Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Die einde van die wêreld

with 22 comments

Oor sowat 5 miljard jaar sal die Son se waterstof uitgeput wees en sal dit tot meer as ‘n duisend maal sy huidige grootte uitdy. Ons weet nie, alhoewel daar vermoed word dat dit so sal wees, of die aarde naby genoeg aan die son is om verswelg te word nie. Daar was verlede jaar ‘n artikel oor ‘n verfageleë (sommer báie veraf) planeet wat sy son se red giant fase oorleef het.1

Hoe dit ook al sy, ons mense sal dit nie oorleef nie.

So daar het jy dit: Vyf miljard jaar. Ek dink daar is nog tyd vir ‘n Johny Walker Blouetjie of twee.

Dis natuurlik nou as ‘n meteoriet nie die aarde tref nie.

Een ding kan egter met absolute sekerheid gesê word: die een of ander antieke heilige boek het beslis nie die antwoord nie!

Bible.ca lys meer as 200 voorspellings vir die einde van die wêreld. Die voorspellings het almal gekom en gegaan en is meestal gedoen deur mense wat die een of ander “heilige boek” só of sús gelees het. En dít terwyl die Bybel sélf sê (Mat 24) dat niémand weet wanneer die einde sal kom nie.

Datumvoorspellings vir die einde van die wêreld: ‘n pot kák.

(1) Silvotti, R et al. 2007. A giant planet orbiting the ‘extreme horizontal branch’ star V 391 Pegasi. Nature 449: 189­191.

Written by Nathan Bond

July 26, 2008 at 06:46

22 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 7000 jaar , rus die gotte dan nie op die sabbatt nie ?

    DW

    August 1, 2008 at 16:00

  2. Nathan

    Ja ek beplan dit met volle inagneming van hierdie “nie-meer-binne-inligting” aangaande 21 Mei 2011.

    4990 VC + 2011 AD – 1 = 7000jaar (trek 1 jaar af want daar is nie ‘n jaar zero nie)

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 15:42

  3. Johannes
    Ek wil steeds graag weet: beplan jy jou geldsake met inagneming van jou binne-inligting dat 21 Mei 2011 die einde is?
    En wil jy nie assebliéf vir my verduidelik hóé die somme uit die Bybel wérk nie!?

    Nathan Bond

    August 1, 2008 at 14:18

  4. Soos ek gesê het ……………

    Daan Van der Merwe

    August 1, 2008 at 13:42

  5. Daan

    Jy klink soos ‘n bekeerde broederbonder!
    In die S’Swati taal praat hulle van ‘n Unwabu…

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 12:51

  6. Hans, ek het besluit om Johannes te ignoreer maar ek moet eenvoudig dit sê: Ek is baie geheg aan die kerk. Niks minder as jy nie. Jy dweep beslis nie met godsdiens nie. Ek geniet jou bydraes.

    Ek het in my lewe baie dwepers teëgekom maar Johannes vat die Oscar.

    Daan Van der Merwe

    August 1, 2008 at 11:55

  7. Hans ek weet dat jy nog vasgekluister is in jou kerk se leringe, en dat jy nog nie kan glo dat God die kerk as instelling aan die Satan, wat homself tans as ‘n engel van die Lig voordoen, oorgegee het nie. Ek het ‘n vermoede Daan is ook nog vasgevang, al is hy nie so geheg aan die kerk soos jy nie..! Hy probeer immers nog sy standpunt dmv die Woord (die Bybel) substansieer sonder om te dweep….!

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 10:22

  8. Dankie Hans. Ek staan gekorrigeer te word. Soos ek hierbo gesê het, ek het nie gecheck nie. Ek verwys eintlik na Jesus se woorde “Niemand ken die tyd en die uur behalwe my Vader wat in die hemel is.”

    Daan Van der Merwe

    August 1, 2008 at 07:37

  9. Johannes, maak asb. al jou besittings uit aan my, op 11 Mei 2011, en gee tog die besonderhede, sodat ek kan weet, wat en waar, ek alles kan kom opeis.

    Hans Matthysen

    July 31, 2008 at 20:55

  10. Daan, wanneer jy Mat. 24 aanhaal, neem tog asb. kennis, dat daardie geslag al lank gelede verby is en kan dit dus nie betrekking hê op Mei 2011.
    Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
    Ek dink nie Jesus sou vir ons gelieg het nie.

    Hans Matthysen

    July 31, 2008 at 20:47

  11. Hi DW

    Ek kan sien dat jy dit geniet om met ons en ons geloof te spot. Dis cool. Geniet dit. Jy sal die meeste van my antwoorde kry in my antwoord op jou vrae onder “Jesus Drop Score en Place op Loftus.”

    Wat betref my siening omtrent 11 (sic) Mei 2011, lees gerus my bydrae onder “Miljardêrs in Liewe Jèèèsus se Naam”. Soos jy sal sien, is my oortuiging hoofsaaklik gebaseer op Matt. 24 en Openbaring. So, ja, dit kom uit die Bybel en, ja, daarom van die Heilige Gees.

    Ek kan egter nie sien dat ons geloof bespotlik is nie. Soos gesê maak Johannes, soos Bennie Hinn, Elsa Meyer en al jou ander favourites, ons geloof bespotlik. O ja! Moenie Jimmy Swaggert vergeet nie.

    Daan Van der Merwe

    July 31, 2008 at 19:27

  12. Johannes

    Kom nie ‘n bietjie uit jou Sodom en Gomorra en geniet die lewe ‘n bietjie .
    Die wildtuin is naby jou , ( ek weet dit is maar nou kakkerig daar ) , of gaan Teazers toe , fok doen net iets om van die kak wat jy so aanhang ontslae te raak.

    http://www.teazers.co.za/

    DW

    July 31, 2008 at 15:10

  13. Johannes
    Hoe lyk jou spandering deesdae: spaar jy – wat sal die punt wees, of koop jy na willekeur goed wat jou plesier gee?
    Hoe voel jy oor aardverwarming? Probeer jy só leef om jou Co2 voetspoor klein te hou – want dit maak mos nie eintlik saak nie.

    Nathan Bond

    July 31, 2008 at 14:14

  14. DW

    Dankie baaaaaie dankie.

    Sjoe…. hoe verlig voel ek nie nou nie.

    DW dit wat tydens die eerste koms van Jesus gebeur het, nl die feit dat Sy eie mense Hom nie kon herken en erken as die Messias wat Sy volk te verlos van die bande van slawerny (van sonde) is nou weer besig om plaas te vind.

    Die tweede (weder-) koms van die Messias is ooreenkomstig die profesiee in die Heilige Skrifwoord (die Bybel )op hande, maar soos ook geprofeteer sal diegene wat hulle tans as deel van die uitverkore volk ag (christene in kerke wereldwyd) hulle nie steur aan hierdie Goeie Nuus nie.

    Volgens die Bybel sal daar nog baie “johannes die dopers” as die ware getuies hierdie boodskap verkondig…!

    Ek doen gereeld “google” seaches om te kyk wie almal hierdie boodskap hoor… Ek het vandag op hierdie you tube link genaamd 2011: Are you ready? afgekom

    2011-groete

    johannes coetzee

    July 31, 2008 at 13:20

  15. Hoekom moet Johannes geïgnoreer word ?
    Is hy dalk ‘n aanstoot vir die Christelikegeloof?

    Johannes , hou aan skryf , kom, vertel vir die Christene wat staan in die Bybel.

    DW

    July 31, 2008 at 08:55

  16. Daan ,Johannes

    “Maar elke bydrae van jou wat ek lees gee my net meer sooibrand. Ek kan nie glo dat ‘n Christen broer aan so ‘n ernstige graad van verbale diarieë kan ly nie. Dit is Christene soos jy wat ‘n bespotting maak van godsdiens in die algemeen en die Christelike geloof in die besonder.”

    .

    Watse Christen is jy Daan ? Haal jy ook aan uit die Bybel?
    Wil jy nou hier kom beweer dat die Heilige Gees jou weergawe van geloof onderstreep en Johannes s’n verwerp?

    Johannes , sou jy sê dat God dmv die Heilige Gees vir jou die datum van 11 Mei geopenbaar het.

    Daan , kan jy asb. vir my sê of God , dmv die Heilige Gees vir jou gewys het dat 11 Mei 2011 ‘n dwaalleer is .

    Kan julle nou sien hoe bespotlik is julle geloof.
    Fok maar dis lekker om met julle te spot

    DW

    July 31, 2008 at 08:53

  17. Nathan, elkeen leef in hul eie wêreld en so het ek in my eie wêreld gelewe, totdat ek uit my wêreld weggeraap is, om deel te word van ‘n hemelselewenswandel, deur die Goddelikewaarheid wat aan my geopenbaar is. Wat die aarde en die heelal betref, sal die natuur sy gang gaan en soos ons weet, is dit nog baie lank na 2011. Ek kan dus net saam met Rick en Daan stem, dat Johannes geignoreer word.

    Hans Matthysen

    July 30, 2008 at 22:04

  18. Daan my broer

    Moenie die fout wat die kerkstruktuur (ou en nuwe testamentiese kerkstrukture) gemaak het nie, naamlik om godsdiens met die Woord van God (die Bybel) met mekaar verwar nie.

    Die twee is ‘n ewigheid ver van mekaar verwyder…!

    Genadiglik sal daar in 2011 ‘n einde aan godsdiens kom wanneer die volgende profesie van God in vervulling sal gaan…

    (Heb 8:10) Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

    (Heb 8:11) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

    (Heb 8:12) Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

    (Heb 8:13) As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

    So by the way… al my lewensversekering is reeds afgekoop en my seuns is deeglik bewus van dit wat in 2011 te wagte is.

    johannes coetzee

    July 30, 2008 at 20:19

  19. Johannes, my broer in Christus,

    Die Bybel sê in een van die briewe van Jakobus dat ons nie mekaar moet oordeel nie, maar mekaar in liefde moet tereg wys.

    Maar elke bydrae van jou wat ek lees gee my net meer sooibrand. Ek kan nie glo dat ‘n Christen broer aan so ‘n ernstige graad van verbale diarieë kan ly nie. Dit is Christene soos jy wat ‘n bespotting maak van godsdiens in die algemeen en die Christelike geloof in die besonder.

    Rick is reg. Jy moet liefs geignoreer word.

    Net een ding: Moenie jou lewensversekering in Mei 2011 afkoop nie want jy gaan jou kinders ‘n baie groot onguns bewys.

    Daan Van der Merwe

    July 30, 2008 at 14:41

  20. Daan … Nathan

    Dis ‘n heel “veilige” skatting… “naby” genoeg om ‘n mens se kop uit te steek…!

    Ek is dankbaar dat jy (Daan) die Bybel (Matt 24) as een van die bronne van die gesag waarmee jy praat, begin aanhaal…! Nou staan daar nog net ongeveer 5 miljard minus 13000jaar tussen jou en die ware tydtafel…!

    Alle voorspellings voor 21 Mei 1988 sou gedoem wees tot mislukking… eers daarna sou God die “seëls” van die inligting aangaande die “tyd van die einde” oopmaak, en kon die kennis daar ten opsigte van vermeerder… in die “volheid van die tyd” volgens God se fyn uitgewerkte verlossingsplan.

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    Noudat die God die verborgenhede wat in die Woord (die Bybel) vir die mensdom meer verstaanbaar maak is dit selfs vir ‘n “nothing” soos ek moontlik om te verstaan wat “geskrywe staan”…!

    Oor die Blye Boodskap kan enige ware gelowige net eenvoudig nie stilbly nie, ek hoef jou sekerlik nie te herriner aan diegene wat op die brandstapel gesterf het nie? Daarvoor is die christene van vandag egter te slapgat….? Die geringste verdrukking wat hulle beleef vlug hulle na ‘n ander godsdiens, net om daar te ontdek dat godsdiens maar net godsdiens is…!

    Laat ons nie dieselfde foute maak wat die kerkleiers van die “uitverkorenes” van die ou testament eens gemaak het toe die Skrywer van die Bybel in hulle midde gebore, geleef, gewerk, gepredik ens. het en hulle Hom nie vanuit die Heilige Wet en Profete (ou Testament) kon herken nie…. omdat God hulle “blind en doof” gemaak het.

    Kom ons leer uit die lesse van die verlede… wat gedurende die leeftyd van Jesus plaasgevind het vanaf Sy geboorte op 2 Oktober 7 VC (dag van versoening 10 Tishri ) tot en met die begin van Sy 1335 dae (Dan 12:12) waartydens Hy die Skrifwoord hier op aarde as volg kom vervul het:

    toe Hy deur Sy neef Johannes die Doper op 25 September 29 AD (1 Tishri met die blaas van die shofar om die herdenking van die Jubilee aan te kondig ) gedoop is

    toe Hy op Vrydag 1 April 33 AD (Paasfees) gekruisig is,

    toe Hy op Sondag 3 April 33 AD uit die dood opgestaan het,

    toe Hy opgevaar het na die hemel op 11 Mei 33 AD, en

    toe Hy Sy Heilige Gees op 22 Mei 33 AD (Pinksterdag) vir ons as Trooster uitgestort het.

    Presies 1335 dae waarvan Daniel 12:12 in die Ou Testament geprofeteer het, praat.

    (Dan 12:12) Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.

    (Dan 12:13) En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

    Alles in ooreenstemming met dit wat in die Heilige Skrifte (die Bybel) aangeteken is.

    Noudat ons hierdie inligtiing uit die Bybel beter verstaan omdat God hierdie Bybelse Kalender wat Hy in die Skrif vir bykans 2000jaar verborge gehou het, nou vir ons verstaanbaar gemaak het behoort dit nie as ‘n verrassing te kom dat ons vanuit ‘n enorme hoeveelheid Bybelse inligting die volgende afleidings kan maak nie:

    11013 VC – Skeppingsjaar (Genesis 1)

    10883 VC – Set gebore toe Adam 130 jaar oud was (Genesis 5:3)

    10778 VC – Enos gebore toe Set 105 jaar oud was (Genesis 5:6)

    9873 VC – Einde van Enos se periode as Kalender Patriarg, 905 jaar na sy geboorte wat ook die geboortejaar van Kenan is en die begin van sy periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:11)

    8963 VC – Einde van Kenan se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5: 14)

    8068 VC – Einde van Mahalálel se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:17)

    7106 VC – Einde van Jered se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:20)

    6741 VC – Einde van Henog se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:23)

    5772 VC – Einde van Metúsalag se periode as Kalender Patriarg (Genesis 5:27), wat ook die geboortejaar van Lameg die vader van Noag was

    5590 VC – Geboortejaar van Noag (Genesis 5:28-29)

    4990 VC – Jaar van die Vloed in die dae van Noag (Genesis 7:6)

    4488 VC – Sterfjaar van Sem 502 jaar na die Vloed (Genesis 11:10-11), dit is die jaar van die geboorte van Arpagsad en die begin van sy periode as Kalender Patriarg

    4050 VC- Einde van Arpagsad se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:12-13)

    3617 VC – Einde van Selag se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:14-15)

    3153 VC – Einde van Heber se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:16-17)

    Die gebeure rondom die toring van Babel moes tussen 2914 VC en 3153 VC plaasgevind het (Genesis 10:25 en Genesis 11:1-9)

    2914 VC – Einde van Peleg se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:18-19)

    2675 VC – Einde van Rehu se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:20-21)

    2445 VC – Einde van Serug se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:22-23)

    2297 VC – Einde van Nahor se periode as Kalender Patriarg (Genesis 11:24-25), ook die geboortejaar van Tera en die begin van sy periode as Kalender Patriarg

    2167 VC – Geboortejaar van Abram vir Tera toe hy 130 jaar oud was (Genesis 11:26-32 en Genesis 12:4)

    2157 VC – Geboortejaar Sara

    2092 VC – Sterfjaar van Tera in Haran op ouderdom 205 jaar (Genesis 11:32), Abraham se aankoms in die land Kanaän

    2081 VC – Geboortejaar van Ismael (Genesis 17:24-27)

    2068 VC – Besnydenis van Abraham op ouderdom 99 jaar en Ismael op ouderdom 13 jaar (Genesis 17:24-27)

    2067 VC – Geboortejaar van Isak toe Abraham 100 jaar en Sara 90 jaar oud was (Genesis 17:17 en Genesis 21:5)

    2030 VC – Sterfjaar van Sara op ouderdom 127 jaar (Genesis 23:1)

    2027 VC – Isak trou met Rebekka op ouderdom 40 jaar (Genesis 25:20)

    2007 VC – Geboortejaar van Jakob en Esau toe Isak 60 jaar oud was (Genesis 25:26)

    1992 VC – Sterfjaar van Abraham op ouderdom 175 jaar (Genesis 25:7), Isak (75 jaar) en Jakob en Esau (15 jaar)

    1967 VC – Esau neem op ouderdom 40 jaar vir Judit en Basmat as vroue (Genesis 26:34)

    1944 VC – Sterfjaar van Ismael op ouderdom 137 jaar (Genesis 25:17)

    1916 VC – Geboortejaar Josef

    1886 VC – Josef word op ouderdom 30 jaar deur die Farao oor die hele Egipteland aangestel (Genesis 41:46), ook die begin van 7 jare van groot oorvloed (Genesis 41:29)

    1879 VC – Begin van 7 jare van hongersnood, tyd van groot verdrukking

    1877 VC – Jakob hoor op ouderdom 130 jaar dat sy liefling seun Josef leef en trek in die tweede jaar van hongersnood uit die land Kanaän na Egipteland (Genesis 45:6 en Genesis 47:9)

    1860 VC – Jakob sterf 17 jaar na sy aankoms in Egipteland op ouderdom 147 jaar (Genesis 47:2

    1806 VC – Josef sterf op ouderdom 110 jaar in Egipte (Genesis 50:22)

    1447 VC – Exodus na 430 jaar se verblyf in Egipteland (Exodus 12:40-41)

    1407 VC – Israel trek na ‘n swerftog van 40 jaar in die woestyn die beloofde land, die land Kanaän binne (Exodus 16:35, Joshua 5:6-12, Numeri 14:34 en Numeri 32:13)

    Era van die Rigters 1407 VC – 1047 VC

    1047 VC – Saul word as eerste koning van Israel gekroon

    1007 VC – Dawid word gekroon as koning van Israel toe hy 30 jaar oud was

    7 VC – Geboortejaar van Jesus Christus

    33 AD – Jaar van die kruisiging Jesus Christus

    1988 AD – Skepping 13000 jaar oud, begin van die tyd van Groot Verdrukking, einde van die kerk-era

    1994 AD – Jubilee, en begin van die “final harvest” waartydens ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie gered word uit alle volke, tale, stamme en nasies gered word

    2011 AD – Mei 21 die “laaste dag” van die ware gelowiges op hierdie aarde wanneer hulle weggevoer gaan word die Here tegemoet in die lug, waarna ‘n 5 maande (153 dae) periode van “pyniging” sal volg waarvan Openbaring 9 praat, en waarna dit dan sal eindig op die die Oordeelsdag op 21 Oktober 2011!!!

    Die volgende woorde van Daniël 12 kry daarom soveel betekenis dat dit onmoontlik is om dit net eenvoudig te ignore….!!!!

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    2011-groete

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes coetzee

    July 30, 2008 at 10:01

  21. Daan
    Ek het oor DW se gotte ‘n ietsie gepubliseer wat ek lank gelede geskryf het: The Trinity – beskikbaar onder Pages.

    Nathan Bond

    July 26, 2008 at 11:43

  22. More Nathan.

    Baie dankie vir die artikel. Ek het ‘n paar jaar gelede op TV na ‘n program gekyk waar ‘n wetenskaplike inderdaad die lewensduur van die son (en die aarde) op 5 miljard jaar aangedui het, so ek is nie juis te bekommerd oor die einde van ons ou planeetjie nie.🙂

    Ek stem volkome met jou saam dat niemand, geen mens, weet wanneer die einde van die aarde is nie. Ek het nie gecheck nie (te lui) maar ek dink dis juis in Mat 24 waar Jesus gesê het dat “niemand behalwe my Vader wat in die hemel is, die tyd en die uur ken nie”.

    Terloops, hierdie teks ondersteun natuurlik ou DW se siening dat “liewe jieieiesus nie ‘n deel van die een got is wat eintlik 3 gotte is maar net een got is.”🙂 LOL!!!!🙂

    MORE DW!!!!!!!!!!!

    Daan Van der Merwe

    July 26, 2008 at 10:20


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: