Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

Media24 in Aanbidding

with 17 comments

In sy jongste Beeld Godsdiens-Aktueel rubriek – Genesing kort vir moreel siek SA – is dr Isak Burger weer op sy stukke. “Die belangrikste faktor wat ‘n mens se waardes en moraliteit bepaal, is die invloed wat God in jou lewe het – die God van liefde, waarheid en geregtigheid”, meen hy.

Die redakteur van die Skeptic’s Annotated Bible, Steve Wells, het bereken dat God sowat 33 miljoen mense vermoor, of laat vermoor het. En dis net in die Bybel! Daar sterf elkde dag tallose mense, baie van hulle onskuldige kinders, sonder dat Burger se God van liefde, waarheid en geregtigheid ‘n vinger lig! “Die God van Liefde”?

Vir sy heel beste vriende sê Jesus net voor sy “hemelvaart” dat hy net gou by sy Vader gaan inloer; hy kom nou-nou weer en dan vat hy hulle saam met hom. Dis sowat 2000 jaar later en daar is nog geen teken van Jesus nie. Die goeie vriende is al eeue lank dood. “Die God van waarheid”?

Ten einde die skreiende gruwel van Adam en Eva se vrugtestelery te weerlê, laat “God” sy onskuldige “seun” dood martel in wat sekerlik die onregverdigste verhoor en teregstelling in die heelal se geskiedenis is. “Die God van geregtigheid”?

Ruim 90% van Suid Afrikaners glo in “God”; 80% is Christene. As die land “moreel siek” is, is dit kennelik omdat die meeste van sy mense “moreel siek” is – gelowiges; Christene.

Beeld – Media24 in aanbidding – word by die dag belagliker. Who shall rid us of this trivial paper?

Written by Nathan Bond

July 27, 2008 at 21:40

Posted in Religion must go!

17 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. DW, God praat deur mense tot mense.
    Luk 4:18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
    Isa 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
    Jy gaan nog steeds aan oor die drie soos jy dit noem gotte, nadat ek dit reeds vir jou uiteen gesit het. Jy het geen komentaar daaroor gehad. Gaan maar weer terug daarnatoe en kyk of jy soos ‘n volwassene daarop kan reageer.
    So terloops, die Heilige Gees, is die Gees van Waarheid. Dit is alles behalwe ‘n snaakse gevoel of ‘n on ordelike gebabbel ens.

    Hans Matthysen

    August 5, 2008 at 19:42

  2. johannes coetzee said, on August 1st, 2008 at 3:01 pm
    :” Die hartseer verhaal “

    Heeltemal korrek Johannes , baie mooi .
    Dit is ‘n VERHAAL , ‘n verhaal , niks meer nie .

    DW

    August 1, 2008 at 19:34

  3. Daan

    Kyk wat skryf jy :”Middag DW

    Nee, die Christelike geloof is nie paganisme nie, want ons aanbid net een God. Soos ek dit het, is meerdere gode (soos geeste van voorvaders) die kenmerk van paganisme.

    Kyk wie is jou een gotte.

    Art 8 – NGB

    Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in ‘n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie.

    Sien bg link vir meer.

    Jou een god wat 3 in 1 is maar 1 is wat 3 is , is niks anders as die Israeliete se tokolosie god nie. Jou gotte is die tokolosie van vandag se witmense.

    DW

    August 1, 2008 at 15:53

  4. Is Jesus van Nasaret een van die 3 gotte in die drie-eenheid wat een god is maar 3 gotte?

    Ek wil net sekerheid hê dat ons van die selfde god praat . In jou geval “God”

    Sien asb :

    Art 8 – NGB

    Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in ‘n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie.

    http://www.gksa.org.za/geloof/nederland.html#Artikel 8GOD IS EEN IN WESE EN ONDERSKEIE IN DRIE PERSONE

    DW

    August 1, 2008 at 15:49

  5. Daan

    Jesus het ouens uit die dood opgewek en hulle nie geglo nie!
    Jesus het uit die dood opgestaan, en hulle het nie geglo nie!
    Jesus gaan in 2011 weer vir die tweede keer kom, en hulle sal steeds nie glo nie!

    Die hartseer verhaal is dat dit telkemale Sy eie mense is wat nie glo nie…!

    (Mat 23:37) Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 15:01

  6. Ek neem kennis DW. Ek kon eers my oë nie glo toe ek jou kommentaar lees nie. “On second thoughts” het alles wat ek tot nog toe nie van jou kon verstaan nie, glashelder geword.

    Jesus van Nasaret se kruisiging is net so ‘n historiese feit soos Jan Van Riebeeck se landing aan die Kaap op 16 April 1652. Vra gerus vir Nathan.

    ‘n Man wat nie in ‘n histories bewese feit glo nie, sal in niks glo nie.

    Daan Van der Merwe

    August 1, 2008 at 08:12

  7. Hans

    Hoekom moet mense vir my god se geheime openbaar. Waar is die fokken heilige gees ?

    Ek dink jy is nou besig om teen jou gotte te laster , sies man.

    Watter mense , Hinn die Pous , Calvyn , Johannes of isak Burger of watter een van die 34 000 verskillende Protestantse dominasies.

    Jy sien , jy is die poepol wat kak praat.

    DW

    August 1, 2008 at 08:04

  8. DW, ek het maar net met ander gesprek gevoer, oor wat in die Bybel staan en baie dinge bevraagteken, wat nie vir my sin gemaak het nie. Op ‘n dag het ek mense teëgekom, wat my vrae kon beantwoord, dat dit sin maak. Ek glo nie in hierdie bonatuurlike fantasieë, prys die Here stories, met hande in die lug nie, want dit is nie volgens die Bybel nie. Ons moet God met verstand dien en nie sonder verstand, soos wat baie wel doen.

    Hans Matthysen

    July 31, 2008 at 19:46

  9. Hans

    “ DW, die Bybel leer ons om alle dinge te ondersoek en die goeie te behou, dus al is baie van die dinge wat Christenne in glo, van ander oer gelowe afkomstig, het Christenne die goeie daarvan behou.”

    Jou koppie raas.

    “Dit wil in elk geval voorkom, of jy minderwaardig voel omdat jy nie in ordentlike taal kan skryf nie. Met jou arrogante gesindheid, sal God se geheime nooit aan jou geopenbaar word nie, want jy soek nie, in opregtheid, na die waarheid nie.”

    Kan jy asseblief vir my vertel hoe “God “sy geheime aan jou geopenbaar het.

    DW

    July 31, 2008 at 08:07

  10. Daan

    “Niemand stry dat daar 2000 jaar gelede ‘n man met die naam Jesus Christus gekruisig”

    Verkeerd , haal ten miste my naam uit die “niemand” asb.

    DW

    July 31, 2008 at 08:02

  11. Nathan, alhoewel ek verskill met Isak Burger en Anges Buchan, is ek tog ‘n Christen. Dinge wat jy hierbo noem, het jy al voorheen genoem, waarop ek gereageer het en tog het jy nie daarop gereageer nie. Jy blyk dus nie in staat om oor die dinge gesprek te voer en kan net ‘n braaksel opdis. Dit is nou jammer, want die alewige herhaaling raak ook maar vervelig.
    DW, die Bybel leer ons om alle dinge te ondersoek en die goeie te behou, dus al is baie van die dinge wat Christenne in glo, van ander oer gelowe afkomstig, het Christenne die goeie daarvan behou. Dit wil in elk geval voorkom, of jy minderwaardig voel omdat jy nie in ordentlike taal kan skryf nie. Met jou arrogante gesindheid, sal God se geheime nooit aan jou geopenbaar word nie, want jy soek nie, in opregtheid, na die waarheid nie.

    Hans Matthysen

    July 30, 2008 at 21:20

  12. More Rick!

    Wat die Christelike geloof uniek maak is baie eenvoudig. Niemand stry dat daar 2000 jaar gelede ‘n man met die naam Jesus Christus gekruisig is nie. Diegene wat glo dat Hy die Seun van God is en dat sy kruisdood vergifnis van sondes tot gevolg het, is Christene. Diè wat dit nie glo nie, is nie Christene nie.

    As Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, maar deur die Romeine in die Arena vir die leeus gevoer is, sou dit my baie bekommer het as die kruis steeds die simbool van die Christelike geloof was.

    Dit is nie die geval nie. So of die kruis vir die pagans ‘n simbool was van Hercules se krag of Venus se vrugbaarheid of Loki se kwajongstreke, ek het vrede daarmee.

    Lekker dag.

    Daan Van der Merwe

    July 30, 2008 at 08:28

  13. Daan

    “As dit van paganistiese oorsprong is”…..ondermyn dit nie die Christelike geloof nie?? EN, bekommer dit jou enigsins? Indien nie, dan is EK bekommerd!

    Wat maak die Christendom dan uniek en rewolusionêr as dit alles plagiaat is?

    Rick

    Rick

    July 29, 2008 at 21:00

  14. Middag DW

    Nee, die Christelike geloof is nie paganisme nie, want ons aanbid net een God. Soos ek dit het, is meerdere gode (soos geeste van voorvaders) die kenmerk van paganisme.

    Ek kom nie op jou eertse link in nie maar ek sal bly probeer. Jou tweede link is baie interressant en op baie plekke humoristies. Ek het dit baie geniet. Dit gaan oor “pagan symbols” wat in die Christendom opgeneem is, en spesifiek die volgende:

    Die kruis. Dit is inderdaad (en sekerlik vanselfsprekend) die simbool van die Christendom. As dit ‘n pagan oorsprong het, laat dit so wees.

    Die Jesusvis. Hierdie simbool word glad nie in die Dopper kerk of die Hervormde kerk gebruik nie. Ek is nie seker van die NG Kerk nie. Sovêr ek weet, vind dit groot aanklank by die Christelike sektes as teken van hulle “wedergeboorte”. As dit hulle gelukkig maak, laat dit so wees.

    Ikone, bekleedsels, bepaalde boustyle van kerke (katedrale?), monikke, eed van swye en ‘n geneurie (chants). Hierdie is verskynsels, voorwerpe en gebruike wat eie is aan die Katolieke en is nooit deur die Protestante oorgeneem nie.

    Gebede. Dis dit hoe die Christelike gemeente tot God spreek. As dit ‘n paganistiese oorsprong het, laat dit so wees.

    Trouringe( 🙂 )!!! Dis baie snaaks. Hulle sê ons moet dit wat hulle hier sê, nie ernstig opneem nie. Al wat belangrik is, is hoekom dra ons dit. As dit van paganistiese oorsprong is ………

    Kersfees. Aha!! Goeie punt. 25 Desember was inderdaad ‘n pagan vakansiedag. Die herdenking van die terugkoms van die Romeinse songod, Mitras. Die Vroeë Christene in Rome was so misnoegd met die Romeine se gevreet en gesuip op die dag, dat hulle besluit het om Jesus se geboorte (die regte datum wie niemand weet nie), as teenvoeter vir die Romeise paarties, op diè dag te vier.

    Lekker aand!

    Daan Van der Merwe

    July 29, 2008 at 16:36

  15. Daan

    Het dit al tot jou deurgekom dat jou Christelike geloof paganisme is ?
    Ek is seker jy kan dit vir jouself ondersoek .

    http://www.pocm.info/
    http://www.seiyaku.com/customs/pagan-symbols.html

    DW

    July 29, 2008 at 14:31

  16. More Nathan,

    Is jou statistieke reg? Voor 1994 sou ek daarmee saamstem, maar sedert al die swartes ook Suid-Afrkaners geword het, is ek nie so seker nie. Ek het dit dat onder die swartes daar relatief min Christene is. Heelwat van hulle is Moslems maar sovêr ek weet is die meeste van hulle Paganiste. (Ek hoop dis die regte woord vir die ouens wat pagan gode aanbid).

    Ek is nie heeltemal seker wat Dr Burger met “moreel siek” bedoel nie, maar as dit gaan oor seksuele losbandigheid, drankmisbruik, dwelmmisbruik, ens., dan moet ons toegee dat hierdie euwels inderdaad die afgelope jare in ons land toegeneem het.

    Hier’s die ding: Ek ken great Christene en ek ken Christene wat suip en verskriklik fornikeer. So ken ek ook Moslems, Jode, Boediste, Hindu’s, Paganiste en Ateiste wat dieselfde doen. Vir dieselfde prys ken ek ook GREAT Moslems, Jode, Boediste, Hindu’s en…. ja, Ateiste.🙂

    Ek drink matig (dankie Chantelle), so twee of drie dubbel J&B’s per aand, en sien niks daarmee verkeerd nie. As ‘n ou man van 54 kan daar in my geval ook nie meer sprake van fornikasie wees nie…..😦

    Daan Van der Merwe

    July 29, 2008 at 09:08

  17. Dr Burger :” Christene in die besonder het ook ’n verantwoordelikheid, want God het die aarde aan ons toevertrou as rentmeesters.”

    Isak Burger – jy is fokking siek in jou kop .

    Ek wonder maar net hoe lank nog gaan gelowiges pielstyf kry oor uitlatings soos bogenoemde niksseggende kak .

    Of

    In die Goeie Nuus gedeelte in vandag se Beeld waar Stefan Joubert die volgende sê:

    Die wêreld en veral die kerk het buite die boks mense dringend nodig … Dit is hulle wat altyd nuwe horisonne sien : wat nuwe bergspitse in die Here se naam verower …

    Fok Stefan en Isak , dalk moet liewe jeeeesus en die heilige spook ‘n bietjie buite die boks dink en julle kom red. Dit lyk my julle is bang .

    Julle twee godsdienaars ( kakpraters ) kan maar gerus by Anus Angus en Benny Kredietkaart Guru Hinn gaan leer hoe om nuwe bergspitse te gaan verower in die naam van julle gotte ….hulle maak meer geld in ‘n uur se KAKPRAAT as wat julle kerke in ‘n jaar maak. ….. terwyl pastoor Tommy Ferreira sy gat af sing en sing en sing ….

    DW

    July 28, 2008 at 09:30


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: