Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Miljardêrs in Jééésus se naam!

with 8 comments

Bennie Hinn het vandeesmaand in die Coca-Cola Dome in Randburg ‘n “seën van God” belowe – ‘n seën wat slegs twee minute sou duur en wat van 500 kerkgangers miljoenêrs en selfs miljardêrs sou maak… as hulle met hul kredietkaarte elkeen ‘n $1000 (nié Zim dollars nie) offerhande sou maak. “Honderde mense” het die offerhande gemaak.

Ek het min tot niks oor dié ding te sê.

As iemand ‘n groot genoeg doos is om ‘n $1000 (US!) te betaal omdat Hinn sê “die Here” sal jou ‘n miljoenêr – selfs ‘n miljardêr! – maak as jy dit doen, dan moet jy maar jou $1000 verloor wat!

Mý pot se deksel is dat ‘n AGS pastoor – ene Tommie Ferreira van die AGS-gemeente Floridapark, Roodepoort – opset is met Hinn! Ferreira wil nou weet wie van die skenkers miljoene ge-in het oor die afgelope week of twee.

Ek wil weet hóékom Ferreira opset is. Sý kerk, die AGS, het gereeld genesingsdienste waar mense van alle denkbare siektes en pyne “genees” word. Dié mense word nooit gesond nie – behalwe as die mediese wetenskap hulle gesond kry – maar niemand sprak ooit ‘n woord oor hoe sulke arme desperate siek mense bedônner word nie!

Nou wonder ek… is dit die onmiddelikheid van Hinn se belofte wat Ferreira so ontstel? Sou Ferreira beter gevoel het as die offerbedrag laer was en die boerpot effe later as binne twee dae uitbetaal het?

Sien, ek reken dat mense bid vir genesing totdat die siektetoestand so erg word dat hulle al hoe meer mediese aandag moet kry… en dan slaan die wetenskap gebed vir ‘n ses oor die bouler se kop en genesing word ‘n moontlikheid. In die AGS kerk vind bedrieglike en pseudo-genesings gereeld plaas. Niemand stel ooit ondersoek in om die latere gesondheid van die mirakelgeneesdes te monitor nie.

Maar wil jy nou meer: selfs vir ‘n pastoor wat óók van “God” se dienste gebruik maak om mense se algemene toestand te verbeter, is Hinn se blantante kak darem net te érg vir wóórde!

Ek wonder oor nóg ‘n ding: Wát het Ferreira op Hinn se saamtrek gemáák? Kon dit werklik vir ‘n AGS pastoor verras het om Hinn se cronies te sien scheme? Ferreira reken hy laaik van sing en hy het ma’ net saam gesing toe dié $1000-kak gebeur het. En nou is daar ‘n wrangerige smaak in Ferreira se mond. Kak het die geneigdheid om so ‘n wrangerige smakie te los. En ‘n klankie ôk.

Of jy iemand nou genesing oor ‘n week, ‘n maand, ‘n jaar, of eendag in die parafôkkindys belowe, of R10, of R1000, of miljoene oor ‘n dag of ‘n dekade – in die naam van “die Here” – dit bly ‘n kakstorie. Die koste, die termyn en die prys is irrelevant.

(My goeie vriend DW het die volgende relevante artikels op die Web opgespoor: Benny Hinn – Sow $1000 and become a Millionaire; Benny Hinn: Todd Koontz and the two-minutes blessing scam; “God bless your credit card”?!?! False Prophet Benny Hinn at it again!)

Written by Nathan Bond

July 24, 2008 at 23:26

8 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nathan, soos ek al reeds voorheen gesê het, dat sulkes soos Bennie Hinn kan mens van lees in Hand. 8. Hulle verkondig nie die ware evangelie nie en betower die mense, om hulself te verryk.
    Johannes, die merk van die dier is in die hand. (Mense se handelswyse is soos die van redelose diere omdat hulle nie die Gees van God het nie, 666. M.a.w. hulle verryk net hulself, ten koste van ander.)
    Die merkteken van die Lam, is in die voorhoof. (Mense met die Gees van God, handel met verstand omdat die Goddelikewaarheid aan hulle geopenbaar is,777.)

    Hans Matthysen

    July 30, 2008 at 22:28

  2. Die WeePee sukkel nog altyd .

    DW

    July 29, 2008 at 16:06

  3. Daan, en kyk hoe sukkel die arme Wiepie nadat ons vir AJ gekry het!

    Bogenoemde is interressant!

    Groete

    rick

    Rick

    July 26, 2008 at 14:32

  4. Johannes, ek is redelik op hoogte met gebeure rakende die kerk, maar as God die kerk op 21 Mei 1988 uitgespuug het, het ek dit gemis. Ek hoop vir jou part dat hierdie gebeurtenis nie gegrond is op die waarskuwing teen die gemeente van Laodisie nie, want, as ek die wegrapingsteorie reg verstaan, moes dit juis die dag gewees het waarop die wegraping sou plaasvind.

    Ek het bietjie meer as ‘n jaar terug Openbaring redelik diep nagevors en het tot, onder andere, die volgende gevolgtrekkings gekom:

    1. Die boek is geskryf vir die Christene van die eerste eeu om hulle aan te moedig om sterk in hulle geloof te staan teen die Romeinse vervolging.

    2. Die boek is oorspronklik in Grieks geskryf en die getal 666 in Grieks is drie tekentjies wat nie een dieselfde lyk nie. Ek kan regtig nie glo dat hierdie Griekse tekens binnekort of eendag op sekere mense se koppe en/of hande gaan verskyn of getatoeer word nie.

    3. Daar is heelwat teoriee (verskoon my spelling, my laptop het nie ‘n numlock nie), oor die getal 666. Dit kan Nero, Ronald Regan en selfs Bill Gates wees. Die teorie dat die Romeinse keiser Nero, die antichris was, is vir my aanvaarbaar. Nero, soos sy voorgangers tot by Augustus, het homself tot god verhef en is as sodanig deur die Romeine aanbid.

    4. Soos ek verstaan was die sedeloos vrou in Openbaring, die stad van waar alle bose aktiwiteite teen die Christene beplan en uitgevoer is. Dit is natuurlik die stad Rome. In Openbaring steek die dier die sedelose vrou aan die brand. (Sorry, dis nie ‘n pun nie). Dis interessant dat volgens sterk gerugte, dit inderdaad Nero was wat Rome aan die brand gesteek het.

    5. Met die val van Nero is enige moontlike professiee gebaseer op Openbaring, vervul.

    Erens op die blog Johannes, het jy geskryf dat as daar op 22 Mei 2011 nog niks gebeur het nie, jy sal toegee dat jy die Bybel verkeerd gelees het. Ek se hier met alle respek dat jy die Bybel inderdaad verkeerd gelees het.

    Mense wat in Hitler die sesde bak en in Tsunami die sewende trompet sien, maak gewis ‘n fout. Wat het die Christene van die eerste eeu na alles vir Hitler, Musolini en Churchill gevoel?

    Ek se dus dat ondersteuners van die wegrapingsteorie wat wag vir ‘n engel om op die sewende trompet te blaas of die moeder van alle aardbewings, langer gaan wag as die WP of Natal om ooit weer die Currie Beker te wen.

    Bloubulgroete en geniet die rugby. Sies Rick! Kyk hoe sukkel die arme Sharkies nadat julle vir AJ gesteel het.

    Daan Van der Merwe

    July 26, 2008 at 12:49

  5. Nee Johannes jy is beslis nie n poet nie…..10 uit 10 vir effort though!

    Rick

    July 25, 2008 at 18:20

  6. Ek wou nog die kort “gedig” tik toe te gou gesend het…

    Wêreld word wakker… word wakker my kerk

    gooi water gooi sand

    Jerusalem is dood

    en Babilon brand

    “i’m not a poet”

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 12:10

  7. Niemand was daarvan bewus dat God die kerk op 21 Mei 1988 “uitgespuug” het nie…! Die slang is maar net besig om sy eie stert raak te byt…!

    (Mat 7:22) Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

    (Mat 7:23) En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

    Jerusalem (die kerke as instelling van God) is inderdaad nou niks minder as die Babilon, die moeder van die hoere..

    (Rev 18:1) En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

    (Rev 18:2) En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

    (Rev 18:3) omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

    (Rev 18:4) En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

    (Rev 18:5) Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

    Hierdie “geestelike Babilon” waarvan God in die Openbaring praat, herrinner sterk aan die toring van Babel wat God gedurende die tydperk 3153 VC en 2914 VC verwoes het. Dit was gedurende die era toe Peleg as Kalender Patriarg opgetree het. Dit wil voorkom of die verdeling van die kontinente ook gedurende hierdie tydperk plaasgevind het. Seker deur ‘n massiewe aardskudding….? Wie weet…? Die Bybel sê niks verder oor hierdie gebeurtenis wat wêreldwyd katastrofiese afmetings moes aangeneem het.

    (Gen 10:25) En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
    (1Ch 1:19) En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.

    Een ding weet ek en dit is dat toe God die kerkstruktuur as instelling in 1988 uitgepuug het, dit geestelikgesproke katastrofiese afmetings aangeneem het…! Sonder dat iemand op aarde daarvan bewus was….! Amazing.

    Vandag staan ons net meer as 1000dae van die begin van die einde af… en die mense gaan maar aan soos in die dae van Noag….!

    (Luk 17:26) En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

    (Luk 17:27) hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

    Dit terwyl alles in die Skrif geskrywe staan….! Met die kerk van God “vas aan die slaap”…!

    2011-groete

    W

    johannes coetzee

    July 25, 2008 at 11:54

  8. Ek het vir Pastoor Ferreira geskakel om my misnoeë oor sy optrede tydens die Hinn show in duidelike Afrikaans te verduidelik. Ek het ‘n boodskap op sy foon gelos. Op die onderstaande link het ek het ek ‘n ene Tommy Ferreira se nommer gekry.

    http://pdmsa.org/index.php?option=com_content&task=view&id=164&Itemid=58

    Later die dag het ek die volgende SMS ontvang :”Goeie middag .ek het u boodskap op ons foon ontvang ,ek is nie Past Ferreira moet asb nie sulke aantuigings maak teen ‘n kind van God as jy ‘n probleem het ,kom praat eerder . ken eerrder iemand voor jy bel. Ek bid vie jou ,God is met jou. Hy is baie lief vir jou.Wil u nie eerder vir God se wat jy wil se .Wanneer God met mens is ,is daar geen einde aan sy genade.

    Betreffende die boodskap wat ek op foon gelos het , en die SMS van die godidioot( wat blykbaar nie Ferreira was nie ) antwoord ek toe kort en kragtig.
    Nou dit (die boodskap op die foon) geld vir jou ook .Gee vir hom ( Ferreira ) die boodskap.

    Ek moet sê dat ek besondere plesier kry om die sotlikheid van Calvinisme en Protestantisme te vergat , maar werklik , hierdie AGS sekte oortref selfs die Calvinisme ( Susterkerke ) en Sewende-dag Adventiste as dit by fuctup-geit kom . Geen wonder dat iemand soos Pastoor Tommy Ferreira al broederlik, met een hand in die koekieblik saam met Hinn op ‘n verhoog staan nie.

    Dit is ook geen wonder dat ‘n swendelaar soos Reinhard Bonnke die spesiale gas was tydens die AGS se vieringe die ander dag.

    Later die middag ontvang ek toe die volgende SMS van die “Spook “
    EK BEPLEIT DIE BLOED VAN JESUS OOR JOU EN BESTRAF ELKE MAG IN IN JESUS NAAM. DIE BLOED VAN JESUS IS OOR KOU EN ELKE WOORD JY SPREEK .Ons is hier vir jou.

    Met die gebittery en bloed kak van Jesus het ek nie veel van ‘n probleem nie behalwe dat ek die “Spook” sal moer as hy bloed oor my gooi. Hy kan maar bid totdat die perde horings kry want fokkol sal gebeur. Vra maar vir 1000 + mense wat op die Titanic verdrink het, of die wat op die Helderberg was.

    Wat my wel pla is dat die godidioot sê “ Ons is hier vir jou. Hierdie woorde is blatante kakpraat. Net so was Benny Hinn ook daar vir die dose wat hulle kaarte “geswipe “ het en geld tydens die kollekte gegee het en Calvyn was daar om die man wat die sirkulasie van bloed in die liggaam stadig dood te brand en 50 vroue as hekse laat verklaar het , en hulle verbrand het.

    DW

    July 25, 2008 at 08:34


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: