Nathan Bond's TART Remarks

Religion: Respect? Ridicule!

71 000 mense!

with 11 comments

Ek is van nature maar moerse skepties en ook agterdogtig oor groot skares.

Almal, maar álmal – dis nou my gelowige eweknieë – is beïndruk dat Angus Buchan eers 60 000 en toe meer as 71 000 mense bymekaar kon kry. “‘n Wonderwerk!”, jubbel die gelowiges.

Maar die dag ná Doftus het Bennie Dick (die sóveelste), die omie met die wit kêps en die rok, wat meen hy is God se verteenwoordiger hier op ons blou-groen klippie, derde van die son af, ‘n half-miljoen mense op ‘n renbaan in Sydney getrek. 5-0-0-0-0-0 mense! Daai Poolse skrumskakel, Jan-Paul, het sélf skares der skares gelok.

Buchan se besigheid lyk ma’ vi’ mý skralerig teen Bennie Dick s’n. En Bennie Dick, só sê sommige, is eintlik die “anti-Chris” (Antie opdat hy rokke dra, soos ‘n antie. En sukke satyn slipperkies.) Nodat ek daaraan dink… Jesus het óók rok gedra! En sukke leer sêndelkies

As jy aan die getalle meet, troef Rome die upstart protestantse jubbelbrigades loshanne!

Godsk!, die stories wat my Australiaanse korrespondente my vertel! Van mense wat gespaar het om Bennie Dick te kom sien. Hulle het met níks opgedaag nie; sonder kos en slaapplek gebly… net om die omie in die rok te sien.

Ek weet darem nie… gelowiges klink vir mý dóm. Jammer! Maar wrágtag.

Written by Nathan Bond

July 29, 2008 at 19:28

11 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ja-nee, die ware dissipels moet intiem vertroud wees hoe om met ’n reguit gevreet aanhoudend kak te praat.

    Con-Tester

    June 28, 2009 at 15:23

  2. Die ouens wat so baie geld maak uit die besigheid is nie God se teenwoordigers op aarde nie. Hulle verteenwoordig hulself onder daardie dekmantel.

    Hans Matthysen

    June 24, 2009 at 21:54

  3. L3ON

    druk die Esc knoppie van jou rekenaar….

    johannes coetzee

    October 30, 2008 at 15:48

  4. Johannes jy praat somer n klomp voken kak

    leon

    October 30, 2008 at 10:37

  5. Johannes

    Goeie een , veral so op die Vrydag . (dis seker al amper Sabbat vir jou)
    Daai konkoksie van jou klink baie lekker.

    Ek smeek ou Nathan nou al lank om ook ‘n Art.21 roadshow te begin, ‘n liewe Jesus een soos Angus en Hinn .

    Fok ek wil hê ons moet groter gaan , duurder kaartjies , meer genesings , meer kredietkaartmasjiene , portable swembaddens om al die gelowiges in te doop , altare wat aan die brand slaan , weerlig strale wat left right en centre neerdonder , die heilige gees wat deur lazerbeams op moerse groot TV skerms verskyn , god wat elke nou en dan self oor die mic praat .

    En dan elke show gaan eindtyd wees , fok die 2011 , ons maak dit sommer 2010, net so voor die sokker.
    Fok , ons kry vir Pastoor Ferreira en sy trompiebende om te kom sing .
    Jissis ek wil skep , groot skep , in die naam van al drie gotte.

    DW

    August 1, 2008 at 15:19

  6. Soos ek gesê het …………..

    Daan Van der Merwe

    August 1, 2008 at 11:07

  7. DW hier is maar ook net die sektes wat julle seker in julle geweste het…!

    Hier is wat ek nou die dag op ‘n anner johannes se blog gepost het toe hy van afrikaner-eenheid gepraat het…!

    Klink my die aap is uit die mou…!

    Ek het weer gehoor hulle gaan ‘n nuwe inter-demonele kerk stig met die BLOU-Bul(rokke) as voorsangers!

    Volgens hoogsbetroubare onkorrupte zumaliete gaan hulle bekend staan as die VHGANDAPneoKBHeLVEPUCHOMeDTA (Verenigde-Herenigde-Gereformeerde-Apostoliese-Neder-Duits-Afro-Protestanse-neo-Katolikiese-Baptistiese-Hervoremde-Luterse-Volle-Evangeliese-Potchefstroomse-Universele-Christelike-Hoër-Onderwysende-Methodistiese-Demokratiese-Transformasie-Alliansie)

    Volgens voornemende lidmate, wou ‘n ene eerw. dr biskop tutu en hoogge-agte dr. boesak aandele bekom voor die stigting van die nie-winsgewende organisme. ‘n reeds vooraf verkose Ere lidmaat Isak toe alreeds burger, het sake ietwat opgevlok toe hy by die Grondwetlike hof daarteen beswaar aangeteken het. Hy het geweer hulle het alreeds ‘n hand inni paai…!

    Onderhandelinge vorder fluks en ons behoort binne twee weke ‘n tenvolle verteenwoordende kwota-gebaseerde nie-rassige kerkraad te hê….!

    Sjoe… Dubai is opdatum met die jongste nuus. Ek is seker daars ‘n geheime dubble agent…! Ek wonder of johannes e-bond iets hiermee te make het…!?

    johannes coetzee

    August 1, 2008 at 10:14

  8. Jissis Johannes , is daar Sektes in Nelspruit ook ?

    DW

    July 31, 2008 at 14:55

  9. DW

    Ek is in Nelspruit woonagtig, jy is welkom om te kom groet as jy dalk vir “oulaas” wildtuin toe gaan.

    Wees net versigtig dis leeu wereld hierdie…!

    johannes coetzee

    July 31, 2008 at 14:03

  10. Johannes

    Ek wens ek het geweet waar jy bly . ( Toemaar ek wil jou nie gaan donder nie)
    Ek wil fokken graag die 22 de by jou kom kuier , regtig .

    DW

    July 31, 2008 at 07:59

  11. Wag totdat jy die “rapture” op 21 Mei 2011 gaan sien…! Die aanduidinge in die Bybel is dat ‘n minimum van 200miljoen op daai dag weggevoer gaan word.

    (Openb 9:16) En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.

    Teen 70 000 per Loftus… lyk dit my na ongeveer 2850+ Loftusse Dit sal Angus en die protestantse jubbelbrigades na ‘n sondigskoolpiekniek lyk…!

    (Openb 7:9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

    johannes coetzee

    July 29, 2008 at 20:34


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: