Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

God se planne

with 44 comments

Kristi Kriel is op 10 Julie 2008, skuins ná twaalf, hélder oordag, verkrag. Vir ‘n vriendin SMS sy: as God toegelaat het dat dit met my gebeur, dan’s dit reg met my. Ek’s nie kwaad vir Hom nie. Inteendeel. Ek dink dit bring my nader aan Hom.

Kristi sê haar rolmodel, Eric Liddell van Chariots of Fire-faam, het gesê: “I do not need explanations from God. I simply believe Him and accept whatever comes my way.”

7 September 2008…

Rapport berig dat Kristi se pa, Piet, Hanlie Retief in ‘n brief bedank het vir wat haar artikel vir sy gesin beteken het. “Mag die Here jou ryklik seën!”, skryf Kriel.

Ek kan my nie ‘n groter vloek voorstel as juis dít nie: dat “die Here” wat toegesien het hoe iemand se dogter verkrag word se “seën” (is this rich, or what?!) op iemand anders toegebid word!

Jissis! Hierdie onkapabele “God” van die Christene kan opfôk nés hy wil; sy skape blêr steeds “God se genade en liefde” uit. Verfôkkinstommend!

Bid jou aan! Jy spreek die wens uit dat die doos wat staan en toekyk het hoe jou dogter verkrag word – die bliksem wat veronderstel was om na jou dogter se welstand om te sien – ook na ‘n weldoener se welstand sal omsien!

Hoe de fôk werk dít!? As jy dankbaar is, spreek liewer die wens uit dat hierdie “god” so ver as moontlik sal wegbly van enigiemand vir wie jy omgee… selfs van jou ergste vyande af!

Kan iemand, iewers, my assebliéf probeer verduidelik hóé godgelowiges se koppe werk. Of altans, hoe dit is dat hulle koppe nié werk nie; summier ophou werk as die geloofskakelaar aangaan!

Destyds, ten tyde van die verkragting was daar ook hierdie storie in Rapport…

Ben Freeth, ‘n boer van Zimbabwe, is deur ‘n martelhel en meen dit is alles deel van “God se plan” vir sy land.

“Deur alles het God ons beskerm; daarom is daar nie vrees in ons harte nie, maar hoop,” sê Freeth.

My hart breek vir Kristi en vir Ben. As dit my dogter of my broer moes wees… ek weet nie hoe ek dit sou kon hanteer het nie.

Solank hierdie “God” net sy bloebesmeerde kloue van my af weghou. Sy planne, en dit wat Hy toelaat is om van te kots.

Written by Nathan Bond

July 20, 2008 at 15:42

Posted in Religion must go!

Tagged with ,

44 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DW, wat het jy te sê oor die “Onse Vader” gedeelte.

    Hans Matthysen

    November 26, 2008 at 22:58

  2. Hans

    Ek neem aan jy praat van vloek .

    Nou ja , tale , woorde en klanke is net klankgolwe wat die mens assosieer met ‘n betekenis of beskrywing , dit is fokol meer as dit.

    DW

    October 17, 2008 at 09:32

  3. DW, volgens 1 Kor. 14 v 22 is die tale vir die ongelowiges. Ek sien jy kan in tale praat (skryf). Jy sal nogal pas, by ‘n klomp kerke, wat my aan Simon die Towenaar laat dink.
    In die “Onse Vader” staan “laat U Koninkryk (van die hemele) kom”. So DW, ek dink nie ons gaan erns heen nie, hoor!

    Hans Matthysen

    October 16, 2008 at 23:18

  4. Hans Matthysen said, on September 18th, 2008 at 9:51 pm

    DW, you are the brain-dead, as you are incapable of understanding the verses and can therefore find no benefit therein. God’s power is for serving others,

    Nee mooi man , almal gaan mos jimmel toe , ja man ja .

    DW

    September 19, 2008 at 07:47

  5. Hans Matthysen said, on September 18th, 2008 at 9:51 pm

    DW, you are the brain-dead, as you are incapable of understanding the verses and can therefore find no benefit therein. God’s power is for serving others, so that they willingly will follow, so you have been missing the true message, all you life.

    Hans

    Actually , as a matter of fact , eah , according too , actually engaging the problem as a matter of fact , the tokolosie Nkosi ya misungo se moer , eeeh .

    DW

    September 19, 2008 at 07:31

  6. Con-Tester, just because it works for others, why would anyone in their right mind, want to reject it, for a nothing. Mybe you missed my point that I was making and are so into yourself, that you are blind to mistries you can’t fathem out.

    DW, you are the brain-dead, as you are incapable of understanding the verses and can therefore find no benefit therein. God’s power is for serving others, so that they willingly will follow, so you have been missing the true message, all you life.

    Hans Matthysen

    September 18, 2008 at 21:51

  7. “””””Citing bible verses is, in point of fact, evidence of only one thing, namely the believer’s incorrigibly schizoid and desperately fudged take on reality. “””

    These brain-dead (believers) unscrupulous individuals are the evil existence of their own ill-fated doomed imagination.

    This desire to have godly power over other folks is a vital ingredient of this godly falsification known as religion.

    Religion is nothing more than a mental disorder. – foking mal mense man!!!

    DW

    September 8, 2008 at 16:45

  8. Fuck. The bible and its verses are not evidence that refutes evil in the world. Nor do they explain its occurrence in any coherent or convincing way. Citing bible verses is, in point of fact, evidence of only one thing, namely the believer’s incorrigibly schizoid and desperately fudged take on reality. The world in most cases speaks clearly enough without benefit of the laughable obfuscations and deceptions offered by bible-thumpers, and it is only they who refuse to hear it.

    Con-Tester

    September 7, 2008 at 20:06

  9. Nathan, jou persepsie van God se planne blyk nie korrek te wees nie en dan is al God se planne ook nie aan almal bekend nie. Ek sal dus my nie veel steur aan jou onkundige uitlatings nie.
    1 Kor. 3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
    1 Kor. 3:19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
    Daardie mense put ongekende krag, uit hulle geloof in God en vind hulleself, nie in sak en as, ten spyte wat gebeur het. Sonder hulle geloof in God, tot posetiewe denke, sou hulle baie swarder deur hul trauma gegaan het, tot hul eie nadeel. Al begryp jy dit nie, ons wat in God glo, begryp dit en is daarvoor dankbaar.

    Hans Matthysen

    August 5, 2008 at 21:38

  10. Rick my bru…

    Ek glo jy gaan self tel, maar daar gaan heelwat ander wees wat jou daaraan gaan herrinner….!

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 12:42

  11. Johannes

    Ek kan nie wag nie mybroe! Laat weet my asb wanneer daar 666 dae oor is, want dan begin dit eers lekker raak.

    Rick

    August 1, 2008 at 01:15

  12. Rick

    Net meer as ‘n 1000 dae om te sien wat Dawid met sy 4 ander klippies gemaak het….!

    johannes coetzee

    July 31, 2008 at 13:58

  13. Nee Johannes, ekt maar net n bietjie aandag gesoek. Jy praat mos nooit stront nie….jou 2011 teorie dien mos as bewys hiervan!

    2011 groete

    rick

    Rick

    July 28, 2008 at 17:53

  14. Het ek dan iets verkeerd gesê Rick…?

    johannes coetzee

    July 28, 2008 at 10:28

  15. Johannes, as ek gebid het, het ek elke minuut van die dag vir JOU gebid, hoor! Nee wragtag!

    Rick

    July 26, 2008 at 14:36

  16. DW

    Ek het nou net op aldrie you tube links probeer luister… die response is telkens dat dit nie meer langer beskikbaar is nie.

    Jy sien DW… die Bybel is vir die meeste christene net ‘n armlengte ver… en dus altyd beskikbaar. Maar word nie deur die christen gelees nie….! Hulle wil net met die Naam identifiseer, net om hulle daai valse gevoel van vrede te gee.

    Tot en met 21 Mei 2011 is ons nog in die tyd van die “final harvest” …. na 21 Mei 2011 gaan die Bybel dalk nog availible wees, maar dan gaan die genade tyd verby wees. Na 21 Oktober 2011 gaan hierdie heelal deur vuur verteer word wanneer die Skepper God weer nuut gaan skep….!

    Omdat God op fisiese en geestelike terreine die (energie) bron van alle krag is het ek ‘n vermoede dat alle elektronika na 21 Mei 2011 seriously gejam gaan wees…! Dan gaan dit selfs nie eers moontlik wees om op you tube te kliek nie. Hierdie ou fragile elektroniese wereldjie wat my en jou tans in ‘n posisie plaas om met mekaar te kommunikeer is very very fragile… very!

    (1Co 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Co 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Dinge gaan in ‘n oogwink verander, en dan het ons everlasting tegnologie “not out of this world” …. Dink jou in ek dink net daaraan om met jou te kommunikeer en jy het die boodskap sonder enige kans vir misverstande ontvang.

    WOW dit klink na iets hemels….!

    (Openb 21:1) En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

    (Openb 21:2) En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

    (Openb 21:3) En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

    (Openb 21:4) En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

    Jy weet toe ek ‘n kind was en my ma-hulle het aan ons te kenne gegee het dat ons more na “ouma”-plaas toe gaan…. kon ek daardie nag voordat ons gery het nie slaap nie. Van opgewondenheid….!

    Dit hoe ek tans oor hierdie laaste net meer as 1000dae wat oor is voel!!!
    Maar diep binne in my hart huil ek want my “broers” dink daars nog baie tyd…!

    Die hartseer verhaal is… “Tyd Het ‘n Einde” en “Ons Is Amper Daar”

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 19:06

  17. DW

    Dankie vir die teksverse ek sal daarna gaan kyk. Dis seker teksverse wat mekaar oënskynlik weerspreek…? As ek ‘n raaiskoot moet waag.

    Ek wag vir ‘n datum volgens jou bron….? Toe kom nou man. Jy wil hê ons moet saam gaan eet, ons moet darem ten minste notas kan vergelyk.

    Het jou bron ooit enigsins by ‘n datum van die einde uitgekom…? Of wag julle dat die sperm sonder die eiersel binne die volgende biiljoen jaar evolve tot iets wat later soos ‘n mens gaan lyk…?

    Dat “you tube” die bron van gesag is is amper soos om al die boeke van die wereld te gaan deurlees, net om daarna te ontdek dat alles “geskrywe” staan.

    (Joh 21:25) En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.

    Geniet jou naweek.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 18:36

  18. Johannes

    Johannes, Johannes, maak of jy mal is en doen alles!

    Dankie DW dat jy die vraag beantwoord het, want so n kak vraag wil ek nie eers beantwoord nie. Daar is geen wederkoms, geen einde nie, net verandering. Dit word evolusie genoem. Jy is nie die middelpunt van die heelal nie. Die son draai nie om die aarde nie. Hou op dink dat alles om jou, en jou ‘liefdevolle’ god draai.

    Groete

    Rick

    Rick

    July 25, 2008 at 18:33

  19. Johannes

    Jy vra wat is die bron van waarheid ?

    Daar bestaan nie iets soos waarheid nie , absolute waarheid kan ook oor ‘n tyd evoleer .

    Het jy al gedink hoe jou eie geloof al goal posts verskuif het die laaste 2000 jaar ? Absolute waarheid ?

    As jy die Jehova’s kontak sal hulle definitief vir jou laat weet dat hulle die absolute waarheid verkondig , net so ook die Doppers in Potchefstroom , Isak Burger van die AGS en tot die fokking pous om nie eers van Angus en Hinn te praat nie.

    Dan kom jy ook met ‘n paar tekste vorendag en beweer kak op die 11 de.

    Dit is lagwekkend hoe die Heilige Gees werk , regte mushroom behandeling.

    Kyk hierna en besluit self wanneer die wederkoms/wegraping / die einde kom.



    DW

    July 25, 2008 at 12:58

  20. O ja en ek wou nog vra… wat reken jou “bron” van waarheid wanneer gaan die wederkoms en die einde wees..?

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 11:20

  21. Rick (nathan)

    Watter bron is vir jou die Waarheid….? en hoe weet jy watter een is die waarheid…?

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 11:18

  22. Johannes

    Ek like dit as jy skryf – net soos die woord uitkom . Soos hierdie gedeelte.

    1. DW
    Dit wat die Evangelie (die Bybel) ons bied kan nie met goud of geld gekoop word nie. Ons poog daarom na die beste van ons vermoeë om te hou by die beginsel van “…freely ye have received, freely give”

    Jy is korrek as 22 Mei 2011 aanbreek en ek nog hier is, het ek groot poef, en as hierdie teenswoordige heelal na 22 Oktober 2011 sou bly voortgestaan sal my naam sekerlik ‘n groot krater wees, nie dat dit nou enige iets werd is nie. Met ander woorde as God nie 21 Mei 2011 “opdaag” nie sal geen geld my “credibility” in anyway kan herstel nie en beteken dit beslis ook dat ons die Skrif verkeerd verstaan het. Dan was (baie van) ons verkeerd dood eenvoudig net verkeerd en God steeds reg. Dit verander egter niks aan die Woord van God en die waarheid daarvan soos vervat in die Bybel nie.

    Verder , ek het nie nou die tyd om al die “profesieë en voorspellings wat al hulle gat gesien het vir jou te paste nie. Ek is seker dat jy dit self kan doen .
    Wat julle gelowiges moet besef is dat ongelowiges ook verse kan gebruik .
    Vanaand , as jy stil word voor jou gotte doen die volgende “bybelstudie”
    Iemand soos jy wat reken dat hy ernstig is met/ oor sy geloof en die wild en wakker Bybelverse kan quote , moet seker ook kennis van die onderstaande verse hê ?

    Ef 2: 8-9 vs James 2;24
    Ex 20: 5 vs Ez 18:20
    James 1: 13 vs Gen 22:1
    Rom 15 : 33 vs Ex 15: 3
    John 14: 27 vs Matt 10: 34
    Matt 5 : 22 vs Matt 23: 17
    Johan 1: 18 vs Gen 32: 30

    Ek het nou teenstrydig met my gewoonte , vir jou versies gegee.
    Wil jy nog meer versies hê om te ondersoek ? Ek het baie net vir jou.
    Ek hoop van ganse harte jy besef waarmee jy besig is , want soos ons geleerde TV kommentator altyd sê – aan die einde van die dag – gaan jy met die gebakte perse sit.

    DW

    July 25, 2008 at 10:23

  23. Suretja

    Is jy seker jy verwar nie Jesus, jou verlosser, met Horus nie, of dalk Attis nie? Jesus se storie is niks besonders nie. Inteendeel, dis korrup vanweë die onmisbare en duidelike plagiaat van sy verhaal. Lees hieronder:

    Attis of Phrygia

    –Attis was born on December 25 of the Virgin Nana.
    –He was considered the savior who was slain for the salvation of mankind.
    –His body as bread was eaten by his worshippers
    –His priests were “eunuchs for the kingdom of heaven.”
    –He was both the Divine Son and the Father.
    –On “Black Friday,” he was crucified on a tree, from which his holy blood ran down to redeem the earth.
    –He descended into the underworld.
    –After three days, Attis was resurrected on March 25 (as tradition held of Jesus) as the “Most High God.

    Dionysus/Bacchus

    Dionysus

    –Dionysus was born of a virgin on December 25 and, as the Holy Child, was placed in a manger.
    –He was a traveling teacher who performed miracles.
    –He “rode in a triumphal procession on an ass.”
    –He was a sacred king killed and eaten in an eucharistic ritual for fecundity and purification.
    –Dionysus rose from the dead on March 25.
    –He was the God of the Vine, and turned water into wine.
    –He was called “King of Kings” and “God of Gods.”
    –He was considered the “Only Begotten Son,” Savior,” “Redeemer,” “Sin Bearer,” Anointed One,” and the “Alpha and Omega.”
    –He was identified with the Ram or Lamb.
    –His sacrificial title of “Dendrites” or “Young Man of the Tree” intimates he was hung on a tree or crucified.

    Horus

    –Horus was born of the virgin Isis-Merion December 25 in a cave/manger with his birth being announced by a star in the East and attended by three wise men.
    –His earthly father was named “Seb” (“Joseph”).
    –He was of royal descent.
    –At at 12, he was a child teacher in the Temple, and at 30, he was baptized having disappeared for 18 years.
    –Horus was baptized in the river Eridanus or Iarutana (Jordan) by “Anup the Baptizer” (“John the Baptist”), who was decapitated.
    –He had 12 desciples, two of who were his “witnesses” and were named “Anup” and “Aan” (the two “Johns”).
    –He performed miracles, exorcised demons and raised El-Azarus (“El-Osiris”), from the dead.
    –Horus walked on water.
    –His personal epithet was “Iusa,” the “ever-becoming son” of “Ptah,” the “Father.” He was thus called “Holy Child.”
    –He delivered a “Sermon on the Mount” and his followers recounted the “Sayings of Iusa.”
    –Horus was transfigured on the Mount.
    –He was crucified between two thieves, buried for three days in a tomb, and resurrected.
    –He was also the “Way, the Truth, the Light,” “Messiah,” “God’s Anointed Son,” “the “Son of Man,” the “Good Shepherd,” the “Lamb of God,” the “Word made flesh,” the “Word of Truth,” etc.
    –He was “the Fisher” and was associated with the Fish (“Ichthys”), Lamb and Lion.
    –He came to fulfill the Law.
    –Horus was called “the KRST,” or “Anointed One.”
    –Like Jesus, “Horus was supposed to reign one thousand years.”

    Laat jou dink, ne. Of altans ek hoop so!

    Groete

    Rick

    Rick

    July 24, 2008 at 17:26

  24. Nathan. net een vraag – hoe gaan jy keur dat so iets met jou vrou en jou kinders gebeur? Tien teen een het Kristie Kriel se mamma en pappa ook alles in hulle vermoe gedoen om dit te keer. Die waarheid is, niemand van ons kan dit keer nie, maar ons kan kies hoe ons sulke situasies hanteer. Ons Hemelse Vader daar bo wil nie he dat sy kinders moet seer kry nie, maar soms is dit nodig om ons terug te ruk na die werklikheid toe. Behalwe vir dit, loop die Duiwel rond soos ‘n brullende leeu om al God se kinders te destroy, en gelukkig het hy dit nie reg gekry met Kirstie nie, want vandag glo sy nogsteeds vas in haar Pappa Vader daar bo. Ek kan dit nie indink dat dit met enige een van my kinders kan moet gebeur nie, selfs met myself ,maar al wat ons kan doen is om net te bid en vertrou dat daar vir ons almal ‘n beter lewe hierna is. Om vas te hou aan ons beloftes wat vir ons in die Bybel gegee is. Ten minste dra dit ons deur, en so doende maak dit die wereld maar weer net ‘n beter plek, al is dit net in ons harte. Dink maar net aan daai kind se ouers. Ek dink dis vir enige normale persoon moontlik om hom of haar kop te verloor as dit gebeur, maar al wat dit bring is ongeluk en bitterheid. Wil enige iemand rerig vir die res van hulle lewe op aarde bitter en ongelukkig wees – Nee. Ek dink nie so nie. Dis die vrede en Krag wat die Here ons gee,wat on deur dra. Hoeveel mense gaan aan die drink en verloor dit heeltemal. Dis God se genade en Liefde wat ons krag gee om ons self nie tot drank en dwelms te vergryp en die wereld net meer ongelukkig te maak nie. Weet jy dat daar genade is vir mense soos jy. God het jou ewig lief. Maar jy moet die keuse maak. Jy kan kies of jy deel wil wees van die handjie vol wat dit gaan maak,en of jy nie wil nie.

    Niemand van ons weet wanneer ons Pappa ons gaan kom haal nie, maar een ding is verseker, kindertjies soos Kirstie of sal ek refrase alle kindertjies sal heel eerste op God se lys wees. Ek wil nie eendag skaamteloos voor my Vader staan en te laat wees om die regte keuse te maak nie. Net soos ons alledaagse werk, kan jy nie ‘n kontrak met jou baas teken, maar nie die kontrak na kom nie. Dit werk nie heeltemal so nie. So moet nie verwag om saam te gaan na die beloofde land toe as jy nie bereid is om voluit vir God te lewe nie.

    God het met die kruisdood vir jou en my gesterf, maar ook vir die sondaar wat rondloop en mense verkrag. Alhoewel dit so moeilik is om dit te begryp, is dit die waarheid. So dit meen nie dat hy maar mag voort ploeter nie, hy moet ook ‘n keuse maak, maar hy is reeds vergewe, en as hy besluit om vir Jesus as sy enigste verlosser en saligmaker aan te neem, dan gaan hy saam met my ( ons ) daar bo wees. Dis wat genade betekin.

    Ek kan net bid vir jou, en ek hoop en glo rerig dat jy eendag tot inkeer sal kom, voor dit te laat is. Blessings in Jesus name.

    Suretha Viljoen

    July 24, 2008 at 13:13

  25. johaannes coetzee. Jammer om jou bubble te burst, maar daar is nie net “een Ware Evangelie” nie. Ook die bybel is soos n politiese brosjure saam gesnoer deur mense wat mag wou he. Die bybel wat jy lees verskil van vorige bybels. Gedeeltes is uitgegoei en gedeeltes is ingelas om mense beter te bullshit. Sorry, swaer.

    bewilderbeast

    July 24, 2008 at 12:52

  26. Dis eintlik so eenvoudig, mense: Of julle God (god, eintlik) is allermagtig en alles-wetend, of nie. Dis al. Klaar.
    Indien wel, dan is sy hande definitief vol bloed gesmeer. Dis onbeskryflik hoe lelik hy is as hy alles kan doen, maar hy versuim om dit te doen. En boonop, as hy alles kan stop, maar hy laat SY MENSE (hy’t mos almal “gemaak”, ne?) vieslike dinge doen, dan is hy mos die siekste “ding” wat mens kan indink.
    Julle kan dit nie wedersyds he nie: Of julle god is goed (en dan bestaan hy nie) of hy is onbeskryflik kak (en dan het almal in elk geval geen kans).
    Ek bedoel, die ou genees n blinde, maar hy genees nie blindheid nie! Die ou is siek!!

    bewilderbeast

    July 24, 2008 at 12:48

  27. Hans, gaan hy nou soos n dief in die nag kom, of op 21 Oktober 2011?
    Ek wonder maar?

    En wat maak god so genadig as hy self voorspel dat nie almal die ‘ewige lewe’ saam met hom gaan kry nie? Dis plein ingat man! As ek weet my tjommie/girl/ma/pa/suster gaan more, of wanneer ook al, pyn ervaar en ek weet presies hoe, wanneer en waar dit gaan gebeur, sal ek mos my bes doen om dit te verhoed. Moenie die skruisigingsverhaal vir my as antwoord bied nie. Want as slegs n handjievol die heuningland eendag gaan bereik, dan was die kruisiging n moerse mislukking! Lees gerus Matheus 7: 13 in die Ingelse Bybel.

    Groete!

    Rick

    Rick

    July 24, 2008 at 11:40

  28. DW

    Dit wat die Evangelie (die Bybel) ons bied kan nie met goud of geld gekoop word nie. Ons poog daarom na die beste van ons vermoeë om te hou by die beginsel van “…freely ye have received, freely give”

    Jy is korrek as 22 Mei 2011 aanbreek en ek nog hier is, het ek groot poef, en as hierdie teenswoordige heelal na 22 Oktober 2011 sou bly voortgestaan sal my naam sekerlik ‘n groot krater wees, nie dat dit nou enige iets werd is nie. Met ander woorde as God nie 21 Mei 2011 “opdaag” nie sal geen geld my “credibility” in anyway kan herstel nie en beteken dit beslis ook dat ons die Skrif verkeerd verstaan het. Dan was (baie van) ons verkeerd dood eenvoudig net verkeerd en God steeds reg. Dit verander egter niks aan die Woord van God en die waarheid daarvan soos vervat in die Bybel nie.

    Hoe dit ookal sy, terwyl ek nou gesit en dink het aan ‘n gepaste antwoord aan jou het die volgende Skrifgedeelte by my opgekom…

    (Dan 3:17) As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

    (Dan 3:18) maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

    Die “track rekord” van die Bybel staan egter geskrywe….! Ons moet waak daarteen om nie soos die kerke ons eie “do-it-youself” gospels te skep nie. Daar was en is steeds net een Ware Evangelie. Die karikatuur beeld wat die mensdom (veral kerke) van hierdie Almagtige God vir homself in sy denke opbou het die mendsom al te dikwels op ‘n dwaalspoor gelei…! My hoop is maar dat ons nie nou dieselfde ding doen nie….! Dit sal jammer wees. Daar is tog immers net een Waarheid.

    Ek het die inligting aangaande die eindtyd maar vir myself (terwille van my eie huis) gaan opcheck nadat ek die radio uitsendings van Family Radio 4 en ‘n half jaar gelede die eerste keer gehoor het. Ja en ek is besig om dit aan my eie familie en vriende en vyande te “verkoop”…. Die oortuigingswerk laat ek maar aan God die Heilige Gees oor wetende dat Hy in volle beheer is omdat Hy volmaak is.

    Die Skepper God van die Bybel maak nie foute nie anders sou Hy nie God gewees het nie…?! Sy plan (van verlossing) is Sy plan. Hoekom Hy “deurgedruk” het met hierdie eerste skepping soos dit tans afspeel en Sy Seun geoffer het terwille van ‘n klomp “hoenners” (soos ek) weet en nie… dit bly vir my ‘n raaisel.

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 24, 2008 at 10:17

  29. Hansie
    Jy sê: “Die Here stel nie die vervulling van Sy beloftes uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. Maar die dag van die Here sal so onverwags soos `n dief kom…”
    Jy moet perdalkies gaan lees oor 21 Oktober 2011 – daar is mense wat reken dís die dag. Ek het egter afsprake vir die 22ste.
    Nee wat, Hansie, die lukrake oopval van ‘n ou geleesde boek beïndruk my nou nie juis nie!
    En wragtag, ek hoop “Die Here” se geduld raak gou op, want dis nou al 2000 jaar sedert Jesus vir sy beste pêlle gelieg het…

    Nathan Bond

    July 24, 2008 at 09:48

  30. Bond, nadat ek al bg goed gelees het gisteraand lei die Here my in my stiltetyd vanoggend na `n visserman toe. Ek lees nogal aandagtig as die man skryf want hy was `n rowwe en harde man wat sag geword het nadat hy kennis gemaak het met `n Rabbi, toe volg hy Hom.

    In die groot boek met baie geskryf lei God my reguit na die deel wat weer wys op Sy groot genade vir jou en my en al ons sondaars op aarde.

    ” Die Here stel nie die vervulling van Sy beloftes uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. Maar die dag van die Here sal so onverwags soos `n dief kom. En op die dag sal die hemel met `n groot gedruis verdwyn , die hemelliggame brand en tot niet gaan, en die aarde met alles wat daarop is , vergaan.

    Ek lei af jy is lief vir lees. Het jy al die deel in die bybel bybel gelees?

    Ek is `n baie lui leser en wanneer God my so presies na hierdie goed toe lei waaroor `n mens nogal maklik kan twyfel toe ek die geskryf oor hierdie artikel op jou blog lees, is ek maar net verstom oor hoe God `n mens lei en jou twyfel benatwoord.

    Wanneer gaan ons uiteet dat jy van my choclits kan proe!

    Hansie

    July 24, 2008 at 08:10

  31. Hansie
    Ek woon my lewe lank al in Suid Afrika en ek het geen planne om die land te verlaat nie. Ek het – soos ek meen ek aangedui het – matelose agting vir Ben en Kristi se reg om hulle traumas te verwerk soos dit vir hulle goed en wel is.
    Ek het egter ‘n moerse probleem met ‘n sogenaamde “Liefdevolle God” wat sulke allerverskriklike dinge “toelaat om te gebeur”. Ek sal nie sit en toekyk hoe sulke goed met mý geliefdes gebeur nie; hoe kan ek ‘n “God” ag wat nie ‘n vinger veroer om sy sogenaamde “kinders” te beskerm nie?
    Die enigste antwoord is dat “God” inderdaad nie bestaan nie.
    En dis beter só; dink net hoe embarrassing dit sou wees as “God” wél bestaan het!

    Nathan Bond

    July 23, 2008 at 18:58

  32. Bond, God het geen bloed aan Sy hande nie. Die bloed wat Sy seun aan die kruis gestort het, het ons almal skoon gewas. Die Messias het so al die sonde van die wêreld op Hom geneem. Ek het hierdie gratis geskenk ontvang toe ek die dag my lewe vir God gegee het. Dit maak mens vry van skuldgevoelens en haat en oordeel selfs al is dit jou vyand.

    Dit is presies wat Ben en Kristi ervaar. Die boosheid in mense het hierdie verskriklike goed aan albei die mense gedoen maar sodra mens jou vyand volkome vergewe en daar is vergifnis kan mens praat soos jy albei hierbo aanhaal, en dan het jy oorwinning. Deur nie te vergewe nie en te haat en te wil vergeld maak jou klaar op die einde van die dag.

    Volgende maand DV gaan ek self Zim toe om te help waar ongeveer 5000 ou mense in ouetehuise bitter swaar kry en omtrent nie kos en medisyne het nie. Ek bid ook maar dat die boosdoeners nie op ons pad kom nie en dat ons veilig sal reis.

    Skryf jy uit SA uit of sit jy oorsee?

    Liefdegroete

    Hansie

    July 23, 2008 at 18:37

  33. Weet jy , ek hou daarvan om kru-woorde te gebruik as ek met fundamentaliste/ liberaliste te doen het . Dit maak hulle kwaad en ek geniet dit as hulle se dat hulle vir my gaan bid. Ek wed jou my laaste rand die meeste van die bidders het nog vir my gebid (Nathan ook )

    Dit is alles lee woorde net so leeg die basis van hulle/jou geloof.

    Maar ek gaan mooi praat met , ek hoop jy luister .

    Weet jy Johannes , nee , ek het nie na die blog gaan kyk nie , ek het al genoeg van die gemors gesien.

    Johannes , ek weet nie wat jy na die 22 Oktober gaan doen nie , maar dat jy in die kak gaan wees is gewis , ek hoop nie jy het hierdie “voorspellings” van jou aan jou naaste familie/vriende en kennisse verkoop nie .

    Dink aan die gevolge as jy verkeerd is , dan tuimel al jou dobbelsteentjies waarop jou fundamentalistiese geloof gebaseer is , en jou naam is gat ….. vir baie lank .
    As jy geld uit die “voorspellings” kan maak – soos Anus Angus Benny en Kerke is dit OK , maak net foking baie geld sodat jy vêr , soos in baie vêr kan gaan waar niemand jou ken nie …. as die 22 aangebreek het .

    2012 groete

    DW

    July 23, 2008 at 15:47

  34. DW

    Dis juis hulle (die Moslems, Hindoes en die ouens in veral die derde wereldlande) wat vandag gered word. Family Radio se uitsendings word daar ook gehoor. Ek aanvaar jy het al die website besoek.

    So by the way, ek vertel maar net van dit wat ek in die Bybel gelees het. Die Bybel wat deur die Skepper God, die Een (wat 3 is) geskrywe is. Waaruit het jy die afleiding gemaak dat ek daarop aanspraak maak dat ek Hulle gedagtes kan lees….of namens Hom besluit? Is jy nie nou besig om die ouens wat dalk by hierdie blog lees te mislei nie…?

    Hierdie inligting wat aangaande die “tyd van die einde” geskrywe staan sou volgens die Skrif eers beter verstaan word wanneer die volheid van die tyd daarvoor aanbreek.

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    (Dan 12:8) En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?

    (Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

    (Dan 12:10) Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

    Vers 4 in bogenoemde skrifgedeeltes verklaar mos baie duidelik dat baie die boek (die Bybel) sal deursoek en dat die kennis sal vermeerder.

    Staan dit dan nie so geskrywe nie…?

    Ek het ‘n vermoede dat die wereld toenemend meer aangaande hierdie einde vanuit die monde van ander gelowiges sal hoor en wel ooreenkomstig die volgende Skrifgedeelte..

    (Openb 10:9) En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.

    (Openb 10:10) Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

    (Openb 10:11) En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.

    DW uit my gesprek met jou kom ek agter dat jy genoeg van hierdie God van die Bybel weet om self oor Hom die spot te dryf. Dalk is dit die moeitewerd om hierdie boekie net nog eenkeer deur te lees. Wees dit egter te wagte dat die soet soos heuning in die mond gaan wees, maar in jou maag bitter sal word…!

    So min as wat ek beheer het oor waar en wanneer ek gebore is netso min het die mens beheer oor die wedergeboorte waarvan God in Sy Woord melding maak. Wie weet, dis nie onmoontlik dat God jou by die lees van bogenoemde Skrifgedeeltes kan wederbaar nie…? Dit (die wonderwerk van wedergeboorte) is ongelukkig iets waaroor die mensdom geen beheer het nie, al dink kerke dat hulle daardie mandaat van God ontvang het. Die beste wat ons kan doen is om die Goeie Nuus te verkondig. Wie en wanneer en waar God siele red is nie my besigheid nie, dit is God se besigheid…!

    Een ding weet ek egter en dit is dat God hier en nou besig is om letterlik miljoene te red… “‘n groot menigte wat niemand kon tel nie” praat die Bybel van. Alle aanduidinge is dat hulle hoofsaaklik nie vanuit die geledere van christene afkomstig is nie.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 23, 2008 at 15:13

  35. Johannes

    Baie dankie vir die regstellings met die datums. Ek het dit regtig nie bedoel om ander Christene te mislei en doelbewus verkeerde datums te probeer propageer om hulle sodoende om die bos te probeer lei nie.

    Verder is vreeslik verjeug om te sien hoe goed jy namens god ( die 3 gotte wat een is maar 3 is ) te kan besluit en ook hulle gedagtes kan lees. Inderwaarheid jy moet ‘n goddelike insig hê OF is dit nie moontlik dat jy jou god perfek na die beeld van die mens geskape het nie , vanweë die feit dat jy god se planne so goed ken.

    PS , dink net watse wonderlik sendeling / profeet jy vir Liewe Jesus kon gewees het as jy as Moslems of Hindoes of Jood gebore was in Kaboel , Deli of Jerusalem.

    Ek wonder maar net hoekom is jy nie daar gebore nie , dalk kon jy die verlorenes / gaan nie die paal haal / left behind , siele letterlik by die miljoene gered het.

    DW

    July 23, 2008 at 14:05

  36. DW

    Kry net jou datums reg… 21 Mei 2011 en nie 11 Mei 2011 ek neem aan jy het ‘n tikfout gemaak.

    Alle aanduidinge is dat hierdie Evangelieboodskap (van die Bybel ) tans die Moslems en Hindus via die radio uitsendings van Family Radio bereik en dat hulle tans baie meer positief daarop reageer as die christene. Meeste christene wat hulself tans as die uitverkorenes beskou en waarvan die meerderheid hulself tans onder die gesag van ‘n kerk bevind… gaan die bus mis.

    Besoek gerus ons website http://www.familyradio.com en kyk hoeveel taalgroeperinge tans op hierdie boodskap reageer.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 23, 2008 at 09:18

  37. Rick

    Jy is reg , ek wil net NIE uitmis nie . Jissis !!!! 11 Mei op die Sabbat nogal !!!

    Johannes , gaan die Moslems en Jode ook kak na die 11 de Mei ? En die Hindu’s ?

    DW

    July 22, 2008 at 16:47

  38. DW, lekker lag ek nou….maar dis actually n NB punt, want ons sal ons tydsberekening moet regkry vir hiérdie groot aanslag!

    Rick

    July 22, 2008 at 15:39

  39. Johannes

    Bedoel jy nou dat die aardbewings op die 22 de gaan plaasvind of na die 22 de Mei.2011. Bedoel jy die 21 Mei 2011 as die amptelike tyd in Japan of Honolulu?

    Na die 21 Mei 2011 kan ook die jaar 8998 wees , of die jaar 99999999999999999999999.

    Kan jy asseblief meer spesifiek oor die tye en moerse aardbewings wees.

    Net vir plan B , jy weet , as jy nie een van die uitverkorenes is nie , en wel nie die “paal “gehaal het nie , ( the left behind) kan ons maar nie dan solank ‘n date book vir ‘n middagete nie , asseblief , toeman. Sou ons op die 22 Mei die wagraping oor BBC en CNN kon sien ?

    Jou aardse dagboek is mos “leeg” vir die 22 de , toeman , kom ons gaan eet. Ek sal vir Nathan Bond ook uitnooi , ek glo hy sal geen beswaar hê om die dag aan jou af te staan nie .

    DW

    July 22, 2008 at 14:48

  40. DW

    Ek kan ongelukkig geen afsprake na 21 Mei 2011 neem nie, dis wanneer die moeder van alle aardbewings en die gepaardgaande wegraping gaan plaasvind.

    Teen die tempo wat my dagboek op 21 Mei 2011 gevul raak gaan ons ‘n hele vergadering wees…! Dis nogal iets om na uit te sien…. dit raak al hoe meer opwindend.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 22, 2008 at 09:50

  41. Johannes ,

    Johannes jou koppie raas nie baie nie , jy is foking mal man. Kry jy nie skaam om sulke KAK aan jou naam te koppel nie.

    Jou dagboek het seker geen inskrywings op die 22 Oktober nie. Ek book jou vir die hele dag , ete ingesluit op my !!!!!

    Jissis ek gaan daardie dag lag …….. vir jou .

    DW

    July 21, 2008 at 15:18

  42. Dis amper soos om met Noag ‘n deal te probeer maak ongeveer 7000jaar gelede…! Maar ek neem kennis van jou “shopping list” ….! Al wat ek van jou vra (die nie ‘n voorwaarde nie… dit moet vrywillig wees) is dat jy voor daai tyd net eers die boek Time Has An End by http://www.timehasanend.org deurlees…?! of selfs die boek We Are Almost There by die link wat ek alreeds vir jou by ‘n vorige geleentheid gegee het.

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 21, 2008 at 13:11

  43. Johannes
    Ek verwag van jou om my op 22 Oktober 2011 uit te neem vir ete. Wat sê jy? Ek hou van my steak rouerig – so twee keer weerskante deur ‘n kersvlam getrek. En ‘n goeie crème brûlée daarna. Dalk ‘n lewerpatee om mee af te skop. En as jy dalk iewers ‘n Paul Sauer van Kanonkop – ’82, ’84 of ’86 sal doen – kan kry. Effe verkil.

    Nathan Bond

    July 21, 2008 at 12:35

  44. Nathan

    Die einigste bloed wat God aan Sy hande het is die van Sy Seun… Sy eniggebore Seun, en dit vir ‘n klomp sondaars (waarvan ek een van die grootstes is…).

    God het ‘n streep getrek… na 21 Mei 2011 gaan die hare letterlik en figuurlik waai, genadiglik sal Hy ‘n einde bring aan hierdie “bose geslag” deur allles op 21 Oktober 2011 met vuur te verteer…. Dalk lui die volgende woorde erens ‘n klokkie…?

    (2Pe 3:5) Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

    (2Pe 3:6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    johannes coetzee

    July 21, 2008 at 11:48


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: