Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

‘n Handves van godsdiensregte en -vryhede

Daar word tans ‘n Handves van godsdiensregte en -vryhede vir Suid Afrika voorgestel.

Só ‘n handves verguis die onweerlegbare beginsel van skeiding tussen godsdiens en die staat. Die regulering van ‘n verhouding vestig die verhouding en daar durf nie ‘n amptelike verhouding – hetsy wesenlik óf stilswygend – tussen godsdiens en die staat wees nie. Enige amptelike akkommodasie van die godsdiens belemmer die staat se vermoë om al sy burgers teen ideologiese nyd te beskerm.

Die ontsetting van 9/11 het hiérdie péperduur voordeel met bloed en verdriet en afgryse gekoop: Dit het godsdiens uitéindelik uitgewys as ‘n onbetroubare geo-sosiale speler.

Dit is godsdienstige Moslems wat vliegtuie in die wêreldhandelsentrum parkeer het. Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie… maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

Dit is die militêre messianisme van George W Bush se “Jesus-in-my-heart” kruistog-wêreldpolitiek wat die “axis of evil” nasies en almal wat nié soos die moderne kruisvaders dink en glo nie (“you’re either for us or against us“) met slim bomme en slimmer ekonome vernietig.

Dit is die “Fight-the-agents-of-the-Devil-God-will-give-us-victory” terreur van Osama wat harte laat sidder en beef.

Dit is gelowige testosteroonverrykte tieners wat niksvermoedende verbygangers met springstof uitmekaar skiet.

Dit is die Katoliek in Belfast, dit is die Protestant in Belfast, dit is die Hindoe in Gujarat, dit is die Boeddhis in Colombo, dit is die Jood op die Westeroewer, dit is die Taliban in Afganistan; dit is die Islamboeli in Ossetië… Dit is nie waaroor godsdiens gaan nie, maar dit is wat in godsdiens se invloedsfeer gebeur.

Godsdienstige geloof, skryf Sam Harris in The End of Faith, verteenwoordig so ‘n enorme halsstarrige misbruik van die verstand dat dit aan ‘n sonderlinge soort kulturele perversiteit gestalte gee – ‘n punt in die verskiet waar rasionele diskoers onmoontlik is.

Godsdiens kan nie vertrou word om in ‘n bepaalde gereguleerde verhouding tot die staat te staan nie.

Lees die Rapport Perspektief-artikel, Christen, Jood, Moslem en Tamil werk saam.

Written by Nathan Bond

July 27, 2008 at 22:19

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Johannes

    Verstaan my mooi , ek het net gewonder of jy in ‘n sekte is vandaar die vraag:
    ” Behoort jy aan ‘n Kerk? Indien wel wat is die naam van die Kerk? “

    Jy sien ek het geensins geïnsinueer dat jy aan ‘n sekte behoort nie. Nee glad nie !(LW kerke = Sektes , dieselfde ding)

    Dit is vir my net verbasend dat jy die kak so op jouself kon uitvind. Werklik knap gedaan, gewoonlik gee malles darem ook krediet aan die heilige spook ( een van die 3 gotte) as hulle soveel kak uitdink.

    Het jy al die storie gepatenteer ?

    Het jy al daaraan gedink om fiksie te skryf ? Jy maak Louise Lamore se naam gat as dit by verbeeldingsvlugte kom. Knap gedaan .

    Pssss. hou aan vertel van 2011 , dis werklik pret om jou te lees, dankie vir elke posting ek waardeer dit opreg.

    DW

    August 1, 2008 at 15:38

  2. DW

    Ek behoort aan geen instelling wat hulself ‘n kerk noem nie.

    Hierdie 21 Mei 2011 goeters het ‘n oor die radio-uitsendings van Family Radio gehoor en toe maar vir myself in die Bybel seker gaan maak.

    As Daan iets daarvan weet dan kan hy dit maar self vir ons vertel.

    Geen kerkinstelling stel belang in hierdie “eindtyd” waarhede nie, hulle is maar so blind soos die “ou testamentiese” kerk was toe God Self (Jesus) in hulle midde gebore, geleef, geleer, gedoen, en gesterf het. ‘n Blindheid wat deur God Self gestuur was.

    Hoekom al die vrae, vanwaar kry jy die indruk dat ek dalk nog aan ‘n kerk/sekte behoort?

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 10:45

  3. Johannes

    Behoort jy aan ‘n Kerk? Indien wel wat is die naam van die Kerk?
    Het hulle ( die Kerk) vir jou die 11 Mei goeters vertel of het die Heilige Gees na opregte en diepe gebed hierdie “geheimenis” aan jou geopenbaar ?

    Hoekom sou jy dink dat Daan nog nie iets van diè datum af weet nie.

    Behalwe van die sekte waarin jy is ( of sy leringe aanhang) , watter ander Christelike Sektes ( bv, Die NG Kerk , Apestole , Katolieke , Baptiste) glo ook aan die kak van 11 Mei .

    DW

    July 31, 2008 at 15:48

  4. Nathan

    Jou opmerking “Godsdiens kan nie vertrou word om in ‘n bepaalde gereguleerde verhouding tot die staat te staan nie.”

    Die broederbond glo nou nog hulle kon dit regkry…!

    johannes coetzee

    July 31, 2008 at 14:13

  5. johannes coetzee said, on July 29th, 2008 at 12:30 pm
    Ek wonder net hoekom Nathan nie maar net vir ou Koos genooit het vir ‘n potjie golf nie…?

    Ons speel golf op die Sabbat

    DW

    July 29, 2008 at 14:33

  6. Ek wonder net hoekom Nathan nie maar net vir ou Koos genooit het vir ‘n potjie golf nie…?

    johannes coetzee

    July 29, 2008 at 12:30

  7. Baie dankie, Rick. Dis inderdaad ‘n ou storie wat ek bietjie gegypo het. Ek was jare terug, in 1987, in die Kaap met vakansie en het net een keer op Mowbray gespeel. Dit was ‘n baie mooi dag. Ons was seker gelukkig. Ek sal altyd die baan onthou want dit was die eerste (en die laaste) keer wat ek ‘n ronde onder 90 houe kon speel.

    Daan Van der Merwe

    July 28, 2008 at 20:13

  8. Skitterend man, skitterend! Ek het in my laaste brief aan Chantelle geskryf dat sy die enigste gelowige in die blog is met n sin vir humor….ek was verkeerd!

    As ek dit reg het is hierdie ‘n bekende storie? Baie goed aangepas, though.

    Lekker aand aan almal!

    Rick

    ns, nee wat, Mowbray se gat, as ek wil wegwaai speel ek in die Strand!

    Rick

    July 28, 2008 at 17:40

  9. Dit is 24 Februarie 2011. Koos Van der Merwe staan voor sy huis en kyk welgevallig na die 60 hektaar wingerde wat voor hom uitstrek. Die Hexriviervallei het lanklaas so mooi gelyk. Die weerburo voorspel bo-gemiddelde goeie reëns vir die komende winter.

    Op 14 Mei 2011 stop ‘n voertuig van die Departement van Waterwese voor Koos se huis. Dit reën al drie weke onophoudelik. Koos kom by die huis uit met ‘n groot sambreel en nooi die twee waterwese amptenare na binne.

    “Luister Koos.” Sê een van hulle. “Die Hexrivier het verlede nag sy walle oorstroom en daar is geen aanduiding dat die reën gaan afneem nie. Die grootste vloed in die geskiedenis gaan die vallei tref. Dit word akkuraat bereken as die absolute waarheid dat die vloed sy hoogtepunt op 21 Mei gaan bereik wanneer al die huise in hierdie deel van die vallei ten minste twee meter onder water gaan wees.”

    “Ek glo dit nie,” sê Koos. “Ek is van die vyfde geslag Van der Merwes wat hier boer en deur al die jare was ek en my voorvaders nog nooit in lewensgevaar nie.”

    “Dis nie nou die tyd vir sentimentele, irrasionele gevoelens nie Koos. Al die boere hierlangs is reeds besig om hulle huise te ontruim. Jy het hoogstens 48 uur om self jou huis te ontruim. As jy dit nie doen nie, is die kanse goed dat op 21 Mei jou lyk twee meter bokant jou huis gaan ronddryf.”

    Koos lag. “Dit sal nooit gebeur nie want die Here sal dit eenvoudig nie toelaat nie. Hy het my nog altyd beskerm, en jy vergeet een ding my boeta. Ek het geloof soos aartappels.”

    Twee dae later, vroeg die oggend, staan Koos buite sy huis met die vloedwater tot by sy kuite. Hy kyk op en sien ‘n vierwielaangedrewe Land Cruiser aangery kom. Dit is Rick, op pad Mowbray toe waar hy en sy pêlle twintig oor elf van die eerste bof afslaan.

    “Kom saam met my, meneer!” roep Rick. “Ek kan jou enige plek aflaai waar jy veilig sal wees.”

    Nee dankie!” skree Koos. “Die Here sal my beskerm en, wat jy nie verstaan nie, ek het geloof soos aartappels!”

    Rick moet twee keer sluk om te keer dat hy sy grenola en yogurt uitkots. “Luister meneer. As jy dink jy gaan deur hierdie vloedwaters cruise soos wyle oom Moses deur die Rooisee, moet jy weer ‘n keer dink. Dis ‘n pot kak. Cheers!”

    Drie ure later is die water vensterbankhoogte met arme ou Koos halflyf daarin. Die volgende oomblik stop ‘n motorboot met twee 666 perdekrag buiteboord enjins langs Koos.

    “More meneer!” roep DW. “Ek is op pad Mowbray toe vir ‘n potjie gholf. Klim in dan laai ek jou op ‘n veilige plek af.”

    “Nee dankie!” skree Koos. “Die Here sal my beskerm en, wat jy nie verstaan nie, ek het geloof soos aartappels!”

    DW word blou in sy gesig en stik van woede. “jissis man! Julle fokking boere is slapgat! Ek is fokking gatvol vir julle. Bly hier en versuip, jou fokking dom doos!”

    ‘n Uur later sit Koos op sy huis se dak en kyk verlangend na sy wingerde, nou meer as ‘n meter onder water. Toe Koos opkyk sien hy ‘n helikopter aangevlieg kom. Die helikopter land op die dak naby Koos en Nathan klim uit.

    Nathan is nie in ‘n goeie bui nie want hy het sy sandwedge by die huis vergeet. Aan altwee kante van Mowbray se eerste setperk is daar bunkers en elke keer wanneer Nathan saam met Rick en DW speel, slaan hy sy naderhou in een van hulle.

    “Kom klim in!” roep Nathan.

    “Nee dankie!” skree Koos. “Die Here sal my beskerm en, wat jy nie verstaan nie, ek het geloof soos aartappels!”

    Nathan draai kopskuddend om. “Dat jy ook ‘n slagoffer moet word van die gevaarlike invloedsfeer van godsdiens! Ai jai jai jai jai jai jai! Dis so embarrassing!” Hy klim in die helikopter en kies koers Mowbray toe.

    Minder as ‘n uur later is Koos se huis onder water en hy verdrink. Hy kom in die hemel en gaan reguit na die inligtingstoonbank waar drie engeltjies musiek maak. Twee speel op harpe en een met simbale.

    “Waar is Petrus?!” gil Koos. “Ek wil hom dringend sien! Ek is in die steek gelaat!!!

    Een engeltjie, die mooiste een met blonde hare en blou oë, laat sak haar harp en kyk Koos uit die hoogte aan. “Meneer, hierdie is nie jou plaas in die Hexriviervallei waar jy almal kan rondorder soos jy wil nie. As jy vir Petrus wil sien moet jy ‘n afspraak by sy sekretaresse maak, maar sy is vir die volgende uur besig met water-aerobics.”

    Toe Koos uiteindelik by Petrus uitkom en gal afgaan, kyk Petrus hom kopskuddend aan. “Ai Koos. Ek het vir jou ‘n four-by-four gestuur! Ek het vir jou ‘n motorboot gestuur! Ek het selfs vir jou ‘n chopper gestuur!! Wat meer verwag jy moes ek doen?!

    Daan Van der Merwe

    July 28, 2008 at 12:13


Comments are closed.

%d bloggers like this: