Koran vaar nie veel beter nie.

    Verder, indien ‘n paar religieuse oorloë in die verlede se uitslae ietwat anders was, het jy beslis vandag n ‘ander’ bybel gelees. Dis per blote toeval dat jy vandag in die bybel glo. As dinge anders verloop het gedurende die Crusades, was jy vandag waarskynlik n Moslem…..en dan het jy my probeer bekeer tot die Islam. Daar is niks spesiaals in die Bybel wat dit die wereld se best seller maak nie. Ek bedoel dit nie lelik nie, maar dis die realiteit van die saak.

    DINK daaroor!

    Groet aan jul almal!

    rick

    ps, moenie net daaroor DINK nie, maar dink KRITIES daaroor!

    Rick

    July 21, 2008 at 17:59

  11. Eddie en al die ander gelowiges wat vir ons geloof opstaan, baie dankie dat julle nie skaam is om vir God te baklei nie. Mag God julle seen vir dit wat julle doen.
    Ek het net hierdie naweek aan my man gese dat ek nie kan glo dat daar mense is wat in God twyfel nie, en toe kom ek per ongeluk op hierdie webtuiste af.
    Ek het so lus gekry om hierdie mense wat so lelik van ons God en ons geloof praat vieslik te beledig, maar toe onthou ek: God wil nie he ons moet ander mense slegse en soos hulle vloek en ons tot op hulle vlak daal nie. Wanneer ons saam met Hom in die hemel feesvier, sal daardie mense besef wat hulle gedoen het. Ons mag ons dan nie in hulle smart verlustig nie.
    Maar die feit bly staan – hulle gaan verdrietig huil omdat hulle so lelik gepraat het van Hom wat ons enigste hoop is.
    Ek was op Loftus en dit was WOW!
    Daar is ‘n God of mense wil glo of nie en ek is bly dat ek Hom ken!

    Blessings aan almal.

    I love my God

    Ebie

    July 21, 2008 at 16:31

  12. Rinda, jy doen presies wat ons nie poog om hier te doen nie. Ons argumenteer, ons baklei nie. Lees weer mooi wat ek geskryf het oor ‘fight’.

    En kwit! wats die obsessie met vrugte??

    Groete, rick

    Rick

    July 21, 2008 at 16:16

  13. Ek wil net sê: Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie! Om ‘n geveg aan te sit met iemand wat nie die ware Almagtige God ken nie, is nie die moeite werd nie!! ‘n Ware kind van God word aan sy VRUG geken. Ek het onlangs te doen gekry met die “engel van die lig” wat die bybel beter ken as baie predikante en pastore! Net om uit te vind hy is ‘n antichris! Van hul strategie kan ek ‘n boek skryf. Een ding is baie seker, demone KAN NIE VRUG DRA NIE AL PROBEER HULLE!! Kan maar net wonder wat in Nathan skuil want sy vrug is VROT as hy enigsins vrugte het!!!!
    Al wat ek kan sê: Enige-iemand wat spreek teen manne en vroue van God, spreek teen God self, ons kan maar net vir julle bid vir God se genade, ek kry jul jammer. Bekeer jul liewer en hou op om met God te spot, jul weet nie wat jul sê en doen nie!! Die duiwel is die vader van ALLE LEUENS!! hy saai verwoesting in die wêreld en almal gee God die skuld! Sara

    Rinda

    July 21, 2008 at 15:27

  14. Nathan thanx – Ons het nie geweet dan God agteruitboer in china soos jy sê nie, maar nou weet ons waarvoor om te bid. ‘n mens leer tog dalk iets van iemand af wat God nie ken nie. Ek wil net een ding noem dat al glo jy nie in God nie, God wel in jou glo en jou kan en sal gebruik of jy dit glo of nie. Blessings

    Martin Puth

    July 21, 2008 at 12:24

  15. Eddie

    Jy sê: “Ek dink julle ouens het my verkeerd verstaan. Ek probeer nie ‘n argument weergee nie. Ek weet wat ek glo, en hoekom ek dit glo. Die vraag was maar net wat van JOU?”

    ….Ek stem gedeeltelik met jou saam, maar eintlik ook nie. Eks beslis nie hier vir n fight nie, maar vir goeie/respektabele argumentering wat nie die persoon aanval nie.

    Jy het my nie eintlik regtig beantwoord nie, maar dit daar gelaat. Ek gaan jou wel beantwoord op jou Anchus stelling/vraag. Ek het sopas amper in my Granola en Yoghurt gekots toe ek op Die Burger se bly 3 oor Angus se manewales moes lees. Nee, ek was nog nie by een van sy partytjies nie, maar die mense hou duidelik daarvan. Ek hoef nie daar te wees om te besef dat dit eenvoudig nie waar is nie. Enige geloof/bygeloof is vir my wensdenkery en nie waar nie. Waarom sal Angus nou enigsins anders wees? Omdat hy die nuwe buzz word in SA is?

    Kom ek stel n soortgelyke vraag aan jou? Ken jy die Talmud/Koran/Griekse mitoligie ens so goed sooswat jy jou Bybel ken. Ek glo nie. Wat het dan jou besluit vir jou so eenvoudig gemaak dat Jesus vir jou, en vir die res van die wereld, die enigste oplossing is? Ek hoop van harte dat jou antwoord nie die volgende is nie: “Hy het vir my sondes aan die kruis gesterf”. Daar is verskeie ander jokers wat jare voor liewe jiieeesus ook van n maagd gebore was, kruis gesterf het, ‘gesterf het en gedaal het en begrawe is’, wat weer opgestaan het en in die proses almal se sonders vergewe het. jesus is geensins uniek nie!
    Verder, ek sal jou aanraai om mense soos Dawkins, Bennett en Hitchens te lees…..nie om jou n ‘slegte’ mens te maak sooswat die kerk/Angus/pastore te verkondig nie. Ek sien Angus reken juis dat ongeloof die grootste sonde is. Wats so erg aan ongeloof? Ek glo nie aspris nie! Hoekom glo jy nie in die Koran nie? Daars baie Moslems wat jou of haat, of jammer kry (die liberales) omdat jy as Christen godslasterlik optree deur in jesus as god te glo.

    Verder het ek geensins klakkeloos uitspreek gelewer nie, maar bloot my opinie ge-opper. Die stelling kan egter anders gestel word: “Wat maak Angus Buchan enigsins bevoeg om klakkeloos voort te gaan en uitspraak te lewer?

    lekker dag vir jou!

    Rick

    July 21, 2008 at 11:46

  16. Jis julle
    Ag nee wat vir 2 000 jaar is die “fight” nou al aan die gang, en elke ou basuin sy eie stem en openbaar sy gevoelens op sy eie manier.
    Wiskundig staan jy ‘n 50/50 kans vir ‘n hit aan die einde, dis nou die reg of verkeerd gedeelte. En om alles te kroon kan die “believer” nie regtig iets bewys nie, soos die nie “believer”.
    Ja – daar is mense wat geld hieruit maak en dit WOORD misbruik, soos baie ander goed in die lewe.
    Maar, indien enigeen sou wonder hoe dit moontlik sou wees dat soveel “slim” en geleerde mense ‘n 90 grade draai in die lewe maak moet jy jouself die guns doen en die boek lees. After all maak ons ons besluite in die lewe oor inligting wat bekom is. Gewoonlik lees ons op en vergelyk inligting voordat daar besin word.

    Hier op die internet “glo” ek elke dag van my lewe, iemand anders se skrywe, sondeer vrae, soos nou. Daagliks het ons te doen met ander mense se bewerings en glo dit. Die koerante is vol stories wat ons glo, reg of verkeerd.
    So,——- Watter boek is die meeste gelees, ooit, in die meeste ander tale vertaal, was en is nog steeds die beste seller ooit en word meer kere aangehaal in die huidege wereld as enige ander boek, ooit.
    Nee Meneer dit is nie die Huisgenoot of Sarie nie, dit is after all die besingde BYBEL.
    Ons glo altyd die goed wat niks werd is nie, doen jouself die guns en gaan lees die – “Acclaimed Evolution Cruncher”, by – http://www.unidiversal.com/CreationEvolutionCruncher12a.html
    Hierin sal jy sien hoe die wetenskaplikes in die verlede ons ‘n rat gedraai het, maar ek weet niemand sal dit glo nie want ons glo wat ons wil glo, reg of verkeerd.
    Onhou net, slim mense maak ook foute, gewoonlik baie groter as die ouens wat nie weet nie.
    Ek kan nie glo dat

    DJ

    July 21, 2008 at 11:43

  17. Ek dink julle ouens het my verkeerd verstaan. Ek probeer nie ‘n argument weergee nie. Ek weet wat ek glo, en hoekom ek dit glo. Die vraag was maar net wat van JOU?

    Om Angus (gedeeltelik) aan te haal: Jesus is vir my meer van ‘n werklikheid as Nathan, Hans en Rick. Hoekom? Omdat ek hier voor my rekenaar sit en tik en die boodskap gaan na iemand wat dalk nie eers bestaan nie – hoe moet ek weet of daar regtig 3 sulke mense is en waar hulle is? Dis dalk een ou wat onder 3 name skryf? Nie een van hulle het enige invloed op my lewe nie. Nie een van hulle het my deur moeilike tye gehelp nie. Nie een van hulle seen my op enige wyse nie. Nie een van hulle het my lief nie.

    Ek vra nie vir jou om te glo soos ek glo nie. Dit sou vir my great wees as jy dit wel gedoen het, en ek sal sekerlik bid dat jou lewe iewers sodanig geraak word dat die enigste ware God vir jou ook ‘n werklikheid word.

    My vraag aan jou is wel die volgende: Was jy by enige van die saamtrekke waar Angus Buchan ‘n spreker was? Indien nie, wat maak jou enigsinds bevoeg om klakkeloos voort te gaan en uitspraak te lewer?

    Eddie

    July 21, 2008 at 10:06

  18. Eddie

    Glo jy omdat jy actually glo, of glo jy uit blote vrees? Ek verstaan in n mate wat jy probeer sê, maar jou arguments is myns insiens bitter swak. Jy neem sekerlik versekering uit? Hoekom? Om jou te beskerm as iets onvoorsiens met jou of jou besittings sou gebeur. Maar die versekering wat jy uitneem is darem teen realistiese moontlikhede, bv diefstal, dood ens. Die besluitneming agter jou versekering is dus rassioneel, want dis realistiese moontlikhede. En so gaan dit met alles in ons lewens. Ons lewe is nie n ‘geloofsaak’ soos sekere mense voorgee nie. Sure, ons plaas ‘vertroue’ in sekere mense en dinge, maar nie sommer blinde geloof nie. En wanneer ons op iemand vertrou, is die vertroue normaalweg gebaseer op vorige bewyse dat die spesifieke persoon/ding wel betroubaar is.

    Nou op grond waarvan wil jy nou vir mense kom vertel dat dit beter is om te glo…..want maybe is daar n god. Maybe is daar snags honger feetjies in jou tuin? En sit jy saans kos by die agterstoep uit sodat hulle gevoer kan raak? Obviously nie!

    ‘n Naiwe Amerikaanse girltjie het vir Richard Dawkins die volgende vraag gevra: “…….but what ir youre wrong?” Kyk gerus na sy antwoord: http://www.youtube.com/watch?v=6mmskXXetcg

    Groete!

    Rick

    Rick

    July 19, 2008 at 22:17

  19. T-Girl, good for you! Jammer tog dat mense in Irak en Afghanistan nie so op “die HERE” kan peil trek nie!

    Nathan Bond

    July 19, 2008 at 10:48

  20. ek kom van daar af…die hele spul is korrup…ek lewe vry en vreesloos in die VSA en ek het net die HERE om daarvoor te bedank.

    TexasGirl63

    July 19, 2008 at 05:36

  21. T-Girl, jy sê: “Laat God die stuurstang oorneem en kyk bietjie hoe jou lewe ten GOEDE verander.” Probeer daai een verkoop kry aan die honger Vigswesies in Afrika.

    Nathan Bond

    July 18, 2008 at 23:24

  22. Om te “weet” of ”nie te weet” nie…Jesus Christus is ons ENIGSTE Saligmaker EN Verlosser.Almal wat ‘n eier wil lê oor “reg en verkeer” en “weet” en “nie weet nie”…
    Let Go,Let God. Skuif oor en wees jy, jouself, die co-pilot. Laat God die stuurstang oorneem en kyk bietjie hoe jou lewe ten GOEDE verander.

    TexasGirl63

    July 18, 2008 at 20:29

  23. Om saam met Hans gereken te word… államagtag!
    Eddie, sê nou net jy aanbid die verkeerde god, dan word die “ware” god elke keer al moeriger en moeriger vir jou. En dan gaan jy bars op die oordeelsdag! As jy wil aanbid omdat jy versekering teen die oordeel wil hê, moet jy wýd aanbid.

    Nathan Bond

    July 18, 2008 at 17:00

  24. Goeie dag Nathan en Hans
    Ek neem aan julle is van die ouens wat “weet”?
    Was julle ouens al by iets soos Mighty Men of een van die ander saamtrekke waar Angus ‘n spreker was?
    Ek is seker een van die ouens wat “nie weet nie”.
    Ek weet absoluut niks van die sogenaamde “derde kerk” nie, ek lees nie sulke hoogs geleerde boeke soos die van Walbert Buhlmann nie (dit sal my in elk geval nie interesseer nie, want ek het nie iets om te bewys nie). Ek gebruik nie hoogs geleerde taal nie, want ek is ‘n gewone mens.

    Wat ek wel weet, is dat God leef, en dat saamtrekke soos hierdie die geleendheid gee vir gewone mense soos ek om Hom te leer ken.

    Sonder dat dit my geld kos.

    Se nou net jy is verkeerd, en “weet nie” regtig nie? Sal dit nie ‘n verskriklike ding wees as jy toe al die tyd die ware boodskap afgeskiet het nie?

    Eddie

    July 18, 2008 at 16:47

  25. This Saturday (19-07-2008) Angus Buchan will be preaching at Loftus stadium Pretoria, with a estimated attendance of 67000 people. If you want, check it out, this event will be broadcasted live on GOD TV around the world (DSTV locally) and on the following Radio stations: Rippel, impact and pulpit.

    http://uk.god.tv/Publisher/Article.aspx?id=1000034695

    lightseeker

    July 18, 2008 at 16:20

  26. Hansie, ek meen die bevolkingsaanwas is iets soos 20 per 1000 mense per dag. Dit beteken dat China se bevolking (tans 1.3 miljard) teen 26.5 miljoen per dag groei. Teen 25 000 “siele” per dag vir Jesus, boer “God” agteruit teen ‘n verstommende tempo!
    19 Julie – Verskoning! Ek is natuurlik verkeerd en besef dit toe ek vanoggend wakker word: die aanwassing is 20 per 1000 mense per jáár. Dit beteken dat China se bevolking met tussen 70 000 en 75 000 per dag groei.
    “God” is dus baie meer suksesvol as wat ek aanvanklik gesê het, maar “Sy Almagtigheid” boer steeds teen ‘n tempo van sowat 50 000 agteruit in die “Chinese teater”.

    Nathan Bond

    July 18, 2008 at 13:18

  27. In China kom 25 000 mense elke dag tot bekering. Elke 2 de dag `n Loftus-Vresveld-vol!

    Hansie

    July 18, 2008 at 08:36

  28. Angus maak niks geld hieruit nie. Alles gaan liewe Jeeesssssus. Tax free !!!

    DirkWest

    July 17, 2008 at 09:37

  29. Nathan, ek wonder of Angus, die Beeld betaal vir die advertensie of hoe werk dit? Ek dink hy maak baie geld met so ‘n geleentheid. Dit het miskien ‘n posetiewe uitwerking op sommige mense se lewns so hulle kry seker waarde vir hulle geld.

    Hans Matthysen

    July 16, 2008 at 20:28


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: